
Category Archives: Saadjies
Hoe veg ons die reuse in ons lewe? (Audio + leesstuk)

“In U Naam sal ek staan, in U Naam sal ek veg!”
In die laaste paar maande het Abba Vader my keer op keer geleer oor Dawid en Goliat. Dawid het fisies die reus verslaan, maar daardie reus het geestelik weer verrys en God se kinders moet daardie geestelike reus veg… nie met oorlogvoering nie, nie met ’n gebulder en ’n verhefde stem nie, maar in stille afhanklikheid van Abba Vader. (Om meer te lees oor die valsheid oor geestelike oorlogvoering, lees asseblief die saadjies onderaan)
As ons kyk na die verhaal van Dawid en Goliat, sal ons sien Dawid het nie eers ’n oorlogsgewaad aangehad nie. Hy het ook nie vinng ’n skietgebedjie opgesê dat God hom met ’n wapenrusting moet bedek nie. Saul het ’n fisiese wapenrusting vir Dawid aangetrek, maar dit was vir hom verskriklik swaar en ongemaklik en hy het dit uitgetrek. Dawid het geen fisiese swaard by hom gehad nie – net sy staf – hy het 5 klippies opgetel en het in geloof na die reus gedraai. Die reus het hom uitgelag en hom toegesnou omdat hy na hom toe kom met geen swaard of spies nie, maar met ’n stok. Maar Dawid sê vir die reus:
“Jy kom na my met ’n swaard en met ’n spies en met ’n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.” 1 Samuel 17:45
Onder gebed laat ervaar Abba Vader my die volgende:
Ek staan in ’n afgeleë plek en toe ek opkyk, sien ek ‘n reus voor my staan – geklee in sy swaar oologsgewaad, gereed met sy swaard, spies en lans. Sy hele oorlogsgewaad is vol geskryf met godslasterlike taal. Ek besef dadelik hierdie reus staan in my pad en as ek hom nie verslaan nie, gaan ek nie verder op my geloofspad kan stap nie. Natuurlik weet ek ook ek self kan hom nie verslaan nie, alleenlik Jesus binne my kan hom verslaan. Dadelik dink ek aan Dawid wat 5 klippies opgetel het… ek kyk af na die grond, maar daar is geen klippies op die grond nie. Ek verstaan nie hoe Abba Vader wil hê ek hierdie reus moet verslaan as ek nie klippies het soos Dawid nie. Ek kyk na my klere… ek het ook nie ’n oorlogsgewaad aan nie, maar ’n fyn, wit, gemaklike rokkie. Aan die kante van die rokkie is klein sakkies. Ek druk my hand in een van die sakkies en voel daar is ’n klein, ronde dingetjie in die sakkie. Ek haal dit uit om te kyk wat dit is, en in my hand lê ’n pragtige blink pêreltjie. Toe ek die pêreltjie sien, het my hart sommer begin glimlag, want dadelik het dit my laat dink aan my geestelike tydperk op die eiland in afsondering waar Abba Vader my geleer het oor Manna wat Hy aan ons gee. Die Manna was in die vorm van ’n pêreltjie – dit is so kosbaar! So hierdie pêreltjie wat in my hand lê, is die Manna waarmee Abba Vader my geestelik gevoed het en daardeur geleer en opgevoed het. Manna kom direk uit die hart van Abba Vader… dit is wysheid, insig en kennis vanaf God, Hy gee aan ons onderskeidingsvermoë daardeur.
Ek kyk weer op na die reus en wonder of ek hom met die pêrel moet gooi, maar dadelik kom die Skrif by my op wat sê dat ons nie ons pêrels vir die varke moet gooi nie, want hulle gaan dit stukkend trap en vermorsel. (Varke maak ’n grap van God se wyshede, kennis en insig, want hulle kan dit nie verstaan nie). So nee, ek gaan verseker nie die reus gooi met hierdie kosbare pêrel nie. Ek voel weer in my sakkie en haal ’n fyn wit sakdoekie uit. Ek draai die kosbare pêrel toe in die sakdoekie en bêre dit weer in my sak. Weer kyk ek in my hand en wonder waarmee ek hierdie reus gaan veg, want ek het absoluut NIKS by my om mee te veg nie.
Terwyl ek staan en wonder wat om te doen, sê Abba Vader: “Maar jy het ’n swaard!” Ek verstaan eers nie, want daar is regtig nie ’n swaard in my hand, op die grond of enige ander plek nie. Abba Vader verduidelik dat ek nie ’n fisiese swaard nodig het nie, want die swaard sal uit my mond kom. Die Woord en die Manna waarop ek gevoed het, het gevestig geraak binne my en ek het een daarmee geword, net soos ek Een met Jesus geraak het omdat die Gees van God binne my geeshart is. Jesus is die Woord, Hy is ook die Lig, en net so is Hy ook die Swaard. Met ander woorde, Jesus IN my is die Woord en die Swaard. So die woorde wat by my mond uitkom, is die Swaard van God! Jy het nie ’n swaard in jou hand nodig nie! Jy het nie ’n klip in jou hand nodig nie! Jy het nie ’n swaar ongemaklike wapenrustig nodig nie… AL WAT JY NODIG HET, IS DIE LEWE VAN GOD BINNE JOU! Dan eers kan jy ook sê: “Ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel!”… Dit is nie dieselfde as die mense wat geestelike oorlogvoering doen wat die term uiter: “…in die Naam van Jesus…” nie. Wanneer die LEWE van God binne ons is en ons gevoed het op die Manna direk uit die hart van God, hoef ons nie ’n woord te sê nie, want die Lig van God sal uit jou geeshart reflekteer. Die Lig uit jou hart verteenwoordig die teenwoordigheid van God in jou lewe… die Lig wat reflekteer uit jou hart wys dat die Gees van God binne jou is en verteenwoordig ook die woorde: “Ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel!” So ons het nie groot woorde en ’n harde stem nodig nie; ons het nie eers nodig om hierdie woorde aan die reus bekend te maak nie, want die Lig verklap alreeds dat God met ons is in hierdie geveg. Dit is God BINNE jou wat vir jou veg… jy moet net stil wees en op Hom vertrou.
Mense wat die geestelike wapenrusting afbid by God, is ook hulle wat geestelike oorlogvoering probeer doen. Hulle word geleer om hulle borse uit te stoot, om op so ’n manier te staan dat die vyand sommer sal skrik as hy hulle sien… en dan bulder hulle die woorde (wat hulle as rympies aangeleer het) met mag, gesag en outoriteit uit. Jammer vir die tone waarop ek trap, maar as jy een van die groepe mense is wat dit wel doen, was jy nog nie in afsondering by die voete van Abba Vader nie… want as jy wel in afsondering was, sou Hy jou geleer het wat die Waarheid is en sou jy geweet het jy is besig om speleltjies met Satan te speel. As jy nog nie in afsondering was nie, is jy ook nie gevul met die Lig en die LEWE van God nie, dus reflekteer die Lig van God nie uit jou hart nie. En as die Lig van God nie skyn uit jou hart nie, gaan Satan verseker nie vir jou skrik nie! Mens, JY HET NIE OUTORITEIT, MAG EN GESAG OOR SATAN NIE!!! Alleenlik God het! God het in en deur jou gesag oor die vyand! Mense haal Lukas 10:19 aan om met woorde die vyand te laat skrik, maar hy skrik nie vir woorde nie! Hy word alleenlik geaffekteer deur die teenwoordigheid van God binne jou. En dan is hy nie bang vir JOU nie – hy is alleenlik bang vir God! Diegene wat Lukas 10:19 wil aanhaal as bewys dat hulle mag oor Satan het, lees weer net ’n gedeelte van hierdie hoofstuk. Maar doen jouself asseblief ’n guns en gaan lees die hele hoofstuk en dan sal julle ook sien wat Jesus vir Sy dissipels gesê het:
“The seventy came back triumphant. “Master, even the demons danced to your tune!” Jesus said, “I know. I saw Satan fall, a bolt of lightning out of the sky. See what I’ve given you? Safe passage as you walk on snakes and scorpions, and protection from every assault of the Enemy. No one can put a hand on you. All the same, the great triumph is not in your authority over evil, but in God’s authority over you and presence with you. Not what you do for God but what God does for you—that’s the agenda for rejoicing.” Lucas 10:17-20 (MSG)
Mense wat dus glo dat die kruisiging van Jesus vir hulle outoriteit oor die vyand gegee het, voed op suurdeegbrood wat deur Satan uitgedink en deur mense oorgelewer word aan mekaar. Hulle kry hulle kennis en insig deur wêreldse bronne en nie by Abba Vader nie. Dit beteken dat hierdie mense nog nie in afsondering voor die Koning gebuig het en Hom toegelaat het om hulle te voed met Manna nie. Alleenlik om deur God gevoed te word met Manna, verkry ons Goddelike wysheid, insig en kennis. Abba Vader het altyd aan die begin vir my gesê:
“Kom kry jou verstand by My, My kind.”
En alhoewel ek dit in daardie tyd (baie jare terug) nie verstaan het nie, verstaan ek dit vandag. Wees versigtig waar jy jou kennis vandaan kry! Vals kennis gaan jou leer om die reus te veg met hoë woorde en om die Skrif te memoriseer en dus die reus daarmee te gooi. As ons daarop fokus om die Skrif te memoriseer, gebruik ons ons fisiese brein om dit te onthou. So ons fokus om ons brein en gedagtes vol Skrif te prop om daarmee te veg – maar dit het niks met ons geesharte te doen nie – is dit dan die Swaard van God? Nee, dit is nie, want die Swaard is ook die Woord, en die Woord is Jesus! Die Swaard is die LEWE van God in jou geeshart! So fokus eerder daarop om gevoed te word deur Abba Vader in afsondering en hoe meer Hy jou voed, hoe meer word jy Een met Hom! DIT is waar ons fokus moet wees! As ons gevoed word met God se Manna, word dit later ’n pêreltjie in ons sak wat bewys dat ons die reus met die Swaard uit ons mond kan veg… met Waarheid – Waarheid wat Abba Vader aan ons geleer het. Ek dink tog daar is verskillende tipe reuse wat ons teëkom op ons pad. Een tipe reus is die reus waarvan koning Nebukadneser gedroom het in Daniël 2 wat uit verskillende koninkryke bestaan. Dit is al die geestelike koninkryke (denominasies) wat ontpop in die wêreld en die mense op verkeerde paaie lei. Die mens wat nie die Waarheid by Abba Vader self leer ken nie, gaan vir hom ’n denominasie uitkies waarvan hy hou en agter daardie koninkryk aanstap hel toe. Wanneer ‘n mens wel die Waarheid by Abba Vader leer ken, hang jy HOM aan, en nie ‘n kerk nie.
Die ander tipe reuse in ons lewens is mense wat nie in ons lewens hoort nie… mense wat jou irriteer, jou misbruik en presies weet hoe om jou nou en dan ’n messteek in die hart te gee. Het ek en jy regtig sulke mense in ons lewe nodig? Ek het te veel sulke mense in my lewe gehad en ek het op ’n punt gekom waar ek net eerlik begin raak het. Wanneer ek kon agterkom iemand wil my weer net misbruik, het ek oop en eerlik die waarheid gepraat teenoor daardie mens en vir hom/haar presies gesê wat my gevoel is. Natuulik het hulle absoluut niks daarvan gehou nie, want hierdie mense is gewoonlik uiterste goeie manipuleerders, en as hulle jou nie kan manupileer en beheer nie, wil hulle ook niks met jou te doen hê nie, en beskuldig hulle jou van ’n klomp nonsens. Dit is so bevrydend wanneer ’n mens eerlik met hierdie tipe mense is en hulle dan eerder uit jou lewe verban. Elkeen van ons is dit verskuldig aan onsself. Dit is nie nodig om lelik te wees met daardie persoon en hulle persoonlik aan te vat nie, maar stel jou eerlike gevoel teenoor hulle en ek kan jou waarborg hulle gaan jou ‘n paar goed noem. Jy het nie sulke mense in jou lewe nodig nie! So hierdie mense sien ek ook as reuse in ons lewens wat ons pad versper en die enigste manier hoe jy hulle gaan verslaan, is deur die waarheid te praat en eerlik te wees oor jou gevoel oor hulle en hul dade. Dit help nie jy wil hulle gooi met ’n pêrel nie, met ander woorde, dit gaan nie help ’n mens probeer mooipraat en doekies omdraai nie, want hulle gaan dit vertrap. Al wat hulle nodig het, is waarheid.
Ek het die laaste tyd ’n groot les geleer oor waarheid en eerlikheid. Reuse in ons lewe kan ’n klomp verskillende goed wees – ook mense in verskeie vorms. Die groot les wat ek geleer het, is dat waarheid en eerlikheid ’n reus-verwyderaar in ons lewe is.
Mag die valsheid van die wapenrusting en oorlogvoering vir jou ook ongemaklik wees en mag jy ook daarvan ontslae raak.
Ekstra saadjies:
Valsheid van oorlogvoering: https://sonneblomsaadjies.com/2017/06/27/1059/
Goddelike oorlogvoering: https://sonneblomsaadjies.com/2017/06/28/goddelike-oorlogvoering/
Manna in afsondering: https://sonneblomsaadjies.com/manna-in-afsondering/
Mag ons die bloed van Jesus pleit?https://sonneblomsaadjies.com/2020/02/24/mag-ons-die-bloed-van-jesus-pleit/
Word getransformeer na jou Goddelike DNA

Eendag, onder gebed, wys Abba Vader vir my ’n normale DNA struktuur wat bestaan uit 2 stringe, maar dan wys Hy my ’n ekstra, bloedrooi DNA string wat bygelas is. Abba Vader verduidelik dat Hy Sy kinders geskep het met ’n ekstra DNA koord van Liefde wat die mens se Goddelike DNA is. So God se kinders het nie net ’n vleeslike DNA nie, maar ook ’n Goddelike DNA. Alhoewel Abba Vader vir my ons Goddelike DNA as ’n ekstra rooi koord gewys het, is dit nie fisies of vleeslik ’n ekstra koord van ons vleeslike DNA nie, maar is dit in die vorm van ’n saadjie. Ek glo dat Abba Vader dit aanvanklik vir my gewys het as deel van die mens se DNA struktuur sodat ek kon weet en verstaan dat dit Goddelike DNA is. As Hy dit aanvanklik vir my moes wys as ’n saadjie, sou ek nie begryp het dat dit Goddelike DNA is nie, maar sou ek daarna verwys het as ’n normale saadjie. Hierdie geestelike saadjie wat ons Goddelike DNA bevat, is diep in ons geesharte ingeweef waar dit eers in dormansie lê. Alleenlik die Lig van God kan die saadjie laat ontkiem en groei. Kom ons begin by die begin van die mens se lewe….
