“In a well-furnished kitchen there are not only crystal goblets and silver platters, but waste cans and compost buckets – some containers used to serve fine meals, others to take out the garbage. Become the kind of container God can use to present any and every kind of gift to His guests for their blessing.” 2 Timothy 2:20-21 (MSG)
God het nog voor ons geboorte ’n plan met elkeen van ons se lewens gehad en Hy het toe alreeds bepaal wat Hy deur elkeen van Sy kinders gaan doen op aarde. Hy wil Sy werk tot uitvoer bring deur ons, maar God werk net deur skoon “vessels”, deur skoon en bruikbare instrument wat Sy Lig kan reflekteer. God gebruik nie ’n mens wie se hart nog vol onkruid is en vrot vrugte aan die wêreld kan uitdeel nie. God sal alleenlik werk deur ’n mens wat die vleeslikheid afgesterf het, wat waarlik bereid is om die pad van God te stap, maak nie saak hoe swaar dit soms is nie; ’n mens wat waarlik bereid is om sy hele lewe in die hand van God te plaas en sy hart te offer aan God. Om ’n bruikbare instrument in die hand van God te wees, moet ons harte eers deur God gesuiwer word van binne af.
“God hasn’t invited us into a disorderly, unkempt life but into something holy and beautiful – as beautiful on the inside as the ouside.” 1 Thessalonians 4:7 (The Message)
Die rede hoekom ons hart en hande eers skoon moet wees, is omdat God Brood in ons hande wil plaas wat Hy deur my en jou wil uitdeel aan die wêreld…
“And the Lord replied, “A faithful, sensible servant is one to whom the master can give the resposibility of managing his other household servants and FEEDING them. If the master returns and finds that the servant has done a good job, there will be a reward. I tell you the truth, the master will put that servant in charge of all he owns.” Luke 12:42-44 (NLT)
Net soos Jesus brood geneem en aan sy dissipels gegee het om uit te deel aan die honger mense, wil God vir my en jou ook Brood gee om uit te deel, maar God moet ons eers kan vertrou om die Boodskap so suiwer as moontlik uit te deel, met ander woorde, sonder enige suurdeeg. Daarom sal Abba Vader ons eers in diens stel wanneer Hy weet dat Hy ons kan vertrou. Die Skrif wat Abba Vader saam met hierdie lering gegee het, is 1 Korintiërs 4.
“So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.” 1 Korinthiërs 4:1,2 (AFR33/53)
God ken ons harte beter as wat ons dit self ken en Hy weet wie betroubaar is en wie nie. Niemand kan homself aanstel as ’n leraar, apostel, profeet of watter werker van die Here ookal nie; geen wêreldse institusie kan die mens oplei om die werk van God te doen nie, want die mens kan alleenlik die werk van God doen wanneer Jesus in en deur hom leef en daar is nie een instelling of instutisie wat Jesus kan laat lewe binne die mens nie. Alleenlik Abba Vader kan die mens oprig vir die werk wat Hy lank reeds beplan het, want alleenlik Hy weet wat ons Goddelike roeping is. Die mens kan nie self besluit wat sy Goddelike roeping en geestelike gawes is nie – dit kom alleenlik van God. Die mens sal eers besef wat Sy Goddelike roeping en gawes is wanneer hy in ’n lewende verhouding met Abba Vader staan. Met ander woorde, dit is alleenlik moontlik vir die mens om sy Goddelike doel te kan bereik wanneer hy in ’n intieme verhouding met Abba Vader staan, want dan sal Vader hom omvorm na Sy wil.
“Before I shaped you in the womb, I knew all about you. Before you saw the light of day, I had holy plans for you…” Jeremiah 1:5 (The Message)
Daar is nie een mens wat homself kan suiwer en heilig nie. Ons kan nie die heiligmakingsproses op ons eie ondergaan en besluit ons is reg en gereed vir die werk van God nie. Baie doen dit, maar is dit nie dalk die rede waarom ons mensdom so besoedeld is met dwaalleringe nie? Die grootste gros mense oor die wêreld is “contaminated” – hulle is geestelik siek en hulle deel weer hierdie kieme uit aan die res van die wêreld. Die mens moet seker maak hy is volwasse in die geloof en nuutgemaak deur Abba Vader voordat hy hierdie groot Goddelike taak aanpak, want die mens gaan vir elke woord wat hy versprei, verantwoordelik gehou word. Die mens moet seker maak hy versprei die Waarheid en dat hy nie ’n woord uitlos of aanlas nie.
