“Hier en nou” of sien jy die groter prentjie?

Ons moet die groter prentjie begin sien as net die hier en die nou… dit gaan nie om hierdie lewe soveel as moontlik te geniet en soveel as moontlik uit hierdie lewe uit te kry nie… wat van die ewigheid?  Ons lewe op aarde is ’n spikkeltjie teenoor die ewigheid!  En dit gaan tog oor die ewighed, nie oor die hier en nou nie.  Hoe jy die ‘hier en nou’ benader, bepaal jou ewighied.  As jou lewe wentel om aardse dinge, is jou wêreld regtig baie klein, sien jy net die hier en nou, sien jy die chaos raak wat om ons aangaan, raak jy so maklik negatief… as jou lewe draai om liefde op aarde te vind, gaan jy nooit ware Liefde vind nie, want ware Liefde is nie vasgevang in ’n mens nie.  Waarom wentel jou lewe?  Jou huweliksmaat, jou kinders, besittings, werk, sukses?  Waar is Abba Vader in hierdie prentjie?  Waar plaas jy Hom in jou lewe as jou lewe wentel net om aardse dinge… Om die self?  Dan kyk jy met vleeslike oë en nie met geestelike oë nie.  As ’n mens net uit vleeslike oë kyk, raak ’n mens skoon benoud, want vleeslike oë sien net die hier en nou raak;  dit sien nie die groter prentjie nie.

Die groter prentjie vreander ’n mens se siening oor die lewe, dood, oor aardse dinge, oor liefde, oor alles!  Want wanneer ’n mens wel die groter prentjie kan begin raaksien, is jou gestelike oë besig om oop te gaan.  Dan begin jy die wil van God raaksien, jy aanvaar die wil van God, al maak dit ook hoe seer.  ’n Mens begin die lewe anders verstaan as ’n mens dit bekyk uit geestelike oë.  Dit is wanneer ons in die rus van God inbeweeg, Sy wil aanvaar vir ons lewens en nie Sy arm probeer draai om DIT vir ons te gee wat ons graag wil hê nie.  Want God weet wat die beste is vir jou… en Hy wil vir jou net die beste gee.  Toe Hy jou Goddelike Lewensboek geskryf het, het Hy vir jou net die mooi beplan, nie onheil nie.  Daar is sommige goed wat ons wil hê, byoorbeeld ’n huweliksmaat, wat nie die wil van God is nie.  Dit is jou eie wil om daardie maat te hê, nie God se wil nie.  As daardie maat wat jy so graag wil hê, nie in jou Goddelike Lewensboek opgeskryf staan nie, gaan dinge baie skeef loop as jy wel jou eie wil volg om daardie maat te aanvaar as jou huwelikmaat.  Dit gaan net nie werk nie, dit gaan ’n ongelukkige huwelik wees, want dit is nie God se wil nie.  Dan is jy besig om jou eie lewensverhale te skryf sonder die wil van God en gaan jy maar net vir jouself baie moeilikheid op die hals haal.  Dit is omdat jy net die hier en nou raaksien, dis omdat jy uit vleeslike oë kyk.  Jy sien nie die groter prentjie nie, want jou geestelike oë is nog toe.  Dit is omdat jy nog nie oorgegee is in die hand van God nie.  Jy het nog nie jou lewe en jou hart aan God geoffer nie, wat eintlik ’n klap in Sy gesig is, want dan sê jy eintlik vir Hom dat jy Hom nie vertrou met jou lewe nie.  

Die groter prentjie is opgeskryf in jou Goddelike Lewensboek en wanner ons 100 % oorgegee is aan die wil van God, sal ons Sy wil begin leef en nie vir die hier en nou nie;  ons sal nie vir die self leef nie, maar tot heerlikheid van God.  Dit is ’n wonderlike plek in ons lewe om te bereik, want al hierdie ‘nitty gritty’ goedjies verdwyn stadigaan uit ons lewe – onthou net – dit is ‘n proses, dit gebeur nie oornag nie.  Dinge wat ons emosieël seermaak, gaan ons ook uit ’n ander oogpunt kan beign sien en die doel daaragter kan begin verstaan.  Maar jy het die keuse… wil jy vir jouself leef?  Wil jy leef tot eer van die self?  Wil jy leef net om die self te behoeftes te bevredig?  Kom ons sê jy verloor iemand wat jy liefgehad het… gaan jy vir God kwaad raak daaroor?  Hoe kan ons vir God kwaadraak as dit is wat Hy vooraf beplan het?  Hoe kan ons vir God kwaadraak omdat hy nie ons eie sin vir ons wil gee nie?  

