Category Archives: Boom gewortel in God

Die saadjie binne ons

Jeremiah 1:5 (GWT) “Before I formed you in the womb, I knew you. Before you were born, I set you apart for my holy purpose.”

Ons word almal eers in die duistere wêreld ingebore as vleeslike mense met ’n fisiese DNA en dormante geeshart. Ons almal is eers wêreldse bome, geanker met vlak wortels in die sand van die wêreld met geen Goddelike vrugte nie, baie blare en droë kerns. Geen mens word heilig gebore nie, geen mens word gebore met die Lewe van God binne hom nie. Klein boompies word gevorm en gebuig om soos ’n sekere boom te lyk wanneer hulle groot is. Ons word grootgemaak deur ons ouers wat hulle “mindset” op ons afstempel en so word ons groot met ons ouers se gewoontes, waardes, persepsies en ook volgens hulle reëls, wette, tradisie en kultuur. Ons word dus op ’n vleeslike manier gevorm en gebuig deur ons ouers, ons omgewing, asook ons omstandighede, maar die boom waarin ons gegroei het, is nie wat God vir ons in gedagte gehad het nie, want Hy het nog voor Sy kinders se geboorte vir elkeen ’n Goddelike DNA verweef wat diep in hulle geesharte versteek is in die vorm van ’n saadjie.

Nog voor ons geboorte het God ons al geken, want die Woord sê:

Jeremiah 1:5 (GWT) “Before I formed you in the womb, I knew you. Before you were born, I set you apart for my holy purpose.”

Psalm 139:15,16 (Afr.33/53) “My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.”

Nog voor ons geboorte het God al ons lewensboeke geskryf oor wat Sy wens vir ons lewens is. Alles wat God vir ons bepaal het, is vasgevang in DNA wat as ’n saadjie diep binne ons dormante geesharte gebêre is en wag om te begin ontkiem op die tyd wat God bepaal het. Dit is anders as ons vleeslike DNA, want die mens wat ek en jy in die wêreld is, is nie die mens wat God geskape het nie (ek bedoel nou nie hoe jy fisies lyk nie, ek bedoel die mens wat jy diep binne is) Dit is presies hoekom Jesus gesê het die mens moet weer gebore word om in die koninkryk van God te kan ingaan. Om weer gebore te word, moet ons eers sterf, nie fisies nie, maar ons moet ons vleeslikheid, die eie ek, afsterf. Ons moet die mens afsterf wat deur die wêreld gevorm en gebuig is soos ’n boom om die mens te kan word wat God bepaal het. Eers wanneer die Goddelike DNA saadjie binne ons begin ontkiem en groei, kan ons die mens word wat God oorspronklik geskep het. Ons moet dus ons vleeslike DNA afsterf om ons Goddelike DNA te kan aanneem.

Alles rondom ons menswees is vasgevang in hierdie DNA saadjie, vanaf ons ware temperament en karakter tot ons gawes om die werk van God te doen. God het selfs vooraf besluit op watse manier Hy deur ons wil werk eendag; Hy het vooraf besluit watse instrument elkeen van Sy kinders in Sy hand sal wees en met die oog daarop het Hy aan elkeen ’n bepaalde karakter en temperament gegee. Ons moet daarna strewe om daardie mens te word wat God vooraf bepaal het.

Hierdie saadjie waarin ons Goddelike DNA vasgevang is, lê baie diep in ons geesharte verberg. Wanneer God Sy kinders op die naam roep op n gegewe tyd, sal Sy kinders reageer, want dis die Goddelike saadjie wat diep in hulle geesharte gedeponeer is, wat reageer op die roepstem van God. Wanneer ons dan die keuse maak om ons rug op die wêreld te draai, Jesus se hand te vat en saam met Hom op die ware weg begin wandel, is ons nog soos die boom met baie blare wie se wortels in die sand van die wêreld geanker is. Ons word nie onmiddelik in die hart van God gewortel wanneer ons die keuse maak om tot bekering te kom nie, dit is ’n proses wat baie tyd kan vat. God gaan ons eers toets en Hy gaan beproewinge oor ons pad stuur om van ons skoner mense te maak, want toetse, beproewinge en versoekinge is die goed wat ons harte ontbloot en ook die motief van ons harte toets. Mense wat om die verkeerde redes op die pad van God is, gaan glad nie hou van die toetse en beproewinge nie, want hulle het gedink die pad van God is ’n pad wat lei na ontelbare seëninge. Hulle sal die ware Weg verlaat, maar dit is hoe God Sy kinders skei van die res van die wêreld, want net God se kinders wat Sy saad binne hulle dra, sal deur die toetse en beproewinge kan gaan sonder om hulle geloof en liefde in God te verloor. Daar gaan dus storms in ons lewens begin losbars wat ons blare en ons takke uitmekaar gaan waai; sommige takke gaan afbreek, ander nie. God wil Sy Lig op ons geesharte skyn en ons geesharte is diep in die stomp van die boom geleë, so God moet deur al hierdie blare, takke en bas skyn om by ons geeshart uit te kom.

Efesiërs 5:13 (Afr.33/53) “Al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.”

Wanneer ons begin voed op die Woord, begin ons worteltjies in die Woord van God ingroei. Die Woord is ook ’n Lig wat aan ons al ons sonde, ongeregtighede en verkeerdhede uitwys. Soos die Lig dit aan ons openbaar en ons die keuse maak om ons rug daarop te draai, sny God die groot takke van die boom af. Elke keer skyn Sy Lig bietjie dieper ons wese in totdat ons takke so oopgesny is dat Sy Lig op ons geesharte val. Die verblindende Lig van God skud ons geeshart wakker uit die diepe slaap…

Efesiërs 5:14 (Afr.33/53) “Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.”

…dan begin die saadjie, wat diep binne ons lê, ontkiem. Stadig begin hierdie saadjie ’n worteltjie uitskiet wat direk in die rigting van God se hart groei, maar hierdie worteltjie word ’n baie sterk wortel wat deur die Woord van God breek tot binne-in die hart van God. Dit is die penwortel van geloof en dit ontstaan uit die saadjie wat God diep binne ons geplant het. Die penwortel ontvang nou die Lewe uit die hart van God en begin dit deur die hele boom versprei en soos die Lewe van God deur die boom versprei, verander die boom in die pragtige boom wat God vooraf besluit het; ’n boom wat nie verduister is deur sondetakke en baie blare nie, maar ’n boom wat die vrug van God sal dra tot Sy heerlikheid. In ’n prentjie sien ek dit soos ’n jong boompie wat deur die saad begin groei en soos die boompie groter word, breek die bas van die ou boom om die nuwe boompie af totdat dit later net die nuwe boom is wat staan in die Lig van Abba Vader. AL die ou bas sal lê om die nuwe boom; dit is soos ou klere wat uitgetrek is, want die boom is nou nuut geklee. Lees gerus Kolossense 3:1-17.

Hierdie hele proses is nie iets wat maar net gebeur omdat ons kerk toe gaan nie, of omdat ons ’n selgroep of Bybelstudie bywoon nie, want hierdie totale proses vind plaas soos ons gemeenskap met Abba Vader het. Dit gebeur alleenlik wanneer ons dinge in die wêreld afstaan om tyd by die voete van Abba Vader deur te bring, om in Sy teenwoordigheid te sit, met Hom te gesels en Hom toe te laat om ons te omvorm. Ons moet bereid wees om ons lewe en ons hart in die hand van Abba Vader te plaas en met ’n opregte hart vir Hom te kan sê: “Here, nie my wil nie, maar U wil!” Ons moet bereid wees om in gehoorsaamheid dinge in ons lewe te begin teëstaan, om deur die krag van God te begin heers oor sonde. Ons moet die verlede in die hand van Abba Vader sit, want dit gaan nie help jy tob daaroor nie, dit kan nie gedaan gemaak word nie, maar Abba Vader kan jou vergewe en jou vrymaak van jou verlede. Om te teer op die verlede kan lei na ’n siek liggaam, siel en gees, maar wanneer ons die keuse maak om mense te vergewe, sit ons daardie situasie en mense in die hand van Abba Vader en Hy weet die beste hoe om dit uit te sorteer, maar as ons dit nie in Sy bekwame hande wil plaas nie, kan Hy dit ook nie vir ons uitsorteer nie en sal dit altyd aan jou bly knaag. Die mens sal altyd ’n keuse hê! God dwing ons nie in ’n besluit in nie, Hy laat die keuse aan die mens oor, maar daarom moet ons sorg dat ons eie wil ook in die hand van Abba Vader is, want dan sal ons keuses maak wat die wil van God is en nie teen Sy wil nie. Dit is moontlik omdat die Lewe van God, wat deur ons hele wese spoel, ook aan ons ’n nuwe “mindset” kom gee. As klein boompie het die manier hoe ons grootgemaak is asook ons omgewing en omstandighede aan ons ’n sekere “mindset” gegee, dit het ons geleer dink op ’n sekere manier, maar selfs ons gedagtes en ons manier van dink moet ons oorgee in die hand van Abba Vader. Met tyd gee Hy dan aan ons ’n nuwe manier van dink wat regtig die teenoorgestelde is van die manier waarop die wêreld dink.

Die nuwe boom gaan nie weer lyk soos die ou boom nie, hy gaan totaal anders lyk en hy gaan ook ander tipe vrugte dra. Hy gaan nie baie blare hê om sondes te probeer wegsteek nie en sy takke gaan op so ’n manier geposisioneer wees dat die Lig van God deur Sy takke gaan kan skyn tot binne-in sy diepste wese. Hy gaan gekonnekteer wees met Abba Vader en ’n lewende verhouding met Abba Vader hê. Tradisie, kultuur en veral godsdiens sal nie meer teenwoordig wees by hierdie boom nie. Kyk hoe mooi maak hierdie Skrifte nou sin:

Psalm 1:3 (Afr.33/53) “Hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie, en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”

Jeremiah 17:7-8 (The Message) “Blessed is the man who trusts Me, God, the woman who sticks with God. They’re like trees replanted in Eden, putting down roots near the rivers – never a worry through the hottest of summers, never dropping a leaf, serene and calm through droughts, bearing fresh fruit every season.”

…blooms come from the deepest seed that you planted in me…
(
Geneem uit die liedjie deur Christie Nockels)

Afgesny van jou stamboom

Abba Vader het eendag onder gebed vir my ’n baie groot boom gewys en gesê ek moet fokus op die takke van die boom. Die boom se takke was baie vertak of onderverdeeld en daar het name op die takke gestaan, ek kon duidelik die name uitmaak op die takke en ek het besef dat hierdie ons familieboom is. Uiteindelik het ek die tak gesien waarop my naam staan. God het weer die snoeiskêr geneem en die tak waarop my naam staan, eenvoudig net afgeknip met die woorde:

“Jy het nou doodgegaan!”

Ek het eers geskrik, maar toe sê Abba Vader dis die enigste manier hoe ’n wilde-olyf in die ware olyfboom ingeënt kan word – deur te sterf aan die vleeslike self en weer gebore te word. Met wedergeboorte word ons ingebore in die geslag van God in wat spruit vanaf Abraham. Dit is die enigste manier van verlossing – deur wedergeboorte. Die vals lering oor die sny van bloedlynvloeke is ’n mensgemaakte manier om losgesny te word van die sogenaamde vloeke wat jou voorouers se sondes oor jou eie kop bring. Deur ’n rympie op te sê, jou voorouers se sondes op die naam te noem en vergifnis daarvoor te vra sodat die vloeke jou nie kan tref nie, laat vir Satan net giggel van lekkerkry, want daardeur hou hy jou nogsteeds gevange in die duisternis terwyl jy dink jy is vry. Dit is nie die sondes van jou voorouers wat ’n vervloeking oor jou lewe bring nie, maar jy bring self ’n vervloeking oor jou eie lewe wanneer jy aangaan met die sondes en ongeregtighede van jou voorouers. Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om te breek met die “mindset” waarmee ons grootgeword het, om te breek met al die tradisie, kultuur en godsdiens wat ons opgelê is vandat ons klein is. Dit is tyd dat elkeen van ons regtig voor die voete van Abba Vader gaan sit en ondersoek instel oor die sondes in ons eie lewe, om ons eie sondes te erken en te bely aan Abba Vader. Daarvoor het ons die Lig van die Woord nodig en BAIE tyd in die teenwoordigheid van Abba Vader. Dit is die enigste manier na wedergeboorte en verlossing en dit is die enigste manier hoe ons in die geslag van God ingebore kan word. Dit is om God toe te laat om ons weer van voor af te omvorm na Sy wil. Wanneer ons totaal laat gaan van die manier waarop ons grootgeword het, wanneer ons al die gewoontes verwerp het, word ons afgesny van ons vleeslike familieboom en ingeënt in die geslag van God in.

Ek dink tog ons het nou ’n tyd betree, wat die laaste uur is, wat Abba Vader dit aan al hoe meer mense bekend maak dat Sy kinders onder die gevangenis van kultuur, tradisie en godsdiens moet loskom. Die punt wat ek wil maak is dat ons nie met maklike towerwoordjies onsself moet probeer intoor in die koninkryk van God nie; dit is ’n ernstige saak dat ons weer gebore moet word in die geslag van God in. Dit is die enigste manier van verlossing en die enigste manier hoe ons daarby gaan uitkom, is deur die self te offer aan God.

