Veg met die Swaard van Waarheid

IMG_1159

“Sekere mense het ingeglip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, godddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God en onse Here Jesus Christus verloën.”
Judas vers 4

Onder gebed wys Abba Vader my ’n plek wat lyk soos ’n woestyn. ’n Helder lig wat vanuit ’n sekere plek skyn, trek my aandag en instinktief weet ek dis net die Woord van God wat so ‘n helder lig kan skyn. Ek stap in die rigting van die Lig, maar soos ek nader kom, sien ek die Lig van die Woord is toegegroei deur aaklige, groot kaktusse met baie lang dorings. Die mense sukkel om deur hierdie kaktusse te breek na die Lig, met ander woorde, hierdie kaktusse is hier geplant om die mens te weerhou van die Lig en die Waarheid. Hierdie kaktusse in niks anders as dwaalleringe nie… en mense raak so maklik vasgevang in dwaalleringe dat hulle naïef die leuens glo waarmee hulle gebreinspoel word, en hulle dan die Waarheid teëstaan. Jy glo óf die Waarheid óf die leuens van Satan. Waarheid is weining te vinde in geboue met torings waar die ‘crowds’ saamkom, want Waarheid is te vinde by die alleen-heersende Waarheid-besitter. Om terug te kom na die kaktusse… hierdie kaktusse moet afgekap word sodat die mens weer by die Waarheid kan uitkom en die enigste manier hoe dit gedoen kan word, is deur die Swaard van die Woord. Ons moet opstaan en veg vir die Waarheid, ons moet die leuens teëstaan en dit ‘expose’. Die boek van Judas handel oor vals mense wat hierdie kaktusse plant en die wêreld aan die brand steek met hulle vals leringe…

“Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om KRAGTIG TE STRY VIR DIE GELOOF WAT EENMAAL AAN DIE HEILIGES OORGELEWER IS.” Judas 2

Die kaktusse moet afgekap word met die Swaard van Waarheid, maar hoeveel mense is daar vandag wat die Waarheid by God ontvang as Manna, wat dan die keuse maak om op te staan teen die wêreldse instellings en hulle leuens aan die lig te lê? Nie so baie nie, want hulle weet hulle gaan erge teëstand kry, asook verwerp word deur vriende en familie. Niemand hou van verwerping nie, maar ‘n mens kom op ‘n punt waar dit net nie meer vir ‘n mens saakmaak nie. Verwerping deur die wêreld beteken aanvaarding by God.

Een van die dwaalleringe handel juis oor oorlogvoering… hoe ons moet opstaan teen Satan en hom beveg sodat hy ons en ons belange moet uitlos… so wie of wat is nou die sentrale punt waarom alles wentel wanneer die mens Satan probeer veg? Beslis nie die Lig van die Waarheid nie… nee, die mens plaas homself en sy eie belange in die senter en daarom beveg hy Satan. Hierdie mens veg verseker nie vir die Waarheid nie, maar vir homself en sy eie ego… God gee nie aan ons die Swaard om Satan te beveg nie, maar om te veg vir die Waarheid. Kyk die duidelike bevestiging in 2 Korintiërs 10:3-5:

“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word TEEN DIE KENNIS VAN GOD, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus…” 2 Kor 10:3-5 (Afr33)

God gee aan ons die wapens om vestings neer te werp en hierdie vestings is die kaktusse, wat dwaalleringe is. God gee nie aan ons geestelike wapens om die geestelike realm rondom ons gunstig te veg sodat ons ’n beter lewe moet lei nie. Hy gee aan ons wapens sodat Hy deur ons kan werk, en alles wat in die pad van die Waarheid staan, te vernietig… soos die kaktusse. Ons moet net baie mooi besef dat dit nie die mens self is wat die skanse, oftewel kaktusse, kan vernietig nie; dit is alleenlik die Gees van God in en deur ons en hoe kry ons die Gees van God? Beslis nie dat iemand oor jou bid en jou vul met ‘n heilige gees nie, want alleenlik God kan Sy Gees laat lewe binne ‘n mens wanneer Hy weet die mens is gereed daarvoor. Die mens moet eers een word met die Waarheid, wat ook die Lig en die Swaard is, wat alleenlik kan gebeur in afsondering voor die voete van Abba Vader.