Begin die groter prentjie raaksien…  God gebruik seer situasies in ons lewe om ons hartsgrond gereed te maak sodat Hy saad in ons harte kan saai wat kan groei en vrugdra vir Hom – nie vrugdra vir onsself nie, maar tot heerlikheid van God, nie tot heerlikheid van die self nie.  Hoe moet God ons harte skoonkry as Hy toelaat dat ons net altyd ons sin kry?  As dit altyd net goedgaan met ons?  Seerkry is veronderstel om ons op ons knieë te dwing, nie om ons rug op God te draai nie.  Maar dis ook nie om jou op jou knieë te dwing om Hom te smeek om dit vir jou te gee wat jy graag wil hê nie… dit is om jou op jou knieë te dwing om Hom waarlik te soek, om Hom te leer ken…sodat jou lewe oor Hom sal gaan en nie oor dit wat jy wil hê nie.  So as seer omstandighede jou wel op jou knieë dwing sodat jy die heeltyd smeek en God vesoek, is jy om die verkeerde redes op jou knieë, want dan gaan dit nogsteeds net oor jouself.  Ons moet op ons knieë gedwing word om die wil van God te verstaan, nie om Sy arm te draai nie.  Om Hom te leer ken… nie om ons sin te kry nie.   Om jou hart te oorhandig in die hand van Abba Vader en vir Hom te se:  Nie my wil nie,  Vader, maar U wil.  Laat U wil gesied.  Omvorm my!  Brei my soos ’n stukkie klei in U hande  en omvorm my na U wil.  DIT is wat op ons knieë moet gebeur!  En dit is hoekom God ons soms tot op ons knieë dwing deur seerky… om ons eie wil oor te gee aan Hom.  God roep ons deur seer!  En as ons reageer, gee ons Hom ’n kans om ons hartsgrond skoon te maak en voor te berei om SY saad in ons harte te saai.  Ons moet ons harte oorhandig in die hand van God sodat Hy vir ons ’n “ready heart” kan gee, want alleenlik wanneer ons ’n “ready heart” het, sal ons nie meer net die hier en nou raaksien nie, maar die groter prentjie wat tot eer van God strek.  Dan eers sal ons Waarhede begin raaksien en die taal van God begin verstaan… die klop van Sy hart begin hoor… en sal jy begin leef na die ritme van die klop van Sy hart…. en nie meer na die klop van jou eie hart nie.  

Ek het seker elke dag ’n gunsteling stukkie Skrif uit die Woord, maar vir die laaste paar dae is dit Mattheus 13.  Abba Vader wil saad in elkeen se hart saai, maar die hart moet eers voorberei wees vir Sy saad, want wat help dit die saad val op ’n kliphart – dit gaan nie groei op klip nie!  Dit gaan ook nie groei tussen onkruid nie, want die onkruid gaan dit versmoor.  Dit moet val op goed voorbereiede grond en die grond van ons harte kan alleenlik goed voorberei wees wanneer ons dit oorhandig het in die hand van Abba Vader;  wanneer ons kie som ons sondes raak te sien, dit te bely en te laat staan.  Op hierdi emanier maak God ons hartsgrond skoon en onkruidvry sodat Hy Sy saad in ons harte kan saai wat sal vrugrdra tot eer van Hom.  DIT is die groter prentjie!!!  DIT is hoekom God ons laat leef… nie vir die hier en nou, en die plesiertjies van die wêreld nie, maar vir HOM!

Die dissipels het Jesus gevra hoekom vertel Hy altyd stories / gelykenisse?  Jesus het hulle geantwoord dat wanneer ’n mens ’n “ready heart” het, met ander woorde, wanneer God hulle harte skoongemaak het, sal Hy ook aan hulle die insig gee om SY stories te verstaan.  Hulle sal die groter prentjie begin raaksien, maar diegene wat nog nie oorgegee is in die hand van God nie, sal nie die stories van Jesus kan verstaan nie.  Hulle sal hoor, maar nie verstaan nie.  Hulle sal vleeslik kan sien, maar nie geestelike kan “sien” wat Jesus hulle probeer leer nie.  Hulle het nie ’n “ready heart” nie.          

Why Tell Stories?

 The disciples came up and asked, “Why do you tell stories?”  He replied, “You’ve been given insight into God’s kingdom. You know how it works. Not everybody has this gift, this insight; it hasn’t been given to them. Whenever someone has a ready heart for this, the insights and understandings flow freely. But if there is no readiness, any trace of receptivity soon disappears. That’s why I tell stories: to create readiness, to nudge the people toward receptive insight. In their present state they can stare till doomsday and not see it, listen till they’re blue in the face and not get it. I don’t want Isaiah’s forecast repeated all over again:

Your ears are open but you don’t hear a thing.

 Your eyes are awake but you don’t see a thing.

The people are blockheads!

They stick their fingers in their ears

    so they won’t have to listen;

They screw their eyes shut

    so they won’t have to look,

    so they won’t have to deal with me face-to-face

    and let me heal them.

 “But you have God-blessed eyes—eyes that see! And God-blessed ears—ears that hear! A lot of people, prophets and humble believers among them, would have given anything to see what you are seeing, to hear what you are hearing, but never had the chance.

Matthew 13:10-17 (MSG)

  

Mens verloor die Beeld / Lig van God

In die vorige saadjie het ek vertel dat die mens nie fisies die Beeld van God is nie, maar dat die mens die Beeld van God alleenlik kan reflekteer uit sy geeshart.  Daarom het God die mens eers as gees geskep en daarna het Hy vir die gees ’n liggaam en ’n siel geskep.  Oorspronklik was Adam en Eva se geesharte vol van die Lig van God, wat ook beteken dat hulle gekonnekteer was aan God – hulle was een met God.  Omdat hulle gekonnekteer was aan God, kon daar kommunikasie wees tussen hulle en God, met ander woorde hulle kon geestelik hoor en sien.  In hulle oorspronklike vorm was hulle geestelik ingestel op God;  hulle vleeslikheid was nie vir hulle belangrik nie, daarom het hulle ook nie gesien dat hulle naak was nie.  Hulle geestelike oë en ore was oop;  hulle vleeslike oë en ore was gesluit… en die beste van alles…. die Lig van God het gereflekteer uit hulle harte, so hulle het die Beeld van God reflekteer.      