Romeine 12:1,2 “…dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer… En word nie aan hierdie wêreld gelykvorming nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Johannes 1 verduidelik so mooi oor die ware mens wat weer gebore word:

John 1:13 (The Message) “…Whoever did want Him, who believed He was who He claimed He was and would do what He said, He made to be their true selves , their child-of-God selves. These are the God-begotten, not blood- begotten, not flesh-begotten, not sex-begotten.”

“These people didn’t become God’s children in a physical way – from a human impulse or from a husband’s desire to have a child. They were born from God.” (GWT)

Efesiërs 4:22-24 (Afr.33/53) “…dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.”

Nadat ek hierdie gedeelte geskryf het, lees ek Galasiërs 2:17-21. Ek kon net glimlag oor die bevestiging. Ek haal sekere dele aan uit die Boodskap:

“Ek is saam met Christus gekruisig. Toe Hy aan die kruis gehang het, is ek saam met Hom vasgespyker. DAAROM IS EK NOU ’N NUWE MENS. Die ou, sondige ek is iets van die verlede; dood en begrawe. Christus leef nou in my. Nou leef ek deur geloof. My hele bestaan draai om die Seun van God. Hy het my so lief dat Hy bereid was om Sy eie lewe vir my op te offer. … As ek steeds probeer om self ’n plek in die hemel te verdien deur te doen wat die wet sê, is Christus verniet aan die kruis dood.”

Mag Abba Vader glimlag oor elkeen wat hierdie leringe lees wat uit Sy hart kom en mag die Lig van God op jou skyn en jou genadig wees.

Tot U heerlikheid, Abba Vader

Ek lief U, Abba Vader, met my hele hart, met my hele siel en met my hele verstand. U alleen is Koning.

Alle lote word gesnoei

Johannes 15:1,2,6 (Afr.33/53) “Ek is die ware wynstok, en My Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.”

Terwyl ons van bome praat, kan ons ook dink aan die loot wat in die wynstok gevestig moet wees. Wanneer ons gewortel raak in die hart van God, is ons soos die loot wat uit die wynstok uit groei. Jesus is die wynstok wat die loot in staat stel om vrugte te dra, so as ons nie as ’n loot in Jesus gevestig is nie, kan ons ook nie vrug dra nie. God ondersoek Sy wynstok en Hy snoei gedurigdeur die stok. As daar nie vrugte aan ’n loot is nie, word die loot afgesny om in die vuur gegooi te word. As daar wel vrugte aan die loot is, maar nie genoeg nie, snoei Abba Vader ook hierdie loot terug sodat hy meer vrugte kan dra.

’n Loot wat waarlik in die wynstok gevestig is, sal leef deur die Lewe wat hy van die wynstok kry. Ons het gesien hierdie Lewe bestaan uit Liefde, Bloed en Lewende Water. Daar is dus Lewe teenwoordig in hierdie loot en wanneer hierdie loot gesnoei word om meer vrug te dra, sal die afgesnyde takkie nie weggegooi word nie, want daar is Lewe in die takkie ook. Alleenlik lote wat geen vrug dra nie, word in die vuur gegooi, want hierdie lote het beweer om gevestig te wees in die wynstok en om uit die wynstok te groei, maar as hy waaragtig in die wynstok gevestig was, sou die vrugte wat hy dra, ’n bewys wees daarvan. So lote wat geen vrug dra nie, bely net met die mond om te glo in Jesus Christus, hy bely net om bekeerd te wees. Dit is soos die mense wat kerk toe gaan en allerhande godsdienstige pligte uitvoer, maar hulle het geen verhouding met Abba Vader nie. Daar is geen band met Abba Vader nie, met ander woorde, daar is nie ’n penwortel wat hom anker in die hart van God nie. Daarom is daar nie Lewe in hom teenwoordig nie. As Abba Vader hierdie loot afsny van die wynstok af en Hy bestudeer die afgesnyde loot, is dit droog aan die binnekant, daar was dus geen Lewe in hierdie loot nie. Hy het dalk net baie mooi vertoon van buite af, want hy kon dalk baie mooier blare gedra het. Hy het dalk mooi gesond gelyk op die oog af, maar as jy tussen die blare begin soek vir vrugte, is daar niks. Hulle beland op die hoop droë lote wat in die vuur gegooi gaan word.

Die loot wat waaragtig in die wynstok gevestig is, sal vrugte dra, maar dalk nie genoeg nie, of die takkie groei te lank uit en ’n lang dun takkie kan nie die gewig van vrugte hou nie. Abba Vader gaan Sy snoeiskêr vat en die takkie versigtig ondersoek om hom op die regte plek en op die regte tyd te snoei. Abba Vader alleen weet wanneer die tyd reg is vir ’n loot om gesnoei te word, Hy sal dit nooit op ’n ongeleë tyd doen nie. Wanneer Hy die lewende loot knip, loop daar bloed uit die takkie uit wat ’n bewys is dat die Lewe van God teenwoordig was binne hierdie takkie. Dit is ook die Lewe wat die takkie laat vrugte dra het. Die kort takkie wat nou oorbly, bloei ook, maar dan raak Abba Vader met Sy vinger aan die bloeiende takkie en die takkie verseël (soos bloed wat ’n rofie maak). God het nou hierdie takkie verseël met Sy Seun se bloed en dan gebeur die wonderlikste: Daar groei nie net een takkie uit die afknipte tak nie, maar sommer ’n paar nuwe takkies wat in verskillende rigtings groei. Hierdie nuwe groei sal nou ’n goeie oes lewer deur die vrugte wat hy gaan dra deur die Lewe van God. Kyk hoe mooi sê hierdie Skrif:

Johannes 15:8 (Afr.33/53) “Hierin is My Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal My dissipels wees.”

Wanneer ons Goddelike vrugte dra, verheerlik ons God, so wanneer ons mense in vrede en vriendelikheid hanteer met liefde, respek, geduld, sagmoedigheid, goedheid, getrouheid en al die ander mooi eienskappe, dan verheerlik ons die Naam van God. Ons fokus is dan nie meer op die self en die self se behoeftes en begeertes nie, maar ons volle fokus is op God en die heerlikheid van God. Wanneer ons min vrugte dra, is die heerlikheid tot God nie so groot nie, maar hoe meer vrug ons dra, hoe groter is die heerlikheid tot God.

Mooi groen blare gaan die vals lote hier nie kan help nie, want Abba Vader weet hoe om vir ware vrugte te kyk. Godsdienstige werke en allerhande barmhartigheidsdade voor die mensdom kan dalk die mensdom bluf om hom te sien as is ’n goeie mens met goeie werke, maar dit is net goeie werke, dit is nie die vrugte wat God soek nie – dit is nie vrugte wat God verheerlik nie. Dit laat my ook dink aan Markus 11 waar Jesus die vyeboom vervloek het. Jesus het verby die vyeboom geloop en vrugte gesoek aan die boom, maar omdat daar geen vrug te vinde was aan die boom nie, het Jesus die boom vervloek en die boom het verdroog en gesterf.

Daar is ongelukkig baie lote wat valslik geheg is aan die wynstok en wat beweer om die werk van God te doen. Hulle deel vals leringe uit aan die mensdom, maar dit sal nie ongesiens verbygaan nie. Dit is hierdie lote wat op die oordeelsdag sal sê:

Mattheus 7:22 (Afr.33/53) “Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?”

En dan sal Jesus sê:

Mattheus 7:23 (Afr.33/53) “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Mattheus 7:21 (Afr.33/53) “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal ingaan in die koninkyk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.”

Dit was toe al die tyd net godsdienswerke tot die eer van hulleself; hulle was toe al die tyd nie gevestig in die wynstok nie, maar hulle het net groen godsdienstige blare gedra. Wees versigtig vir die wolwe in skaapsklere!

Die snoeiproses is vir ons as mens nie lekker nie. Dit is die toetse en beproewinge waardeur ons gaan wat nie altyd so maklik is nie, maar Abba Vader toets ons geloof, ons gehoorsaamheid en ons liefde deur ons te snoei. Hy maak seker dat die bloed van Sy Seun binne ons teenwoordig is. Die uiteinde van ’n snoeiproses is altyd mooi en baie vrugbaar, so ons moet net aan Abba Vader vashou deur die moeilike tye. Dit is Abba Vader se manier om ons skoon te maak sodat ons meer vrug kan dra tot Sy heerlikheid. Ek kan net dink hoe glimlag Abba Vader wanneer Hy ons snoei en die engele rondom Hom hulle asem ophou om te sien of daar bloed uit die takkie gaan drup. Hoe groot gaan die blydskap wees wanneer die eerste druppeltjie bloed te voorskyn kom! Vir ons is dit seer, maar Abba Vader sal ons altyd weer opbou.

As Abba Vader jou moet snoei, wat gaan Hy vind? Gaan daar bloed begin uitdrup uit die takkie uit? Of is dit ’n lewelose loot wat net groen blare kon dra?

Hoë bome, droë kerns en vuur

1 Samuel 16:7 (Die Boodskap) “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie… Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart!”

In Daniël 4 het koning Nebukadneser ’n droom gehad van ’n boom in die middel van die aarde en sy hoogte was groot. Die boom het groot en sterk geword, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik. Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel. Onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon. ’n Engel het uit die hemel neergedaal en hardop geroep:

Daniël 4:14 (Afr. 33/53) “Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke. Laat sy hart anders word as die van ‘n mens en ’n dierehart aan hom gegee word, en laat sewe tydperke oor hom heengaan.”

Daniël was vir ’n oomblik verstom en sy gedagtes het hom verskrik, maar nogsteeds het hy die droom vir die koning uitgelê: Die hoë, groot en sterk boom wat mooi blare en baie vrugte gedra het; wat ’n woonplek en skuilplek was vir baie diere, was ’n simbool van koning Nebukadneser. Die boom is die koning wat groot en sterk geword het, maar die koning was gewortel in die grond van die wêreld en nie in God nie. Trots het hom in hierdie groot indrukwekkende boom laat groei wat tot gevolg gehad het dat hy in homself geglo het, homself as ’n god geag het en daarom het God ‘n profesie oor hom gebring sodat hy na die tydperk van 7 jaar sou erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dat Hy dit gee aan wie Hy wil. Daniël het die koning gewaarsku om ag te slaan op die droom en te breek met sy sondes en ongeregtighede, maar na twaalf maande het die koning gesê:

Daniël 4:30 (Afr. 33/53) “Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ’n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?”

Nadat die koning gewaarsku was dat alleenlik God mag het oor die koningskap, het hy homself nogsteeds verhef en aan homself die eer gegee vir sy briljante vermoë om Babel so te kon opbou! Dat ’n mens in soveel hoogmoed en trots homself kan verheerlik as dit God was wat hom opgebou het… Terwyl die woorde nog in sy mond was, kom daar ’n stem uit die hemel wat die koningskap van koning Nebukadneser ontsê. Die woord van God het in vervulling gekom en hy is uit die mensdom verstoot. Hy het plante geëet soos ‘n bees en sy hare en naels het lank geword soos die van ’n arend. Na sewe jaar het Nebukadnesar sy oë na die hemel opgeslaan, sy verstand het na hom teruggekeer en hy kon die Allerhoogste loof en prys as Koning. Hy het erken dat God alleenlik die koningskap kan bevestig en dat alles uit Sy hand kom. God het koning Nebukadnesar se koningskap herstel en toe kon hy bely:

Daniël 4:37 (Afr. 33/53) “Nou prys ek en roem en eer ek die Koning van die hemel; al Sy werke is waarheid en Sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.”

Elkeen van ons moet selfondersoek doen oor waar ons gewortel is en of ons nie ook ’n hoë boom is nie, want die groot probleem is, God gaan elke boom toets:

Esegiël 17:24 (Afr. 33/53) “En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die Here, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek die Here, het dit gespreek en gedoen.”

Voordat ons aangaan, moet ons in gedagte hou dat daar drie verskillende tipes bome is: Daar is die bome wat waarlik in God gewortel is, dan is daar bome wat glad nie daarin belangstel om God te ken of om in Hom gewortel te wees nie en dan is daar bome wat beweer om in God gewortel te wees, maar in werklikheid is hulle nog in die sand van die wêreld gewortel. Ek fokus nie op die hoë bome wat God nie wil ken nie, want hulle ding mee met mekaar op die wêreldse terrein om die hoogste boom te wees. Ek fokus op die bome wat hulleself Christene noem, wat beweer om in God gewortel te wees, maar wat in der waarheid hoë bome in die sand van die wêreld is. Dit is die vals Christene wat hulleself Christene noem vir die eer wat hulle daarvoor kan ontvang.

Die penwortel van ’n geestelike boom groei vanuit sy hart na die hart van God, dus groei die penwortel uit die kern van die boom wat daarop dui dat die kern van die boom uit dormansie wakker geword het. As hy nog in dormansie was, sou hy nie ’n penwortel kon groei nie, maar die boom met ’n penwortel, is ’n mense wie se gees ontwaak het deur die Lig van die Woord. Deur die penwortel, ontvang hierdie boom nou Lewe vanaf God, wat deur die kern van die boom beweeg en versprei word na die res van die boom. Die kern is dus vogtig van al die liefde, lewende water en bloed van Jesus Christus, en omdat die boom die Lewe van God ontvang, is hy in staat om Goddelike vrugte te dra.