Die naïewe, blinde mensdom, wat gebreinspoel is deur dwaalleringe en soos robotte die crowd volg, veg vir die leuens wat hulle glo… hulle veg om die kaktusse staande te hou. Hulle probeer die kaktusse beskerm met Skrif uit die Woord, maar wie het die Skrifte aan hulle geïnterpreteer? Niemand anders as die bose heerser van die wêreld wie se ‘purpose’ is om die mens te breinspoel met leuens. Ergste van alles is dat hy die Naam van God en die Woord van God gebruik om dit te doen. Daarom is dit so belangrik dat die Skrif vir jou in afsondering deur Abba Vader geïnterpreteer moet word en nie deur die wêreld nie. Dis die enigste manier hoe jy een word met die Waarheid. Vat byvoorbeeld die saadjies oor die misbruik van God se genade… satan vat die genade van God en skep dit in iets wat die mens kan gebruik om homself te behaag… om die mens aan te help om te leef soos hy wil, want God het mos vir hom genoeg genade… totdat God se geduld gaan opraak… Wat dan? Hou op om God te tart! Gaan jy staande kan bly as Sy geduld opraak en Sy toorn ontvlam? Is jy standvastig in die ware geloof… in Waarheid? Of verloën jy God?

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, STANDVASTIG IN DIE GELOOF, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.”
1 Petrus 5:8,9

Mense verloën God deur die Waarheid te verwerp of te verdraai en daardeur bring hulle verderf oor hulleself.

“Daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word.”

Kom in afsondering sodat Abba Vader aan jou die leuens kan uitwys waarmee jy gebombardeer en gebreinspoel is… laat Hom toe om Homself aan jou te openbaar. Gee jou gedagtes aan Hom sodat Hy dit kan wysig na Sy wil, sodat Hy Sy gedagtes binne jou kan plaas sodat jy een word met die Waarheid. Want dit is hoekom God soveel geduld en genade vir ons het… nie sodat ons kan leef soos ons wil met die gedagte dat ons alreeds vergewe is nie, maar om ons aan te help na afsondering waar Hy met jou kan begin werk en jou lei op die pad van ware bekering en wedergbeoorte. DIT is hoekom God vir ons genade het! Moenie Sy genade misbruik deur te leef soos jy wil en op so manier die kaktusse beskerm nie, want die grootste aantal Christene glo die leuen dat die genade van God hulle sal red, al doen hulle ook wat! Hulle beproef God se geduld deur vas te klou aan die kaktusse, pleks daarvan om in afsondering die Waarheid te ontvang wat ook die Swaard is om die aktusse te vernietig. Watter persoon is ek en jy? Die een wat die kaktusse probeer beskerm sodat ons ‘n lekker lewe kan hê en doen wat ons wil? Of die persoon wat sy rug op die wêreld en sy leuens draai en die Waarheid by Abba Vader ontvang sodat jy ‘n Swaard in jou hand kan hê om die kaktusse te vernieting.

“Word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte!”
Efesiërs 6:10

Skrifte wat jy kan lees oor die vals werkers wat mense met bogpraatjies indoktrineer, is onder andere Judas, 2 Petrus 2, 1 Timoteus 4, 2 Timoteus 3.

Hoe misbruik ons die genade van God?

(Volg op: Toets jy God se geduld?

Gister het ek ’n kort saadjie geskryf dat ons nie God se geduld moet beproef nie.  Ek het die saadjie afgesluit met die Skrif van 2 Kor 6:17,18 wat sê ons moet onder die ongelowiges uitkom en afsonder.  Vanoggend maak ek weer by 2 Kor 6 oop en in vers 1 staan:

“Now, since we are God’s coworkers, we beg you not to take God’s marvelous grace for granted, allowing it to have no effect on your lives.”  2 Cor 6:1 (TPT)

Die vers het my stomgeslaan, want dit bevestig presies dit wat Abba Vader gister uitgewys het… dat ons nie Sy geduld en goedheid ‘for granted’ moet vat nie.  Hier sê 2 Kor 6 dieselfde… dat ons nie God se genade ‘for granted’ moet vat nie.  En dan eindig die hoofstuk dat ons ons moet onttrek van die crowd en afsonder, want onthou nou… hoekom bewys God aan die mens goedheid en genade?  Sodat die mens tot WARE bekering en WARE wedergeboorte moet kom… MAAR dit gaan gepaard met afsondering.  So die mens wat God se genade en goedheid ernstig opneem, sal die aantrekkingskrag voel na die teenwoordigheid van Abba Vader en hy sal hom onttrek van die crowd en tyd spandeer by die voete van Abba Vader.  