Satan haat die Lig van God, want waar die Lig van God teenwoordig is, kan hy nie aangaan met sy bose werk nie.  Solank die mens die Lig van God uit sy hart skyn, kan Satan geen beheer of outoriteit oor die mens verkry nie.  Dit is baie belangrik om te besef dat dit alleenlik die Lig van God is wat vir Satan op ’n afstand kan hou, want wanneer die Lig van God teenwoordig is in die mens, is dit God wat deur die mens outoriteit het oor Satan en dan kan Satan die mens nie beheer nie.  Hy het dus nie mag oor ’n mens wat die Lig van God reflekteer nie, alleenlik wanneer ’n mens nie die Lig van God reflekteer nie.  Geen woorde van oorlogvoering of om die “regte” bloedlynvloeke te sny, kan vir Satan van die mens af weghou nie… alleenlik die Lig van God – God self binne die mens!  Kan jy dink hoe moes Satan op sy tande kners van frustrasie oor die Lig wat Adam en Eva gereflekteer het wat hulle outoriteit oor hom gegee het?  Hy moes ’n manier kry om die Lig uit hulle geesharte te blus en omdat hy vir God ken, het hy geweet dat rebellie teen God die Lig uit die hart van die mens sou blus… hy het baie goed geweet dat as die mens nie meer die Lig van God reflekteer nie, die mens op sy eie nie meer outoriteit oor hom sou kon hê nie, en op hierdie manier kon hy die mens in sy mag kry om hulle te beheer.  Hy moes ’n manier kry om die mens se hart met duisternis te infiltreer sodat die mens sy konneksie met God verloor… 

Hou nou in gedagte dat die geestelike sintuie van die mens direk gekoppel is aan sy geeshart – as die geeshart lewe met die Lig van God, sal die geestelike sintuie in werking wees, maar as die geeshart geen Lig uitskyn nie, is dit geestelik dood en kan die geestelike sintuie ook nie werk nie.  Met ander woorde, as die mens die Beeld van God reflekteer, sal die mens geestelik kan hoor en sien, maar as die mens nie die Beeld van God reflekteer nie, is hy ook nie een met God nie, dus is hy nie gekonnekteer aan God nie… en sal hy ook nie geestelik kan sien en hoor nie;  hy sal nie geestelike onderskeidingsvermoë hê nie.   

Al het God die mens geskape na Sy beeld, het die mens nogsteeds ’n eie wil;  die mens was, en is, dus in staat om keuses te maak.  Satan het geweet hy moet vir Adam en Eva in die versoeking lei om hulle eie wil te gehoorsaam pleks van die wil van God.  Die ergste van alles is dat hulle DIREK geweet het wat die wil van God is, want God het DIREK aan Adam gesê dat hulle nie van die boom van kennis van goed en kwaad mag eet nie, en as hulle wel daarvan eet, hulle sou sterf.  Satan het Eva uitgevra oor die verskillende bome se vrugte wat hulle mag eet en Eva het hom geantwoord dat hulle van al die bome in die tuin mag eet, behalwe van die boom in die middel van die tuin, want dit sal hulle laat sterf.  Satan maak toe vir God ’n leuenaar en sê vir Eva:

  “Julle sal gewis nie sterwe nie;  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”  Genesis 3:5 (AFR33/53)

Eva moes ’n keuse maak!  Gaan sy die wil van God gehoorsaam en Satan teëstaan;  of gaan sy ingee, haar eie wil volg en rebelleer teen God?   Adam het haar voorbeeld gevolg deur te voed op die verbode vrug en dadelik het hulle vleeslike oë oopgegaan.  Hulle het gesien dat hulle naak is, met ander woorde, hulle het bewus geraak van hulle vleeslikheid.  Onthou nou:  voorheen was hulle geestelike oë oop en hulle vleeslike oë toe, maar noudat hulle vleeslike oë oopgegaan het, het hulle geestelike oë toegegaan.  Sonde het hulle geestelik verblind, dit het dus hulle geestelike sintuie ruïneer.  Sonde het die Lig van God uit hulle harte geblus en op hierdie manier het die mens die Beeld van God verloor.  Die mens het geestelik gesterf!  Dit is wat God bedoel het toe Hy vir hulle gesê het dat hulle sal sterf as hulle van die verbode boom eet.  Omdat hulle gekies het om hulle eie wil te gehoorsaam, was hulle nie meer een met God nie, hulle was nie meer gekonnekteer aan God nie, want die Lig van God was nie meer teenwoordig in hulle harte nie. God het die tuin van Eden spesiaal gemaak vir Sy kinders wat met Hom wandel en met Hom kommunikeer.  Hy het dus die tuin van Eden gemaak vir Sy kinders wat Sy Beeld reflekteer.  Adam en Eva het die Beeld van God verloor en daarom mag hulle nie meer langer in die tuin van Eden gewoon het nie.  God moes hulle wegstuur uit die tuin en Hy het hulle gestuur om in die wêreld te gaan woon wat deur hulle eie toedoen vervloek is.  God het die tuin van Eden toegesluit en aan engele opdrag gegee om die tuin te bewaak.  Geen mens mag meer in die tuin van Eden ingekom het nie, want die mens het die Lig van God uit sy geeshart verloor. Ongelukkig was die ganse mensdom daardeur beïnvloed en is almal daarna gebore met dormante geesharte.  Niemand word dus gebore met ’n geeshart wat die Lig van God reflekteer nie, niemand word heilig gebore nie.  