Wêreldse hoë bome is nie in die hart van Abba Vader gewortel nie, dus is daar geen wortels wat uit sy kern groei nie; al sy wortels groei uit sy vlees uit. As daar nie ’n penwortel uit die kern groei nie, beteken dit die kern is dormant, dus ontvang hierdie boom nie Lewe van God nie en kan hy ook nie Goddelike vrugte dra nie. Sy kern is droog en daar is geen Lewe daarin nie, maar tog beweer soveel hoë-boom-mense om bekeerd te wees. So baie van hulle doen ook die werk van God waar hy mense vir homself kan wen deur mooi woorde uit sy mond wat vals is. Die mens wat nie onderskeidingsvermoë het nie, gaan waarlik dink en glo die leier is ’n Godsman. Die wêreld kan nie onderskeid tref tussen ’n wêreldse boom teenoor ’n Goddelike boom nie, want die oë van die mens sien net raak wat aan die buitekant is, maar die Woord sê:

1 Samuel 16:7 (Die Boodskap) “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie… Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart!”

Dit is net mense wat opkyk na hoë bome en hulle belangrik ag, maar God kan sien waar die boom gewortel is. Hy alleen weet ook of die kern van die boom Lewe in het of nie… God weet wat gaan aan in ons harte; Hy kyk nie na die buitekant van ’n mens nie, want God het oë wat die kern van die hart raaksien.

Mattheus 23 is ’n perfekte voorbeeld van hoë- boom-mense wat in der waarheid vals leraars en profete is, maar hulle ag hulleself baie belangrik. Die ergste is dat hulle dwaalleringe versprei aan ’n naïewe mensdom wat opkyk na hulle. Die hoë bome ontvang eer en heerlikheid van die mense en dit bevorder groei en die hoogte van die boom. As die naïewe mens maar net die kern van die boom kan sien om te kan sien dat daar in der waarheid geen Lewe in hierdie bome is nie. Al wat vir hierdie hoë-boom-mense belangrik is, is die eer en heerlikheid wat hulle kry, byvoorbeeld soos die belangrike dominee wat in die gang van die kerk afgelei moet word wanneer die laaste lofsang liedjie gesing word. Almal kyk op na die dominee en gee aan hom die eer en dit is presies wat hierdie hoë bome nodig het; hulle kan nie funksioneer sonder om eer en heerlikheid te ontvang nie. Die eerste teken van so ’n leraar is dat hy altyd sy gehoor sal sus met mooi, strelende woorde wat in der waarheid net ’n spul leuens is, maar ongelukkig hou die wêreld van mooi woorde wat nie hulle gewete aankla nie. Hulle vertel keer op keer aan hulle gemeentes dat hulle veilig is; dat hulle gered en verlos is omdat hulle deel is van die liggaam van die God… hulle leer die mense dat die fisiese kerk die liggaam van God is! Wat ’n groot leuen! Hulle leer die mense dat hulle rustig kan wees, want Jesus het klaar vir hulle sondes gesterf en hulle word gered alleenlik uit die genade van God. Hulle anker eintlik maar net hierdie wêreldse bome stywer vas in die kerk en die meeste kerke is sinagoges van Satan. Dit is hoekom sy leuens daar so lekker uitgedeel word as soetkoek. ’n Kerk waar ek baie jare terug betrokke was, se leraar het eendag gesê dat iemand hom gevra het hoekom praat hy nooit oor sonde nie? Hoekom sê hy nooit vir die mense dat hulle hulle sonde moet laat staan nie? Hy het kwaad geword en gesê God is alleenlik ’n God van Liefde en hy sal preek net oor die Liefde van God en as jy wil hoor dat jy jou sondes moet laat staan, moet jy maar ’n ander kerk gaan soek. Ek het toe ook so gemaak… en ook nie ’n ander kerk gevind nie. Daardie kerk groei tot vandag toe nog met derduisende gemeentelede, want dit is mos lekker om te hoor van die Liefde van God en dat jy glad nie gestraf sal word vir sonde nie; dat al jou sonde wat jy gedoen het alreeds vergewe is en al die sonde wat jy nog gaan doen, alreeds vergewe is. Hy preek ook dat jy glad nie bekommerd hoef te wees nie, want as jy gewortel is in God, word al jou sondes sommer net outomaties van jou afgesny. Daardie leraar lei soveel mense na die breë pad.

Alles gaan vir hulle oor wat die mens van hulle dink en sê, maar wat God van hulle dink, is nie hoog op hulle prioriteitslys nie, solank hulle die eer kan ontvang – al is dit onder die Naam van God. Hulle is soos die Fariseërs wat nie omgee hoe vuil die binnekant van die skottel is nie, solank die buitekant, wat die mensoog raaksien, skoon lyk. Die vrotheid van hulle harte kan hulle nie pla nie; hulle is nie gepla om skoon en rein voor Abba Vader te staan nie; hulle kan nie omgee hoe hulle lyk vir Abba Vader nie, solank hulle net Sy Naam kan gebruik om belangrik te lyk. Hoë-boom-mense word dadelik gesien aan hulle trots, arrogansie en hoogmoed; hulle wil die hoogste bome wees sodat hulle hulle top in die wolke kan insteek. Dit laat my dink aan Jesaja 14:

Jesaja 14:14 (Afr. 33/53) “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!”

Die groot gevaar van droë-kern-bome is dat God de laaste boom gaan toets met vuur, so God toets of daar Lewe in die kern van ’n boom is of nie. ’n Boom wat in Hom gewortel is, se kern gaan vogtig wees van die Liefde van God; sy kern kan nie aan die brand slaan nie. Wanneer God hierdie boom toets met vuur, sal hy brand soos die brandende bos waardeur God met Moses gepraat het… Die bos het gebrand, maar dit kon nie uitbrand nie. Die vlamme kon gesien word, maar nie die blare of die takke van die boom het geskroei of uitgebrand nie. Net so sal ’n Goddelike boom se takke en blare nie skroei deur die Vuur van God nie omdat die boom deurtrek is met die Lewe van God. Hierdie bome gee ook nie rook af soos ’n gewone vuur nie, maar dit gee ’n aangename geur af wat God behaag.

‘n Droë-kern-boom daarenteen, se kern gaan dadelik aan die brand slaan omdat die Lewe van God nie teenwoordig is in die boom se kern, takke of blare nie. Hierdie bome gaan rook, ’n aaklige stank afgee en hulle gaan totaal uitbrand totdat daar net ’n hopie as op die grond agterbly.

Esegiël 20:47-48 (Afr. 33/53) “So sê die Here my God: “Ek gaan jou aan die brand steek. Elke groen boom (groen a.g.v al die blare) en elke droë boom in jou gaan verbrand. Die vlamme sal nie geblus word nie, dit sal elke gesig skroei, van die suide van die land af tot in die noorde. Als wat leef, sal sien dat Ek, die Here, die vuur aangesteek het. Dit sal nie geblus word nie.”

Fariseërs dra mooi, groot, groen blare van godsdienstige werke, reëls en wette. Hulle prent aan die wêreld ’n mooi prentjie van ’n gesonde boom deur al die uiterlike dinge reg te doen, maar wat gaan in hulle harte aan? Dit is alles werke sonder vrug, want hierdie bome is nogsteeds nie in die hart van God gewortel nie, dus is hulle kerns droog en dood. Jesus sê:

Mattheus 7:21-23 (Afr.33/53) “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is. Baie sal in daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?’ En dan sal Ek aan hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.’”

As jy Esegiël 31 lees, sal jy sien God het ’n boom geplant en dit mooi laat groei, maar trots het ongelukkig die oorhand gekry oor hierdie boom (net soos Nebukadnesar in Daniël 4) en hy het gedink hy is beter as die ander bome. Hy het gedink hy kan sy top in die wolke indruk en daarom het God hierdie boom laat val. Dit kan so maklik met enige een van ons gebeur; daarom moet ons op ons tone bly en elke dag die Gees van God toelaat om ons te ondersoek vir selfs die kleinste sondetjies sodat ons dit aan God kan bely en Hy ons kan skoonwas en reinig voordat daar ’n bitter wortel van trots, hoogmoed of arrogansie in ons groei. God is getrou en as dit ons hartsbegeerte is om skoon en rein tot eer van Hom te lewe, sal Hy ons altyd help!

Psalm 86:5 (Afr. 33/53) “U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.”

In die kerk waar ek grootgeword het, het die predikers ons geleer dat Jesus se sterfte ons sondes alreeds vergewe het. As die predikers dit dalk anders bedoel het, is ek jammer, maar dit wat ek gehoor en verstaan het, het my laat glo dat ons nie te sleg hoef te voel oor sonde nie, want God het baie genade en Jesus het klaar gesterf vir ons sonde – ons sonde is alreeds vergewe. So die verkeerde prediking help baie mense om aan te gaan met hulle sondige lewens! Hulle bly funksioneer in die duisternis waar hulle gewortel geraak het in die dogmas van die kerk wat hulle sus in hulle sonde. Hoeveel leraars vermaan hulle gemeente oor die dra van slegte vrugte? Hoeveel gemeentes word gewaarsku dat ’n boom met vrot vrugte afgekap en in die vuur gegooi gaan word? ’n Boom met vrot vrugte het nie gemeenskap met Abba Vader nie en sy sonde is nie outomaties net vergewe nie.

1 Johannes 1:7 (Afr.33/53) “As ons in die Lig wandel soos Hy in die Lig is, het ons gemeenskap met mekaar en die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle ongeregtighede.”

Gaan kyk in ander vertalings ook – almal sê AS ons in die Lig wandel, reinig die bloed van Jesus ons. Alleenlik wanneer ons gemeenskap met God het, kan ons die bloed van Jesus ontvang wat ons reinig van ons sondes. Diegene wat in die wêreld gewortel is, is nie teenwoordig in die Lig van God nie en as ons nie in die Lig van God is nie, kan ons ook nie gemeenskap hê met God nie. Ons het die bloed van Jesus nodig om ons skoon te was van ons sondes en hoe kan ons die bloed en vergifnis sommer net opraap as ons in die duisternis gewortel is en geen gemeenskap met Abba Vader het nie? Dit is eers wanneer ons harte uit dormansie wakker geword het deur die Lig van die Woord; wanneer ons ’n penwortel begin groei het wat strek tot in die hart van God…dan eers het ons gemeenskap met Abba Vader. Dan ontvang ons die Lewe van God, wat bestaan uit die Liefde, Bloed en Lewende Water. Alleenlik dan word ons skoongewas van ons sondes en alleenlik dan is ons gered.

Dit is so belangrik dat ons Abba Vader vra om ons te help dat die Lig van die Woord aan ons kan openbaar hoe ons lyk as ’n boom. Is ek en jy gewortel in die hart van Abba Vader waar ons Liefde, Bloed en Lewende Water van Hom ontvang? Is ons blare op so ‘n manier gerangskik sodat die Lig van God tot in ons diepste wese kan inskyn en aan ons elke foutiewe ding in ons lewe uitwys? Of is ons ’n pragtige boom met mooi groen blare wat vrot vrugte probeer versteek? Ontvang ons die Lewe van God? Leef en teer ons op die Lewe van God of op dit wat die wêreld ons kan bied? Vrae wat ons onsself nog kan afvra, is dinge soos: Waarmee hou ons onsself die meeste van die tyd besig? Hoeveel tyd spandeer ons elke dag in die teenwoordigheid van Abba Vader waar Hy ons uit die Woord leer en waar ons met Hom kommunikeer? Is daar sekere wêreldse dinge wat vir ons belangriker of lekkerder is om te doen as om tyd met God en Sy Woord te spandeer? Waarin is ons gewortel? In die suiwer Woord van God of in geestelike boeke en praatjies? Luister ons na wat God sê of luister ons na wat ander mense sê? Ons kan onmoontlik nie gewortel wees in die hart van God as ons voed net op geestelike boeke en praatjies nie, dit moet suiwer Woord wees.

Hierdie is ’n saak tussen jou en Abba Vader. As jy Hom soek vir die regte redes, sal Hy jou nooit teleurstel nie en sal Hy aan jou openbaar hoe jy lyk as boom. Dit is vir Hom belangrik hoe jy lyk as boom, want Hy wil vrug dra deur jou en Hy kan nie vrug dra deur ’n boom wat in die duisternis geplant is nie.

72

Bitter wortels lok verwoesters

Hebreërs 12:15 (Afr. 33/53) “Pas op dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.”