Die mens wat die keuse maak om deel van die crowd te bly, sal altyd net ’n spikkeltjie in die crowd wees… dis maar net hy wat goed voel oor homself omdat hy deel van ’n boksie is, maar hy mis uit op die beste, want hy mis uit om die ware God te leer ken en die Waarheid te ontvang by Hom.  Die crowd kom tot kwansuise bekering en kwansuise wedergeboorte, maar weet julle… bekering en wedergeboorte gaan gepaard met ’n nuwe hart en ’n mens wat Goddelike vrug dra… doen hulle?  Moet jou nie eers steur aan ’n mens wat met die mond sê dat hy tot wedergeboorte gekom en ’n Christen is nie, want die tong wat woorde skep, is bedrieglik.  Ware wedergeboorte reflekteer uit die geeshart…

Kom ons kyk net vinnig na maniere hoe mense die goedheid en genade van God ‘for granted’ vat.  Die grootste groep is diegene wat met vroom gesiggies in die crowd sit, maar hy leef net soos hy wil.  By die werksplek word daar nogsteeds gelieg en bedrieg om rykdom te bekom, oneerlikheid, skynheiligheid en bedrog is aan die orde van die dag.  Maar dit is okay, want Jesus het mos vir my sonde gesterf… so ek is veilig… alles wat ek al verkeerd gedoen het en alles wat ek nog verkeerd gaan doen, is ALREEDS vergewe deurdat Jesus gesterf het aan die kruis.  Ek het mos ’n papiertjie onderteken dat ek tot bekering gekom het;  ek is mos gedoop met die gevolg dat al my sondes afgewas is… so nou moet ek net hou by die reëls, regulasies en rituele wat beteken ek moet kerk toe gaan, nagmaal gebruik  en my tiende gee.  Regtig?  Dit is lagwekkend!  (Onderaan is links na saadjies wat hierby aansluit) 

Waar kom hierdie vals lering vandaan dat jy verlos en gered is as jy behoort aan ’n kerk?  Wat gaan dit jou enigsins help om in ’n kerk gewortel te wees, maar nie in God gewortel te wees nie?  Die oorgrote meerderheid Christene glo hierdie leuen;  soveel van God se kinders wat Sy saad in hulle geesharte dra, is vasgevang in hierdie leuens.  Dan is daar vals leringe soos die (5 Bloedlynvloeke sny?) sny van bloedlynvloeke, om Jesus se bloed te pleit (Mag ons die bloed van Jesus pleit?) oorlogvoering (Die valsheid agter oorlogvoering) en wat ookal nog…  Al hierdie goed is uitgedink deur satan en hy sal nooit ophou met sy bose speletjies nie.  Hy dink elke dag nuwe leuens uit wat die mens maklik glo, want dit is gewoonlik ‘n maklike manier van verlossing.  Hy leer eintlik die wêreld om die goedheid, genade en geduld van God ‘for granted’ te vat en dit te misbruik.  Maar God sal Hom ook net tot op ’n punt laat misbruik… 

Op die ou end van die dag kom ons te stane voor ’n massiewe groot vraagteken… wat kies jy?  Om deel van die crowd te wees wat die genade van God ‘for granted’ vat of is jy een van diegene wat die keuse maak om nugter om homself te begin kyk en te sien wat aangaan in Babilon… wat tot die besef kom dat hy die genade van God misbruik het deurdat hy die leuens van die wêreld geglo het… wat tot die keuse kom om hom te onttrek van die crowd en die Waarheid by Abba Vader te leer.  Alleenlik in afsondering (Manna in afsondering) is die mens in staat om tot Goddelike bekering en wedergeboorte te kom, met ander woorde, alleenlik die mens in afsondering wat die een ware God leer ken, vat nie die genade van God ‘for granted’ nie, maar besef waaroor die REGTIG gaan…

Ons mag nie God se genade opslurp en dink ons kan leef soos ons wil (want God het genoeg genade vir ons) nie.  Dan misbruik ons die genade van God en sal die genade nie die gewenste uitwerking op ons hê soos God bedoel nie.  Om die genade van God te misbruik, beteken jy DINK jy is ’n wedergebore Christen omdat jy deel is van die crowd, maar in waarheid ken jy nie Abba Vader nie.  As enige leraar, profeet, priester of pastoor babbel dat God se genade altyd genoeg sal wees, maak nie saak wat jy doen nie, kan jy maar weet daardie leraar is opgelei deur satan en nie deur God nie.

“Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.” Judas 4

God se genade is veronderstel om ’n EFFEK op ons te hê… ’n effek van WARE bekering en wedergeboorte.  Wees versigtig dat dit NIE ’n effek op jou lewe het NIE, want dit beteken dat God se geduld gaan min raak…

There have been some who have sneaked in among you unnoticed.[i] They are depraved people whose judgment was prophesied in Scripture[j] a long time ago. They have perverted the message of God’s grace into a license to commit immorality[k] and turn against[l] our only absolute Master,[m] our Lord Jesus Christ”. Jude 4

Breek weg uit Babilon!

Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis? Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?

Toets jy God se geduld?

4 Or do you have no regard for the wealth of His kindness and tolerance and patience [in withholding His wrath]? Are you [actually] unaware or ignorant [of the fact] that God’s kindness leads you to repentance [that is, to change your inner self, your old way of thinking—seek His purpose for your life]? 5 But because of your callous stubbornness and unrepentant heart you are [deliberately] storing up wrath for yourself on the day of wrath when God’s righteous judgment will be revealed. Romans 2:4,5 (AMP) 

Hierdie is sommer ’n vinnige kort saadjie, maar soms het “kort en kragtig” nodig om te luister of te reageer…

God is baie geduldig met ons, maar meeste Christene vat dit “for granted” en hulle sien hulleself as spesiaal om God se kinders te wees omdat hulle deel is van die ‘crowd’.  Hoekom is God so geduldig met die mens?  Want dit is Sy hartsbegeerte dat jy jou hand in Syne sal plaas en die weg sal volg wat Hy vir jou uitgelê het… sodat jy SY wil sal aanvaar.  Hy is geduldig met jou omdat Hy jou graag wil lei tot WARE bekering en WARE wedergeboorte… “to change your inner self, your old way of thinking – seek His purpose for your life”)…. sodat die mens besef dat hierdie vals bekering en vals wedergeboorte maar net nog ’n “trick” van die wêreld en die vyand is om jou te laat glo dat jy gered is… en omdat jy glo jy is gered en verlos omdat jy godsdienstig is vat jy die goedheid en geduld van God totaal en al “for granted”.

Mense besef nie in watse groot gevaar hulle hulself bevind nie.  Godsdiens maak jou geestelike ore toe, mens!!! Godsdiens pak laag vir laag klippe om jou hart.  God is geduldig met Sy kinders wat in godsdiens vasgevang is, maar vir hoe lank gaan Hy nog geduldig wees?  Hy is geduldig met die hoop dat dit jou sal lei om jou hand in Syne te plaas… maar dit gaan beteken jy moet hand en jou diens uit godsdiens onttrek, want al jou goeie godsdienstige werke beteken niks in God se oë nie. Dis nie die ‘purpose’ wat Hy in jou hart geplaas het nie, dis n ‘purpose’ wat jy vir jouself beplan het en besig is om uit te speel in die wêreld.  Hoe lank nog gaan God geduldig wees daarmee voordat Hy Sy hand terugtrek wat Hy uithou na jou toe?  En hoe sit jy jou hand in Syne?  Daar is net een manier en dit is deur in afsondering in te beweeg vir n tyd… dalk vir n tyd en ’n halwe tyd.  Om die ware Abba Vader te leer ken, moet jy vas (jou onttrek) van godsdiens, rituele en reëls.  Ons almal was op n tyd vasgevang in godsdiens, maar wanneer God jou op die naam roep en jy jou ore toedruk vir Hom omdat jy onbewustelik weet dat jy meer deel van die crowd gaan wees nie, gaan God se geduld dalk in toorn ontvlam.  Hoekom wil julle luister na leuens in ’n gebou of ’n tent as julle die Waarheid kan leer by die Een wat die Waarheid besit?  Hy wat jou so graag wil vul met Sy Waarheid wat Manna is… jy wil nie, want jy gaan jou sitplek in die crowd verloor, maar solank as wat jou sitplek geboek is in die sirkus, is jou plek by die voete van die alleen Waarheid-besitter nie geboek nie. Dit is jou keuse!

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige. 2 Korintiers 6:17,18 (Afr 33)

Aangeheg is links na saadjies wat hierby aansluit:

Manna in afsondering

Breek weg uit Babilon!

Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis? Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?

Hoe misbruik ons die genade van God?

Om te wen, moet ons verloor

IMG_1161

Onder gebed laat beleef Abba Vader my dat ek teenoor Jesus by ’n klein tafeltjie sit.  Ek het ‘n pen in my hand en tussen ons is ‘n paper waarop ons kringetjies en kruisies speel.  Jesus vra watter simbool ek wil gebruik en pleks van ‘n kringetjie, kies ek die simbool van liefde, wat ‘n hartjie is.  Jesus glimlag en sê Hy sal die X simbool gebruik… nie in die vorm van ‘n X nie, maar in die vorm van ‘n kruis.  

Continue reading Om te wen, moet ons verloor