Tuinier van ons hart

untitled (2)

“Light-seeds are planted in the souls of God’s people…” (Psalm 97:11 MSG)

Onder gebed laat ervaar Abba Vader my die volgende:  Ek staan in ’n groot, ryp koringland.  Jesus hou ligtekleurige saad in Sy hand wat Hy in my hande wil strooi en ek hou my hande bak sodat die saadjies in my hande kan val.  Ek sien hoe val die saadjies stadig in my hande, maar Abba Vader wys my daarop dat ek mooier moet fokus, want dit wat Hy my probeer wys, sien ek nie raak nie.  Ek konsentreer meer intens op die saadjies wat in my hand val en skielik sien ek hier en daar val ’n swart saadjie saam met die ligtekleurige saadjies in my hand.  Ek skrik toe ek die swart saad sien en besef meteens dat hierdie swart saadjies nie van Abba Vader afkomstig is nie.  Ek vra Abba Vader om my asseblief wysheid te gee oor hierdie swart saadjies, waarna Hy aan my verduidelik dat dit Satan is wat dit skelm tussen die goeie saadjies laat beland.  Net soos ek eers nie die swart saadjies raakgesien het nie, net so kom die mensdom nie agter dat Satan besig is om swart saad in hulle harte te saai nie, want hy doen dit op ’n baie subtiele manier deur die sintuie van die mens.  Al is ons in ’n regstaande verhouding met Abba Vader, gebruik ons nogsteeds ons fisiese oë om te kyk en ons fisiese ore om mee te luister, en op hierdie manier saai Satan swart saadjies in ons harte.  Dit wat ons met die oë lees en sien, dit wat ons met die fisiese ore in die wêreld hoor, is alles saadjies wat in ons hart val om te ontkiem, groei en vrug te dra.  Iets lyk en klink dalk vir ons Goddelik en heel onskuldig, maar tog is soveel van hierdie goed swart saad wat in ons hartsgrond inplof.  Ons luister na verskillende leringe en soveel van hierdie leringe is deurtrek van swart saad wat gesaai word in ons hartsgrond.  Saad groei om op die ou end vrug te dra – goeie saad gaan goeie vrugte dra en swart saad gaan bose vrugte dra.  Ek sidder om te dink aan bome met vrot vrugte, want die woorde van Jesus weergalm in my ore:

“Die byl lê al teen die wortel van die bome.  Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”  Mattheus 3:10  (Afr. 33/53)

Wanneer ons tot opregte bekering kom en waarlik ons harte en lewens aan Abba Vader offer, begin daar ‘n proses binne ons plaasvind waarvan ons gewoonlik nie eers bewus is nie.  Dit gebeur nie oornag nie;  dit is ’n proses waar Abba Vader die grond van ons harte voorberei.  Die rede waarom Abba Vader dit doen, is omdat daar onverganklike saad is wat Hy in elkeen se hart wil plant wat moet groei om Goddelike vrugte te dra wat Hom sal verheerlik.  Voordat Abba Vader Sy saad in ons harte kan saai, moet ons hartsgrond skoon en onkruidvry wees.  Jy gaan mos nie goeie saad saai in ’n bedding wat oortrek is van onkruid nie, want jy weet mos die goeie saad gaan nie kan groei terwyl die onkruid dit probeer smoor nie… dieselfde met die grond van ons hart!  Abba Vader moet dit eers skoonmaak.  As jy Matteus 13:1-9 lees, sal jy duidelik sien hoekom ons harte eers gereinig moet word.  Die saad van Abba Vader kan nie groei as die grond nie mooi diep, vrugbare grond is nie.  Saad kan ook nie groei en vrugdra op rotse, klippaaie of tussen onkruid nie.  Saad groei alleenlik in goedvoorbereide grond en daarom het Abba Vader nodig om ons harte te suiwer van al die onkruid voordat Sy saad sal groei, blom en vrugdra in ons hart. Lees asseblief Mattheus 13:10-17  (Ek haal dele aan uit The Message)

 

Why tell stories?