’n Boom gewortel in die hart van God ontvang alles waarop hy lewe vanaf God. Die Goddelike takke wat die boom groei, dra die vrugte van die Gees deur Jesus Christus. Al is ’n boom gewortel in die hart van God en al leef ’n boom op die liefde van God, kan so ‘n persoon nogsteeds sondig, want daar is nie een mens wat nie versoek word deur die vyand nie. Selfs Jesus, wat die Seun van God is, was versoek deur Satan om te sondig, maar Jesus se wil was totaal oorgegee aan die wil van God en daarom het Hy God altyd gehoorsaam en het Hy nooit gesondig nie. Kan die mens sy wil totaal oorgee aan die wil van God en nooit sondig nie? God sê deur Sy Woord daar is nie een mens wat nie sondig nie en as daar wel iemand is wat beweer dat hy nooit sondig nie, is die Waarheid nie in die persoon nie (1 Johannes 1:8 ) Gelukkig is ons in die bevoorregte posisie dat ons ons sondes kan bely aan Jesus wat vir ons voorspraak doen by Abba Vader en wanneer ons gemeenskap het met God en ons sondes bely, was die bloed van Jesus ons skoon van ons sonde (1 Johannes 1:7). Om gemeenskap met Abba Vader te kan hê, moet daar ’n band of ’n verbintenis wees tussen ons en God en die verbinding is die penwortel van geloof. Deur die penwortel, dus deur geloof, ontvang ons die Lewe vanaf God en is ons in staat om gemeenskap met God te hê. Die Gees van God sal dan vinnig ons gewete aankla wanneer ons sondig sodat ons ons sonde kan bely en vergifnis ontvang.

Wanneer ons wel sondig, al is dit hoe klein en gering, groei daar ’n worteltjie weg van die res van die wortels wat in God se hart gewortel is. Hierdie worteltjie teer op ons sonde en groei ’n tak wat vrot vrugte dra. Dus, al is ons gewortel in God, kan ons nogsteeds sondig en kan ons nogsteeds ongoddelike vrugte dra. Sondetakke is geneig om baie blare te dra in ’n poging om die sonde te versteek en ons het gesien baie blare is dooie werke. So ons moet baie versigtig wees om nie ’n sondetak te groei en dit deur godsdienstige werke vir God te probeer wegsteek nie. As ’n tak of takke te veel blare begin dra, kan die Lig van God nie meer deur die blaredos skyn op die siel van die mens nie en gaan hierdie gedeelte van die sielsdimensie begin verduister wat dit ‘n welkome plek maak vir verwoesters om nes te kom skrop! So ja, al is ’n boom gewortel in die hart van God en al ontvang ’n boom die liefde, bloed en lewende water vanaf God, kan so ’n boom deur sonde (soos onvergewensgesindheid) wat hy nie aan God bely nie, sondetakke groei wat ’n deel van die siel verduister.

En ’n donker siel nooi bose verwoesters…

Hebreërs 12:15 (Afr. 33/53) “Pas op dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.”

Godsdienstige mense, of selfs mense wat ’n verhouding met Abba Vader het, is geneig om te dink hulle is skoon en het geen sonde nie, maar wees versigtig vir sondes wat nie so ooglopend is nie en wat ons mooi kan wegsteek agter blare soos trots, hoogmoed en onvergewensgesindheid. Hierdie goed vorm bitter wortels wat ons op die ou end van God kan vervreem. ‘n Boom wat nie sy sondetakke raaksien en bely aan God nie, ontvang nie vergifnis nie. God sal die sondetakke wegsnoei wanneer ons dit teëstaan en aan Hom bely, maar dit beteken ons moet eers by die bitter worteltjie begin en God toelaat om aan ons te openbaar wat hierdie bitter wortel is. As dit byvoorbeeld onvergewensgesindheid is, kon hierdie tak vrugte van woede en geïrriteerdheid dra wat ons weer uitdeel aan die mense naaste aan ons. Laat ons eerlik wees met mekaar… ek dink nie daar is een mens wat nog nooit onvergewensgesindheid in sy hart gedra het nie. Mense kom ons keer op keer te na en ons almal bly mens… dit is soms moeilik om ’n ander op die daad te vergewe. Ek glo nie dat daar een mens is wat nog nooit ’n bitter wortel gegroei het nie, al is jy gewortel in die hart van God.

Die tyd wat Abba Vader my geleer het oor die bitter wortel, het ek Hom gevra of Hy nie sommer net hierdie slegte tak eenklaps kan afsny nie? Hy het my geantwoord dat Hy nie die tak kan afsny en dan groei die wortel maar net weer ’n tak nie? Nee, Hy sny nie die sondetakke sommer net af sonder dat ons eers die bitter wortel uitgeroei het nie. Ons moet ons kant ook bring. Ek dink die bose wortels wat by die meeste van ons voorkom, is die bitter wortel van onvergewensgesindheid. Of ons dit nou wil weet of nie, hierdie wortel gaan ons baie siek maak – eers in die gees, dan in die siel en dan ook in die liggaam. Ons moet hierdie bitter wortels herken, die mense vergewe, dit bely aan God en die situasie met die mense regtig agter ons sit. Dan sal die worteltjie nie weer groei nie, en eers as die wortel uitgeroei is, sal God die lelike tak van sonde afsny.

Terwyl ek praat van onvergewensgesindheid, wil ek net een vinnige ding met julle deel wat Abba Vader my geleer het wat my ’n totale kopskuif gegee het oor onvergewensgesindheid. Ons het gewoonlik onvergewensgesindheid teenoor iemand wat ons leed aangedoen het, iemand wat ons seergemaak het of iemand wat ons te na gekom het. Wanneer ons hierdie onvergewensgesindheid koester, het ons aanhoudend negatiewe gedagtes oor hierdie persoon en dan groei ons ’n bitter wortel wat nie in die hart van God gewortel is nie, maar doer eenkant. Hierdie wortel teer op ons eie sonde. Ek het eendag met Abba Vader gesels oor ’n sekere insident en persoon in my lewe wat my in die verlede seergemaak het. Ek het gedink aan die betrokke situasie en wou-wou net weer kwaad word daaroor toe Abba Vader baie hard en duidelik vir my sê:

“DIT HET NIKS MET JOU TE DOEN NIE!”

Abba Vader se woorde het my gedagtes tot stilstand geruk en weereens het ek net met ’n frons op my gesig voor Sy voete gesit, want hoe kan dit niks met my te doen hê nie? Hierdie persoon het my gevoelens seergemaak, dit het tog baie met my te doen…en lieflike Abba Vader troos en stel my toe gerus deur dit op die volgende manier aan my te verduidelik…

Dit wat die persoon gedoen het wat my seergemaak het, het hy wel aan my gedoen, maar die ergste van alles, is dat hierdie persoon dit eendag aan Abba Vader gaan moet verduidelik. Dit wat die persoon gedoen het, was baie verkeerd in die oë van God; dit was teen die Woord en die wil van God. Wanneer ons iets doen wat teen die wil van God is, sondig ons en ons sonde skep altyd vir ons ’n vervloeking wat vorentoe vir ons lê en wag. So eintlik moet ek hierdie persoon baie jammer kry, want hy het my wel seergemaak daardeur, maar hy gaan baie seerder kry deur die vervloeking wat hy vir homself geskep het. Dit wat ons saai, gaan ons ook maai. Die seer wat my aangedoen is, kan nog genees word deur Abba Vader, maar die persoon gaan ’n ander tipe seer ondervind. Ons moet al hierdie seer situasies in die hand van Abba Vader plaas en die keuse maak om die situasie in Sy hande te los. Ons mag nie vergelding soek nie, want die enigste rede hoekom ons dit doen, is omdat ons onsself bejammer en ons dink ons gaan beter voel as ons daardie persoon kan “terugkry”. Om wraak te neem, is ook teen die wil van God, so as ons wel wraak neem, staan ons ook skuldig voor God en skep ons weer vir onsself ’n vervloeking. Dit is so dom!

Ons moet ons “mindset” omtrent dit verander en ophou om te “dwell” in die verlede en weer kwaad te raak vir iemand oor dit wat hulle aan ons gedoen het. Dit is ’n saak tussen hom en God, DIT HET NIKS MET ONS TE DOEN NIE! Ons moet ons selfbejammering laat staan, ons moet dit afsterf in onsself, want dit lei net na meer ongeregtighede soos onvergewensgesindheid, bitterheid en wraak. Dit is hy wat die sonde gepleeg het en as jy gaan kwaad bly daaroor, pleeg jy net so sonde. As iemand agter jou rug van jou praat, moenie toelaat dat dit jou raak nie! Dit het niks met jou te doen nie! As jy die keuse maak dat dit niks aan jou hart kan doen nie, kan dit niks aan jou hart en gevoelens doen nie. Daardie persoon versamel vir homself vervloeking vir die toekoms.

Hou op fokus op dit wat ander aan jou gedoen het (of nog gaan doen) en fokus eerder op jou verhouding met God, want hoe dieper jy in ’n verhouding met Abba Vader is, hoe minder gaan jou gedagtes dwaal oor ander mense en die onreg wat hulle jou aangedoen het. Wanneer jy ’n negatiewe gedagte kry van iemand anders, sit die negatiwiteit dadelik eenkant en dink aan die persoon se goeie punte (almal het goeie punte). Kort voor lank sal jy begin glimlag as jy aan hierdie persoon dink. Op hierdie manier gee jy die bitter wortel gif, want ’n bitter wortel soek nie mooi, positiewe gedagtes nie; hy soek negatiewe, lelike gedagtes, want dis waarop hy floreer. Gee vir hom wraak, woede, onvergewensgesindheid en hy groei ’n tak vol vrot vrugte van woede, frustrasies, humeurigheid, ensovoorts wat jy aan die mense naaste aan jou gaan uitdeel. Dis eintlik so onregverdig, want ons huweliksmaat en kinders lei gewoonlik onder hierdie vrot vrugte. Maak die keuse om die mense en situasies in die hand van Abba Vader te plaas en dit daar te los, dink of onthou die mooi gedagtes oor die mense en op hierdie manier roei jy die bitter wortel uit. Wanneer ons op hierdie manier saam met Abba Vader werk en ons ons samewerking gee om die wortel uit te roei, sal Hy ook die tak vol vrot vrugte afsny.

Ons moet dus daarop fokus om die bitter wortels in ons lewe te soek, dit raak te sien en dit te bely aan God. As ons dit nie doen nie, gaan die een bitter wortel na die volgende vorm en gaan die een sondetak na die volgende sondetak uit ons hart groei. As hierdie bitter wortels te veel word, gaan dit die penwortel laat sterf, en as daar nie meer ’n penwortel in die hart van God is nie, beteken dit die boom ontvang nie meer liefde, bloed of lewende water van God nie…hierdie boom gaan geestelik sterf. Hebreërs 6:4-6 sê ons moenie dink ons kan met God speel nie!

Hebreërs 6:4-6 (Afr.33/53) “Dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande gemaak.”

Dit is baie belangrik om te besef dat al is ons ’n boom gewortel in die hart van God, ons nogsteeds daagliks God moet vra om ons bewus te maak van ons sondes sodat ons dit aan Hom kan bely voordat ons ’n aaklige sondetak groei met baie blare wat verwoesters in ons siel innooi…

Bevryding?

Ek weet daar is baie mense wat glo dat ons vir demoniese bevryding moet gaan, maar kom ons dink net gou oor hierdie saak… Kom ons noem die bose verwoesters sommer op die naam: demone – bose geeste. Daar is baie verskillende opinies oor hierdie saak, baie mense glo dat ’n Christen glad nie ’n demoon kan hê nie, en ja, ons almal wil dit graag glo, maar wat gebeur anders wanneer ons ’n bitter wortel groei? Al is ons in God gewortel, kan ons nogsteeds ’n bitter wortel groei en dit verduister ’n gedeelte van ons sielsdimensie en Satan soek so ’n donker kolletjie om verwoesting te kom aanrig. Demone kan baie maklik in ons sielsdimensie nesmaak wanneer ons digte takke (sondetakke) groei wat ons nie bely nie. Dit verduister ’n deel van ons siel en daar waar duisternis is, is bose werkers welkom. Kom ons dink aan ’n geval waar die boom se blare en takke nog glad nie oopgesnoei is nie, met ander woorde, hierdie persoon se siel is nog baie duister, God se Lig kan nog glad nie daar inskyn nie. Wanneer hierdie persoon vir bevryding gaan, word die bose werkers weggejaag uit sy sielsdimensie, maar die probleem is dat die boomtakke nog nie oopgesnoei is nie. God se Lig is nog nie teenwoordig binne die persoon nie, dit is nogsteeds duister binne die persoon en dit gee aan die verwoesters die reg om maar net weer terug te kom. Lukas 11 en Mattheus 12 sê dat wanneer ’n onrein gees uit iemand weggaan, gaan soek hy ’n ander heenkome, maar as hy dit nie vind nie, kom hy terug na sy oorspronklike huis en vind dit uitgevee en versierd. Dan gaan haal hy sewe ander, wat slegter as hy is, en hulle almal kom maak hulle welkom. Ons moet begin by die begin en die worteltjie van elke slegte boomtak soek en eers die wortel uitroei. Wanneer ons dit aan God bely, sny Hy die sondetak af en skyn Sy Lig op ons sielsdimensie. Die verwoesters wat ingekom het deur hierdie bitter wortel, sal nie hou van die Lig wat op hulle skyn nie en daarom verlaat hulle die mens baie maklik.

Ek glo nie daarin dat ’n mens wat sopas sy hart vir die Here gegee het, moet gaan vir bevryding nie. Die verwoesters word uitgejaag sonder dat die bitter wortels uitgeroei en die sondetakke afgesny word. Daarom is dit so gevaarlik om vir bevryding te gaan as die mens nog nie in die hart van God gewortel is nie. Al wat verwoesters permanent laat padgee is die ware Lig van God, want daar waar God se Lig teenwoordig is, vlug die bose. Ek verstaan daar is sekere gevalle waar bose geeste eers uitgejaag moet word sodat die mens nugter kan dink, maar dis net in erge gevalle.

