Moet God jou behaag of wil jy God behaag?

joy

Vir Jesus het alles gegaan om God te behaag, om God te gehoorsaam.  Die laaste tyd val die liedjies wat ek luister, se woorde my so op:  Dankie Jesus, dat U vir my gesterf het! Dankie dat U my sonde gedra het aan die kruis!  Moet ons nie eerder dankie sê vir Jesus vir die gehoorsame voorbeeld wat Hy vir ons gestel het nie?  Moet ons nie eerder vir Hom dankie sê omdat Hy in ALLES God wou behaag nie?  Want dis hoekom Jesus dit gedoen het… dit het alles vir Hom om Sy Vader gegaan en om Sy Vader te gehoorsaam, Hom te behaag en in Sy wil te volg.  Dit voel vir my dat as ons van die gedagtes is dat alles oor MY gegaan het, het ons nodig om nog geestelik te groei en om oor onsself te kom.  Dan is daar nog ’n stukkie in onsself wat moet sterf, want vir Jesus het dit nie oor MY of oor JOU gegaan nie, maar oor Sy Vader… uit gehoorsaamheid tot Sy Vader!  Kyk hoe mooi sê hierdie Skrif dat dit vir Jesus vreugde verskaf het om aan Sy Vader gehoorsaam te wees:

“The One who sent Me stays with Me.  He doesn’t abandon Me.  HE SEES HOW MUCH JOY I TAKE IN PLEASING HIM.”  John 8:29

En die mens?  Kan ons dieselfde sê?  Kan ons sê dat ons God dien uit die oogpunt dat ons grootste begeerte is om Hom te behaag?  Of is dit sodat Hy ons kan behaag?  Raak bietjie stil voor Abba Vader se voete oor hierdie saak en klaar dit self met Hom uit, want dit is hoekom ek hierdie saadjie skryf… ek skryf dit nie om op iemand se tone te trap nie, ek skryf dit omdat ek 2 uur vanoggend wakker geword het met hierdie woorde:

“Wil die mens My behaag of wil die mens hê Ek moet in SY behoeftes behaag?”

Ek kom sit en skryf hierdie saadjie in die vroeë oggendure omdat dit die ding is wat vir Abba Vader pla rondom die mens… Hoekom dien jy Hom?  Hoekom sien jy Hom as jou Koning?  En dit laat my nou weer dink aan ’n gedeelte waaroor ek al so baie geskryf het… die vals mense van Johannes 6 wat Jesus in groot skares gevolg het… Hoekom het hulle Hom gevolg?  Omdat hulle gehoor het van die siekes wat Hy genees het en dat Hy vir hulle brood vermeerder het om te eet.  Hy het in hulle fisiese behoeftes voorsien.  Hullle wou Hom kroon as koning, want Hy kon die lewe vir hulle baie lekker en gemaklik maak!  Oor wie het dit gegaan?  Dit het alles oor die vleeslike behoeftes van die mens gegaan.  Kyk wat se Jesus vir hulle:

“You’ve come looking for Me not beause you saw God in My actions but because I fed you, filled your stomachs – and for free!”  John 6:26 (The Message)

Dit is so erg!  Jesus het die misbruik van die mensdom direk gesien en gevoel.  God beleef die misbruik van die mens op ’n daaglikse basis…. diegene wat Hom dien met die mond sodat hulle iets daaruit kan kry… dit is niks anders as misbruik nie.  Jesus het die skare probeer reghelp en aan hulle verduidelik dat hulle in Hom as die Brood van die Lewe moet GLO.  Net so wil God hê ons moet in Hom GLO en wanneer ons so intens in Hom GLO, gaan dit nie meer oor die self nie, maar oor Hom.  Dit gaan nie meer vir ons daaroor gaan dat Hy vir ons iets moet doen nie, maar ons sal met alles in ons, Hom wil behaag.  Om terug te kom na die skare in Johannes 6… Jesus het vir hulle gesê om te voed op die Brood van die Lewe, want Hy het geweet hulle is geestelik honger, maar hulle het hulle vererg oor Jesus se woorde en omgedraai en weggeloop.  As dit nie oor hulle en hulle eie behoeftes kon gaan nie, wou hulle ook niks verder hoor nie.  Jesus se woorde was vir hulle te hard, want dit het nie oor HULLE gegaan nie.  Kyk hoe mooi sê The Message dit:

Too tough to swallow

“Many among His disciples heard this and said:  “This is tough teaching, too tough to swallow.”  John 6:60