“The disciples came up and asked: ‘Why do you tell stories?’  He replied:  ‘You’ve been given insight into God’s kingdom.  You know how it works.  Not everybody has this gift, this insight;  it hasn’t been given to them.  Whenever someone has a READY HEART for this, the insights and understandings flow freely.  But if there is no readiness, any trace of receptivity soon disappears.  That’s why I tell stories:  to create readiness, to nudge the people toward receptive insight.  In their present state they can stare till doomsday and not see it, listen till they’re blue in the face and not get it.  I don’t want Isaiah’s forecast repeated all over again:  Your ears are open but you don’t hear a thing.  Your eyes are awake but you don’t see a thing’…”  Matthew 13:10-15 (MSG)

Ons moet tot die besef kom hoe belangrik dit is dat ons met ’n opregte hart voor Abba Vader tot stilstand moet kom en Hom smeek vir ’n “ready heart”;  ons moet ons totale lewe en alles rondom onsself in Sy hand plaas en Psalm 51 met die regte motief afsmeek by Abba Vader:

“Create in me a clean heart, o God, and renew a right and steadfast spirit within me.”  Psalm 51:10 (Amplified)

As die ongewenste swart saad alreeds in ons harte ontkiem het om vrot vrugte te dra, is daar net een manier om hierdie onheilighede raak te sien en dit is deur die Lig van die Woord.  Alleenlik die Woord kan ’n lig op die onkruid in ons harte skyn sodat ons dit kan raaksien en bely aan Abba Vader.  Wanneer ons die keuse maak om ons rug totaal daarop te draai, sal Abba Vader ons vergewe en die onkruid verwyder uit ons harte.  1 Korinthiërs 3:9 sê ons is die akker van God.  Die Amplified sê dit so mooi:

“You are God’s garden and vineyard and field under cultivation”  1 Corinthians 3:9 (AMP)

Bose saad kan nie staande bly of groei waar die Lig van Abba Vader teenwoordig is nie, daarom sal die swart saad vergaan wanneer ons baie tyd in die Woord en teenwoordigheid van Abba Vader spandeer.  As ons ons verhouding met Hom afskeep en nie tyd in Sy Lig spandeer nie, gaan die swart saad kan groei om van die hart ’n onkruidparadys te maak.

Net soos Abba Vader my hart moes omploeg en my help om ontslae te raak van al die onkruid, net so wil Hy elkeen van Sy kinders se harte omploeg en reinig sodat Hy skoon saad kan saai – saad van Waarheid.  Julle sal sien dat ek deur die loop van die boek baie dwaalleringe teëstaan – dit is die swart saad wat Satan deur die jare in my hart kom saai het deur my sintuie, maar Abba Vader het Sy Lig op daardie swart saad geskyn sodat ek dit kan raaksien, dit kan teëstaan en die res van die mensdom daarteen te waarsku.

Hier volg die eerste 33 saadjies wat Abba Vader in my hart geplant en laat groei het tot volwasse plante of blomme wat weer saad gevorm het.  Hierdie eerste 33 leringe wat Abba Vader my geleer het, het Hy oor ’n kwessie van ’n paar jaar vir my geleer.  Sy Lig het die heeltyd geskyn oor hierdie saadjies om my te verseker dat dit nie swart saad is nie, want swart saad kan nie in die Lig van Abba Vader groei nie.

 “Julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly.”   1 Petrus 1:23  (AFR33/53)

Ek deel graag die saadjies wat Abba Vader uit genade in my hart kom plant het, met julle.  Mag hierdie saadjies te lande kom in die omgeploegde grond van jou hart en ontkiem om te groei in ’n pragtige tuinrangskikking.

“Light-seeds are planted in the souls of God’s people, Joy-seeds are planted in good heart-soil.”  Psalm 97:11

Inleiding geneem uit die boek “Lig Saadjies”

IMG_1091

Leave a comment