Dit is so belangrik dat ons elke dag selfondersoek sal doen en aan Abba Vader vra dat Hy aan ons sal openbaar as daar bitter wortels in ons diepste wese is wat sondetakke dra. Ons moet ontslae raak van die groot, mooi, groen blare waarmee ons die wêreld wil flous, want ons sal nooit Abba Vader kan flous nie. Hy weet wat gaan aan in ons harte. Mattheus 7:19 sê daar wag groot probleme vir bome wat slegte vrugte dra, want hulle gaan afgekap en in die ewige vuur gegooi word. Kyk ook wat sê Maleagi 4:1,2:

Maleagi 4:1,2 (Afr.33/53) “Die dag kom en hy brand soos n oond. Die wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal soos kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie n WORTEL, NIE ‘n TAK OORBLY NIE. Maar vir julle wat eerbied het vir My Naam, sal die SON VAN REDDING SKYN MET GENESING IN SY STRALE.”

Die Boodskap sê vers 2 vir my baie mooi:

Maleagi 4:2 (Die Boodskap) “Vir die van julle wat My liefhet en aan My gehoorsaam is, sal My verlossing soos die son wees. Wanneer dit opkom, jaag dit die donker weg en gee Lig. Daar waar die son se strale op ’n seerplek skyn, word dit vinnig gesond.”

Mag die Son van Redding inskyn in elkeen van julle se lewens!

58

Verwoesters in ons siel

Maleagi 4:2 (Afr. 33/53) “Vir julle wat My Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees…”

Onder gebed wys Abba Vader my ’n woud waar die bome verskriklik na aan mekaar staan en die toppe van die bome is baie dig – so dig dat daar geen lig in die woud inskyn nie. Die woud is in pikdonkerte gehul. Ek sien ’n beweging tussen die bome en probeer fokus om te sien wat dit is… Tussen die bome hardloop klein swart mannetjies vinnig rond met klein byltjies in hulle hande en soos hulle hardloop, kap hulle die bas van die bome stukkend. Dit lyk asof hulle iets probeer uitkerf op die boombas, iets soos ‘n merk of ‘n teken, maar wat hulle ookal doen, hulle is verseker besig om die bas van die bome te verwoes. Wanneer hulle my sien, hardloop hulle vinnig weg en kruip agter ander bome weg. Nou en dan loer hulle om die bome, so asof hulle net wag dat ek my rug moet draai sodat hulle weer kan begin kerf aan die bome. Dan is daar voëls met baie skerp snawels wat rondvlieg tussen die bome en ook die bas van die bome stukkend kap met hulle snawels. Daar is ook leeus en wolwe wat die bas stukkend krap met hulle naels sodat groot stukke bas sommer so afval soos hulle dit verwoes. Ek verstaan nie wat hier aangaan nie, maar een ding is verseker – hier is groot verwoesting aan die gang…

Abba Vader begin my verduidelik dat bome wat in die wêreld gewortel is, se toppe eerstens so dig is dat die Lig van God nie kan inskyn op die stamme van die bome nie. Ek stel toe my fokus in op die blaredak – die blare is regtig baie mooi: dit is groot, mooi groen blare en ons weet mos nou dat sulke baie blare dooie werke simboliseer. As jy van bo af na so ‘n boom kyk, gaan jy nie deur die mooi blaredos die boombas kan raaksien wat so verwoes word deur die onheilswerkers nie. Moet jou nie laat flous deur ’n boom wat se blare mooi groen en gesond vertoon nie, want hierdie mooi groen blare is net ’n masker sodat die res van die wêreld eintlik nie moet sien wat gaan aan in die dieper wese van die mens nie. Adam en Eva het hulle naaktheid probeer wegsteek deur groot vyeblare, maar God sien dwarsdeur blare en Hy sien en weet presies wat in die geesmens aangaan. Ons kan niks vir God wegsteek nie. Die digte takke van die boom simboliseer sonde, ongeregtigheid en verkeerde dade van die mens waarvan hy dalk nie eers bewus is nie. Die blare keer dat die Lig nie op die takke skyn nie en as die Lig van God nie op die takke skyn nie, is dit asof ons sonde ons nie pla nie. Ons weet dat dit wat ons doen verkeerd is, maar dit pla ons ook nie te erg dat dit verkeerd is nie, want ongelukkig is ons grootgemaak met die leuen dat ons nie bekommerd hoef te wees oor ons sondes nie, want Jesus het alreeds al ons sondes vergewe toe Hy gesterf het aan die kruis. Die gevolg van hierdie bose denkwyse is dat ons leef soos ons wil, want ons is mos alreeds verlos en gered… Ons bely nie ons sondes voor God nie; ons laat staan nie ons sondes nie, want ons word nie so geleer nie, maar as ons nie ons sondes kan raaksien en dit bely en oorgee aan Abba Vader nie, word hierdie takke ook nooit oopgesny nie. Hierdie is ’n bose kringloop wat sy oorsprong het in die groot groen blare, dus dooie werke. Dit begin gewoonlik in ons vormingsjare waar ons geleer word dat ons kerk toe moet gaan om God te gaan aanbid, dat ons gedoop moet word, aangeneem moet word deur die kerk en so meer… Ons raak vasgevang in godsdiens en glo dit gee aan ons redding, so ons gaan maar net aan met godsdiens en ons sondige lewens. Soos ons ouer word, groei ons net meer en groter blare om ons duistere siel weg te steek vir die wêreld. Hierdie blare keer die Lig van God af sodat die Lig nie op ons sondetakke kan skyn en ons ons sondes aan God kan openbaar nie. Ons speel reg in die hand van Satan, want so lank as wat die Lig van God nie in ons siel kan inskyn nie, vir so lank kan sy werkers in ons siel verwoesting saai.

Die stam van ‘n boom dui op die siel van die mens – daardie gedeelte van die mens waar die emosies, gedagtes en eie wil gesetel is en dit is in hierdie gedeelte waar die onheilswerkers baie verwoesting aanrig. Omdat die blaredak so dig is, kan die Lig van God nie skyn op die mens se sielsdimensie nie, want blare van dooie werke, asook takke van sonde, keer die Lig van God sodat dit nie dieper die mens kan inskyn nie. As God se Lig nie in ons harte inskyn nie, kan die duisternis binne ons nie verdwyn nie. 1 Johannes 1:5 sê God is Lig en daar waar God teenwoordig is, dus die Lig, vlug alle duisternis; dus die bose. Vir so lank as wat die Lig van God nie deur ons digte blaredak kan inskyn nie, vir so lank kan al die verwoesters aangaan met hulle verwoesting in ons emosies en denke. Dan begin ’n mens verstaan hoekom dit soms vir ons voel ons emosies hardloop weg met ons of dat dit ons beheer – God se lig skyn dan nie op daardie gedeelte van ons siel nie.

Om die Lig van God te laat skyn op ons wese, is dit nodig dat ons eerstens ontslae sal raak van die groot blare, wat dui op dooie werke wat ek ook godsdienswerke noem. Ons kan dalk die wêreld flous met hierdie mooi blare, maar ons gaan nie vir God flous nie en ons gaan ook nie die onheilwerkers van Satan kan flous nie. Hulle weet baie goed wanneer die Lig van God die mens kan inskyn en wanneer nie. Satan werk goed saam met sy werkers deur die mens te laat glo dat dit genoeg is om net godsdiens te beoefen, want solank die mens godsdiens beoefen en nie ’n verhouding met Abba Vader het nie, so lank skyn die Lig van God nie op die sielsdimensie van die mens nie en kan die bose werkertjies aangaan om ons te verpes. Hierdie swart mannetjies, leeus en wolwe wat so vernietiging aanrig aan die boombas, is al die goed wat so knaag aan ons van binne af. Ons raak humeurig, frustreerd, ons het onvrede, ongelukkigheid, ons raak twisgierig en ons is sommer net moeilikheid- makerig… al hierdie negatiewe optredes en gevoelens kom uit ons siel, en solank as wat God se Lig nie skyn op hierdie verwoesters nie, sal ons nie beter voel nie. Vir so lank as wat God se Lig nie op ons menswees skyn nie, het hierdie verwoesters die volste reg om te knaag aan ons van binne af en kan hulle ons baie skade aanrig.

Dit vat baie moed van ’n mens om te fokus op sy eie lewe en bereid te wees om sy foute raak te sien; wat kies om sy hoeveelheid dooie blare te herken en erken, wat dus bereid is om sy sondes en verkeerdhede te bely aan Abba Vader. 1 Johannes 1:9 sê as ons ons sondes bely, is God getrou en sal Hy ons vergewe vir ons ongeregtighede. So as ons ons sondes aan Abba Vader bely, snoei Hy die boomtop oop sodat Sy Lig kan val op die verwoesters van ons lewe. Hierdie verwoesters kan die Lig van God nie verdra nie, dit verblind hulle en hulle sal vinnig ’n wegkome soek. Die Lig van God ontbloot dus al die werke van die onheilswerkers binne ons. Die oggend nadat Abba Vader die boonste gedeelte aan my verduidelik het, gee Hy vir my Psalm 74. Die hoofopskrif van Psalm 74 is:

DIE VERWOESTE HEILIGDOM Psalm 74:3 (Afr. 33/53) “Hef U voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.”

Die Boodskap vertaal vers 3 op hierdie manier:

Psalm 74:3 (Die Boodskap) “Ons vyand het alles wat ons het, verwoes; ook U woonplek”

Die vyand, wat Satan is, het met die hulp van sy werkers die heiligdom van God verwoes. Hierdie heiligdom is die tempel waarin God wil woon, en ons is die tempel waarin God wil woon, want 1 Korinthiërs 3:16 sê:

1 Korinthiërs 3:16 (Afr. 33/53) “Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?”

Psalm 74:4,5 is ’n baie duidelike bevestiging van die visioen wat Abba Vader my gegee het:

Psalm 74:4,5 (Afr.33/53 “U teëstanders het binne-in U vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel. Dit lyk soos wanneer iemand BYLE omhoog hef in die DIGTE PLEK BOME; die houtsnywerk daarvan het hulle alles met BYL en HAMERS stukkend geslaan.”

As die Lig van God nie in ons diepste wese inskyn nie, is dit ’n teken dat ons nog gewortel is in die wêreld en moet ons God vra om ons te ontwortel. Al ons sondes en verkeerdhede waarvan ons bewus is, moet ons verwerp uit ons lewe; ons moet dit aan God bely sodat Hy ons kan vergewe en Hy dit kan wegsny uit ons lewens. Dan kan God se goue genesende strale binne ons siel inskyn. Om hierdie groot vrugtelose takke te laat afsny, is JOU besluit, jy moet hier die regte keuse maak en besluit om sekere dinge in jou lewe te laat vaar. As jy sekere dae vreeslike buie ervaar soos hartseer, humeurigheid, frustrasies, ensovoorts, is daar dalk klein swart mannetjies wat kap aan jou siel se bas of leeus wat krap aan jou siel. Dit is onnodig. Jy kan vrykom daarvan. Abba Vader kan jou vrymaak van hierdie seer. Gaan sit by Sy voete en praat met Hom, vertel Hom van jou seer soos jy dit aan ‘n persoon sal vertel. Abba Vader sal deurkom vir jou op die regte tyd en op Sy tyd sal Hy jou genees van daardie seer, maar dit gaan moeite en toewyding van jou kant af ook vat. Jy moet tyd maak vir Abba Vader, vir Sy Woord, om te bid en met Hom te gesels. Soek Hom in die Woord en jy SAL Hom vind. Hy is die enigste Weg, Waarheid en Lewe. Abba Vader is die enigste Geneesheer wat jou graag van die klein swart mannetjies en leeus wil bevry, maar Hy wag dat jy moet vra daarvoor. Hy wag dat jy jou sondes bely aan Hom… Moenie uitstel nie, dit is absoluut die moeite werd; as jy eers vir Jesus gevind het en Hom leer ken vir die liefdevolle en goeie God wat Hy is, sal jy nooit spyt wees nie.

’n Pragtige blaredos?

Mattheus 6:33 (Afr.33/53) “Julle moet óf die boom goed maak en sy vrugte goed, óf julle moet die boom sleg maak en sy vrugste sleg; want aan die vrugte word die boom geken.”