Elke persoon word fisies in die duistere wêreld ingebore as ‘n vleeslike mens met ’n fisiese DNA en dormante geesharte. Omdat die geeshart in dormansie is, beteken dit dat die Goddelike DNA saadjie ook eers in dormansie is. Met ander woorde, niemand word heilig gebore nie! Niemand word gebore met Sy Goddelike DNA in volle werking nie. Ons word gebore met geesharte wat nog vas aan die slaap is en wakker gemaak moet word. Efesiërs 5:14 bevestig dat ons geesharte eers vas aan die slaap is wanneer dit sê:
“Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Efesiërs 5:14
Ons word grootgemaak deur ons ouers wat hulle “mindset” op ons afstempel en so word ons groot met ons voorgeslagte se gewoontes, beginsels, waardes, persepsies, reëls, wette, tradisie en godsdiens. Ons word dus op ’n vleeslike manier gevorm en gebuig deur ons ouers, ons omgewing, asook omstandighede soos traumatiese ervarings. Elkeen se lewe is opgedeel in fases van min of meer 7 jaar. Die eerste 7 jaar van ons lewe het ons ouers ’n baie groot invloed op die mens wat ons is, maar na die ouderdom van 7, begin ander fasette van die lewe bydra om ons te omvorm. Ons begin keuses maak wie ons wil wees, of ons kry selfs ’n rolmodel en streef daarna om soos daardie persoon te wees en te lyk. Ons maak ons eie vorm of ‘mold’ waarin ons onsself probeer vorm, maar die vorm of die ‘mold’ wat ons gebruik, is nie die ‘mold’ wat deur God bepaal is nie. Die oorspronklike mens wat God beplan en geskep het, se Goddelike DNA is vasgevang in die saadjie wat in jou geeshart ingeweef is.
“Before I formed you in the womb, I knew you. Before you were born, I set you apart for my holy purpose.” Jeremiah 1:5 (GWT)
Voor ons fisiese geboorte het God ons geken en het Hy ons lewe op aarde vooruit beplan en opgeskryf in ons lewensboek:
“My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alle bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.” Psalm 139:15,16
Die TPT vertaling sê dit so mooi:
You saw who you created me to be before I became me, Before I’d ever seen the light of day, the number of days you planned for me were already recorded in your book. Psalm 139:16 (TPT)
Met ander woorde, voor ons geboorte het God bepaal wat jou doel op aarde sou wees; Hy het bepaal wat Hy DEUR jou wil werk op aarde. Dit is die wil van God vir jou lewe en alles is opgeskryf in jou Goddelike Lewensboek. Elkeen van God se kinders se ‘purpose of life’ verskil van mekaar… hier en daar kan ’n ietsie wees wat ooreenkom met ‘n ander persoon se ‘purpose’, maar elkeen se Lewensboek is uniek geskryf deur Abba Vader. Die werk wat Hy deur jou wil doen, vereis ’n sekere temperament, karaktertrekke en talente, en al hierdie goed wat jy benodig om jou doel uit te leef, is ingeweef in jou Goddelike DNA. Dis vir my so wonderlik om te dink dat Abba Vader eers ons lewens en doel op aarde bepaal het en daarvolgens verweef Hy elkeen se Goddelike DNA met ’n spesifieke temperament, karakater en talente. Elkeen se DNA profiel lyk anders; daar is nie een mens wie se DNA identies is aan ’n ander een nie. So ons wonderbaarlike God bepaal eers ons doel op aarde en wat Hy deur ons wil werk. Hy skryf alles op in ons Lewensboek, so alles wat in ons Lewensboek staan, is die wil van God vir ons lewens. En nou gaan die meeste mense vra: Maar hoe weet ons wat die wil van God vir my lewe is? Solank as wat jy vasgevang gaan wees in die wêreld en godsdiens, gaan jy nie weet wat die wil van God vir jou lewe is nie, maar soos jy in afsondering tyd begin spandeer by die voete van Abba Vader, sal jy die ware God leer ken. Jy sal begin Een raak met Hom, en net so sal jou lewe ook Een met Hom begin raak… en sonder dat jy dit bewustelik beplan of besef, begin jy outomaties Sy wil uitleef. Soos God se Lig op jou lewe begin skyn, so sal die Lig ook op jou geeshart begin skyn en sal jou dormante geeshart uit die diepe slaap ontwaak. Dit beteken dat die Lig van God ook op die DNA saadjie sal skyn en die saadjie sal begin ontkiem en groei in die mens wat God jou oorspronklik gemaak het om te wees. Jou Goddelike DNA sal begin oorneem en (weereens) sonder dat jy dit bewustelik beplan of besef, begin sekere fasette van jou menswees verander en word jy getransformeer volgens jou Goddelike DNA.
Brothers and sisters, in light of all I have shared with you about God’s mercies, I urge you to offer your bodies as a living and holy sacrifice to God, a sacred offering that brings Him pleasure; this is your reasonable, essential worship. Do not allow this world to mold you in its own image. Instead, be transformed from the inside out by renewing your mind. As a result, you will be able to discern what God wills and whatever God finds good, pleasing, and complete. Romans 12:1,2
In die vorige saadjies, het Abba Vader my gelei om te skryf oor Sy genade en goedheid vir ons, en dat ons nie Sy genade moet misbruik nie. God offer aan elkeen genade in ’n poging om die mens te help om tot ware bekering en wedergbeoortte te kom. Sonder die genade van God kan geen mens dus tot ware bekering kom nie. Ongelukkig word God se genade omskep in iets wat misbruik kan word deur die mensdom deurdat hulle God se genade vir hulleself wil opslurp en dit gebruik en misbruik om te leef soos hulle wil. Hulle reken dat God ’n God van Liefde is (en Hy is, maar Hy gaan Hom nie laat misbruik nie) en daarom het Hy Sy Seun laat sterf vir ons sondes…. sodat al ons sondes van die verlede vergewe is en al die sonde wat ons nog gaan doen, ook alreeds vergewe is. Dit is gee aan die mens ’n ‘ticket’ tot vryheid om te leef soos hy wil, solank hy net kerk toe kom en sy tiende saambring. Hoe belaglik, maar dit is hoe God se genade en goedheid misbruik word.
Die mens wat die genade van God begin verstaan en sy hand in Jesus se hand plaas en hom laat lei deur die groer Hand, sal tot ware bekering en wedergeboorte kom deur die genade van God. Die genade van God begin hierdie mens transformeer na die mens wat God oorspronklik geskep het deurdat Sy geeshart wakker word en die saadjie begin groei.
Die vraag waarmee elkeen van ons kan stilraak, is: Waar is jy gewortel? Want daar waar jy gewortel is, sal bepaal of jou DNA saadjie kan begin ontkiem of nie.
Veg met die Swaard van Waarheid

“Sekere mense het ingeglip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, godddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God en onse Here Jesus Christus verloën.”
Judas vers 4
Onder gebed wys Abba Vader my ’n plek wat lyk soos ’n woestyn. ’n Helder lig wat vanuit ’n sekere plek skyn, trek my aandag en instinktief weet ek dis net die Woord van God wat so ‘n helder lig kan skyn. Ek stap in die rigting van die Lig, maar soos ek nader kom, sien ek die Lig van die Woord is toegegroei deur aaklige, groot kaktusse met baie lang dorings. Die mense sukkel om deur hierdie kaktusse te breek na die Lig, met ander woorde, hierdie kaktusse is hier geplant om die mens te weerhou van die Lig en die Waarheid. Hierdie kaktusse in niks anders as dwaalleringe nie… en mense raak so maklik vasgevang in dwaalleringe dat hulle naïef die leuens glo waarmee hulle gebreinspoel word, en hulle dan die Waarheid teëstaan. Jy glo óf die Waarheid óf die leuens van Satan. Waarheid is weining te vinde in geboue met torings waar die ‘crowds’ saamkom, want Waarheid is te vinde by die alleen-heersende Waarheid-besitter. Om terug te kom na die kaktusse… hierdie kaktusse moet afgekap word sodat die mens weer by die Waarheid kan uitkom en die enigste manier hoe dit gedoen kan word, is deur die Swaard van die Woord. Ons moet opstaan en veg vir die Waarheid, ons moet die leuens teëstaan en dit ‘expose’. Die boek van Judas handel oor vals mense wat hierdie kaktusse plant en die wêreld aan die brand steek met hulle vals leringe…
“Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om KRAGTIG TE STRY VIR DIE GELOOF WAT EENMAAL AAN DIE HEILIGES OORGELEWER IS.” Judas 2
Die kaktusse moet afgekap word met die Swaard van Waarheid, maar hoeveel mense is daar vandag wat die Waarheid by God ontvang as Manna, wat dan die keuse maak om op te staan teen die wêreldse instellings en hulle leuens aan die lig te lê? Nie so baie nie, want hulle weet hulle gaan erge teëstand kry, asook verwerp word deur vriende en familie. Niemand hou van verwerping nie, maar ‘n mens kom op ‘n punt waar dit net nie meer vir ‘n mens saakmaak nie. Verwerping deur die wêreld beteken aanvaarding by God.
Een van die dwaalleringe handel juis oor oorlogvoering… hoe ons moet opstaan teen Satan en hom beveg sodat hy ons en ons belange moet uitlos… so wie of wat is nou die sentrale punt waarom alles wentel wanneer die mens Satan probeer veg? Beslis nie die Lig van die Waarheid nie… nee, die mens plaas homself en sy eie belange in die senter en daarom beveg hy Satan. Hierdie mens veg verseker nie vir die Waarheid nie, maar vir homself en sy eie ego… God gee nie aan ons die Swaard om Satan te beveg nie, maar om te veg vir die Waarheid. Kyk die duidelike bevestiging in 2 Korintiërs 10:3-5:
“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word TEEN DIE KENNIS VAN GOD, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus…” 2 Kor 10:3-5 (Afr33)
God gee aan ons die wapens om vestings neer te werp en hierdie vestings is die kaktusse, wat dwaalleringe is. God gee nie aan ons geestelike wapens om die geestelike realm rondom ons gunstig te veg sodat ons ’n beter lewe moet lei nie. Hy gee aan ons wapens sodat Hy deur ons kan werk, en alles wat in die pad van die Waarheid staan, te vernietig… soos die kaktusse. Ons moet net baie mooi besef dat dit nie die mens self is wat die skanse, oftewel kaktusse, kan vernietig nie; dit is alleenlik die Gees van God in en deur ons en hoe kry ons die Gees van God? Beslis nie dat iemand oor jou bid en jou vul met ‘n heilige gees nie, want alleenlik God kan Sy Gees laat lewe binne ‘n mens wanneer Hy weet die mens is gereed daarvoor. Die mens moet eers een word met die Waarheid, wat ook die Lig en die Swaard is, wat alleenlik kan gebeur in afsondering voor die voete van Abba Vader.
Die naïewe, blinde mensdom, wat gebreinspoel is deur dwaalleringe en soos robotte die crowd volg, veg vir die leuens wat hulle glo… hulle veg om die kaktusse staande te hou. Hulle probeer die kaktusse beskerm met Skrif uit die Woord, maar wie het die Skrifte aan hulle geïnterpreteer? Niemand anders as die bose heerser van die wêreld wie se ‘purpose’ is om die mens te breinspoel met leuens. Ergste van alles is dat hy die Naam van God en die Woord van God gebruik om dit te doen. Daarom is dit so belangrik dat die Skrif vir jou in afsondering deur Abba Vader geïnterpreteer moet word en nie deur die wêreld nie. Dis die enigste manier hoe jy een word met die Waarheid. Vat byvoorbeeld die saadjies oor die misbruik van God se genade… satan vat die genade van God en skep dit in iets wat die mens kan gebruik om homself te behaag… om die mens aan te help om te leef soos hy wil, want God het mos vir hom genoeg genade… totdat God se geduld gaan opraak… Wat dan? Hou op om God te tart! Gaan jy staande kan bly as Sy geduld opraak en Sy toorn ontvlam? Is jy standvastig in die ware geloof… in Waarheid? Of verloën jy God?
“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, STANDVASTIG IN DIE GELOOF, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.”
1 Petrus 5:8,9
Mense verloën God deur die Waarheid te verwerp of te verdraai en daardeur bring hulle verderf oor hulleself.
“Daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word.”
Kom in afsondering sodat Abba Vader aan jou die leuens kan uitwys waarmee jy gebombardeer en gebreinspoel is… laat Hom toe om Homself aan jou te openbaar. Gee jou gedagtes aan Hom sodat Hy dit kan wysig na Sy wil, sodat Hy Sy gedagtes binne jou kan plaas sodat jy een word met die Waarheid. Want dit is hoekom God soveel geduld en genade vir ons het… nie sodat ons kan leef soos ons wil met die gedagte dat ons alreeds vergewe is nie, maar om ons aan te help na afsondering waar Hy met jou kan begin werk en jou lei op die pad van ware bekering en wedergbeoorte. DIT is hoekom God vir ons genade het! Moenie Sy genade misbruik deur te leef soos jy wil en op so manier die kaktusse beskerm nie, want die grootste aantal Christene glo die leuen dat die genade van God hulle sal red, al doen hulle ook wat! Hulle beproef God se geduld deur vas te klou aan die kaktusse, pleks daarvan om in afsondering die Waarheid te ontvang wat ook die Swaard is om die aktusse te vernietig. Watter persoon is ek en jy? Die een wat die kaktusse probeer beskerm sodat ons ‘n lekker lewe kan hê en doen wat ons wil? Of die persoon wat sy rug op die wêreld en sy leuens draai en die Waarheid by Abba Vader ontvang sodat jy ‘n Swaard in jou hand kan hê om die kaktusse te vernieting.
