Bloedlynvloeke sny? Nee, heers oor sonde!

Dit is vir my baie interessant om te sien dat die saadjie wat handel oor “Bloedlynvloeke”, die meeste gelees word… en dit laat my wonder… Is daar dalk baie mense wat ook geglo het dat ons bloedlynvloeke moet breek om in oorwinning te leef, maar na ’n rukkie agtergekom het dat hierdie “resep” nie werk nie? Dat dinge nie rêrig verander het in hulle lewens nie? Ek het ’n vriendin wat altyd sê as die sny van bloedlynvloeke, saam met bevryding, “gewerk” het, dan was sy mos nou al lankal “high en holy”. En dit is presies soos sy sê, want daar is massas mense wat kampe en byeenkomste bywoon om hierdie snert te leer, wat hulle tyd en geld in die water gooi om na ’n paar weke of maande maar net agter te kom dat dit nooit “gewerk” het nie, die sny van bloedlynvloeke het nie aan hulle oorwinning gegee nie. Hoekom nie?

Continue reading Bloedlynvloeke sny? Nee, heers oor sonde!