Die samelewing van vandag het ’n verwronge siening oor ’n goeie mens en Goddelike vrugte. Hulle sien ’n mens wat uit sy pad sal gaan om dinge vir ander te doen, as ’n goeie mens, maar hoeveel van hierdie “goeie” mense doen die “goeie” dinge net om raakgesien te word? Of om as ’n “goeie” mens gemerk te word? Dan is al hierdie “goeie” dinge nie die resultaat van Goddelike vrugte nie, maar van vleeslike vrugte in ’n poging om die eie vlees en siel te voed. Hulle wil raakgesien word deur die wêreld as goeie mense, met ander woorde, hulle wil die eer ontvang en as die mens die eer ontvang, is daar geen eer aan God oor nie. Hulle vlees en siel moet geëer word, maar die hartseer van hierdie saak is dat hierdie “goeie vrugte” nie eers deur God raakgesien word nie. Die wêreld hou van mense wat vir hulle dinge doen en skryf dadelik hulle naam op in die goeie boekies as goeie mense. Volgens hulle dra die goeie mense Goddelike vrugte, maar dit wat die mens sien as Goddelike vrugte en dit wat God sien as Goddelike vrugte is twee verskillende goed. God sien die binnekant van die vrugte raak, en mense nie – die binnekant van daardie vrugte is gewoonlik vol manipulasie en beheer. Hierdie mense doen goeie goed aan ander net om die mense in hulle “mag” te kry, en sodra hulle iemand in hulle “mag” het, beheer hulle die arme, onskuldige mens. Dit is nie iets wat net op die televisie gebeur nie, hierdie goed gebeur onder ons neuse, maar omdat ons met wêreldse, vleeslike oë kyk en nie onderskeidingsvermoë het nie, sal ons dit nie kan raaksien nie. Hierdie manipulerende mense sal aan die wêreldlinge goed doen solank die wêreldlinge hulle op ’n troontjie hou, maar bewaar die persoon se siel wat hom nie op daardie troontjie wil hou nie – hierdie persoon sal ’n groot hap van die vrot vrugte kry. Moenie dat goeie werke van mense jou flous nie, want daar skuil gewoonlik ’n geheime agenda daaragter…

’n Boom met baie, mooi, groen blare lyk soos ’n baie gesonde boom, maar geestelik is dit nie so ’n gesonde boom nie. Baie blare aan ’n boom dui op dooie werke en kan dus dui op ’n vals boom wat beweer om in God gewortel te wees, maar in werklikheid is die boom nogsteeds gewortel in die sand van die wêreld. Hierdie persoon probeer op ’n mensliker wyse die geregtigheid van God bekom; dus deur goeie werke, maar Jesus sê self in Johannes 6 dat daar niks is wat die mens kan doen nie, behalwe om te glo in Hom. Om godsdienstige dinge toe doen, gee nie aan ons geregtigheid nie; om kerk toe te gaan en as die Christen van die jaar bekend te staan, gee nog minder vir ons geregtigheid. Selfs om op uitreikings te gaan en die evangelie te verkondig, maar die persoon het geen verhouding met Abba Vader nie, is dit dooie werke. Hoeveel predikers wat “goeie werk vir God doen” is besig met dooie werke… hulle doen hierdie werke om ’n plek in die hemel te bekom, so hulle doen dit nie uit liefde en eerbied vir God nie. Hoeveel leraars is daar buite wat op die hande van die gemeente gedra word, daar word opgekyk na hom, maar in werklikheid verkondig hy net dit wat hy geleer het as teologie. Hy het geen ware verhouding met Abba Vader nie en agter toe deure word daar nog gekonkel ook. Mense wat ’n godsdienstige beeld probeer skep om as ’n heilige bekend te staan, steek gewoonlik iets weg; hulle skuil net agter die heilige beeld. Die kans is groot dat hierdie persoon net ’n masker opsit in die publiek, maar by die huis in sy privaatheid is hy ’n ander mens. Ek sê weer: Daar is niks wat ons kan DOEN om Goddelike geregtigheid te kry nie; nie eers om die werk van God te doen nie. Ons verkry alleenlik geregtigheid deur in regstaande verhouding met Abba Vader te staan en onteenseglik in Hom te glo. Mense met baie blare bely net met die mond om te glo in Abba Vader, maar die baie blare is toe al die tyd net ’n skyn van godsdiens.

Mattheus 7:15-20 (Afr. 33/53) ’n Boom sal geken word aan sy vrugte:“Pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtig wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie. So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. ’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hulle vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here!’ sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: ‘Here, het ons nie in U naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?’ En dan sal Ek aan hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.’”

Deur hierdie woorde van Jesus sien ons duidelik dat ons nie almal moet glo wat kwansuis die werk van God doen nie. Daar is baie wolwe in skaapsklere. Ons het baie onderskeiding deesdae nodig, want die duiwel is baie listig en hy loop rond soos ’n brullende leeu op soek na iemand om te verslind en die maklikste manier om dit te doen, is op ’n godsdienstige wyse. Dis hoekom dit so belangrik is om God se Lig BINNE ons te hê en nie net ’n skyn van godsaligheid nie, want Satan en sy werkers weet baie goed wanneer dit God se Lig is wat uit ons skyn en of dit net ’n skyn van godsdiens is.

Mattheus12:34 (Die Boodskap) “Julle spul valse mense. Julle is vrot van binne, maar nogtans hou julle aan met al julle vroom praatjies.”

Jesus sê in Mattheus 6 dat ons nie ons liefdadigheid voor die mense moet probeer bewys om deur hulle raakgesien te word nie; dat ons linkerhand nie moet weet wat ons regterhand doen nie; dat wanneer ons bid, ons nie moet wees soos die geveinsdes nie, want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid sodat die mensdom hulle moet raaksien. Weereens, dit maak deel uit van die groot groen blare om bewonder te word deur die wêreld, maar in werklikheid is hulle nie eers gewortel in die hart van Abba Vader nie. ’n Boom met baie, mooi, groen blare vertoon pragtig en baie gesond van buite af, maar Jesus waarsku ons in Mattheus 12:33-37 om op te let na die vrugte; dus moet ons leer om dieper te kyk en nie na die baie blare nie. Ons moet ’n boom deeglik ondersoek en die oorsprong van die vrugte probeer vasstel. Getuig die mens se lewe van leuens, onsedelikheid, valsheid en alle dergelike dinge? Dan vertel die vrugte alreeds vir jou waar die boom gewortel is. Die blare is soms so groot sodat dit die afwesigheid van Goddelike vrugte kan verbloem. ’n Mens wat net “goeie” werke kan toon, maar aan die ander kant ’n nare mens teenoor ander is, probeer deur “goeie werke”, wat blare is, wegsteek dat hy nie goeie vrugte dra nie. Hy wil hê die wêreld moet eerder verby die feit kyk dat hy nie goeie vrugte dra nie, maar dat die wêreld net die goeie dade sal raaksien.

Mense, ons moet Abba Vader vra om ons oë oop te maak sodat ons nie verder in die verderf ingelei word nie. Nie alle mense wat goed voorkom, is altyd so goed nie. Kyk verby die manipulerende maskers en die groen blare; let op na die ware vrugte wat die mens dra, let op na die versteekte dade. Waarvan getuig dit as ’n persoon in sonde leef en nie die gebooie van God nakom nie, maar hy probeer sy bes om goed te doen vir ander? Daar is net een rede…die persoon wil raakgesien word deur die wêreld as ’n goeie mens of ‘n heilige Christen. Sy lewe sal hand aan hand loop met leuens en ongeregtighede. Wys dit uit en jy sal die vrot vrugte sien. Die volgende Skrif sê dit so duidelik:

1 Johannes 3:6-10 (Die Boodskap) “Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie. My kinders, laat niemand julle mislei nie: Wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat Sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.”

Die tyd is min! Dit is tyd dat ons ons eie groot, groen blare sal begin raaksien en dit oorgee aan Abba Vader. Dit is tyd dat ons sal ophou met godsdienstige speletjies en ernstig raak oor ons verhouding met Abba Vader. Die enigste manier hoe ons bewus kan raak van die groot groen blare, is om ons lewens en ons harte oor te gee aan Abba Vader en alleenlik op Hom te begin fokus. Met tyd sal Hy alles aan jou bekend maak.

Mattheus 6:33 (Afr.33/53) “Julle moet óf die boom goed maak en sy vrugte goed, óf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.”

’n Boom wat vrug dra

Johannes 15:4,5 (Afr. 33/53) “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”

Ons het gesien ’n boom gewortel in die hart van God, is gekonnekteer aan God deur die penwortel van geloof en deur hierdie band wat ons met God het, ontvang ons ook die Lewe van God. Alleenlik wanneer ons die Lewe van God ontvang, ontvang ons ook die vermoë om Goddelike vrugte te begin dra. Dit is baie belangrik dat ons besef dat dit nie die mens self is wat Goddelike vrugte dra nie, dit is alleenlik deur die Lewe van God wat deur ons are bruis, wat ons in staat stel om Goddelike vrugte te begin dra. Die menslike karakter kan nooit Goddelike vrugte dra nie, alleenlik wanneer die karakter van die mens deur die Lewe van God omvorm is – dan eers is die mens in staat om deur die krag van God Goddelike vrugte te begin dra, maar dit is nogsteeds nie die mens wat die vrug dra nie, dit is Jesus in en deur ons.

Die penwortel van geloof is die enigste band wat ’n mens aan God kan verbind, dus is dit alleenlik deur hierdie band wat ons die Lewe van God kan ontvang, maar as daar geen penwortel is nie, is die krag en Lewe van God afwesig in ons wese en kan daar ook nie Goddelike vrugte wees nie. Met ander woorde, as ’n boom Goddelike vrugte dra, beteken dit daardie boom is geanker in die hart van God deur ’n penwortelstelsel. Die persoon glo waaragtig in Jesus en hy ontvang die Lewe van God. As ‘n boom geen goeie vrugte dra nie, getuig dit van die afwesigheid van ’n penwortel, dus ook die afwesigheid van die Lewe van God binne die persoon. So, vrugte van die Gees gaan gepaard met geloof in God. ’n Persoon sonder geloof in God, wat nie ten volle en waaragtig in Hom glo nie, kan nie ware liefde, vrede, blydskap, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid of selfbeheersing toon nie. Alhoewel die persoon sy beste gaan doen om hierdie eienskappe te toon, sal hy faal, want geen mens kan hierdie eienskappe uit sy eie genereer nie; alleenlik Jesus kan hierdie eienskappe deur ons leef. ’n Boom sonder Goddelike vrugte laat my sidder, want Mattheus 3:10 sê:

Mattheus 3:10 (Afr.33/53) “Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrug dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”

’n Boom word geken aan sy vrugte. Die Fariseërs het duidelik nie mooi vrugte gedra nie, want Johannes sê vir hulle:

Mattheus 3:7,8 (Afr.33/53) “Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas.”

Vals bome is mense wat beweer om in die hart van God gevestig te wees, wat beweer dat hulle Christene is omdat hulle gedoop is, dalk omdat hulle aan ’n kerk behoort, ensovoorts. In werklikheid getuig hulle net met die mond om te glo in Jesus Christus omdat hulle so grootgemaak is; dit is deel van hulle tradisie, kultuur en godsdiens. Hulle is nie gewortel in die hart van God nie, maar hulle is gewortel in tradisie, kultuur en godsdiens. Net so is baie mense, soos die Fariseërs, gewortel in die wet en nie in God nie. Om reëls, wette en regulasies te onderhou, kan aan geen mens die vermoë gee om Goddelike vrugte te dra nie. Galasiërs 5:4 sê as jy probeer leef volgens godsdienstige regulasies, word jy afgesny van Jesus…

Galatians 5:4 (The Message) “When you attempt to live by your own religious plans and projects, you are cut off from Christ…”

Wanneer ons wel ten volle gewortel is in die hart van God, sal die Gees van God ons lewe beheer en sal ons volgens die Gees leef en nie meer volgens die vlees nie. Abba Vader sal dus aan die stuur staan van alles wat ons dink, doen en sê. Die gevolg is dat die sonde ons nie meer sal onderkry nie, want dit het geen houvas meer op ons nie. Ons kan nie een dag aan ons sondige begeertes toegee en die volgende dag aan die kant van Abba Vader staan nie – ons kan nie leef soos ons wil nie. Waar ons gewortel is, is duidelik te sien aan die vrug van die boom, want soos ’n boom wat goeie vrug oplewer, wys die mens wat in God gewortel is, se lewe dat hy aan God behoort. Hulle gee om vir ander, hulle lewe is vol vreugde, hulle ken en ervaar die vrede wat van God af kom, hulle verdra ander mense, hulle straal van vriendelikheid en warmte en hulle is vol deernis en ontferming. (Galasiërs 5:21-22 Die Boodskap)Daarteenoor sal ’n boom in die wêreldse grond vleeslike vrugte dra:

2Galasiërs 5:19-22 (Afr. 33/53) “Die werke van die vlees (vrugte van die vlees) is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroëer gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die Koninkryk van God nie sal beërwe nie.”

Dit is vir Abba Vader baie belangrik dat ons Goddelike vrugte dra sodat ons dit kan bied aan ons naaste en die mense van die wêreld. As ons gevul is met die Lewe van God, gaan ons deur Jesus Goddelike vrug dra en die mense om ons gaan ’n proeseltjie kry van hierdie vrugte wat hulle weer ’n honger kan laat ontwikkel om meer van Jesus te ken. So wanneer ons Goddelike vrugte uit die hart dra en aan mense om ons bied, versprei ons die liefde van God wat op ’n Godgegewe tyd hulle hongerte en begeerte na Jesus sal aanwakker. Ons hoef nie ons onbekeerlike geliefdes toe te gooi met die Woord van God nie, want meeste van die tyd val dit in elk geval op dowe ore en bring dit net verwydering tussen ons en hulle. Ons hoef nie te ywer om hulle in te bring na die Koninkryk van God nie, want God het Sy plan met elke persoon en al wat Hy van ons wil hê, is om Sy vrugte te dra. Hy vra nie van ons om uit te gaan en mense te red nie, God doen dit self! Ons moet net Sy vrug dra en ons hoef nie te ywer om ons geliefdes tot bekering te bring nie. Al wat ons kan doen is om te fokus op God en verdiep te raak in die liefde van ons Vader en hoe dieper ons in Hom ingroei, hoe voller raak ons van Hom en hoe meer vrug dra Hy deur ons wat weer uitgedeel kan word.