“Word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte!”
Efesiërs 6:10
Skrifte wat jy kan lees oor die vals werkers wat mense met bogpraatjies indoktrineer, is onder andere Judas, 2 Petrus 2, 1 Timoteus 4, 2 Timoteus 3.
Hoe misbruik ons die genade van God?

(Volg op: Toets jy God se geduld?
Gister het ek ’n kort saadjie geskryf dat ons nie God se geduld moet beproef nie. Ek het die saadjie afgesluit met die Skrif van 2 Kor 6:17,18 wat sê ons moet onder die ongelowiges uitkom en afsonder. Vanoggend maak ek weer by 2 Kor 6 oop en in vers 1 staan:
“Now, since we are God’s coworkers, we beg you not to take God’s marvelous grace for granted, allowing it to have no effect on your lives.” 2 Cor 6:1 (TPT)
Die vers het my stomgeslaan, want dit bevestig presies dit wat Abba Vader gister uitgewys het… dat ons nie Sy geduld en goedheid ‘for granted’ moet vat nie. Hier sê 2 Kor 6 dieselfde… dat ons nie God se genade ‘for granted’ moet vat nie. En dan eindig die hoofstuk dat ons ons moet onttrek van die crowd en afsonder, want onthou nou… hoekom bewys God aan die mens goedheid en genade? Sodat die mens tot WARE bekering en WARE wedergeboorte moet kom… MAAR dit gaan gepaard met afsondering. So die mens wat God se genade en goedheid ernstig opneem, sal die aantrekkingskrag voel na die teenwoordigheid van Abba Vader en hy sal hom onttrek van die crowd en tyd spandeer by die voete van Abba Vader.
Die mens wat die keuse maak om deel van die crowd te bly, sal altyd net ’n spikkeltjie in die crowd wees… dis maar net hy wat goed voel oor homself omdat hy deel van ’n boksie is, maar hy mis uit op die beste, want hy mis uit om die ware God te leer ken en die Waarheid te ontvang by Hom. Die crowd kom tot kwansuise bekering en kwansuise wedergeboorte, maar weet julle… bekering en wedergeboorte gaan gepaard met ’n nuwe hart en ’n mens wat Goddelike vrug dra… doen hulle? Moet jou nie eers steur aan ’n mens wat met die mond sê dat hy tot wedergeboorte gekom en ’n Christen is nie, want die tong wat woorde skep, is bedrieglik. Ware wedergeboorte reflekteer uit die geeshart…
Kom ons kyk net vinnig na maniere hoe mense die goedheid en genade van God ‘for granted’ vat. Die grootste groep is diegene wat met vroom gesiggies in die crowd sit, maar hy leef net soos hy wil. By die werksplek word daar nogsteeds gelieg en bedrieg om rykdom te bekom, oneerlikheid, skynheiligheid en bedrog is aan die orde van die dag. Maar dit is okay, want Jesus het mos vir my sonde gesterf… so ek is veilig… alles wat ek al verkeerd gedoen het en alles wat ek nog verkeerd gaan doen, is ALREEDS vergewe deurdat Jesus gesterf het aan die kruis. Ek het mos ’n papiertjie onderteken dat ek tot bekering gekom het; ek is mos gedoop met die gevolg dat al my sondes afgewas is… so nou moet ek net hou by die reëls, regulasies en rituele wat beteken ek moet kerk toe gaan, nagmaal gebruik en my tiende gee. Regtig? Dit is lagwekkend! (Onderaan is links na saadjies wat hierby aansluit)
Waar kom hierdie vals lering vandaan dat jy verlos en gered is as jy behoort aan ’n kerk? Wat gaan dit jou enigsins help om in ’n kerk gewortel te wees, maar nie in God gewortel te wees nie? Die oorgrote meerderheid Christene glo hierdie leuen; soveel van God se kinders wat Sy saad in hulle geesharte dra, is vasgevang in hierdie leuens. Dan is daar vals leringe soos die (5 Bloedlynvloeke sny?) sny van bloedlynvloeke, om Jesus se bloed te pleit (Mag ons die bloed van Jesus pleit?) oorlogvoering (Die valsheid agter oorlogvoering) en wat ookal nog… Al hierdie goed is uitgedink deur satan en hy sal nooit ophou met sy bose speletjies nie. Hy dink elke dag nuwe leuens uit wat die mens maklik glo, want dit is gewoonlik ‘n maklike manier van verlossing. Hy leer eintlik die wêreld om die goedheid, genade en geduld van God ‘for granted’ te vat en dit te misbruik. Maar God sal Hom ook net tot op ’n punt laat misbruik…
Op die ou end van die dag kom ons te stane voor ’n massiewe groot vraagteken… wat kies jy? Om deel van die crowd te wees wat die genade van God ‘for granted’ vat of is jy een van diegene wat die keuse maak om nugter om homself te begin kyk en te sien wat aangaan in Babilon… wat tot die besef kom dat hy die genade van God misbruik het deurdat hy die leuens van die wêreld geglo het… wat tot die keuse kom om hom te onttrek van die crowd en die Waarheid by Abba Vader te leer. Alleenlik in afsondering (Manna in afsondering) is die mens in staat om tot Goddelike bekering en wedergeboorte te kom, met ander woorde, alleenlik die mens in afsondering wat die een ware God leer ken, vat nie die genade van God ‘for granted’ nie, maar besef waaroor die REGTIG gaan…
Ons mag nie God se genade opslurp en dink ons kan leef soos ons wil (want God het genoeg genade vir ons) nie. Dan misbruik ons die genade van God en sal die genade nie die gewenste uitwerking op ons hê soos God bedoel nie. Om die genade van God te misbruik, beteken jy DINK jy is ’n wedergebore Christen omdat jy deel is van die crowd, maar in waarheid ken jy nie Abba Vader nie. As enige leraar, profeet, priester of pastoor babbel dat God se genade altyd genoeg sal wees, maak nie saak wat jy doen nie, kan jy maar weet daardie leraar is opgelei deur satan en nie deur God nie.
“Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.” Judas 4
God se genade is veronderstel om ’n EFFEK op ons te hê… ’n effek van WARE bekering en wedergeboorte. Wees versigtig dat dit NIE ’n effek op jou lewe het NIE, want dit beteken dat God se geduld gaan min raak…
“There have been some who have sneaked in among you unnoticed.[i] They are depraved people whose judgment was prophesied in Scripture[j] a long time ago. They have perverted the message of God’s grace into a license to commit immorality[k] and turn against[l] our only absolute Master,[m] our Lord Jesus Christ”. Jude 4
Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis? Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?
Toets jy God se geduld?

4 Or do you have no regard for the wealth of His kindness and tolerance and patience [in withholding His wrath]? Are you [actually] unaware or ignorant [of the fact] that God’s kindness leads you to repentance [that is, to change your inner self, your old way of thinking—seek His purpose for your life]? 5 But because of your callous stubbornness and unrepentant heart you are [deliberately] storing up wrath for yourself on the day of wrath when God’s righteous judgment will be revealed. Romans 2:4,5 (AMP)
Hierdie is sommer ’n vinnige kort saadjie, maar soms het “kort en kragtig” nodig om te luister of te reageer…
God is baie geduldig met ons, maar meeste Christene vat dit “for granted” en hulle sien hulleself as spesiaal om God se kinders te wees omdat hulle deel is van die ‘crowd’. Hoekom is God so geduldig met die mens? Want dit is Sy hartsbegeerte dat jy jou hand in Syne sal plaas en die weg sal volg wat Hy vir jou uitgelê het… sodat jy SY wil sal aanvaar. Hy is geduldig met jou omdat Hy jou graag wil lei tot WARE bekering en WARE wedergeboorte… “to change your inner self, your old way of thinking – seek His purpose for your life”)…. sodat die mens besef dat hierdie vals bekering en vals wedergeboorte maar net nog ’n “trick” van die wêreld en die vyand is om jou te laat glo dat jy gered is… en omdat jy glo jy is gered en verlos omdat jy godsdienstig is vat jy die goedheid en geduld van God totaal en al “for granted”.
Mense besef nie in watse groot gevaar hulle hulself bevind nie. Godsdiens maak jou geestelike ore toe, mens!!! Godsdiens pak laag vir laag klippe om jou hart. God is geduldig met Sy kinders wat in godsdiens vasgevang is, maar vir hoe lank gaan Hy nog geduldig wees? Hy is geduldig met die hoop dat dit jou sal lei om jou hand in Syne te plaas… maar dit gaan beteken jy moet hand en jou diens uit godsdiens onttrek, want al jou goeie godsdienstige werke beteken niks in God se oë nie. Dis nie die ‘purpose’ wat Hy in jou hart geplaas het nie, dis n ‘purpose’ wat jy vir jouself beplan het en besig is om uit te speel in die wêreld. Hoe lank nog gaan God geduldig wees daarmee voordat Hy Sy hand terugtrek wat Hy uithou na jou toe? En hoe sit jy jou hand in Syne? Daar is net een manier en dit is deur in afsondering in te beweeg vir n tyd… dalk vir n tyd en ’n halwe tyd. Om die ware Abba Vader te leer ken, moet jy vas (jou onttrek) van godsdiens, rituele en reëls. Ons almal was op n tyd vasgevang in godsdiens, maar wanneer God jou op die naam roep en jy jou ore toedruk vir Hom omdat jy onbewustelik weet dat jy meer deel van die crowd gaan wees nie, gaan God se geduld dalk in toorn ontvlam. Hoekom wil julle luister na leuens in ’n gebou of ’n tent as julle die Waarheid kan leer by die Een wat die Waarheid besit? Hy wat jou so graag wil vul met Sy Waarheid wat Manna is… jy wil nie, want jy gaan jou sitplek in die crowd verloor, maar solank as wat jou sitplek geboek is in die sirkus, is jou plek by die voete van die alleen Waarheid-besitter nie geboek nie. Dit is jou keuse!
Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige. 2 Korintiers 6:17,18 (Afr 33)
Aangeheg is links na saadjies wat hierby aansluit:
Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis? Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?
Jesus was ons seer voete
“Petrus sê vir Hom: ‘U sal my voete in der ewigheid nie was nie.’ Jesus antwoord hom: ‘As Ek jou nie was, het jy geen deel aan My nie’.”
Johannes 13:8 (AFR33/53)
Om te wen, moet ons verloor
Onder gebed laat beleef Abba Vader my dat ek teenoor Jesus by ’n klein tafeltjie sit. Ek het ‘n pen in my hand en tussen ons is ‘n paper waarop ons kringetjies en kruisies speel. Jesus vra watter simbool ek wil gebruik en pleks van ‘n kringetjie, kies ek die simbool van liefde, wat ‘n hartjie is. Jesus glimlag en sê Hy sal die X simbool gebruik… nie in die vorm van ‘n X nie, maar in die vorm van ‘n kruis.
Lewensboeke

“U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.” Psalm 139:16 (AFR33/53)
In vandag se tyd is mense so vinnig om God die blaam te gee vir alles wat in die wêreld en in hulle lewens skeefloop, maar is dit regverdig om God die skuld te gee? Om vinger na God te wys? Is dit regtig God wat vir jou en my die sleg beplan het? God sê tog deur die mond van Jeremia dat Hy vir ons ’n toekoms van voorspoed beplan, Hy beplan vir ons die mooi en niks slegs nie. Maar dan moet ons ook na Hom toe draai; ons kan nie aanleef in ons sonde en dink dit sal goedgaan met ons nie, want as ons leef in die duistere toestand en onsself oorgee aan versoekings en sonde, gaan God ons oorgee aan ons sondige natuur en gaan ons in ons eie vervloekte omgewing woon wat ons deur ons eie sondige lewenswyse skep…
Onder gebed stap ek af in ‘n lang wit gang met deure aan weerskante. Ek kom te staan voor ‘n massiewe groot, donker houtdeur en sien ‘n naambordjie op die deur. Ek probeer fokus om te sien wie se naam op die deur staan en sien toe dit is my naam. Ek draai die groot, goue, ronde deurknop oop en soos die deur stadig oopgaan, stap ek na binne. Ek bevind my in ’n baie klein vierkantige kamertjie met rakke teen elke muur van bo na onder. Twee van die vier mure se rakke is van bo na onder gevul met boeke. As gevolg van my liefde vir boeke is ek nuuskierig om te weet watse boeke dit is en ek begin hier en daar ’n boek uit ’n rak uithaal en deurblaai. Aan die rugkant, sowel as voorop, staan ’n datum op elke boek wat die begin- en eindtyd van die boek aandui; die een boek volg op die volgende boek. Soos ek deur die boeke blaai, lees ek hier en daar ’n sinnetjie of ’n paragraaf en kom ek tot die skokkende besef dat my lewe in hierdie boeke opgeteken is – al my doen en late. Die boeke strek vanaf die begin van my lewe op aarde en soos my lewe aangestap het, is die boeke mooi netjies langsmekaar ingepak op die rakke. Wat my opval van die boeke, is die verskillende kleurskakerings: Die begin van my lewe se boeke begin met mooi ligte kleur skakerings, maar soos die tyd aanstap, verander dit na meer uitspattiger kleure. Hier en daar is ‘n skokkende, swart boek… dan ‘n hele paar swaar, grys kleurige boeke, maar later word die boeke mooi silwer en goue kleure….