Jesus se woorde was vir hulle te hard om geestelik daarop te voed en dit in te neem.  Hoekom?  Want as hulle dit moes inneem, het dit nie meer oor die self gegaan nie… dit sou die selfbeeld van die mens nie meer voed en opbou nie.  Dit sou beteken hulle moes iets van hulleself gee.  Dit laat my dink aan jong gelowiges wat net die mooi van die Woord wil vat en hulleself heeltyd daarmee wil opbou.  Mense wat hulleself sien ‘n “Daughter of the King” waar hulle gekroon word met die pragtigste kroon van edelgesteentes… maar waar is die doringkroon?  Al die mooi Skrifte word ingeneem en vasgevang soos byvoorbeeld die Skrif wat sê ons naam is in die handpalms van God gegraveer.  Ja, ek stem saam… Dit is baie mooi Skrifte, maar as ons bereid is om al die mooi Skrifte te vat en daarop te voed, moet ons ook bereid wees om die harde Skrifte uit die Woord te vat en daarop ook te voed.  Die probleem is die mense wil nie op die harde Skrifte voed nie, want dit breek hulle af, pleks daarvan om hulle op te bou.  Dit ook, is vir hulle “too hard to swallow”.  Abba Vader wys weer vir my die mense wat in die asvaal gdeelte staan en hoe hulle harder, taaier Woord gevoer word, maar soos die harde woorde in hulle mond gesit word, spoeg hulle dit uit op die grond.  Wat ’n klap in God se gesig!  Maar gee nou vir hulle die mooi versies wat die mens kan opbou?  Daaraan smul hulle!  En dit is presies hoekom hulle nog geestelik doof en blind is… hulle is deel van die mense wat God dien met die oog op die self, sodat daar in hulle vleeslike behoeftes voldoen kan word… sodat hulle vir God kan voorskryf wanneer dit moet reën… sodat hulle vir God kan vertel hoe Hy hulle lewe vir hulle moet reël.  Hulle wil hê God moet met hulle planne saamsmelt, hulle is nie bereid om met God en Sy planne saam te smelt nie en wanneer ons nie bereid is om met God se planne saam te werk nie, volg ons nie die wil van God nie, maar probeer ons God dwing om te voorsien in ons eie wil.   Dit is niks anders as obsessie oor die self nie.  Kyk wat sê Romeine 8 van “The Message” oor ’n obsessie oor die self:

“Obsession with self in these matters is a dead end;  attention to God leads us out into the open, into a spacious, free life.  Focusing on the self is the opposite of focusing on God.  Anyone completely absorbed in self ignores God and ends up thinking more about self than God.  That person ignores who God is and what He is doing.  And God isn’t pleased at being ignored.”

Dit is die teenoorgestelde as gehoorsaamheid aan God, om God te behaag.  

Kerke wat net die mooi verkondig, wat vir die mense vertel dat hulle so belangrik is dat Jesus  selfs bereid was om Sy lewe vir hulle te gee, dat Hy vir hulle gesterf het…  Ek weet Jesus het Sy lewe afgelê vir die mens, maar Jesus se hooffokus was nie die mens nie.  Sy hooffokus was gehoorsaamheid aan God!  Hy het geweet God verwag dit van Hom en dis hoekom Hy dit gedoen het.  Hy het die heeltyd God in die oog gehad terwyl Hy deur die lyding gegaan het, Hy het gehoorsaamheid in die agterkop gehad.  Wat is vandag se mens se hoofokus?  Om behaag te word deur God of om God te behaag deur gehoorsaamheid? 

Ons het nodig om te voed op die harde woorde van die Woord ook, want dit lei ’n mens om die vleeslike mens af te sterf, om die lelik in die self raak te sien en so baie mense wil nie die lelik in hulleself raasien of afsterf nie.  Hulle is te lief vir hulleself en dit is hoekom hulle so baie hou van die mooi woorde van die Skrif.  Hulle wil voed alleenlik op die mooi woorde van die Skrif, dit is maklik vir hulle in te sluk, want dit bou  hulle verder op.  Sonder die harde, taai woorde van die Skrif, gaan ons nooit die Koninkryk van God kan behaal nie, want alleenlik as ons sterf aan die self, kan ons weergebore word om toegelaat te word in die Koninkryk van God.  As Jesus net die mooi woorde van God aangeneem het, en die harde woorde uitgespoeg het, sou Hy God nooit kon behaag en gehoorsaam gewees het tot die dood toe nie.  Hy sou dan nooit vir ons die Weg na die Lig van God kon oopmaak nie.  Ons moet die self afsterf sodat ons die mentaliteit van Jesus kan ontvang wat aan ons vreugde sal gee as ons God in alles behaag.  

“The One who sent Me stays with Me.  He doesn’t abandon Me.  HE SEES HOW MUCH JOY I TAKE IN PLEASING HIM.”  John 8:29

One thought on “Moet God jou behaag of wil jy God behaag?”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s