God verander ons totale karakter wanneer ons vol raak van Hom en jy gaan nie eers agterkom dat ander mense op die vrug wat jy deur God dra, voed nie. Jy gaan nie eers bewus wees wat jou vrug aan ander mense doen nie, en dit is heeltemal reg, want dit moenie oor die self gaan nie. Ons fokus moenie wees op wat ons aan ander kan bied nie, maar ons fokus moet wees op ons verhouding met God alleen. Ons moet fokus om dieper en dieper in Hom in te groei en God sal die res doen. Wanneer ons die heeltyd gesteld is daarop om vrugte te dra, is ons fokus op die verkeerde plek en dan gaan ons eie-gegenereerde vrugte dra wat nie uit ons hart kom nie.

Wannneer ons so verdiep raak in die liefde van God, begin Sy liefde oorspoel na ander, en veral ons kinders. Ons kan op seminare en kursusse en wat ookal gaan wat ons leer hoe om ons kinders Goddelik groot te maak, ons kan soveel “tips” daar leer as wat ons wil, maar as Jesus nie binne ons leef nie, gaan ons kinders nie Jesus proe in ons nie en gaan hulle Jesus nie leer ken deur ons nie. Ons kinders moet grootword met happies Goddelike vrugte. Ons moet altyd onthou dat die woorde wat by ons mond uitkom, nie veel beteken nie, dis die woorde wat uit die hart kom, die gevoel wat jou kinders voel as hulle naby jou is… dis hóe jy jou kinders hanteer wat die verskil maak en nie een van ons kan ons kinders mooi hanteer as ons nie die Lewe en Liefde van God binne ons het nie.

Johannes15:9 (Afr.33.53) “Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad, bly in hierdie LIEFDE van My.”

Penwortel van geloof

Collosians 2:7 (The Message) “Let your roots grow down into Him, and let your lives be built on Him. Then your faith will grow strong in the truth you were taught, and you will overflow with thankfulness.”

Wanneer die Lig van God op ons harte skyn en ons onteenseglik in God begin glo, begin daar ’n penwortel vanuit ons geeshart groei. Die penwortel groei ook, soos die bywortels, eers in die Woord van God in, maar hierdie wortel is so sterk dat dit deur die Woord groei, direk in die hart van God in. Hierdie penwortel se naam is “Geloof” en kan alleenlik groei saam met onteenseglike geloof in God. Dit anker ons baie diep in die hart van God. Onder gebed sê Abba Vader:

“Raak eers gewortel in die substrata en dan in die strata. Die Woord is die substrata en God is die “Strata”.”

Ek het gaan opsoek na die betekenis van die woorde “substrata” en “strata” en die betekenis het my baie opgewonde gemaak, want “Substrata” is die grond waarin wortels ingroei, en “Strata” is die rots onder die grond! Skielik het dit alles so mooi sin gemaak, want ons worteltjies raak eers verdiep en gewortel in die Woord van God, wat die substrata is, en soos die worteltjies vanaf die Woord ons geeshart bereik, begin ons onteenseglik glo in God met die gevolg dat ons ’n sterk penwortel begin groei wat diep die hart van God ingroei. Hierdie geloofspenwortel is die enigste wortel wat in die Rots kan ingroei en die Rots is God. Dit is waarlik soos vers 24 van 1 Johannes 2 sê:

1 Johannes 2:24 (The Message) “Let what you heard from the beginning sink into your life. If what you heard from the beginning lives deeply in you, you will live deeply in both Son and Father!”

Net soos enige boom water, voedingstowwe en minerale benodig vir groei en oorlewing, het ons as ’n geestelike boom dit ook nodig. Geen geestelike boom kan bestaan sonder ’n penwortel wat hom stewig anker in die hart van God en waardeur hy sy water en voedingstowwe kan opneem nie. Wanneer ons ’n penwortel in die hart van Abba Vader ingroei, neem die wortel die Lewe van God op en word dit vervoer na ons geeshart. Ons ontvang dus die Lewe van God alleenlik deur ’n penwortel wat gevestig is in die hart van God. Hierdie Lewe wat ons van God ontvang, bestaan uit drie goed: Die Liefde van God, die Lewende Water en die Bloed van Jesus Christus. Saam vorm die drie een net soos God, Jesus en die Gees van God drie is, maar tog ook Een. Hulle werk saam en kan nooit van mekaar geskei word nie. Net so werk die Liefde van God, die Bloed van Jesus Christus en die Lewende Water altyd saam en saam vorm dit die Lewe wat van God af kom. Net soos God, Jesus en die Gees van God getuig van mekaar, getuig die Water, Bloed en Liefde van mekaar en kan hulle nie afsonderlik werk nie. Al drie moet dus teenwoordig wees in die mens – as daar een afwesig is, is daar êrens ‘n fout.

Hierdie wonderbaarlike Lewe is alleenlik te kry deur gewortel te wees in die Rots. Soos ons penwortel die Lewe opneem, word dit deur die wortel vervoer na die geeshart van die mens waarvandaan dit weer deur ons hele wese versprei word deur ons geestelike are. Die bloed van Jesus begin ons van ’n kant af skoonmaak en reinig en net so versprei die Lewe van God deur ons hele wese. Dit word eers vervoer na ons sielsdimensie waar ons emosies, denke en eie wil gesetel is. Hier begin die Lewe van God ons gedagtes verander, ons kom agter ons emosies begin stabiliseer en stadig maar seker kan ons ons eie wil in die hand van God oorhandig. Ons waardes, beginsels en persepsies begin ook stadigaan verander. Dit is die Lewe van God wat ons begin verander na die mens wat God oorspronklik beplan het ons moet wees. Dan spoel die Lewe van God oor na ons liggaam waar dit ons van siektes kan begin genees. Die Lewe van God begin ons dus van ’n kant af verander en ons sal nooit die self kan verander sonder hierdie Lewe van God nie. Alleenlik wanneer ons ’n penwortel van geloof in die hart van God ingroei, sal ons die Gees van God kan ontvang wat ons baie styf aan God verbind deur die band van liefde.

Galasiërs 4:6 (Die Boodskap) “Omdat julle nou God se kinders is, het Hy die Gees van Christus na ons toe gestuur. Die Heilige Gees bind ons styf aan God vas met ’n onbreekbare band van liefde. Dit is Hy wat aanhoudend hier binne-in ons uitroep: ‘Vader, liefdevolle Vader’.”

Omdat ons nou die Lewe van God ontvang wat in en deur ons hele wese begin spoel, raak ons hart een met die hart van God en dan kan ons duidelik God se hartklop vir ons en ons lewe begin hoor. Dan begin ons agterkom wat God se doel en plan met ons lewens is. Kollosense 1:28 in Die Boodskap sê elke mens kan sy Goddelike doel in sy lewe bereik alleenlik wanneer hy in ’n intieme verhouding met Christus is. Wanneer ons so verbind is aan God, leer ken ons die ritme van God se hartklop vir ons lewe en dan begin ons hart op dieselfde ritme klop as wat God s’n vir ons klop. Soos die Lewe van God deur ons are begin bruis, begin dit ons skoonmaak en suiwer van ’n kant af, dit begin ons genees van ’n kant af en dit laat ons groei in ’n boom wat God vooraf besluit het. Ons raak een met God!

Johannes 6:56 (Afr. 33/53) “Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom!”

Hierdie Skrif beteken nie ons moet met woorde die bloed van Jesus oor ons pleit nie, dit beteken ons moet deur die geloofspenwortel die bloed van Jesus in onsself opneem totdat dit deur ons are bruis en ons die nuwe Lewe kan voel pols deur ons hele wese. Daar ontstaan ’n geestelike eenheid tussen ons en God, en Jesus word die fokus van ons lewe. Wanneer Sy bloed deur ons liggaam pomp, weet ons Hy is deel van ons. Op ’n dag het die Here my gevra hoe weet ek ek glo in Hom? Dadelik kon ek Hom antwoord dat ek glo, want ek kan Hom voel hier binne my. Ek hoor Hom met my praat en ek beleef Sy liefde. Hoe kan ek nie glo in Hom as ek Hom so duidelik kan VOEL nie? Die Here gee vir my Romeine 10 om te gaan lees en in vers 6 in die Boodskap is die bevestiging:

Romeine 10:6 (Die Boodskap) “As jy in God glo, weet jy dat Christus die heeltyd naby is.”

Jy sal weet as jy in God, en God in jou is.

Johannes 8:23,24 (Die Boodskap) “Julle is kinders van hierdie ou aarde. In hierdie wêreld is julle wortels ingeslaan. My wortels lê egter nie in hierdie wêreld ingeslaan nie. Nee, Ek kom uit die hemel. Daarom kan Ek vir julle sê dat julle besig is om God heeltemal mis te loop. GLO in My. GLO dat Ek is wie Ek sê Ek is. Anders gaan julle sonder God sterf. Elke sonde wat julle gedoen het, sal dan teen julle tel.”

Om geanker en gevestig te wees in die Rots, laat my dink aan die Skrif in Mattheus 7:24-27 oor hoe en waar die verstandige teenoor die dwase man hul huis bou.

“Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. Die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots!”

Wanneer ons ’n penwortel in die Rots ingroei, sal ons ’n stewige en sterk boom groei wat enige storm kan deurstaan. ’n Dwase man wat sy huis op sand bou, is soos ’n boom gewortel in die sand van die wêreld – daar is geen vastigheid of sekuriteit nie en wanneer die waterstrome en winde kom, sal hierdie boom, net soos die huis op sand, nie staande kan bly nie!

Ons het die Lig van die Woord van God nodig om aan ons te openbaar waar ons gewortel is en ons moet eerlik met onsself wees oor hierdie saak. As ons net eers tot die besef kan kom dat ons in die sand van die wêreld gewortel is en ons in ’n vervloeking leef wat ons self skep, kan ons begin let daarop en dit aan God begin bely wat ons verseker dan sal help. Ons kom alleenlik tot hierdie besef deur die Lig van die Woord wat ’n lig op ons duistere harte begin skyn. Onthou net, hoe meer ons die Woord begin inneem, hoe dieper groei ons in die Woord in totdat ons later ’n penwortel in die hart van God ingegroei het. Dan eers raak ons een met God deurdat Hy Sy Lewe in ons harte begin deponeer.

Om op te som, soos ons voed op die Woord van God, ontwikkel ons eers fyn worteltjies wat in die Woord ingroei. Soos ons worteltjies in die Woord ingroei, groei daar ook wortels vanuit die Woord in ons geestelike wese in. Soos die worteltjies in ons wese ingroei, openbaar dit aan ons alles wat God wil hê ons moet by Sy voete aflê om skoon te raak. Wanneer die wortels van die Woord ons hart bereik, ontwaak ons geesmens uit die diepe slaap deurdat die Lig van die Woord ’n lig skyn op ons slapende geesharte. Wanneer ons gees ontwaak, groei ons ’n geloofspenwortel vanuit ons geeshart, deur die Woord, tot binne in die hart van God! Die eerste fyn worteltjies wat ons in die Woord ingegroei het, verskil van die sterk, stewige penwortel, want dit is net die geloofspenwortel wat in die hart van God kan ingroei. Met ander woorde, soos ons die Woord inneem, ontwikkel ons geloof bietjie vir bietjie totdat ons geloof so sterk is dat dit in die hart van God kan ingroei. As ons nie genoeg voed op die Woord nie, sal ons nooit genoeg geloof kan ontwikkel om gevestig te raak in die hart van God nie en as ons nie gevestig raak in die hart van God nie, kan ons nie die Lewe van God ontvang nie. Dus, al lees ons nou en dan die Woord en al bid ons nou en dan tot God, maar ons maak staat op verlossing deur kerk toe te gaan, ontvang ons nie die ware Lewe nie. Om die ware Lewe te ontvang, moet ons ’n baie naby verhouding met Abba Vader bou.

Collosians 1:6 (The Message) “The same Good News that came to you is going out all over the world. It is bearing fruit everywhere by changing lives, just as it changed your lives from the day you first heard and understood the truth about God’s wonderful grace.”

1 John 2:24 (The Message) “Stay with what you heard from the beginning, the original message. Let it sink into your life. If what you heard from the beginning lives deeply in you, you wil live deeply in both Son and Father!”

Psalm 31:3 (Amplified) “You are my ROCK and my fortress; for Your name’s sake You lead me and guide me.”

24

Raak gewortel in die Woord

Jeremiah 17:7-8 (The Message) “Blessed is the man who trusts Me, God, the woman who sticks with God. They’re like trees replanted in Eden, putting down roots near the rivers – never a worry through the hottest of summers, never dropping a leaf, serene and calm through droughts, bearing fresh fruit every season.”