Abba Vader begin aan my verduidelik dat elke tree van my lewe opgeteken is in hierdie boeke. Die mooi sagte kleur boeke dui die tyd aan toe ek nog ‘n klein, onskuldige dogtertjie was. Soos die tyd aangestap het, het ek my eie wil begin ontwikkel en daardie willetjie het my boeke begin inkleur met meer uitspattige kleure. Ek het self besluit dat ek nie meer die onskuldige dogtertjie wou wees met sagte kleur boeke nie, so ek het self besluit om te verander in wie ek graag wou wees. Die helder oranje-pienk boeke verander sommer oombliklik in swaar gryskleurige boeke en my moed wil-wil in my skoene sak. Ek vermoed dit moes my tienerjare gewees het… en toe ek kyk na die datums op die boeke, was ek reg. Aan die begin van daardie jaar is my broer weermag toe, vyf maande daarna is my pa skielik op ‘n baie vroeë ouderdom oorlede aan ’n hartaanval. Dit het gevoel my wêreld stort ineen en ek was hartseer en alleen. Ek was nog ’n kind wat nie die Here geken het nie; ek het effe rebels geraak, ek het mense seergemaak en al daardie goed is opgeskryf in hierdie lelike kleur boeke. Ek voel so bitter sleg oor al daardie boeke, oor daardie tyd van my lewe, ek wil nie eers daaraan vat nie, wat nog te sê lees…
Na die spul lelike grys kleur boeke op die rak, begin die boeke stadig maar seker weer ’n mooi kleur kry soos die tyd aangestap het. Die kleure begin weer ophelder en toe ek let op die datums van die boeke, is dit die tyd wat ek my man ontmoet het, ’n tyd wat ek mensliefde ontdek het. Die mooi helder boeke volg op mekaar soos ons drie seuns geskenk is van God. ’n Mooi boek wat ’n meer goue skakering wil-wil kry, volg, en ek weet instinktief dit is die jaar wat ek God begin soek het, die tyd toe ek my hart oorgegee het, ’n wonderlike tyd wat ek liefde in God ontdek het. Maar dan volg daar nie nog goue skakering boeke nie, maar eerder ‘n ry vol swaar, donker, swart boeke, sommer verskillende skakerings van swart. Toe ek dit sien, weet ek onmiddellik watse tydperk dit aandui en het ek snikkend neergesak op my knieë. Dit is nog te seer om daardie boeke te sien, soveel haat en woede wat in daardie boeke opgeteken is. Hoe ironies is dit … net toe ek die Here in my lewe begin soek en my hart begin oorhandig het aan Hom, is dit asof ons ’n wolweden ingestap het. Die wolwe het ons omring en ons as gesin uitmekaar probeer skeur. Ek sou kon moor in daardie tyd… Dit was moeilike paar jare wat daarna gevolg het, maar uiteindelik begin die swart boeke weer omsit in mooi, silwer boeke wat later selfs begin blink het. Hier en daar is ook ‘n goue boek… Dit is toe ek God in my seer gevind het!
‘n Paar maande nadat Abba Vader my geskrewe lewensboeke aan my gewys het, vat Hy my op ’n dag weer na die kamertjie met my lewensboeke, maar hierdie keer is daar ‘n klein ronde tafeltjie in die middel van die kamer met ’n baie groot, dik boek op die tafeltjie wat nie die vorige keer in die kamer was nie (of ek het dit nie gesien nie). Dit lyk asof die boek in ‘n leeromhulsel is, maar tog blink dit en die blaaie skyn goud en silwer. Ek stap nader na die boek en wil-wil dit optel, maar dit lyk te swaar om op te tel. Dan sien ek my naam voorop die boek gegraveer – nie my wêreldse naam nie, maar die naam wat Abba Vader my noem. Ek is so verbaas om hierdie boek te sien, want dit lyk so anders as die boeke teen die muur – dis baie groter en blinker. Stadig maak ek die boek oop en op die eerste blaai staan:
“Before I formed you in the womb, I knew you. Before you were born, I set you apart for my holy purpose.” Jeremiah 1:5 (GWT)
My mong hang oop van verbasing en die trane rol van my wange af toe ek die boek begin deurblaai – volgens die Skrif is hierdie boek oor my lewe deur God geskryf lank voor my geboorte. Dus, nog voor ons geboorte beplan God al ons lewe vir ons vooruit…
“U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.” Psalm 139:16 (AFR33/53)
Lank voor ek en jy die Here gesoek het, het Hy alreeds vooruit bepaal wat ons doel op aarde sal wees. God het alreeds besluit wat elke kind van Hom vir Hom sal doen op aarde. Lank vooruit het God al beplan watter Goddelike gawes Hy aan elkeen sal skenk wanneer die tyd reg is sodat ons Sy werk op aarde kan doen tot Sy eer. Soos ek die boek deurblaai, sien ek oral Skrif opgeteken wat op my lewe van toepassing is. Alles wat God vooruit beplan het vir jou en my, is opgeskryf in Sy boek oor ons lewens.
Soos ek die boek deurblaai, begin ek agterkom dat baie van die goed wat in my lewe gebeur het, opgeteken is in hierdie boek, maar baie van die slegte goed wat in my lewe gebeur het, is nie hierin opgeteken nie. Baie van die mense wat deel uitmaak van my lewe, se name word genoem in God se boek, maar dan is daar mense wat my erge leed aangedoen het wie se name glad nie in hierdie boek staan nie. Ek verstaan dit nie… Hoekom is al die slegte gebeure van my lewe opgeteken in die boeke wat ingepak is op die rakke, maar al daardie slegte goed is nie in God se boek opgeteken nie? Hoekom is die mense wat my erge leed aangedoen het, se name in my boeke op die rakke opgeteken, maar nie in God se boek nie? En Abba Vader antwoord my:
“Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” Jeremia 29:11 (AfR33/53)
Dan verduidelik Abba Vader aan my: Toe God ons lewensboeke geskryf het, het Hy nooit vooraf beplan dat daar slegte of bose goed in ons lewens moet gebeur nie. Alleenlik dit wat Hy vir ons beplan het, is in hierdie boek opgeskryf. Elke klip op ons pad is ook in God se boek oor ons lewe opgeskryf en hier moet ons nou kophou en verstaan… God bedoel nie om ons leed aan te doen met dit wat Hy in ons lewens ingeskryf het nie. Hy plaas beproewings op ons pad om ons te leer, om ons te dissiplineer, om ons te help om die vuil klere uit te trek en die mens te word wat God vooruit bepaal het ons moet wees. Alles wat God vir ons lewe bepaal het, is vir ons eie beswil. Wanneer ons by probleme in ons lewens te staan kom, ervaar ons dit baie keer as slegte omstandighede en kan ons nie verstaan hoekom sulke goed in ons lewe moet gebeur nie, maar as ons deur die krag van God die klippe oorkom en ons kyk later terug op ons lewe, is ons dankbaar vir elke klip wat God op ons pad geplaas het, want dan kan ons verstaan hoekom God dit vir ons beplan het en kan ons Hom loof en prys daarvoor.
Daar is slegte goed wat in my lewe gebeur het wat nie opgeskryf is in die boek van God nie… Baie dinge het in my lewe skeefgeloop omdat ek my eie wil gevolg het en daardie slegte goed is nie opgeskryf in die boek van God nie, dus het Hy dit nie vir my beplan nie, maar ek het dit self veroorsaak deur my eie swak besluite en sonde, daarom moes ek die gevolge daarvan dra. Dan wys Abba Vader my daarop dat daar mense is wat my erge leed aangedoen het, maar hulle name is ook nie opgeskryf in God se boek oor my lewe nie, met ander woorde, God het nie daardie mense op my pad geplaas nie; dit was nie deel van God se plan dat ek met daardie mense deurmekaar moes raak nie, dit was weereens deur my eie swak keuses en besluite.
Ons lewens was al lankal deur God opgeskryf in Sy boek, maar as ons nie verhouding met Abba Vader het nie, ken ons Hom nie en word ons nie gelei deur Hom nie, dus leef ons nie die lewe wat Hy oor ons geskryf het nie. Ons werk so verkeerdom, so dom! Ons wil ons eie besluite neem sonder om God te raadpleeg en as ons klaar besluite het, vra ons Hom nogal om ons besluit te seën! Ons probeer God en Sy seën in ons eie geskrewe boeke inskryf, maar dit werk nie so nie! Al die keuses wat ons in die lewe moet maak, moet ons in die hand van God plaas en Hom toelaat om die besluit vir ons te neem. Ons moenie God in ons lewens probeer inskryf nie; ons moet ons lewens in Sy hande plaas en dit begin leef wat Hy oor ons geskryf het!
Die verskillende kleur boeke op die rakke teen die muur, is boeke oor hoe ek my eie lewensstorie probeer skryf het – sonder God! Die meeste daarvan het ek geskryf sonder om God te raadpleeg, dus het ek my eie wil gevolg en keuses op my eie gemaak sonder God. Ek was nie op die pad van God nie! Soveel van die slegte gebeure wat ek oor myself gebring het, het die Here nie oor my gedroom nie. Dis as gevolg van ons eie wil dat daar soveel seer opgeteken is in ons eie geskrewe boeke…
Baie keer skep ons ons eie slegte omstandighede waarin ons moet leef. Ons maak keuses om die self te bevoordeel sonder om God te raadpleeg. Kom ons kyk net weer na Adam en Eva en leer by hulle: Toe hulle gevoed het op die verbode boom, het hulle nie die wil van God gehoorsaam nie, maar hulle eie wil. Hulle ongehoorsaamheid het vervloeking oor die natuur gebring en God het hulle uit die tuin uit weggestuur om te gaan woon in die vervloekte wêreld wat deur hulle eie toedoen vervloek is. Elke keer wanneer ons optree en keuses maak om die eie wil te gehoorsaam pleks van die wil van God, veroorsaak ons vervloeking oor ons eie omgewing waarin ons dan moet oorleef. Die mens bepaal in ’n groot mate sy eie toekoms en sy eie ondergang deur sonde en ongehoorsaamheid, deur nie die wil van God te soek en te volg nie, maar wanneer ons leef volgens dit wat God vir ons bepaal het en ons dus die wil van God gehoorsaam, sal God vooruit beweeg en die toekoms vir ons uitsorteer.
Mag ek en jy die potlood of pen van ons eie lewe neersit; ons lewens oorgee in die hand van God en Hom toelaat om ons te lei om die lewe te leef wat Hy vir ons vooruit bepaal het. Ons dien ’n wonderlike God! Hy is werd om geloof, geprys en geëer te word. Mag ons God liefhê met ons hele hart, ons hele siel en ons hele verstand.
“God rewrote the text of my life when I opened the book of my heart to His eyes.” Psalm 18:24 (The Message)
Die mens skep sy eie vervloeking
“Hy het die vloek liefgehad en — dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en — dit het ver van hom af gebly. Hy het die vloek aangetrek soos ‘n kleed en — dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.” Psalm 109:17,18
Hierdie onderwerp maak mense baie kwaad, want hulle argumenteer dat daar vandag geen vervloeking meer kan wees nie omdat Jesus gesterf het aan die kruis, maar in die vorige hoofstuk het ons gesien dat dit ’n leuen van Satan is wat die mens WIL glo sodat hulle kan aangaan met ‘n onheilige lewe. Hulle glo hulle is gered en verlos deur die kruisdood van Jesus, so daar kan geen vervloeking meer bestaan nie, maar nogsteeds bly die feit staan: As ons ongehoorsaamheid saai, gaan ons ’n vervloeking maai. Net soos Adam en Eva se sonde die aarde vervloek het, vervloek die sonde van die mens nogsteeds sy eie omgewing. Jeremia 2:19 sê ook:
“Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerigheid sal jou straf…”
Vandag probeer die wêreld hierdie prentjie verander met die argument dat Jesus gesterf het aan die kruis en dat Hy ALREEDS al die vloeke vir die mens gedra het, en dat die mens dus nie meer in ’n vervloeking kan leef nie. Dit gee aan die mens vryheid om te leef soos hy wil, want Jesus het mos ALREEDS gesterf vir almal se sondes, ons sondes is ALREEDS vergewe, ons is ALREEDS verlos en gered. Dit is ’n baie gevaarlike siening wat maak dat die mens nie die wil van God soek en leef nie, maar dat hy sy eie lewensverhaal skryf; hy maak besluite op menslikerwyse sonder God en dit gaan hom duur te staan kom. Hulle bely net met die mond om in God te glo, maar hulle het geen verhouding met Abba Vader nie. Hierdie maklike verlossing-leuen stel die mens gerus in sy sonde en is ’n maklike pad na die Koninkryk van God, maar dit is so in teenstelling met dit wat Jesus op aarde kom leer het:
“Die Pad wat na God se nuwe wêreld toe lei, is baie moeilik en ook bitter smal. Min mense loop daarop omdat dit groot opofferings vra. Aan die ander kant is die pad wat na die hel toe lei, maklik om op te loop en baie breed. Baie mense loop daarop. Span julle daarom in om op God se smal pad te bly stap.” Mattheus 7:14 (Die Boodskap)
Hoe kon die pad na die Koninkryk van God verander het na die kruisiging van Jesus? Die Weg het geensins verander nie; al wat verander het, is dat Jesus vir ons die Weg weer oopgemaak het en die Helper vrygestel het wat ons in staat stel om wel op die Weg te kan wandel. Die mens wat nie op die ware Weg wandel nie, bewandel die breë pad waar ’n vervloeking hulle voorland is. Dink net bietjie realisties hieroor: As die kruisdood van Jesus alle vervloeking uitgekanselleer het en die mens glad nie meer in ’n vervloeking kan leef nie, hoekom gaan dit nie goed met almal nie? Dan sou die wêreld mos ’n wonderlike plek gewees het…
Daar staan wel in Galasiërs 3:13 dat Jesus ons losgekoop het van die wet deur vir ons ’n vloek te word, maar dit beteken nie die hele wêreld is verlos van vervloeking nie. Dit beteken nie die mens kan leef soos hy wil en maar net glo dat Jesus gesterf het vir sy sonde en daarom kan hy nie in ’n vervloeking leef nie. As jy die Woord baie mooi bestudeer, sal jy sien dat die mens eers Een met God moet wees voordat dit vir ons ’n realiteit kan raak dat Jesus ons losgekoop het van die vloek. Ons moet weergebore wees, ons moet eers Een met Jesus word voordat Sy kruisdood en vergifnis van sonde op ons van toepassing kan wees. Lees gerus 2 Korinthiërs 5:11-21, daar sal jy sien dat die mens eers ’n nuwe skepsel moet word; die mens moet versoen word met Abba Vader en dan eers word ons vrygespreek deur ons eenheid met Jesus Christus.