“You know the story of how Adam landed us in the dilemma we’re in – first sin, then death, no one exempt from either sin or death.  Sin disturbed relations with God in everything and everyone…  So death, this huge abyss separating us from God…  Even those who didn’t sin precisely as Adam did by disobeying a specific command of God still had to experience this termination of life, this separation from God…    One man’s sin put crowds of people at the dead-end abyss of separation from God… the verdict on that one sin was the death sentence…”    Rom 5:12-15  (MSG)

Al die mense in die OT was dus geestelik dood en het nie die Beeld van God reflekteer nie.  God het wel sekere van Sy kinders toevertou met Sy Gees om leiding te gee aan die mensdom, maar niemand wou in elkgeval na hulle luister nie.  Toe het God Sy Seun gestuur, maar die mensdom wou na Hom ook nie luister nie en het Hom eerder doodgemaak.  Maar wat hulle nie geweet het nie, is dat die gehoorsaamheid en die sterfte van Jesus, die Gees van God sou vrylaat op die aarde.  Dit beteken nie dat almal wat na die kruisiging van Jesus gebore word, met die Lig van God in hulle geesharte gebore word nie.  Almal word nogsteeds in die sondige wêreld ingebore en moet weergebore word om die Lig van God in sy hart te kan hê.  Daarom het Jesus ook so klem daarop gelê dat ons moet sterf aan die self om weergebore te kan word, want alleenlik wanneer ons die ou mens afsterf en weergebore word deur die Gees van God, skyn God se Lig weer uit ons hart en dan eers reflekteer ons die Beeld van God.  Dan eers is ons een met God en stel God weer ons geestelike sintuie in werking om met Hom te kan kommunikeer.  

Die mens wat geestelik dood is, se fokus is totaal op homself ingestel en nie op God nie.  Hy is nie een met God nie en hy reflekteer GLAD NIE die Beeld van God nie!!!  Die mens wat geestelik dood is, funksioneer net as liggaam en siel, en daarom is hierdie mense so intens gefokus net op die self.  Al beoefen hy godsdiens en allerhande rituele, kan dit niks aan die geeshart verander nie.  Hy bly geestelik dood!  Wat hartseer is, is dat daar soveel “Christene” is wat “glo” in God net sodat Hy in hulle vleeslike behoeftes moet voorsien.  Hulle wil God net misbruik soos die mense in Johannes 6 vir Jesus misbruik het om genesing te ontvang en brood te kon kry!  Hulle wou Hom selfs koning maak omdat Hy in hulle vleeslike behoeftes voorsien het!  Dit is vir my baie hartseer….  

God se kinders wat wel Sy Beeld reflekteer, mag weer in die tuin van Eden ingaan.  Hulle het gesterf aan die self, is weergebore en is een met God.  Die mense wat in die vaal gedeelte is, se geesharte is nog in dormansie, hulle het nog nie gesterf aan die self nie, hulle is nog ten volle gefokus net op die self, hulle het nie geestelike onderskeidingsvermoë nie en daarom loop hulle agter enige mens aan wat homself ’n herder noem.  Hulle word baie maklik verlei.  Hulle geestelike sintuie is ook nie in werking nie en daarom het Abba Vader gesê dat hulle nie oë het om te sien en ore het om te hoor nie… dit is omdat hulle geestelike oë en ore nog geslote is omdat hulle nie die Lig van God in hulle harte het nie.  Dit is nie God wat hulle geestelike oë en ore toesluit nie… dit is die sonde en selfsug in hulle eie lewe wat maak dat hulle nie geestelik kan hoor en sien nie.

 “En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.  Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.  Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.               Mattheus 13:14-16

  

Die mens as die beeld van God?

God is lig

Ek kan net dink hoe hierdie saak vir God ongelukkig moet maak… Die mens glo hy is geskape na die beeld van God, en mense sien “die mens” as die beeld van God, maar hulle dink nie dieper oor hierdie saak of laat die Gees van God toe om hierdie onderwerp aan hulle te verduidelik nie.  Hulle luister net met fisiese ore na hierdie leuen, want die inligting word deur die brein geprossesseer en nie deur die geeshart nie.  Dit is hoekom mense hierdie leuen so maklik glo.  Dit is nie ’n leuen dat God die mens na Sy Beeld geskape het nie, maar kom ons gaan kyk net eers weer mooi wat is die Beeld van God… Is God ’n mens?  Is Hy in die vorm van ’n mens?