Geseënd is die mens wat op die Here vertrou, wat gewortel is in die liefde van God, want geen droogte, sterk wind, hitte, koue of enige ander natuurverskynsel kan ’n impak hê op ’n boom wat gewortel is in God nie. Om gewortel te raak in die hart van God, is nie ’n oornag gebeurtenis nie, maar eerder ’n proses wat ’n deurloop in ons lewe moet vind, met ander woorde, dit moet ’n lewenswyse word. Hierdie proses moet altyd begin by die besef van die mens dat hy gewortel is in die sondige wêreld. Die mens moet sy trots laat staan en besef dat hy ’n verlore sondaar is, dat hy niks sonder die liefde van God is nie en dat dit alleenlik God is wat hom tot redding kan wees. Soos ons voed op die Woord van God, begin daar worteltjies groei vanuit ons diepste menswees in die Woord van God in. Ons begin Abba Vader leer ken vir die wonderlike Vader wat Hy is, en ons begin ’n smakie kry van Sy liefde, Sy genade en Sy barmhartigheid. Soos ons Hom leer ken, ontwikkel ons ’n intense begeerte om Hom nog beter te leer ken en begin ons soeke na God intensifiseer. Hoe intenser ons soek na die wil van Abba Vader deur die Woord, hoe sterker groei ons worteltjies in die Woord van God in, totdat dit later ’n netwerk worteltjies raak in die Woord van God. Ons raak dus eers gewortel in die Woord van God. Net soos ons wortels in die Woord ingroei, begin daar terselfdertyd ook worteltjies groei vanaf die Woord van God, na ons geeshart. Hoe meer Woord ons inneem, hoe dieper groei die wortels van die Woord in ons wese in. Die Woord is ook die Lig en soos die worteltjies van die Woord in ons wese ingroei, skyn dit ’n lig op al ons sondes, ongeregtighede en onheilighede. Dit openbaar aan ons eers net die oppervlakkige sondes, maar soos dit dieper groei, wys dit al die dieper ongeregtighede van ons hart aan ons uit.

Omdat ons uit die wêreld kom, is ons van kop tot tone vol geestelike blokasies en hierdie blokasies het ontstaan as gevolg van al ons sondes, onheilighede en ongeregtighede. Dit blokeer die Lig van God om vanuit die staanspoor op ons harte te skyn, dus moet die Lig eers deur al die blokasies breek voordat dit op ons harte kan skyn om ons harte te verander. Wanneer die Lig van die Woord op ons blokasies skyn, openbaar dit aan ons ons sondes en ongeregtighede, en moet ons verantwoordelik genoeg wees om ons verkeerdhede vierkantig in die oë te kyk, dit aan God te bely, die keuse te maak om dit te laat staan en vergifnis van God te ontvang. Dan breek die Lig dwarsdeur die blokasie en ontvang ons vergifnis vanaf God. Nou kan die Lig nog dieper ons wese inskyn om op ’n dag op ons hart te skyn.

Deur die Woord wat ons sondes aan ons openbaar, sodat ons dit aan Abba Vader kan bely, word ons deur die Woord gereinig. Ons word dus skoongewas deur die Woord. Efsesiërs 5:26 bevestig dat die Woord ’n waterbad is wat ons reinig. Dit reinig ons en maak ons heilig soos God ons wil hê. Die groot rede hoekom God ons wil skoonkry, is omdat Hy deur ons wil werk en Hy sal ons altyd eers skoonmaak voordat Hy deur ons werk. Die mens wat die Woord lees, maar nie ag slaan op dit wat die Woord aan hom openbaar nie, is net ’n hoorder van die Woord en nie ’n doener nie (Jakobus 2). Die wêreldse lewe en maniere is vir hierdie mens nog te lekker; hy wil nog nie afsien van sekere slegte gewoontes nie, wat beteken die Lig gaan nie deur die blokasies kan breek nie. Die wortels van die Woord kan nie die persoon se geeshart bereik nie en die hart van die mens sal nie kan verander nie. Daarteenoor is ‘n doener van die Woord iemand wat hom WIL steur aan die Woord van God, wat die Woord van God WIL gehoorsaam en wat sy sondes voor Abba Vader sal bely sodat die Woord deur die blokasies kan breek. Die wortels van die Woord sal ’n netwerk worteltjies groei na sy hart om hom stewig te anker en te vestig in die Woord van God. Wanneer ’n mens dit die minste verwag, skyn die Lig van die Woord op ons klipharte wat ons harte in skerwe laat spat. Ons klipharte word bestraal met die Lig van die Woord. Job 33:30 is ’n duidelik bevestiging hiervan:

“…om sy siel terug te bring na die kuil, sodat hy bestraal word met die Lig van die Lewe.”

Ons moet die Lig van God toelaat om al ons blokasies oop te breek deur belydenis van sonde. Die Lig van die Woord verlig die duisternis binne ons, dit jaag die donker weg. Maleagi 4:2 van die Boodskap stel dit baie mooi:

“Maar vir die van julle wat My liefhet en aan My gehoorsaam is, sal My verlossing soos die son wees. Wanneer dit opkom, jaag dit die donker weg en gee Lig. Daar waar die son se strale op ’n seerplek skyn, word dit vinnig gesond. So sal Ek die nuwe lewe oor julle laat kom.”

Wanneer die wortels van die Lig-Woord ons geeshart bereik, gebeur daar iets wonderliks in ons hart. Die Lig van die Woord skyn op ons geeshart, wat nog die heeltyd in dormansie was. Skielik ontwaak ons gees en meteens verstaan ons die Woord van God anders, sien ons vir God uit ander oë en verstaan ons die lewe en alles rondom ons anders as voorheen. Dit is omdat ons geestelike sintuie begin ontwaak en wanneer ons God ervaar met ons Goddelike sintuie, begin ons vir die eerste keer onteenseglik glo in God.

Wat is die verskil om te glo in God en om onteenseglik te GLO in God? Om met die mond te sê ons glo in God, is baie maklik, want enige Jan Rap en sy maat kan met die mond bely om te glo in God. Die mens wat nie daagliks die Woord van God inneem nie, kan nie verhouding hê met God nie en is dus nie gewortel in God nie. Nogsteeds beweer hulle om te glo in God, al is daar geen wortelgroei in die Woord of in die hart van God nie. Dit is godsdiens! Dit is ‘n boom gewortel in die sand van die wêreld wat grootgemaak is met die tradisie om kerk toe te gaan, om Sondagskool by te woon, om gedoop, aangeneem en voorgestel te word deur die kerk en om in die kerk te bely om te glo in God. Sondae het hulle “gemeenskap” met God wanneer hulle kerk toe gaan, maar deur die week is daar geen verbinding nie, maar nogsteeds bely hulle om te glo in God….want dit is so aan hulle geleer. Hierdie mense het geen wortelgroei in die Woord van God nie en daar is ook geen wortels wat vanaf die Woord na hulle harte toe groei nie. Die Lig van die Woord het nog nie ’n lig op hulle harte geskyn nie en hulle kan nog net met die mond glo, hulle kan nie uit die hart glo nie, want hulle geeshart is nog in dormansie.

Ons kan eers onteenseglik in God begin GLO wanneer ons so intens voed op die Woord dat die Lig van die Woord deur ons blokasies breek om later op ons geesharte te skyn. Die Lig breek ons klipharte in stukke, die Woord raak lewendig in ons harte en skielik begin ons ‘n penwortel ontwikkel wat vanuit ons geesharte groei in die rigting van die hart van God…

1 John 2:24 (The Message) “Stay with what you heard from the beginning, the original message. Let it sink into your life. If what you heard from the beginning lives deeply in you, you wil live deeply in both Son and Father!”

God-gewortelde boom

Aan die begin van my leringe saam met Abba Vader, het ek op ’n dag beleef ek staan langs Jesus op die seesand. Hy het afgebuk en met Sy vinger ’n groot hart op die seesand rondom ons getrek. Ek het styf teen Hom gestaan in die middel van die hart en Hy het aan my verduidelik dat ons altyd so na as moontlik aan Hom moet leef – binne-in die hart van God. Ons moet nooit ’n hunkering kry om buite die hart te funksioneer nie. Jesus het weer afgebuk om nog iets op die sand te skryf en hierdie keer het Hy die volgende woorde onder mekaar geskryf:

Vrede Vreugde Vriendelikheid Sagmoedigheid Geduld LIEFDE

En Jesus het gesê:

“Die belangrikste is LIEFDE!”

Jesus het verduidelik dat ons altyd binne-in die hart van God moet leef. Die hart simboliseer liefde, want God is LIEFDE! Wanneer ons in Liefde staan, staan ons so styf teen Jesus dat ons Sy hartklop kan hoor en sal ons die eienskappe wat Jesus op die seesand neergeskryf het, deur Hom begin ontwikkel en in staat wees om dit te begin leef en uitdeel. As ons nie binne- in die hart van God genestel is nie, kan ons nie hierdie eienskappe ontwikkel nie. Ons het nodig om in die hart van God gevestig te wees.

God is Liefde en ons moet binne-in God bly, want dan bly ons binne-in Liefde, binne-in die hart van God. Wanneer ons binne-in Liefde bly, kan die Goddelike eienskappe of vrugte wat Jesus binne-in die hart geskryf het, in en deur ons begin ontwikkel, maar die “voorwaarde” is dat ons IN Liefde, dus IN God moet bly! Ons moenie God probeer “afbring” na ons toe nie; inteendeel, dit is ons wat na God toe moet groei. Abba Vader het vir my 1 Johannes 4 gegee om te gaan lees; kyk hoe mooi is vers 16:

“God is LIEFDE, en hy wat in die LIEFDE bly, bly in God en God in hom.”

God-gewortelde boom

Psalm 1 (Afr. 33/53) “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink Sy wet dag en nag. Hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie, en alles wat hy doen, voerhy voorspoedig uit. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.”

Abba Vader wys my die volgende onder gebed: Op die seesand sien ek ’n groot, kloppende hart en om die hart staan ’n aantal bome, maar pleks dat die wortels van die bome in die sand ingroei, groei die wortels direk na die hart. Elke boom is direk gekonnekteer aan die hart en die konnektasies is nie onder die grond soos gewone wortels nie, maar dit is duidelik sigbaar bo die grond. Ek sien duidelik die are waardeur die bloed vanaf die lewende hart na die bome pomp. Terwyl Abba Vader dit vir my wys, verduidelik Hy dat dit is hoe Sy kinders as bome gewortel moet wees in Hom. Met hierdie beeld en verduideliking, gee Abba Vader vir my Efesiërs 3 om te gaan lees:

Ephesians 3:17 (Amplified) “May Christ through your faith dwell in your hearts. May you be rooted deep in love and founded securely on love…”

Ons kan net op een van twee plekke gewortel wees – óf ons is gewortel in verskillende plekke in die sand van die duistere wêreld, óf ons is gewortel in die hart van God. ’n Boom wat gewortel is in die sand van die wêreld, is nie stewig geanker nie, want hy groei ’n bywortelstelsel en nie ’n stewige penwortel wat hom vastigheid gee nie. Die wêreld se grond is nie lewensvatbaar nie; dit is dooie grond wat geen ewigheidswaarde vir die bome inhou nie.

Jeremia 17:5-6 (The Message) “Cursed is the strong one who depends on mere humans, who thinks he can make it on muscle alone and sets God aside as dead weight. He’s like tumbleweed on the prairie, out of touch with the good earth. He lives rootless and aimless in a land where nothing grows.”

Hierdie Skrif sê duidelik dat mense wat in die sand van die wêreld gewortel is, vervloek is. Hulle vertrou die wêreld en sy mense vir liefde, sekuriteit en veiligheid… wat dit nooit aan hulle kan bied nie. Hulle wortels groei in die sand van die wêreld agter liefde, aanvaarding, erkenning, rykdom, eer, aansien en al hierdie goed wat die wêreld ’n mens kwansuis kan bied, maar dit kan nooit in die mens se geestelike behoeftes voorsien nie. Dit is alles van korte duur, ’n gejaag na wind en het geen betekenis nie; dus is hierdie bome onstandvastig met ’n swak, oppervlakkige wortelstelsel. Hierdie bome moet tot die besef kom dat die wêreld hulle niks kan bied wat ewigheidswaarde het nie, hulle moet die keuse maak om die self oor te gee aan God, sodat hulle ontwortel kan word uit die wêreld en naby die hart van God geplant kan word waar hulle wortels na die hart van God kan groei. Dit is die enigste manier hoe ons een kan word met God.

Galasiërs 6:7 (Die Boodskap) “God laat nie met Hom spot nie. Dit wat jy plant, sal jy ook oes. As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die dood as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes van Hom ontvang.”

Ons almal was eers verlore en ons almal het eers na geluk gesoek in die wêreld en sy dinge. Ons almal is eers gewortel in die sand van die wêreld. Genadiglik roep Abba Vader elkeen van Sy kinders op ’n bepaalde tyd om sy rug op die wêreld te draai en sy wortels uit te stoot in die rigting van die hart van God. Dit is die begeerte van Abba Vader dat al Sy kinders in Sy hart gewortel sal wees, maar waar begin ons? Hoe raak ons gewortel in die hart van Abba Vader? Alles begin by die Woord van God, ons moet eers in die Woord van God gewortel raak…

“With my roots deep in you
I’ll grow the branch that bares the fruit…”