Ons moet ophou om die kruisdood van Jesus “for granted” te vat; as daar nie eenheid met Abba Vader is nie, is daar geen verlossing nie. Dit is baie arrogant van die mens wat net met die mond bely om God te ken, om die bloed van Jesus te vat en vir homself verlossing toe te staan daardeur. As dit so maklik was, hoekom het Jesus dan gesê dat die mens wedergebore moet word om die Koninkryk van God te sien? Hoekom het Jesus gesê dat die mens wat Hom wil volg, sy kruis moet opneem? (Matt. 16) Hoekom het Jesus gesê dat elkeen vergeld sal word volgens sy dade? (Matt. 16:27) Hoekom het Jesus gesê dat die boom wat slegte vrugte dra, uitgekap en in die vuur gegooi sal word? As dit so is dat die kruisiging van Jesus die lewe vir die mens makliker sou maak, sodat die mens kan leef soos hy wil omdat Jesus alreeds al sy sondes vergewe het, sou Jesus mos nie gewaarsku het oor al hierdie goed nie? As jy Deuteronomium 28 lees, sal jy sien daar is ’n lys van seëninge en ’n lys van vervloekinge:
“As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. Hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God” Deuteronomium 28:1-2
Lees gerus die lys seëninge wat volg in Deuteronomium 28 wat oor die mens sal kom wanneer ons God gehoorsaam. Net so sal ons ’n vervloeking smaak as ons ons nie steur aan God nie:
“As jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al Sy gebooie en Sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal…” Deuteronomium 28:15
Net soos Adam en Eva ’n keuse gehad het om God te gehoorsaam of nie, net so het die mense van die Ou Testament ’n keuse gehad om God te gehoorsaam of nie, en net so het ons vandag ’n keuse of ons God gaan gehoorsaam of nie. Jesus het nie die vloeke uitgekanselleer met Sy kruisdood nie, maar Hy het ’n wel die ware Weg vir ons oopgemaak om te leef na die wil van God met die hulp van die Gees van God.
So ja, ons kan vandag nogsteeds ’n vervloeking leef as ons ongehoorsaam is aan God, want sonde veroorsaak nogsteeds vervloeking. Ons skep vir onsself ’n vervloekte omgewing wanneer ons ons nie steur aan die Woord van God nie en dan kan daar allerhande slegte goed in ons lewens gebeur. Net soos God vir Adam en Eva uit die gemaklike tuin uit weggestuur het om die vervloekte aarde te gaan bewoon en bewerk, net so gaan God vir my en jou ook oorlaat aan ons eie toedoen sodat ons self aansukkel in ons vervloekte omgewing – wat ons deur ons eie sonde geskep het. Dit is nie God wat ons omgewing of lewe vervloek nie, dit is ons eie sonde! Dit is ook nie Satan wat direk dinge met ons laat gebeur nie… hy versoek die mens en die mens moet sy versoekinge kan raaksien en dit teëstaan. Die mens wat in die slaggat van Satan se versoeking trap, veroorsaak vir homself vervloeking.
“Wie onreg saai, sal onheil maai…” Spreuke 22:8
As jy glo dat Jesus se kruisdood alle vervloeking gekanselleer het en dat jy nie onder die juk van ’n vloek kan leef nie, glo jy ongelukkig, net soos Eva, een van die leuens van Satan! As jy glo dat dit genoeg is om met die mond te bely om in Jesus te glo, om nou en dan kerk toe te gaan om te bewys jy is ’n Christen, maar jou Bybel lê êrens vol stof en jou knieë is nie lam en vol stof soos jy kniel voor die voete van Abba Vader nie, het jy geen verhouding met Abba Vader nie, en word jy net soos Eva om die bos gelei met een van die leuens van Satan. Adam en Eva het die leuen van Satan geglo dat hulle nie sou sterf as hulle van die verbode boom se vrugte eet nie, maar dat hulle soos God sal word… Net so glo die grootste gedeelte van die mensdom vandag dat hulle nie die ewige dood sal sterf nie, want Jesus het mos alreeds gesterf vir hulle sondes; hulle glo dat hulle kan aangaan met hulle lewe soos hulle wil en dat vervloeking nie meer bestaan nie, maar uitgekanselleer is deur Jesus se dood. Hulle glo dit is genoeg om te bely om in Jesus te glo, hulle glo dat hulle die Heilige Gees daardeur het en dat hulle verlos is van alle vervloeking … al is hulle Bybels vol stof en knieë sonder stof! Hulle glo die leuens van Satan! Hy is die vader van alle leuens en hy wil hê die mens moet gemaklik in sy sonde leef en glo dat al sy sonde reeds vergewe is, en dat hy nie in ’n vervloeking kan leef nie. Hoekom wil Satan hê die mens moet dit glo? Want as die mens hierdie leuen glo, gaan hulle lekker gemaklik aan met ’n rustige lewe wat besmet is met sonde. En wat doen sonde? Dit weerhou die Lig van God uit jou hart! So… so lank as wat jy rustig aangaan en dink jou kerklewe gaan jou red, bly jou hart duister en kan Satan jou beheer net soos hy wil – sonder dat jy dit besef! Hy wil hê die mens moet glo dat God se genade genoeg is en dat dit al is wat hy nodig het; hierdie leuens sus die mense in hulle godsdiens. Hulle glo as hulle kerk toe gaan, (dalk) gedoop is en met die mond en bely om in Jesus te glo, dan het Sy kruisdood ALREEDS al hulle sondes vergewe.. die sonde wat hulle gister gepleeg het, die sonde wat hulle vandag pleeg en al die sonde wat hulle in die toekoms gaan pleeg… alles is ALREEDS vergewe. As jy die Woord van God noukeurig bestudeer, sal jy die teendeel sien. As jy die eerste 4 boeke van die Nuwe Testament lees waar Jesus se woorde aangehaal word, sal jy nie een keer vind dat Jesus direk gesê het dat Hy moet sterf om die wêreld se sondes te vergewe nie; Hy het nie een keer gesê dat Hy moet sterf om die vervloeking van die wêreld uit te kanselleer of dat die mens nie meer ’n vervloeking sal kan leef nie. Doen jouself ’n guns en gaan som Jesus se woorde op, dan sal jy sien hoeveel keer het Jesus eerder die mense vermaan om hulle sonde te laat staan en tot bekering te kom. Wanneer Jesus gepraat het oor die dood wat Hy moes sterf, het Hy soveel keer gesê dat Hy moet sterf sodat die Gees van Waarheid, die Trooster, vrygestel kon word om ’n hulp vir die mens te wees. Hy het nie een keer gesê dat die sonde van die mens sommer net in die niet gaan verdwyn nie; Hy het nooit gesê dat Hy moet sterf sodat die mens nie vervloeking oor sy eie lewe kan bring nie; Hy het nooit gesê dat die gebooie van God of die profete ontbind sal word nie. As jy jou ore begin toedruk vir die praatjies van die wêreld en die antwoorde by die voete van Abba Vader en in Sy Woord begin soek, sal jy sien hoeveel leuens Satan aan die mensdom uitdeel. Sy leuens gee aan die mens vals hoop en help hulle om rustig aan te gaan met godsdiens, kultuur en rituele in die duistere wêreld.
Maar wanneer is ons dan losgekoop van die vloek?
“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word…” Galasiërs 3:13
Ons is eers losgekoop van die vloek wanneer ons een word met die kruisiging van Jesus; wanneer ons die eie ek, die vleeslike egoïstiese mens afsterf en ons weergebore word deur die krag en liefde van God. Dan is die Lewe van God teenwoordig in ons geesharte en dan is ons eers verlos van die vloek van die dood, maar dit gee nogsteeds aan niemand die vryheid om te leef soos hy wil nie. Inteendeel, die mens wat beweer hy is weergebore, maar nogsteeds in die sonde van die wêreld baljaar, is vals, want die mens wat deur God weergebore is, sal die voorbeeld van Jesus volg. Ons sal nooit sonder sonde wees nie, maar die kinders van God sal hulle gedra soos kinders van God en nie kinders van die duiwel nie.
My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 1 Johannes 3:7-10 (Afr 33/5)
Die mens wat glo dat hy verlos en gered is van vervloeking, maar die pad stap waar bekering, heiligmaking, wedergeboorte en verhouding met Abba Vader nie noodsaaklik is nie, glo een van die grootste leuens van Satan. Die Waarheid van God is dat die mens wat sonder die Gees van God leef, nie verhouding met Hom kan hê nie en hulle sal sterf in hulle sonde! Sonde verwyder die mens van God en die mens wat ongehoorsaam is aan God, gaan die vrugte daarvan pluk. Jakobus 1:14,15 sê:
“Elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
As dit die waarheid is dat Jesus gesterf het om alle vervloeking te kanselleer en dat die mens se sondes totaal vergewe is, hoekom anders leer die Woord ons dat ons sonde moet teëstaan? As al ons sondes ALREEDS vergewe is, hoef ons mos nie die moeite te doen om die sonde teë te staan nie? Hoekom anders sê Jakobus 4:7,8:
“Onderwerp julle aan God; WEERSTAAN die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges. Weeklaag, treur en ween. Laat jule gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Verneder julle voor die Here en Hy sal julle verhoog.”
Satan sal nooit ophou om leuens aan die wêreld te verkondig nie en ons opdrag is om sy leuens en versoekinge te kan raaksien en dit teë te staan; om te heers oor sonde. Om sonde te kan uitken, het ons die gebooie van God nodig, want hoe anders gaan ons weet wat is sonde? Nou wil die sogenaamde Nuwe Testamentiese Christene die gebooie van God by die agterdeur uitgooi. Hulle verwerp die Waarheid van God, glo die leuen van Satan en dit skep ’n verdere vervloeking oor hulle eie lewe; dit ketting hulle stewiger vas in die duisternis wat lei na die dood. Ongelukkig is hulle alreeds so verblind deur Satan dat hulle dit nie raaksien of agterkom nie. 2 Korinthiërs 4 sê dat die god van hierdie wêreld die sinne van die ongelowiges verblind:
“Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan. Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” 2 Korinthiërs 4:2-4
Die Boodskap stel dit so:
“As dit wat ek oor Christus sê vir party mense onverstaanbaar is, is dit net hulle eie skuld. Dit is omdat hulle op pad is na die doderyk toe. Hulle het toegelaat dat die god van hierdie donker wêreld hulle blind maak. Omdat hulle nie glo nie, is hulle lewe nou pikdonker. Daarom sien hulle nie die lig wat die goeie nuus oor Christus in mense se lewe bring nie. Hierdie goeie nuus handel oor Christus, Hy wat so vol glorie en heerlikheid is. Christus is ook die ewebeeld van God. Hy wys vir ons wie God regtig is.”
Moet asseblief nie die fout maak om te dink die ongelowiges is hulle wat nie in God glo nie… Nee, die ongelowiges sluit diegene in wat met die mond bely om in God te glo, wat bely om Christene te wees omdat hulle so grootgemaak is en omdat dit die regte ding is om te sê. Hulle is besig met godsdiens en alhoewel hulle beweer om God te aanbid, is hulle eintlik besig met Baälisme… Die god van hierdie wêreld het hulle verstand verduister en hulle geestelik verblind en daarom glo hulle so maklik die leuens van Satan.
“Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag. Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insettinge geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet…” Jesaja 24:4-6
“…As the serpent beguiled Eva by his cunning, your minds may be corrupted and led away fom the simplicity of pure devotion to Christ.” 2 Corinthians 11:3
As jy gaan toegee aan die versoekinge van Satan, voed jy op sy bose vrugte wat teen die wil van God is en skep jy vir jouself vervloeking wat in die toekoms vir jou lê en wag – net soos met Adam en Eva. Dit het nie verander omdat Jesus gesterf het nie. Wanneer jy keuses maak sonder om God te raadpleeg, maar jy die keuse maak om eerder in jou vleeslike behoeftes te voorsien, is jy besig om jou eie lewensverhale te skryf – dit is die boeke wat ingepak is teen die rak van die muur in jou lewenskamer. Jy leef dan nie dit wat God vir jou beplan het nie, maar jy skryf jou eie boeke wat nie ’n goeie ding is nie. Verkeerde keuses lei na vervloeking, dus slegte goed wat in ons lewens gaan gebeur – God het nie hierdie sleg vir ons bepaal en beplan nie, maar ons eie verkeerde keuses het dit veroorsaak.
Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis?

(Volg op “Verbode, bose vrugte”) Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?
Eva was naïef en het die leuen van Satan geglo toe hy vir haar gesê het dat hulle nie sal sterf as hulle van die verbode boom se vrugte eet nie. Satan het vir God as ’n leuenaar afgemaak deur vir Eva te sê dat hulle geensins sal sterf nie, maar soos God sal word. Net so het Satan al ’n spul leuens in die wêreld verkondig wat die lewe vir die mens makliker maak en een van die grootste leuens is dat Jesus gesterf het om almal se sondes te vergewe en niemand ’n ewige dood sal sterf nie.