“Loof die Here, o my siel.  Here my God, U is baie groot!  Met majesteit en heerlikheid is U bekleed – wat Uself omhul met die lig soos met ’n kleed…”           Psalm 104:1,2

 Met ander woorde, God is nie ’n mens nie… Hy is nie in die gestalte van ’n mens nie, want God is LIG!  So toe God die mens aan die begin geskape het na Sy Beeld, kan dit nie wees dat Hy ’n fisiese, ligaamlike mens gemaak het nie.  Nee, as Hy ’n mens na Sy Beeld gemaak het, het ’n mens gemaak as liggie, ’n wese wat skyn soos Hy skyn!  Kyk hoe mooi sê The Message dit:

“He created them Godlike reflecting God’s nature…”  Genesis 1:26 (MSG)

 God het die mens gemaak om Sy beeld te reflekteer en wat is die beeld van God?  LIG!  So God het die mens as ’n liggie geskep.  Kan die fisiese mens wat ons met die oog sien, lig reflekteer?  Om hierdie mooi te verstaan, wil ek net gou julle geheue verfris oor die liggaam, siel en gees van van die mens… 

Die liggaam is die buitenste dop met al die organe wat die siel en gees huisves.  Ons siel is die gedeelte waar ons emosies, eie wil en denke lê.  Ons gees is die diepste gedeelte van die mens waardeur God met ons werk.  God het dus die gees van die mens geskep as ’n “plek” waar Hy deur Sy Gees in ons kan woon en eers wanneer die Gees van God teenwoordig is in ons geeshart, is ons in staat om die beeld van God geestelik te reflekteer.  Die Gees van God is nie teenwoordig in die liggaam- of sielsdimensie van die mens nie, alleenlik in die geeshart.  As ’n mens dit verstaan, maak dit sin dat God eerste die gees van die mens moes skep sodat die mens geestelik die beeld van God kon reflekteer, want God is Lig;  die liggaam en die siel van die mens kan nooit die beeld van God reflekteer nie.  Met ander woorde, toe God aan die begin gesê het Hy skep die mens as Beeld van Homself, het Hy nie dadelik die liggaam en siel van die mens gemaak nie, maar het Hy het die gees van die mens geskep!  Later het God uit die stof van die aarde die menslike liggaam formeer en die asem van die lewe in sy neus ingeblaas.  (Gen 2:7)  Die mens het toe ’n lewende siel geword – dit is hier waar God die liggaam van die mens geskep het, maar God sê ook nie dat Hy het die fisiese, liggaam van die mens na Sy Beeld geskep het nie.  Sy Beeld, wat Lig is, was vasgevang in die geeshart van die mens wat binne die liggaam van die mens gesetel is.  So die liggaam van die mens is soos ’n dop wat die gees huisves.  Die liggaam van die mens is nie vir God so belangrik soos die gees van die mens nie en dit is hoekom ons liggame weer tot stof sal verander as ons doodgaan.  Jou geeshart gaan nie saam met jou liggaam dood nie, maar God sê Hy sal in die hemel vir ons ’n nuwe liggaam gee.  Kan jy sien hoe belangrik is jou geeshart?  Want vir God gaan dit oor ons geesharte!   Dit is nie hoe ons as mens LYK wat belangrik is nie, dit is wat in ons harte aan die gang is, wat belangrik is!  Ek hoop julle kan begryp hoe verskriklik belangrik ons geesharte is!  Dit is die belangrikste gedeelte van die mens, want dit is die deel van die mens waar God Sy woning maak.  Alleenlik wanneer die Gees van God “dwell” in ons harte, reflekteer ons die Lig van God, met ander woorde, alleenlik wanneer die Gees van God Sy inwoning in ons harte geneem het, sien God ons as Sy Beeld.  As die Gees van God nie teenwoordig is in ons harte nie, skyn daar geen lig uit ons harte nie en is ons ’n duistere mens wat nie die Beeld van God reflekteer nie.  So sien julle dat ons nie sommer met die fisiese oog na mense kan kyk met die opinie dat elkeen na die Beeld van God geskape is nie?  Nie almal is geskape na die Beeld van God nie…  alleenlik hulle wat waarlik weergebore is, hulle wat die Gees van God huisves in hulle harte… dit is die mense wat die Beeld van God reflekteer! 

Dit is net die mens wat uit fisiese oë kyk wat die liggaam en die uiterlike belangrik ag, wat die liggaam bo die gees stel en soveel tyd aan hulle liggame spandeer om dit mooi te maak en so min tyd aan die gesondheid van hulle gees.  Dan is dit ironies hoe vinnig ons is om te sê:  Sjoe, ek is so besig, ek het nie tyd om stil te raak en Woord in te neem nie.  Gaan dink ’n bietjie self oor die belaglikheid van hierdie verskoning!  Die mens wat nie tyd by die voete van Abba Vader spandeer nie, kan nie die Lig van God in sy hart hê nie, so hy reflekteer verseker nie die Beeld van God nie.  Die mens wat nie die Beeld van God reflketeer nie, is ook nie Sy kind nie.  Alleenlik diegene wat gesterf het aan die self en weergebore is, het die Lewe of die Gees van God in hul harte ontvang en alleenlik op hierdie manier reflekteer hulle die Beeld van God. 