“Concentrate on doing your best for God, work you won’t be ashamed of, laying out the truth plain and simple. Stay clear of pious talk that is only talk. Words are not mere words, you know. If they’re not backed by a godly life, they accumulate as poison in the soul.” 2 Timothy 2:15 (The Message)
Dit is so belangrik dat enigiemand wat beweer om deur God gebruik te word, eers in afsondering by die voete van Abba Vader baie tyd moes spandeer sodat Abba Vader hom kon reinig van suurdeeg. Die mens wat nie gereinig is van suurdeeg nie, gaan die Boodskap of die Brood uitdeel om homself te pas. Die Boodskap sê in 1 Tessalonisense 2:3 dat God die mense uitsoek vir Sy roeping en dat Hy dan die evangelie in hulle hande plaas, maar let wel, God plaas dit alleenlik in die mens wie se hande skoon is; die mens wat die pad van beproewing saam met Jesus gestap en die toetse deurstaan het. God is nie naar dat Hy ons toets nie, maar Hy moet die motief van ons hart toets sodat ons nie met bymotiewe Brood uitdeel nie. The Message sê dit so:
“God tested us thoroughly to make sure we were qualified to be trusted with this Message. Be assured that when we speak to you we’re not after crowd approval – only God approval. Since we’ve been put through that battery of tests, you’re guaranteed that both we and the Message are free of error, mixed motives, or hidden agendas.” 1 Thessalonians 2:3 (The Message)
Net soos God die Pottebakker is wat die klei kan vorm en maak soos Hy wil, net so is God ook die Broodbakker. Hy het die Brood van die Lewe, wat ook die Woord is, gevorm en geskep vir ons om op te voed sodat ons kan besef ons het nie die brood van die wêreld nodig om op te voed nie, maar alleenlik die Brood van die Lewe! Dit waarop ons voed, is dit waarmee ons een word. As ons voed op die suurdeegbrood van die wêreld, gaan ons een word met die gifbrode van die wêreld en dit uitdeel aan die wêreld, maar as ons voed op die Brood van die Lewe, word ons een met God en deel ons die ware Brood uit. Voordat ons kan Brood uitdeel, moet God eers ons harte omvorm in brood sonder suurdeeg. Dit gebeur wanneer ons in afsondering by die voete van Abba Vader sit, nadat ons die keuse gemaak het om ons lewe en hart ten volle in Sy hande te plaas.
Wanneer ons in afsondering inbeweeg en ons leer om te voed op die Woord van God, offer ons op ’n sekere stadium ons hart aan God wat dan ‘n bol deeg in Sy hande raak. Ons word soos klei in die hand van ons Vader…
“U is tog ons Vader, Here. Ons is die klei waaraan U ’n vorm gegee het. U hande het ons almal gemaak.” Jesaja 64:8 (DB)
Sommige mense se harte is soos baie stywe deeg; ander se tekstuur is weer te slap, maar soos Abba Vader ons hart in Sy groot, sterk hande begin werk en knie, kan Hy aan die tekstuur van die deeg voel wat ons kortkom. Dit wat ons kortkom, voeg Hy as ekstra bestanddele by, waarvan die grootste bestanddeel sekerlik liefde is. God neem elke bol deeg afsonderlik in Sy wonderbare hande, Hy knie en stoei met die bol deeg om die tekstuur van ons hart na Sy wil te omvorm. Soos Hy ons harte knie en sekere bestanddele byvoeg, sing Hy ’n lied oor elkeen en die woorde wat Hy sing, word geabsorbeer deur die bol deeg. Abba Vader het ’n spesiale lied en spesiale Woord vir elke bol deeg, want net Hy weet wat elke bol deeg kortkom en benodig. God gebruik geen suurdeeg nie; Hy gebruik alleenlik Sy Woord wat ons laat rys wanneer Hy ons in Sy oond plaas. Ons rys dus deur die krag en die Woord van God en nie deur suurdeeg nie. Hierdie Woord wat God in ons hart inspreek, is die Manna wat Hy aan elkeen wil bied, maar die mens kan dit alleenlik ontvang in afsondering met sy hart in die hand van Abba Vader. Abba Vader is so gelukkig met elkeen wat sy hart in Sy hand plaas; Hy juig oor elkeen wat die leeuemoed het om dit te doen en die Skrif wat Abba Vader saam met hierdie prentjie gegee het, is Sefanja 3:17
“Die Here jou God is by jou. ’n Held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” Sefanja 3:17 (AFR33/53)
Daarna neem God elke bol deeg en plaas dit in Sy Lig. As daar nog suurdeeg teenwoordig is in ons harte, sal die bol deeg vinnig rys in die hitte van God se Lig (dit is die suurdeeg wat dit vinnig laat rys). Soos God se Lig op ons harte val, gee Hy aan ons ’n bewustheid van die suurdeeg in ons harte sodat ons die suurdeeg kan raaksien, dit aan Hom kan bely en dit verwerp. Dan leer Abba Vader ons die Waarheid in die plek van die suurdeeg; die Waarheid vervang dan die suurdeeg en die Waarheid maak ons vry. Die Lig van God wys ook aan ons waar ons gehoorsaam is aan ons eie wil en wanneer ons dit besef en dit ook bely aan God, maak God ons sterk en gewillig om ons eie wil te verwerp en alleenlik die wil van God te gehoorsaam. Op hierdie manier knie God die gerysde bol deeg weer af, want dit is nie Sy wil dat ons rys deur suurdeeg en ons eie wil nie.
