
“…Those who enter into Christ’s being-here-for-us no longer have to live under a continuous, LOW-LYING BLACK CLOUD…” Romans 8:1,2 (MSG)
Om die audio te luister oor hierdie hoofstuk:
Daar hang iets oor die totale gedeelte van die duistere toestand wat lyk soos ’n massiewe, swart wolk; daar is geen geestelike lig in hierdie gedeelte nie, want God, wat die enigste ware Lig is, heers nie oor hierdie gedeelte nie. Hierdie deel word geskei van God deur die swart wolk; dus, die mens wat funksioneer in hierdie gedeelte, word geskei van God deur hierdie swart afskorting wat lyk soos ’n swart wolk wat laag oor die mense se koppe hang. Romeine 8:1-2 in “The Message” bevestig hierdie swart wolk wanneer dit praat van die “LOW-LYING BLACK CLOUD…”
Hierdie geestelike swart wolk is die vervloeking wat oor die aarde kom hang het as gevolg van die sonde van die mens. Met ander woorde, ongehoorsaamheid aan God (sonde) het die aarde vervloek! Dit is nie God wat die mens of die aarde vervloek het nie; dit was die mens se eie swak keuses, rebellie en sonde wat die aarde vervloek het. Die gevolg van die vervloekte aarde was ’n moeiliker bestaanswyse vir die mens.
Mense in die duistere toestand voer ’n bestaan onder hierdie laagliggende swart wolkekombers; hulle het geen verhouding met God nie; hulle het nie die Lig van God binne hulle nie en daarom is hulle geestelik dood. Hulle kan ook nie die seën van God ontvang nie, want die swart wolk keer dit af soos ’n sambreel die reën afkeer. Baie van hulle beweer wel om bekeerd te wees of deesdae praat hulle van Nuwe Testamentiese Christene, maar al die tyd funksioneer hulle nogsteeds in die duisternis. 1 Johannes 2:11 sê dat ’n mens wat in die duisternis funksioneer, nie omgee vir sy medemens nie; hy is soos iemand wat in die donker voortstrompel. Hy het geen idee waarheen hy oppad is of waar hy gaan uitkom nie; hy loop soos ’n blinde man rond. Dit bewys aan ons dat die duistere toestand nie uitgekanselleer is nie, maar die duistere toestand bestaan vandag nogsteeds. Die bestaanswyse van die mens in die duistere toestand kan opgesom word om selfgesentreerdheid, selfverhewenheid, self, self, self… alles hier gaan oor die self en om in die self se vleeslike behoeftes te voorsien. Hulle beoefen selfs godsdiens sodat die “self” voordeel kan trek daaruit. Besluite word geneem op grond van emosies en begeertes, nie volgens die wil van God nie. Wanneer die mens leef net om die eie wil te bevredig, word die korrupte natuur gehoorsaam en dra die mens ongoddelike vrugte…
“The effects of the corrupt nature are obvious: illicit sex, perversion, promiscuity, idolatry, drug use, hatred, rivalry, jealousy, angry outbursts, selfish ambition, conflict, factions, envy, drunkenness, wild partying, and similar things. I’ve told you in the past and I’m telling you again that people who do these kinds of things WILL NOT INHERET THE KINGDOM OF GOD!” Galatians 5:19 (GWT)
Die Woord sê uitdruklik dat diegene wat leef volgens hulle korrupte natuur, (dus in die duistere toestand) nie die Koninkryk van God sal beërwe nie. Hulle plaas hulle emosies en behoeftes bo die wil van God en dink nie daaraan hoe hulle lyk in die oë van God nie. Al wat vir hulle belangrik is, is dat hulle moet goed lyk in die oë van die wêreld en dat hulle behoeftes bevredig moet word… soos Esau wat sy eersgeboortereg verkoop het vir ’n pot lensiesop… dit was vir hom belangriker om in sy vleeslike behoeftes te voorsien as om te dink aan die seën van die eersgeborene…
“Make sure that no one commits sexual sin or is as concerned about earthly things as Esau was. He sold his rights as the firstborn son for a single meal. You know that afterwards, when he wanted to receive the blessing that the firstborn son was to receive, he was rejected. Even though he begged and cried for the blessing, he couldn’t do anything to change what had happened.” Hebrew 12:16 (GWT)
Ons moet versigtig wees dat ons nie ons ewigheid opgee vir ’n pot lensiesop nie… ons moet versigtig wees om nie ons eie behoeftes te stel bo die ewigheid nie.
“Dear friends, since you are foreigners and temporary residents in the world, I’m encouraging you to keep away from the desires of your corrupt nature. These desires constantly attack you.“ 1 Peter 2:11 (GWT)
Hoe lyk die Lig-toestand?
Die Lig-toestand is lig, helderkleurig en gevul met vreugde, vrede en liefde. Die Lig van God maak hierdie gedeelte geestelik lig en elke persoon wat deur die kruis van Jesus in hierdie toestand inbeweeg, ontvang die Lig van God in sy hart en straal weer ’n lig uit sy hart uit. Hierdie mens het tot ware wedergeboorte gekom en het die Gees van God ontvang. Hulle leef direk onder die hand van God, dus ontvang hulle Goddelike seën en beskerming. Hulle word beheer deur die Gees van God, hulle leef dus volgens hulle geestelike natuur en nie volgens hulle vleeslike natuur nie. Omdat hulle verbind is aan Abba Vader, kan hulle Goddelike vrugte dra en God gehoorsaam. Ons almal moet streef om oor te beweeg na hierdie toestand en hier voor die voete van Abba Vader vernag.
Die kruis is die enigste deurgang vanaf die wêreldse, duistere toestand na God se Ligtoestand, waar ons Lewe ontvang. Dit is geestelik geleë op die kop van Golgota; dis ’n moeilike pad om geestelik te stap tot by die kruis, maar genadiglik kan ons dit geestelik saam met Jesus stap wat dit vir ons makliker maak. Hy alleen ken die pad na die kruis op Golgota waar ons ons vleeslikheid moet afsterf om weer gebore te word in die Lig van God. As ons sterf saam met Jesus, sal ons ook lewe saam met Jesus. Dood vir die sonde, maar lewend met God. ’n Splinternuwe lewe! Voor die kruis van Jesus moet ons tot ’n diepe besef kom wat Jesus regtig vir ons gedoen het. Hy het nie ’n lekker of ’n wonderlike lewe gehad op aarde nie; Hy moes soveel verwerping en misbruik in die oë staar. Hy het nie voldoen aan die vereistes van die wêreld nie; Hy het nie deelgeneem aan die genietinge van die wêreld nie, maar eerder die mense berispe daaroor. Hy het in alles wat Hy gedoen het, Sy Vader verheerlik en gehoorsaam. Sonder Jesus en die kruis sou ons vir ewig vasgevang gewees het in die duisternis en sou ons nooit kon beweeg vanaf die duistere wêreld na die ewigheid nie.
“Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uitgaan en weiding kry.” Johannes 10:9 (AFR33/53)
Sonder Jesus en die kruis sou daar vir ons geen LEWE gewees het nie. Lewe en Lig loop hand aan hand – wanneer ons die vlees kruisig en saam met Jesus deurbeweeg na die Ligtoestand van God, ontvang ons die Lewe van God en dan eers kan ons begin lewe deur die Gees. Jesus leef dan in en deur ons en dan eers LEWE die mens waarlik teenoor die mens wat geestelik dood is en aanstrompel in die duisternis… hy voer net ’n bestaan.
“The Life-Light was the real thing – every person entering LIFE, He brings into LIGHT.” John 1:9 (MSG)
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.