Continue reading Hoekom het Jesus gesterf aan die kruis?Verbode, bose vrugte
Pad van die dood VS Pad van Lewe
Onder gebed wys Abba Vader weer vir my die pragtige tuin van Eden en die vaal gebied (saadjie: Asvaal afgebrande gedeelte… )met die mense wat kap teen die glasmuur om in te kom. Hulle wil by die verkeerde plek en op die verkeerde manier inkom. Hulle kan nie die tuin sien deur die glasmuur nie, maar hulle weet dit is daar. Tog kan die mense van die tuin deur die glasmuur sien en hulle harte bloei vir die mense in die asvaal gedeelte van verdoemenis, want hulle weet hulle self kan niks doen om die mense te red nie. Geen mens kan ’n ander red nie; God alleen red! Abba Vader sê altyd vir my: “Hoe kan een skaap ’n ander skaap red?” Die Herder moet hulle red! Moenie soos ’n wilde skaap wees en weghardloop van die Herder af nie! HY is daar om jou te help. Soms moet Abba Vader ’n halsstarrige skaap wat aan Hom behoort, laat siek raak, want ’n siek skaap sal gaan lê en nie meer krag hê om op te staan nie. En dan kan die skaap nie meer vir die Herder weghardloop nie en kan die Herder hom versorg en gesond maak. Hopenlik maak dit dat die siek skaap die Herder se stem herken en dat wanneer hy gesond is, hy agter die ware Herder sal aanstap en nie weer ’n vals herder sal volg nie. Te veel skape volg ’n vals herder, hulle beweeg altyd in groot troppe, maar die vals herder lei altyd die skape na die asvaal gedeelte waar geen ware weiding is wat hulle gees kan voed nie. NIKS in die vaal deel kan die gees van die mens voed nie en hulle sal altyd geestelik honger bly. Daar is alleenlik ware, voedsame weiding in die tuin van Eden wat die gees van die mens kan voed, maar dit beteken om die ware Herder se stem te leer ken en Hom te volg. Die arme mense in die vaal deel het gedink hulle volg die ware Herder na die Koninkryk van God, maar hulle was verlei deur dwaalleringe en die meeste van hulle is nogteeds oortuig dat hulle die ware Herder volg, maar eendag sal hulle weet dat dit toe nooit die ware Herder was nie. Die grootste probleem wat weereens hier ingesluip gekom het, is dat hierdie mense nie gesterf het aan die self en weergebore is nie. Hulle het nie tot ware bekering gekom nie en glo die leuens van die wêreld. Hulle wil aangaan met hulle sondige lewenswyse terwyl hulle glo hulle is gered en verlos omdat Jesus gesterf het aan die kruis. Maar Jesus sê duidelik in die Woord dat die mens alleenlik die Koninkryk van God sal sien as hy weergebore word. Al die mense in die vaal deel is nie weergebore nie, het nie tot ware bekering gekom nie en het nie die self en hulle sondige lewenswyse afgesterf nie. Hulle wil die tuin van Eden binnekom, maar hulle wil inkom met die hulp van dwaalleringe. Die hele dilemma het begin met ’n keuse van die mens, want elke mens kom op ’n stadium van sy lewe by T-pad waar hy ’n keuse moet maak om links of regs te beweeg.
Wanneer ons by die T-pad te staan kom, is daar ’n groot bord wat rigting wys en moet ons kies om links of regs te gaan. Die mens moet ’n keuse maak! Die pad wat links draai, is breed, mooi glad, sonder klippe, maar die regterkantste pad is wit, stowwerig, daar is klippe en dit pad is baie nou. Mense hou daarvan om in groepe te beweeg en daarom kies baie om links te gaan, want die meerderheid kies mos om links te gaan. Meeste mense kies om die beter pad te stap, die pad wat maklik is. Abba Vader wys my toe wat staan agter op die bord wat die mense nie kan sien nie. Aan die linkerkant staan “Die dood” en aan die regterkant staan: “Die lewe”.
Die pad wat maklik is, is die pad waarop die mense geleer word dat Jesus gesterf het vir almal se sondes en dat almal se sondes outomaties vergewe is omdat Jesus gesterf het. Hulle word geleer dat hulle kerk toe moet gaan om gered en verlos te wees, gedoop wees, hulle moet nagmaal gebruik, hulle moet ’n klomp godsdienstige rituele volg om gered te wees. Hulle moet net glo dat Jesus vir hulle sondes gesterf het, dan is hulle sondes vergewe. Op hierdie pad word nie geleer en klem gelê om hul sondes te laat staan nie, daar word eerder vir hulle ’n wiegieliedjie gesing wat hulle aan die slaap hou sodat hulle kan aangaan met hulle sondige lewenswyse. Solank hulle aan die slaap gehou kan word, is hulle geestelik doof en blind en besef hulle nie hulle word gelei deur dwaalleringe na die vaal gedeelte nie. Wanneer hulle die vaal gedeelte bereik, gaan hulle net aan met hulle ou lewenswyse. Hopenlik kan hulle tot die besef kom dat hulle eintlik leweloos is, dat hulle in die vaal gedeelte vasgevang is. Hulle probeer deurkom na die tuin van Eden en kap teen die muur om in te kom, maar hulle gaan nooit deur die muur kom nie.
As jy Kollosense lees, sal jy sien hoofstuk 1 begin deur Paulus wat sê dat hy God se werk doen deur die wil van God. Daar is ongelukkig baie mense wat God se werk wil doen, maar dan is dit nie die wil van God nie, maar deur die eie wil van die mens. Hy wil dit doen om eer vir homself bymekaar te maak, so hy doen dit tot eer vir homself en nie tot eer van God nie. Hulle leer en versprei nie die Waarheid van God nie, maar bose saad wat baie maklik groei in ’n hart wat nog duister is… ’n hart wat nog nie geoffer is aan Abba Vader sodat HY dit kan skoonmaak en heilig nie… ’n hart wat nog nie die self afgesterf het en wedergebore is nie… ’n onbekeerlike hart. Hulle het geen onderskeidingsvermoë nie, hulle is nog geestelik blind en doof, so hulle glo die leuens van die vals herders. Hulle neem die bose saad in wat groei in hulle duister harte tot bome wat weer vrugte dra en wat is hierdie vrugte? Watse saad bevat hierdie vrugte? Die mens sal geken word deur die vrugte wat hy dra! Kollosense 2 waarsku ons om op die uitkyk te wees vir vals leraars wat ’n klomp wette en reëls aan mense voorlê, maar self kan hulle dit nie onderhou nie. Mattheus 7 waarsku ons ook oor die vals leraars met skaapsklere wat roofsugtige wolwe is, hulle lei die trop skape na die verderf op die breë pad (13), maar die pad wat na die Koninkryk van God lei, is smal en daar is min wat dit vind. Mense glo maklik dat vals leraars ware herders is oor die wonderbaarlike kragte wat hulle doen, die duiwels wat hulle uitdryf, die mooi en die goeie wat hulle profeteer in die Naam van God, maar Jesus sê duidelik in Matt. 7 dat hulle Hom nie geken het nie. Hulle het geen verhouding met Abba Vader gehad nie, hulle was nooit gewortel in die hart van God nie. Hulle sal die groot skare lei en leer om gewortel te wees in godsdiens, rituele en die kerk… maar as ons nie gewortel is in die hart van God nie, is dit alles van geen nut of betekenis nie. Dit lei na die verderf, na die vaal gedeelte!
Die enigste manier om by die tuin in te kom, is om teen die stroom op te beweeg, terug met die pad waarmee hy gekom het, terug na die T-aansluiting en om dan te kies om die nou, klipperige, stowwerige pad te kies. Jy gaan daardie pad alleen stap, nie saam met ’n groep mense nie, maar jy is die gelukkige een, want hierdie pad stap ’n mens hand-aan-hand met Jesus! Die mens wat nie ’n persoonlike verhouding met Abba Vader het nie, ken nie SY stem nie en sal die vals herder volg! Leer ken die stem van Abba Vader in afsondering in Woord en gebed…. en gebed is nie om te vra, vra, vra nie; gebed is om ’n ware gesprek met Abba Vader te voer, om met Hom te gesels, nie om Hom te vermaan, versoek of beveel nie. Moet jou asseblief nie deur ’n mens laat lei nie, maar deur die ware Herder. Hy is die enigste Een wat jou hart kan skoomaak sodat daar goeie saad in jou hart kan val en groei om vrug te dra tot SY heerlikheid.
Keer terug na die T-aansluiting! Beweeg stroom-op! Dit vat baie moed om dit te doen en jy gaan baie vriende verloor. Dit is ’n harde pad om terug te stap na die T, maar dit is so die moeite werd. Wanneer jy weer by die T-aansluiting kom, sal jy sien die bord is aan die paal vas sodat dit lyk soos ’n kruis. Kniel voor daardie kruis, geee jou hart, jou lewe, jou ALLES aan Abba Vader. Sterf die self af en laat God jou ’n nuwe mens maak. Wanneer jy dan opkyk, sal jy Jesus voor jou sien staan, Sy hand uitgestrek na jou… neem Sy hand en begin die smal pad stap saam met Hom.
Die bevestigende Skrifte wa Abba Vader my gegee het terwyl Hy my gelei het om hierdie te skryf, is Kolossense 1,2; Mattheus 7 en Mattheus 13
Die soeke binne jou..

Is daar iets diep binne jou wese wat kriewel, wat soek? Iets wat jou pla, maar jy weet nie wat dit is nie… iets wat roep , maar jy weet na wat of wie nie… iets wat jou ongemaklik maak, maar jy weet nie hoe om van die ongemak ontslae te raak nie… iets wat maak dat jy soek, maar jy weet nie na wat nie? Jy hardloop van die een kerk na die volgende, van die een selgroep na die ander, van die een bybelstudiegroep na die ander, maar jy vind nie wat jy soek nie. Jou lewe voel soos ’n warboel, dit voel asof niks in plek wil val nie.. dit voel asof jy niks raakvat nie… asof jy gryp na wind… Jy wonder oor die doel van die lewe, die ‘purpose’ van jou lewe, maar jy vind nie antwoorde nie… Hierdie ongemaklikheid diep binne jou wese is nie sommer maar net ’n ‘ietsie’ nie, dit voel soos ’n dringendheid, maar jy weet nie na wat nie… dis omdat jy op verkeerde plekke soek… jy tas rond in die duisternis en soek na antwoorde in die vaal gebied, maar elke antwoord wat jy dink jy vind, maak nogsteeds nie die dringendheid binne jou stil en rustig nie…. Al wat jou soeke kan stil, is die sagte juk van Jesus, die strelende gerusstellende woorde van Abba Vader… en ek praat nou nie net van die Bybel nie, ek bedoel om regtig stil en rustig te raak en in die teenwoordigheid van Abba Vader in te beweeg. DIT is waarna jou geeshart smag en totdat jou gees nie gevul gaan word met die Liefde en die Lig van God nie, gaan dit aanhou om binne jou te kriewel…
Geen kerk gaan jou soeke demp of vervul nie, want daar is bitter min kerke waar God wel teenwoordig is… en as God nie daar teenwoordig is nie, wie of wat is dan? Niks en niemand anders as die vyand nie! Dit is wie daar teenwoordig is en dit is hy wat daardie soeke van jou gaan vul met suurdeegbrood… dwaalleringe… om jou te laat glo dat jy besig is om God te aanbid in daardie gebou, maar as God nie daar teenwoordig is nie, vir wie aanbid jy? Niemand anders as die vyand self nie. Die probleem is dat die suurdeegbrood waarmee die mense gevoed word, hulle in gevangenis hou in die vaal gebied en dit hou ook hulle geestelike oë en ore in dormansie wat ’n bitter groot gemors is, want as ’n mens se geestelike sintuie nie werkend is nie, het jy geen onderskeidingsvermoë nie… en gaan jy glad nie die leuen van die Waarheid kan onderskei nie. Ons kry alleenlik onderskeidingsvermoë in stilte by die voete van Abba Vader… dit is ook die enigste plek waar jy die Waarheid gaan leer ken…
Die ware rede tot jou soeke…
Weet jy waar kom die soeke vandaan? Dit kom uit jou geeshart, want God se kinders is op die aarde gebore met ’n Goddelike saadjie wat diep in hulle harte gesetel is. Die saadjie lê eers diep in jou dormante geeshart, maar daar is LEWE in die saadjie en dit is daardie LEWE in die saadjie wat uitroep tot God… dit het ’n intense behoefte of begeerte na Abba Vader en dit veroorsaak die oproerigheid hier diep binne jou hart… wat jy, as mens, nie kan stil deur ‘doen’ dinge of deur godsdiens nie.
Die mens word grootgemaak met tradisie en godsdiens, en word van kleins af geprogrameer deur die wêreld dat jy deel MOET wees van ’n kerk… dat jy godsdienstig moet wees en dat jy jou godsdiens as deel van ’n groep mense in ’n gebou met ’n toring moet beoefen… dat jy ’n Christen is as jy hierdie manier van lewe slaafs navolg… dat jy gered en verlos is. Ons word maklik geprogrameer as ons klein is en elkeeen aanvaar dat hy “reg” grootgemaak is… dat sy kerk die enigste “regte” kerk is en dat al die die res verkeerd is. Maar wie is reg en wie is verkeerd? Watter gebou se toring is nou die hoogste en belangrikste? Wie se klok lui die hardste en lok die meeste mense soos ’n spul zombies na die gebou?
ONS IS ALMAL GEPROGRAMMEER, MENSE! ONS IS SOOS ROBOTTE GEPROGRAMEER VOLGENDS DIE REëLS VAN DIE WëRELD! KOM WEG UIT DIE WêRELD! KOM WEG UIT DIE VAAL GEBIED! HOU OP SOEK NA ANTWOORDE IN BABILON! HOU OP LUISTER NA DIE BAäL PROFETE EN DIE ISEBEL’S!
Lees asseblief Openbaring 2 en 3, en begin in afsondering met intense selfondersoek oor die gekriewel en ongemak in jou lewe, want dit is die Goddelike saadjie binne jou wat roep na God…
Ekstra saadjies wat hierby aansluit:
Your Life-Book

During prayer, the Lord showed me the following: I was walking down a long, white corridor with doors on both sides. I then stood in front of a door with a golden nameplate on it. As I focused on the name, I saw that the name the Lord called me by, was etched into the golden plate. I turned the large, golden doorknob and as the door slowly swung open, I cautiously stepped inside. I found myself in a small, square room with shelves against the walls, filled with books from top to bottom and immediately I was curious about the books. I focused on the spines of the books and saw that each book had a certain date engraved on it. As I focused on the first book that were in the right corner of the lower shelf, I saw that the date indicated the day of my earthly birth and the books followed each other according the dates. My curiosity led me to take certain books from the shelf, reading a passage here and there and I realised with a shock that these books told the story of my life. What striked me about the books, was the different shades of colour, as the first few books (that marked the beginning of my life on earth) were soft colours, but as time went by, the softer colours changed to more extravagant colours. Suddenly the extravagant coloured books were interrupted by a few depressing, dark grey books, but as time went by, the colours of the books slowly changed back to normal colours.