Lees gerus Kolossense 3:1-17      

“…en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis van die Beeld van sy Skepper..”  Kolosense 3:10

Maar as God die mens na Sy Beeld geskape het, en Hy die mens geskep het om Sy Lig te reflekteer, wat het fout gegaan?  Waar het die mens die Lig verloor en hoe kry ons weer die Lig van God?  Kyk uit vir die volgende saadjie…

In die rus van God

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;  want my juk is sag en my las is lig.”  Mattheus 11:28-30

Wat beteken dit om in die rus van God te wees?  In Psalm 95 sê God deur die mond van die digter dat Sy volk ’n dwalende hart het en dat hulle nie Sy weë ken nie, en daarom sal hulle in Sy rus nie ingaan nie.  Dit is dus die mense wat in skares die vals herders volg na die vaal gedeelte (Saadjie:  Kies die regte pad, vat Jesus se hand ) wat die keuse maak om by die T-pad saam met die meerderheid die maklike pad te kies wat na links gaan.  Dit is die mense met ’n dwalende hart wat nie die weë van God ken nie, en omdat hulle nie op die ware Weg saam met Jesus is nie, kan hulle nie in Sy rus ingaan nie.  As ons teruggaan na die Israeliete in die woestyn, sê God hulle sal nie in Sy rus ingaan nie… Wat was die rede?  Psalm 95:8-11 sê: 

“Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;  waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.  Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;  sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!”

God het soveel wonderwerke voor hulle oë gedoen sodat hulle kon sien dat Hy waarlik God is – EK IS!” – maar nogsteeds het hulle nie met hulle harte in Hom geglo nie.  Hulle het God versoek en beproef, hulle het gedink Hy is ’n god waarmee hulle speletjies kan speel;  wat hulle kan hied en gebied…’n god wat hulle bevele moet gehoorsaam…  Hulle het duidelik geweet God lewe en dat God wonders doen, maar hullle harte was verhard deur sonde;  daarom het hulle net met die mond in God geglo, nie met die hart nie.  Hulle het net met die mond geglo en godsdiens gespeel om die goedheid van God te misbruik, want hulle het Hom versoek om in hulle vleeslike behoeftes te voorsien.  Soveel mense van vandag glo nogsteeds in God net met die mond en speel ook godsdiens deur kerk toe te gaan, maar het geen verhouding met Abba Vader nie.  Eintlik ken hulle Hom glad nie, net soos die Israeliete van ouds.  Hulle bely met mond om te glo in God, maar is dit ook net sodat God in hulle vleeslike behoeftes moet voorsien…  Net soos dit daardie tyd God se toorn laat ontvlam het, so sal dit vandag nogsteeds God se toorn laat ontvlam!  Net soos God daardie tyd gesê het dat DIT die rede is dat hulle nie in Sy rus sal ingaan nie, net so sê God vandag nogsteeds dat die mens wat hom versoek, nie in Sy rus sal inbeweeg nie.  En hoe versoek die mens God?  Deur geen verhouding met Hom te Hom te hê nie, maar met die mond in Hom te glo sodat Hy jou kan help, uit ’n verknorsings kan red, sodat jy ’n geseënde lewe kan hê;  sodat jy nie hel toe hoef te gaan nie….  Hebr 3:18,19 sê:  

   “En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.”

Mense wat net met die mond in God glo, sal ongehoorsaam wees aan Hom, hulle sal hulleself bo God stel en hulle dade sal getuig van hulle ongeloof in God.  Moet asseblief nie die dink jy bewys jou geloof in God omdat jy kerk toe gaan, gedoop is, nagmaal gebruik of enige ander ritueel beoefen nie, want dit presies wat dit is… dit is net godsdienstige rituele… dit is GEENSINS verhouding met Abba vader nie.  En die mens wat getuig om te glo in God, maaar wat geen verhouding verder met Hom het nie, is die mense wat op die breë pad oppad is na die hel.  Hulle versoek God om hulle gesond te maak, om hulle te beskerm teen die bose en die geweld in die land, om hulle finansiëel te sëen, om hulle huwelike te red, ensovoorts… maar omdat hulle nie ware geloof in God het nie, sal hulle ook nie in Sy rus ingaan nie.  Hulle is oppad na die vaal deel van die dood en nie na die tuin van God, waar Lewe is, nie.  Die mense op die breë pad is die mense wat God versoek, en as ons God versoek, is ons nie in Sy rus nie!  Om meer te lees oor die manier waarop ons God versoek, lees die saadjie Hoe versoek ons God?