Hierdie knieproses in ons lewens is nie altyd so lekker en maklik nie, maar tog is dit baie bevrydend. God maak ons regtig bewus van selfs die kleinste sondetjie in ons lewe; goed wat die mensdom as vanselfsprekend aanvaar, maar wat nie aanvaarbaar is in die oë van God nie, want Hy wil hê ons lewe moet regtig skoon wees. Hy maak ons bewus van hierdie onheilighede dat dit ons so pla dat ons nie waardig voel om in Sy teenwoordigheid te wees nie. Dit is hier waar God die struikelblokke in ons pad gebruik – goed wat vir ons soos ’n straf lyk, maar God bedoel dit goed om ons te leer soos ’n vader sy seun leer. God wil hê ons moet daardie onheilighede afsterf…
Soos God al ons verkeerdhede aan ons openbaar sodat ons dit kan bely en aflê, word die bol deeg in Sy hande al hoe meer die gewensste tekstuur. Dit is dus al die verkeerde goed in ons harte wat veroorsaak dat ons harte nie die regte tekstuur is nie, maar wanneer ons dit aan God bely, is Hy getrou en vergewe Hy ons daarvoor. Wanneer Hy ons afgeknie het tot ’n klein bolletjie deeg, spreek Hy weer Woord oor die deeg en sing Hy weer ’n lied oor die deeg waarna Hy die bol deeg weer in die Lig plaas. Die Woord wat God spreek wat in ons harte inval, verander ons na die mens wat God vooruit beplan het ons moet wees. Dit verander ons denke, ons persepsies en ons waardes. As God Woord oor ons harte spreek, kan ons nie weer die ou persoon wees wat ons was nie. Deur hierdie proses suiwer God ons van al die verkeerdhede in ons lewe en die Woord wat Hy spreek oor ons lewens begin ons hart een maak met Hom. Hy bestee baie tyd en moeite aan ons voordat Hy die deeg in ’n voorafgekose vorm giet om gebak te word. Hy maak seker die deeg het nie meer suurdeeg in nie, en ook dat die bol deeg se wil oorgegee is aan Sy wil voordat Hy ons bak in Sy warm oond. God wil hierdie brood oopbreek en aan die wêreld bied, maar daarvoor moet dit uiters suiwer wees.
Deur hierdie lang en tydsame broodbakproses van God, maak God ons harte een met Hom en wanneer ons een met Hom raak, beteken dit ons raak ook een met die Brood van die Lewe. Wanneer ons een raak met die Brood van die Lewe, beteken dit God het ons hart omskep in ’n broodjie – God het ons dan omskep in bedienaars van die Woord van God wat Hy uitstuur om Brood te gaan uitdeel aan die wêreld, maar dis baie belangrik dat ons eers een moet wees met die Brood van die Lewe; wanneer ons op hierdie manier een raak met God, maak ons ’n deeltjie uit van die Liggaam van God. Kan julle sien voordat God ons toelaat om bedienaars van die Woord te wees, ons eers ’n broodjie moet wees wat gebak is deur die Woord en krag van God en nie deur suurdeeg nie? Hy vra dat elkeen van ons ons hart in Sy hande sal plaas waar Hy dit begin knie en sagmaak en waar Hy Woord in ons hart kan inspreek wat ons sal omvorm na Sy wil.
Nou is die vraag: Watse broodjie is ek en jy? Dit begin by die keuse wat die mens maak! Dit is die keuse van die mens waar hy sy wysheid vandaan gaan kry. Dit is die keuse van die mens of hy in afsondering gaan voed op die Brood van die Lewe of op suurdeegbrode; dit is die keuse van die mens of hy God gaan stel bo die dinge van die wêreld en dit is die keuse van die mens hoeveel tyd hy by die voete van God spandeer. Dit is ’n keuse van die mens om die pen in sy hand neer te sit waarmee hy sy eie lewensboeke skryf, daardie boeke toe te maak en alleenlik te fokus op dit wat God oor hom geskryf het, dit wat God oor die mens bepaal het. Dan eers sal ons ons ware roeping in Abba Vader kan vind. Ons moet waak daarteen om ons eie Goddelike roeping te bepaal en neer te skryf en ons moet fokus daarop om God se roeping vir ons te vind, dit wat Hy al lankal in ons Lewensboek geskryf het.
Die hoeveelheid tyd wat die mens by die voete van God spandeer, is die hoeveelheid tyd wat die mens sy hart in God se hande plaas sodat God dit kan knie en Woord daarin kan spreek. Die tyd wat jy dus vir God gee, bepaal die tyd wat Hy beskikbaar het om jou hart te omvorm in ’n ongesuurde broodjie om deel te wees van die Liggaam van God…en om Brood te gaan bedien aan geestelike honger mense.