The Lord explained to me that every step I took in my life, was recorded in these books. The soft-coloured books indicated the time when I was a little, innocent girl. As time went by, my own will started to develop which resulted in books with more extravagant colours. During my teenage years I decided for myself that I no longer wanted to be the innocent girl with soft coloured books, so I made the decision to change into who I wanted to be. The bright coloured books instantly turned into depressing, dark grey coloured books, and without looking at the dates of these books, I instinctively knew what period it indicated… A few weeks after I turned 16, my father suddenly died at the young age of 44 of a heart attack. A few months later my mother remarried… it felt like my whole world collapsed down on me, I was heartbroken, sad and alone. I was just a child who did not know Jesus, a child that didn’t realise that life was not about living for myself, but that we have a certain purpose in life. I became a bit rebellious and I hurt a lot of people that I regret to this very day. All those ugly stuff were written down in the grey books on the shelf and I was so embarrassed by it that I did not even wanted to browse through those books…
I focused on the books that followed the grey books and luckily the colours of the books started to brighten up again, especially the time when I met my husband – the time I discovered human love. The beautiful bright books followed one another as we were blessed with our three sons. A beautiful book with a golden hue followed, and I instinctively knew it had to be the year that I developed a yearning towards the Lord, seeking Him with everything in me; the time I surrendered my heart to my Creator… what a wonderful time when I found God’s Love… and then the disappointment… no more gold shaded books followed, but rather a row filled with dark black books, almost different shades of black. When I saw those black books, I immediately knew what period it indicated and I sank sobbingly to my knees. It was still too painful to see those books, so much hatred and anger was recorded in those books. How ironic it was… just when I found the Lord in my life and handed my heart over to Him, it was as if we stepped into a wolf’s den. The wolves surrounded us and tried to tear us apart as family and the most shocking of it all, is that the leader of the pack was a pastor. If I could, I’m sure I would have killed that pastor. I couldn’t understand how God could allow it… a preaching, praying pastor that cast out demons in the name of God, a person praying and healing people… and the next moment she turns into something worse like a witch… hurting and abusing children and adults on various ways, always lying her way open and doing all these evil stuff hiding behind the Name of the Lord. I was in turmoil with the Lord and I couldn’t understand how He could allow it, I had a thousand questions with no answers. The years that followed were terribly emotional, but as time went by, I made the decision to let go of all my questions but instead giving it to the Lord. Eventually the black books began to turn into beautiful, silver and golden books that even started to shine… This is when I found the Lord in my pain and surrendered my free will to Him…
A few weeks later, the Lord took me back to the small room that was filled with stories of my life; everything looked the same, except that this time there was a small, round table in the middle of the room and on top of the table lay a very large, thick book covered in leather. As I stepped towards the book, I noticed the shiny golden pages and although I was very curious about the content of the book, I didn’t dare to touch or pick it up. Standing very close to the book, I saw my name engraved on the cover – not my worldly name, but the name that the Lord called me by. What fascinated me, was that this book looked so much different from the books on the shelves as it was much bigger and the pages seemed as if it glowed. Slowly I opened the book and the following Scripture stood on the first page:
“Before I formed you in the womb, I knew you. Before you were born, I set you apart for my holy purpose.” Jeremiah 1:5 (GWT)
I was so surprised and in awe that tears rolled down my cheeks as I began to scroll through the book… According to Scripture, this book about my life was written by God long before I was even born. God planned His children’s lives in advance…
“You saw who You created me to be before I became me! Before I’d ever seen the light of day,the number of days You planned for mewere already recorded in your book.” Psalm 139:16 (TPT)
Long before our birth, the Lord had everything planned for our lives. He determined the number of our days… He decided which day we would be born and which day we would take our last breath. He decided the amount of pages of our Life-book. It amazes me to think that the Lord has planned everything in advance for you and me, and all is written down in His book about our lives – our Life-book. He determined our Godly purpose on earth and according to that, He spoke certain Words over our lives… Living Words! All these Living Word are recorded in our Life-Book as well.
As I scrolled through my Life-book, I realised that the content differed greatly from the books on the shelves. I got quite confused about the differences, but as I gave my thoughts to the Lord, He explained to me that the books in the shelves were written by our own free will and not by Him… So God was not the author of the books in the shelves, but it was written by myself. I was the author as I tried planning my own life. I made decisions based on what I wanted… to satisfy my fleshly desires, my own will… I didn’t consider the will of God and what He wanted for me, so I was not living the life God planned for me. In other words, the Book of life that God wrote about me, stayed closed, as it can only be opened by God when we are born again.
It’s so absurd how we make decisions without consulting God and after we have made the decision, we ask Him to bless our decision… how stupid and arrogant can we be! We are trying our best to write God’s blessings into our books, but it does’t work that way! We have to place our lives and our choices in the hand of the Lord and allow Him to make decisions for us. Only then will we be able to choose wise and live the life that God has already planned for us. Everything points back to Jesus’s words:
Searching the inner self…
Who is the author of your life? Do you have a pen in your hand, writing your own stories, obeying your fleshly desires, allowing your free will to reign your life? Are you deciding who you want to be… maybe following an idol, trying to be or look like someone else? (I don’t think we realise how much pressure we put on ourselves by trying to be someone else God created us to be…) Our free will and choices we make to satisfy our fleshy desires, builds a huge wall between us and God. As long as you have a pen in your hand, planning and writing your own life-stories, you are not living the will of God… you are not living the blessed life that God planned for you. That means that you are not reborn and the wonderful Life-Book God wrote about you, is still lying closed, which means that no Word that God has spoken over your life, can come alive and you will stay doomed.
We have to get rid of the pen in our hands; we have to stop planning and writing our own lives… we rather have to sacrifice ourselves, our lives and free will to God and ask for His will to control our lives. Our God is a good God that only wants the best for us, but therefor we have to sacrifice a contrite heart to God so He can open your wondrous Life-Book and let God transform you and your life according to His plan.
Gesaaides van die vyand (bose saad-mense)

Hierdie is een van daardie onderwerpe wat mense eerder vermy… ek het ook net stilgebly daaroor, maar ek dink die tyd vir stilbly is nou verby. Mense moet begin besef wat om hulle aangaan. Een ding waarvan mense nie hou nie, is om daaraan te dink dat daar saad van God is en dat daar ook saad afkomstig van Satan is. Die Woord van God is vol bevestiging oor hierdie saak. Dit begin sommer in Genesis 3:15 waar God sê:
“Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” Genesis 3:15
Hier het God vyandskap ingestel tussen Sy saad en die saad van Satan, maar kom ons kyk eers waar kom die saad van Satan vandaan…
As ons teruggaan na die begin van die skepping, het God, elke dag, nadat Hy geskep het, teruggekyk op Sy handewerk en Hy het gesien dit is goed. As dit vir God goed was, beteken dit daar was nie gepeuter aan Sy handewerk nie; alles wat Hy geskep het was nog in dieselfde toestand. Die Woord sê dat God vir 6 dae geskep het en op die 7de dag het Hy gerus. Lees nou mooi die volgende Skrif van Mattheus 13:24-30:
“Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ‘n man wat goeie saad op sy land gesaai het. Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ Hy antwoord hulle: ‘Dit is ‘n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek? ‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’
Die dissipels vra toe vir Jesus om hierdie gelykenis aan hulle te verduidelik – Mattheus 13:37-43
Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”
Niemand kan stry teen hierdie Skrif nie… Jesus het dit baie eenvoudig uiteengesit sodat Sy dissipels kon verstaan wat Hy bedoel. Die “Boer” het gaan rus en die vyand het sy kans gevat en onkruid gesaai…nes die duiwel is – ’n skelm wat net in die duisternis konkel. Met ander woorde, daar is saad wat die “Boer” gesaai het en daar is saad wat die vyand gesaai het. Jesus maak dit baie duidelik in Matt.13 dat die goeie saad wat die “Boer” gesaai het, kinders van die Koninkryk van God is, en dat die onkruid wat die duiwel gesaai het, aanhangers van die bose is. Volgens hierdie Skrif is daar duidelik twee verskillende sade, dus twee tipes mense wat gesaai word vanaf twee totaal verskillende bronne – die goeie saad vanaf God en die slegte saad vanaf die duiwel.
Ons word deur die wêreld geleer dat ALLE mense van God af kom, maar volgens Mattheus 13 is daar duidelik ’n bose geslag wat van Satan af kom. Dit help nou nie ons wil ons asem ophou en dink dat dit nie so kan wees nie, want as jy die Woord noukeurig lees, sal jy sien dit staan ook vir ons duidelik uitgestip dat daar twee tipes geslagte bestaan wat in konflik met mekaar lewe. Kyk sommer uit die staanspoor na Kain en Abel – die een wou met alles in hom God behaag, maar die ander een was ’n moordenaar… Kyk na Ismael en Isak – Abraham was die vader van albei, maar tog was Isak die seun wat deur die belofte gebore was en hierdie twee geslagte was ook in konflik met mekaar. In Mattheus 12 noem Jesus die Fariseërs die “Addergeslag”, dus die geslag van die slang – kinders van die duiwel! In Mattheus 23:33 sê Jesus weer:
“Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?”
In Lukas 3 het Johannes ook die Fariseërs die addergeslag genoem en in Johannes 8 sê Jesus vir die Fariseërs hulle het die duiwel as vader en die begeertes van hul vader doen hulle. Deur hierdie Skrifte is dit baie duidelik daar is saad afkomstig van God, en daar is saad afkomstig van Satan met die doel om die goeie saad van God in die kiem te smoor! Daar is bose saad werksaam tussen die goeie saad van God om die goeie saad te verlei en die geslag van God te besmet! Om dit reguit te stel: Daar is mense afkomstig van God, wat Sy uitverkore kinders is, en daar is mense afkomstig van Satan. Nie alle mense kom van God af nie en dis nie ek wat so sê nie, die Woord stip dit baie duidelik uit. In Deuteronomium 32:20 sê God aan Moses:
“Ek wil My aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want ’n heeltemal VERKEERDE GESLAG IS HULLE, kinders in wie geen trou is nie.”
In Handelinge 2:37-40 vra die mense aan Petrus wat hulle moet doen om gered te kan word? Petrus sê vir hulle om tot bekering te kom en om gedoop te word en dan sê hy:
“LAAT JULLE RED UIT HIERDIE VERKEERDE GESLAG!”
As jy Johannes 10 lees, sal jy sien op die einde van Jesus se gesprek, het die Jode Jesus erg teëgestaan; hulle wou nie glo Jesus is die Seun van God nie, maar Jesus sê vir hulle:
“Julle glo nie, want julle is nie van My skape nie.” Johannes 10:26
Hier onderskei Jesus ook duidelik tussen God se skape en die skape wat nie aan Hom behoort nie. As ons dit besef, maak die volgende woorde meer sin:
“Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar Saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” Genesis 3:15
As ons rondom ons kyk, wie is die bose saad van die vyand? Is dit net die moordenaars, die leuenaars, diegene wat nie in God glo nie? Moet jouself asseblief nie laat flous nie, want die grootste aantal bose saad-mense is diegene wat met die Bybel onder die arm loop… en so loop en flous hulle talle der talle mense deur weg te kruip agter ’n Bybel, asook agter die benaming van Christen, pastoor of dominee. Soveel leraars is nie deur God geroep en opgelei om Sy Woord te verkondig nie, maar hulle is opgelei deur die bose wêreldsisteem om soveel as moontlik slagoffers bymekaar te maak en hulle te breinspoel en programeer volgens die doktrines van duiwels. Hierdie doktrines klink altyd Goddelik van aard, maar wat hulle in werklikheid doen, is om die Woord te vat, so bietjie suurdeeg daaroor te strooi sodat die Woord hulle siening kan pas… en so trek hulle oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak hulle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as hulleself. (Mattheus 23:15). Ons het nodig om onderskeidingsvermoë te ontwikkel om te kan onderskei tussen die saad van God en die onkruid van Satan… en die enigtste manier is om af te sonder by die voete van Abba Vader.
As God vyandskap ingestel het tussen Sy saad en die duiwel se saad, hoe kan ons dan ons oë en ore wil toedruk en die nie Waarheid in die oë staar nie? Dalk omdat te veel mense al gebreinspoel is??? Ek vra maar net die vraag….
Uitgewerpte seesterre vorm die Liggaam van God

“Mag hulle harte vertroos word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en totale rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God die Vader en van Christus.” Kollosense 2:2 (AFR33/53)
Continue reading Uitgewerpte seesterre vorm die Liggaam van God
Rooted in the Word of God

Is jy gewortel in die Woord

Om hierdie saadjie mooi te verstaan, sal ek aanbeveel dat jy ook die saadjies lees oor die boom wat gewortel moet wees in die hart van Abba Vader. Ek heg die ‘link’ onderaan.
Om dit baie vinnig op te som, kom dit daarop neer dat ons in die hart van Abba Vader gewortel moet wees. Abba Vader het kom leer dat ons eers in die ‘sustrata’ gewortel moet wees, waarna ons in die ‘strata’ gewortel kan word. Dit beteken dat ons eers in die Woord van God gewortel moet raak wat ons later in staat sal stel om in die hart van God gewortel te kan wees. Wanneer ons tot bekering kom en die keuse maak om Jesus te volg, sal ons ’n trekking voel wat ons ’n honger na die Woord van God sal gee. Soos ons begin voed op die Woord van God begin ons fyn worteltjies in die Woord ingroei om later ’n bywortelstelsel te vorm wat die hele Woord deurgroei. Wanneer ons goed gevestig is in die Woord, begin die Woord ook worteltjies uitstoot om in ons wese in te groei met die doel om ons geesharte te bereik. Aanvanklik is ons van kop tot tone vol blokasies wat keer dat die wortels van die Woord na ons hart kan groei. Hierdie blokasies is sondes, ongeregtighede, verkeerde denkwyses, ongehoorsaamheid aan God asook goed soos tradisie, godsdiens en die inneem van dwaalleringe. Ons het nodig om ontslae te raak van hierdie blokasies, maar hoe? Die mens kan dit nie op sy eie doen nie; die mens het die Lig van die Woord nodig om ’n lig te skyn op die blokasies en dit aan hom te openbaar. Soos die mens die blokasies “raaksien” en besef dit is verkeerd, dit teëstaan en bely aan Abba Vader, breek die Lig-Woord deur die een blokasie na die volgende. Eers is dit net ooglopende sondes wat die Lig-Woord aan ons openbaar, maar hoe dieper die Lig-worteltjies in ons wese ingroei, hoe meer openbaar die Lig-Woord sondes aan ons wat ons probeer wegsteek of waarvan ons probeer vergeet. Die gevaarlikste blokasies lê baie diep, naby aan die hart, en dit is blokasies van tradisie, kultuur en godsdiens, maar dan is daar ook blokasies wat veroorsaak is deurdat die mens gevoed het op dwaalleringe – die suurdeegbrood van Satan.