Meeste mense dink hulle is in die rus van God omdat Jesus gesterf het aan die kruis, maar hulle verstaan hierdie konsep glad nie… weereens omdat hulle hulle ore uitleen aan paaiende leraars wat hulle lei op die breë pad na die vaal gedeelte.  Al die mense in die vaal gedeelte wat so lekker godsdiens beoefen en glo hulle is gered daardeur, is nie in die rus van God nie.  Die mens is alleenlik in die rus van God wanneer hy in die tuin van God teenwoordig is… daar waar hy in afsondering ware verhouding met Abba Vader het.  Die mens wat in die rus van God is, het die self – die ou, sondige mens – afgesterf, en is weergebore deur die Gees van God.  Hy leef nie meer vir homself nie, maar tot die eer van God.  Die Gees van God is teenwoordig in sy geeshart, met ander woorde, hierdie mens is diep en stewig gevestig in die hart van God.  Dit is die persoon wat nie die skares volg nie, maar wat die hand van Jesus gevat en die smal paadjie saam met Hom begin stap het.  Dit is die mens wat sy eie wil afgestef het en nie meer daarna streef om in sy vleeslike behoeftes te voorsien nie, so hy versoek God nie elke dag om te doen wat hy vra, of om vir hom te gee DIT wat hy vra nie.  Hy aanvaar die wil van God – vir die goed en die sleg – en smeek God nie om omstandighede of situasies te verander nie.  Hy streef daarna om die wil van God te leef en om die wil van God te aanvaar vir sy lewe.  Soms moet ons net ons emosies eenkant plaas om die wil van God te aanvaar en dit is nie altyd so maklik nie.  DAN eers is ons in die rus van God – eers wanneer ons die wil van God vir ons lewens aanvaar en Hom nie versoek en tart om in ons vleeslikheid te voorsien nie.  Die wonderlike om in die rus van God te wees, is dat ons God dan 100% beheer oor ons lewens gee en alles in vrede aanvaar wat Hy oor ons lewe bepan het.  Dan eers kan ons die wonderwerkende hand van God in ons lewe begin raaksien, want dit is eers wanneer ons totaal oorgegee is aan die wil van God, dat Hy vir ons die waters sal oopmaak en berge vir ons verskuif.  Moses het God nie beveel om die waters vir hulle oop te maak toe die Egiptenare op hulle hakke was nie, maar God het hulle verras deur hierdie wonderwerke.  En net so sal God jou ook verras met wonderwerke wanneer jy in Sy wil is, dus in Sy rus is.  DAN eers sal God die eer ontvang daarvoor en nie die mens nie.  Die mens is te vinnig om vir homself die eer te gee… kom ons vat ’n simpel voorbeeld…. Wanneer iemand siek is en ’n sekere persoon gaan bid oor die siek persoon vir genesing en die persoon word wel gesond, wie kry die eer daarvoor?  Hulle sê wel met woorde al die eer gaan na God, maar tog is dit die mens wat gebid het, wat die wêreldse eer daarvoor kry!  Dink jy regtig dit behaag God?  Wat nou as God wel besluit het om deur siekte die siek persoon weg te vat van die aarde af?  Gaan die persoon wat dan bid oor die siek mens, God se wil kan verander?  Gaan hy God se arm kan draai sodat God eerder na hom sal luister en hom moet gehoorsaam om die mens wel gesond te maak as God klaar besluit het Hy wil die mens op hierdie manier weer stof van die aarde maak? Ek voel dit is baie arrogant van die mens en dat mense wat dit doen, geen respek vir God en Sy planne het nie… net soos die Israeliete van ouds… hulle wil nie in die weë van God wandel nie, met ander woorde, hulle wil nie op die smal paadjie saam Jesus wandel nie, maar in groepe op die lekker breë pad.  Die breë pad lei nie na die rus van God nie, en net soos God Sy volk nie in die beloofde land laat ingaan het nie, net so sal God diegene wat nie Sy wil aanvaar en Hom gehoorsaam, in Sy rus laat inbeweeg nie.  God gaan nie met Hom laat speel nie, Hy gaan Hom nie laat versoek deur ’n mens nie!

Om in die rus van God in te beweeg, beteken ook om in Sy Koninkryk in te gaan en ons weet Jesus het gesê dat ons alleenlik in die Koninkryk van God sal kan ingaan wanneer ons sterf aan die self en weergebore word.  Alleenlik wanneer ons sterf aan die self, sterf ons ook ons eie wil af en sal ons die wil van God aanvaar en Hom nie versoek nie.  En alleenlik wanneer ons die wil van God leef, leef ons in Sy rus en sal ons vrede vir ons siele vind.  Alleenlik dan sal ons alle omstandighede en situasies in ons lewe met die krag van God binne ons kan oorkom.      

So hoe weet jy of jy in die rus van God is of nie?  Eerste teken is of jy God versoek… Wanneer jy bid, is dit ’n oop gesprek met Abba Vader of is dit net jy wat dinge van Hom eis en dinge van Hom vra?  Dit is nie wat gebed is nie.  Lees Wat is gebed en verhouding met God? oor wat gebed is en wat gebed nie is nie.  As jy vir God sê:  “Laat U wil geskied”, bedoel jy dit uit jou hart uit?  Of vra en smeek jy eers van God DIT wat JY graag wil hê, en sê dan op die ou end nogsteeds “Laat U wil geskied”?  Dit maak mos nie sin nie?  Mense wat God probeer hied en gebied probeer God oortuig om hulle sin vir hulle te gee, hulle sê eintlik vir God:  “Laat my wil geskied, asseblief!”  

Ek het self nou deur so ’n wortsteling gegaan… My ma is ’n paar weke terug gediagnoseer met kanker en ek was erg geskok daaroor.  My ma raak NOOIT siek nie, en nou skielik is dit sommer kanker!  ’n Mens skrik as ’n mens hoor “kanker” want dis asof dit die siekte van ons tyd is wat baie geliefdes van ons af wegneem.  Nadat ek die slegte nuus ontvang het, het ek dadelik op my knieë gaan neersak langs my bed en net gehuil by die voete van Abba Vader.  Ek het geweet die wil van God moet geskied, en hier word ek toe getoets of ek vir God gaan voorskryf of nie…  Gaan ek vir wonderbaarlike genesing smeek, vir God vra om in te spring en my ma wonderbaarlik skoon te maak van die kanker?  Of gaan ek net in die rus van God bly en Hom toelaat om te laat gebeur wat Hy weet die beste is?  Dis ’n baie moeilike situasie en dit ontlont baie argumente, want daar staan dan in die Woord dat ons enigiets van God kan vra en Hy sal dit vir ons doen.  Maar wat die mens nie raaklees nie, is dat daar staan dat AS ONS VOLGENS DIE WIL VAN GOD VRA, sal Hy dit vir ons gee en doen.  So dit beteken ons moet nogsteeds in die rus van God wees en wanneer ons gevul is met die Gees van God, sal ons wel vra na dit wat die wil van God is.  Dit is ’n groot toets, veral as iemand waarvoor ons so verskiklik lief is, siek raak.  Maar ons moet net in die rus van God bly en Hom vertrou!  Dan eers kan Hy wonderwerke in ons lewens doen en ons gebruik om Sy Waarheid uit te straal in ’n donker wêreld.               

 Alleenlik wanneer ons in Sy rus is, kan ons deur enige probleem stil wees, want ons sal weet dat God vir ons sal veg.  Mense wat in God se rus inbeweeg het, het in die wil van God inbeweeg en laat God toe om Sy wil te laat geskied in hulle lewens.  Wanneer hulle bid:  “Laat U wil geskied” bedoel hulle dit regtig uit hulle harte uit en daarom kan hulle probleme en moeilike situasies in Sy hand plaas en dit daar los dat HY dit uitstorteer.   Dit is hulle wat geleer het om hulle oë af te haal van die klippe op hulle pad en te fokus op Jesus.  Mense in God se rus het aanvaar dat God die beste weet en dat Hy altyd vir ons net die beste beplan.  (Jer. 29)  Hulle aanvaar God het klaar hulle Lewensboeke geskryf en hulle streef daarna om dit te leef wat God beplan het, nie dit wat die mens wil hê nie.

Mense wat nie in God se rus is nie, sukkel om die wil van God te aanvaar, hulle probeer heeltyd God se arm draai om sekere goed te laat gebeur in hulle lewens.  Hulle wil hê God moet in hulle eie wil voorsien en voldoen, hulle wil nie leef volgens die wil van God nie, maar volgens hulle eie wil.  Wanneer ons nie ten volle oorgegee is aan Abba Vader nie, gee jy Hom ook nie ruimte om te werk in jou lewe nie.  Jou hart en jou lewe moet in SY wonderbare hande wees, dan maak Abba Vader vir ons deure oop op die regte tyd;  dan maak Abba Vader die see vir ons op die regte tyd oop om deur te beweeg en ons te verlos van die vyand;  dan verskuif God berge vir ons;  dan veg God vir ons!  Dan vertel ons nie meer vir God wat Hy moet doen en laat gebeur in ons lewens nie, maar laat ons Hom toe om dinge te laat gebeur soos Hy dit beplan het. 

Nadat ek hierdie saadjie geskryf het, het ek dit net nog ’n keer deurgegaan om my spelfoute reg maak, en toe vra Abba Vader vir my:  

“Hoekom glo jy My?”  

Want Abba Vader is My Pa, Hy is my Maker;  ek kan voel ek is gekonnekteer aan Hom, hoe kan ek anders as om Hom lief te hê met alles binne my?  Dit is die lekkerste lekker om in Sy teenwoordigheid stil te wees, niemand en niks kan my daardie gevoel van tevredenheid gee wanneer ek in Sy teenwoordigheid is nie.  Niemand kan my so breed laat glimlag nie en niemand kan my soveel trane van vreugde gee nie.  Ek glo in my Vader, want ek het Hom met my hele wese lief en ek wil in alles wat ek doen, Hom behaag. 

Raak stil met hierdie vraag:  “Hoekom glo jy in God?” Wees eerlik met jouself, dit is die enigste manier hoe ons kan sterf aan die ou mens… wanneer ons eerlik is met ons dieper self.  Glo jy in Hom omdat jy so geleer en grootgemaak is en jy weet dit is die “regte” ding om in Hom te glo?  Glo jy in God omdat Hy die enigste hoop op redding is?  Sodat jy nie hel toe hoef te gaan nie?  Sodat Hy jou kan help en beskerm in moeilike tye?  Sodat hy jou of iemand na aan jou kan gesond maak?  Sodat Hy dit en dat vir jou kan gee en doen?  Sodat jy enigiets van Hom kan bid en Hy dit vir jou sal gee?  Omdat Hy jou lewe makliker kan maak?  Dat HY in jou vleeslike behoeftes kan voorsien?  Ek is jammer, maar al die bogenoemde redes is bewyse dat jy nie in die rus van God is nie, maar op die breë pad waar jy Hom net versoek om in jou vleeslikheid te voorsien.  Die mens met geen persoonlike verhouding met Abba Vader nie, is nie in Hom gewortel nie, en is nie in Sy rus nie.  Hulle leef nie die wil van God nie, maar versoek God om in hulle wil te voldoen.  Godsdiens kan jou nie in die rus van God plaas nie.  Ons is alleenlik in die rus van God wanneer die ou, sondige mens afgesterf het en die Gees van God ons harte oorgeneem het.  Lees asseblief Romeine 8 

“Wees stil en weet Ek is God!”  Ps. 46:11