Kom ons begin by die begin waar ons gewortel moet raak in die Woord van God, want hoe raak ons gewortel? Daar is niks wat ons fisies kan DOEN om gewortel te raak in die Woord nie. Om deel van ’n gemeente te wees, is om gewortel te wees in ’n kerk en die gevolg daarvan is blokasies van godsdiens, tradisie, kultuur en rituele. So om deel van ’n kerk te wees, jou tiende te gee, koeke te bak vir die jaarlikse basaar of watse werk jy ookal vir die kerk verrig, wortel jou geensins in die Woord van God nie… inteendeel, jou wortels raak verstrengel met ’n spul ander ongoddelike wortels (gemeentelede) wat lei tot ’n hengse koekspul. Jy voel dalk ‘veilig’ om deel van die groep te wees; jy sien jouself as een van die warm kole, maar waar gaan dit jou bring as jy nie gekonnekteer is aan die Bron van hitte nie? Jou verstrengelde wortels ketting jou vas in die duisternis en dit lei tot massiewe blokasies in jou geestelike are. Die mens wat gewortel is in ’n kerk of ’n gemeente, is gewortel in dooie grond en daarom is daar nie wortels wat vanuit die grond in die geestelike wese van die mens kan ingroei nie. Dit is dus nie ’n tweeledige verbintenis nie en die ergste van alles is dat daar geen Lig-wortels is wat die blokasies van die mens uitwys nie, dus bely die mens nie sy sonde nie. Hy word gevoed met leuens soos die vals lering dat Jesus ALREEDS vir jou sondes gesterf het, so moenie bekommerd wees nie, jy is alreeds gered as jy kerk toe kom, nagmaal bywoon en gedoop is deur die kerk. Kerke sus die mense in hulle sondes en moedig hulle aan op ’n baie subtiele manier om rustig aan te gaan met hulle lewens en net dankie te sê vir Jesus dat hulle verlos is. Hulle is te bang om te preek oor sonde en die lou toestand van die hart van die mens, want dit is nie wat die gemeentelede wil hoor nie… kerke preek wat die mens wil hoor sodat die gemeente kan groei tesame met die bedrag in die bankrekening… en die uiteinde daarvan? ’n Spul dooie bome met verstrengelde wortels en geen vrugte!
Onthou nou, Satan doen enigiets in sy vermoë om die mens se geestelike are geblok te hou sodat die Lig van God nie kan skyn op die geeshart nie. Hoekom doen hy dit? Want hy weet as die Lig van God skyn op jou hart, gaan jy ’n hartsverandering ondergaan waarna jy die Lig van God gaan reflekteer en Satan kan nie vat of werk aan ’n mens wat die Lig van God reflekteer nie… nie omdat die mens outoriteit oor hom het nie, maar omdat Jesus in en deur die mens leef – dit is Jesus in ’n mens wat mag en outoriteit het oor Satan, nie die mens self nie. Satan gebruik kerke om talle mense in sy mag te hou, dis die maklikste plek waar hy hulle suurdeegbrood kan voer wat hulle laat rys tot hul eie heerlikheid. Daar is so baie vals leringe wat ontstaan uit verskeie denominasies, ek noem net ’n paar waaraan ek vinnig kan dink wat Abba Vader al openbaar het. Vra jouself die volgende vrae:
Bely jy om te glo in God? Daar is ’n verskil om te glo en om oneentseglik te GLO in God. Glo jy omdat jy so grootgemaak en so geleer is van kleins af? Sodat jy gered kan wees en nie hel toe hoef te gaan nie? Wees net versigtig, want die duiwel glo ook daar is ’n God en hy sidder. Om in God te glo, is om Hom te ken. Ken jy Hom waarlik? Het jy “holy communion” met Hom? Kan jy Hom voel? As jy God ken, sal jy Hom vrees, sal jy Hom in alles wil gehoorsaam en behaag, sal jy jou lewe in Sy hande wil plaas en alleenlik Sy wil vir jou lewe wil hê. Dan sal jy nie versoeke rig aan God en Hom smeek om sekere dinge volgens jou eie wil en behoeftes te laat uitwerk nie. Want dit is wat die meerderheid Christene doen… wanneer hulle bid, sê hulle rympies op, hulle werk vanaf ’n lysie vir wie hulle moet bid en waarvoor hulle moet bid. Dink julle regtig ons moet die allermagstigste God herinner aan sekere mense of sekere situasies waar Hy moet ingryp? God sit nie en wag sodat jy Hom moet herinner aan iets wat Hy moet doen nie. Ek het al soveel mense gehoor sê dat God eers iets in ons lewe sal doen wanneer ons dit van Hom vra, met ander woorde, as ons dit van Hom vereis. Wie dink die mens is hy? Dis bitter arrogant van enige mens met hierdie siening. So, vra jy God vir fisiese genesing, beter finansies, om jou huwelik te red, om jou kinders te verander? Wat van die wil van God? Leef jy volgens die wil van God? Hoekom aanvaar jy dan nie dat God ’n wil vir jou lewe het en dat jy dit moet aanvaar en daarvolgens moet lewe nie? Eers as ons oneentseglik in God GLO, aanvaar ons Hy is almagtig en in beheer en is ons in staat om totaal oor te gee aan Hom – vir die goed en die sleg… As daar dan slegte goed in ons lewe gebeur, aanvaar ons God het ’n doel daarmee en blameer ons Hom nie daarvoor nie.
Breek jy bloedlynvloeke sodat dit beter in jou lewe moet gaan? Jaag jy vir Satan om elke hoek en draai weg sodat hy nie verder slegte goed in jou lewe moet laat gebeur nie? Pleit jy die bloed van Jesus oor jouself, familie en besittings? Glo jy jy is soos God? Dat jy sekere goed kan spreek en dat jou woorde krag het? Dat die woorde uit jou mond iets of iemand sal verander?Dan het jy verseker sterk gegroeide wortels in dwaalleringe en is jy deurtrek met blokasies. Behaag jy God? Of moet God jou behaag?
Om gewortel te wees in die Woord van God, beteken om te voed op suiwer Woord alleen. Suiwer Woord beteken nie dat ’n mens of een of ander studie die Woord aan jou interpreteer nie, maar om in afsondering stil te raak met die Woord van God sodat die Gees van God jou leiding kan gee en die Skrif aan jou kan interpreteer. Dit vat tyd, en as jy nie jou tyd wil opoffer daarvoor nie, sal jy ook nooit die Waarheid ontvang of in die Woord wortels kan ingroei nie. As jy luister na ander mense se interpretasie van die Woord, neem jy nie suiwer Woord in nie en is die kans baie goed dat jy suurdeegbrood gaan inkry wat van die sterkste blokasies vorm. Die enigste manier om in die Woord gevestig te raak, is in afsondering met die Woord van God in jou hand. Vermy geestelike boeke en praatjies wat interessant klink, want dit is Satan se beste taktiek om jou te vul met suurdeegbrood om blokasies te vorm. Hy weet dat hoe meer blokasies hy in jou wese kan vestig, hoe moeiliker gaan dit vir jou wees om op die ou end in die hart van God gewortel te raak.
Die ander probleem lê by mense wat wil voed alleenlik op die mooi verse in die Bybel… Skrif wat iets vir hulle kan beteken… wat hulle kan opbou… wat in hulle vleeslike behoeftes kan voorsien byvoorbeeld Skrifte wat handel oor fisiese genesing en ’n voorspoedige lewe. Skrif wat nie deur die Gees van God aan ons geïnterpreteer word nie, word verdraai en verkeerd verstaan. God is Gees, die Woord is Gees-geïnspireerd en daarom moet die Skrif op ’n geestelike manier aan ons geopenbaar word, nie fisies nie. As die Woord byvoorbeeld praat van genesing, beteken dit nie fisiese genesing nie, maar wel geestelike genesing… want ons almal het eers ’n siek gees wat genees moet word voordat ons ’n penwortel in die hart van God kan ingroei. Die mens wat net die goeie wil inneem, is soos die mense van Johannes 6 wat wou voed alleenlik op dit wat hulle fisiese behoeftes kon bevredig… dit wat hulle fisiese hongerte kon vul en hulle fisies kon genees. Toe Jesus uit ’n geestelike oogpunt vir hulle verduidelik dat hulle op Hom moet voed, het hulle hulle rug op Hom gedraai en weggeloop, met ander woorde, hulle wou nie luister na Woord wat hulle geestelik kon genees nie; hulle wou net DIT hê wat hulle vleeslikheid kon bevredig. Met ander woorde, hulle wou net die mooi woorde by Jesus hoor, hulle wou nie die harder woorde hoor dat hulle moet GLO in Jesus nie. Die Message sê hierdie woorde van Jesus “was too tough to swallow”. Mense wat wil voed alleenlik op die “mooi” Skrifte, groei net hier en daar ’n worteltjie in die Woord van God in. Hulle wortels groei dus net om sekere verse; hulle word nie in die hele Woord gewortel nie… en as ons nie in die hele Woord gewortel raak nie, kan die wortels van die Woord nie in ons wese ingroei nie… as die wortels van die Woord nie in ons diepste wese ingroei nie, is daar nie Lig-worteltjies wat ons blokasies aan ons openbaar nie, dus word die blokasies nooit oopgebreek nie en kan die mens nie die Lig van God op sy geeshart ontvang wat sy geeshart uit dormansie kan wakker maak nie. Hierdie mens sal met al sy blokasies geestelik sterf met geen hoop vir die toekoms (hiernamaals) nie.
Soveel Christene DINK hulle is gewortel in die Woord of in die hart van God, maar dan is daar nie ’n enkele Goddelike vrug aan hulle as ’n geestelike boom nie, wat ’n bewys is dat hulle NIE in die hart van God gewortel is NIE. As daar geen Goddelike vrugte is nie, verheerlik hierdie mense God glad nie. Hierdie mense beweer dat hulle God ken sodat hulle as ’n heilige, ’n profeet of ’n man / vrou van God bekend kan staan in die wêreld… hy ywer dus vir sy eie heerlikheid en nie tot die heerlikheid van God nie. Hulle staan bekend vir die “regte” woorde wat uit hulle monde kom, maar God steur Hom nie aan “regte” of “mooi” woorde uit die mond nie, want Hy let op die hart waaruit die woorde kom… die toestand van die hart bepaal die vrugte wat die mens dra, want alleenlik die boom wat in God gewortel is, kan Goddelike vrugte dra. Afwesigheid van Goddelike vrugte dui dus op ’n boom met ’n vlak wortelstelsel in een of ander medium, maar die medium is nie die Woord van God nie.
Waarin is jou worteltjies geanker? In ’n kerk of gemeente? In geestelike boeke? Dan is jy gewortel in ’n dooie medium en maak dit nie saak hoe sterk jy gewortel is in hierdie medium nie, maar dis ’n dooie medium wat nie wortels in jou kan ingroei nie, met die gevolg dat jou blokasies nooit aan jou geopenbaar word sodat jy dit kan bely nie. Daar is geen wortels wat na jou hart kan groei om jou geeshart wakker te maak nie, dus kan jy nooit ’n penwortel in die hart van God ingroei nie.
Of is die Woord deurtrek met jou bywortelstelsel wat deur die hele Woord vertak? Alleenlik dan sal die wortels van die Woord soos liggies in jou wese ingroei om jou blokasies aan jou te openbaar en soos jy dit bely, breek die Lig deur die blokasies oppad na jou geeshart. Wanneer die Lig-wortels op jou hart skyn, word die geesmens wakker en alleenlik as ons gees ontwaak, kan ons oneentseglik in God begin glo. Dit is wanneer ons ’n penwortel in die hart van God ingroei.
So wat is die antwoord? KOM WEG UIT BABILON! WORD ONTWORTEL UIT BABILON EN SOEK DIE WARE GOD!
“May you, having been [deeply] rooted and [securely] grounded in love, 18 be fully capable of comprehending with all the saints (God’s people) the width and length and height and depth of His love [fully experiencing that amazing, endless love]; 19 and [that you may come] to know [practically, through personal experience] the love of Christ which far surpasses [mere] knowledge [without experience], that you may be filled up [throughout your being] to all the fullness of God [so that you may have the richest experience of God’s presence in your lives, completely filled and flooded with God Himself].” Ephesians 3
Ekstra saadjies:
The Gardener of your heart

“Let our Gardener, God, landscape you with the Word, making a salvation-garden of your life.” James 1:21 (MSG)
During prayer, the Lord showed me the following: I’m standing in a large field of mature wheat. Jesus is holding light-colored seed in the palm of His hand that He wants to sow in the soil of my heart, but first He wants the seed to fall into my hand. I cup my hands together so the seed can fall into it, but as Jesus scatters the seed slowly in my hands, He makes me attend that I’m not realising what He is trying to show me, so I have to focus more intensely on the seed… and then I saw it… The seed of the Lord is the colour of wheat, but here and there is a pitch black seed that looks entirely different than the wheat-colored seed. I was startled when I saw the black seed as I realised it cannot be from the Lord… if it’s not from the Lord, where does it come from? I begged Jesus to give me insight about these black seed that makes me so uncomfortable… looking at it, a feeling of evil overwhelmed me.
Jesus explained to me that the black seed originate from Satan and he uses very subtle ways to sow these evil seed through the senses of man, in other words, he uses our physical senses like our eyes and ears to scatter his evil seed. We have to be very careful what enter our hearts through our senses – what do you listen to? What do you read and look at on television or internet? Satan uses this to easily sow millions of evil seed on a daily basis and the most dangerous seed of all are those of religion, tradition and false teachings. Just like I didn’t notice the evil seed falling into my hands, the worldly people are not aware that Satan is sowing evil seed in the soil of their hearts on a regular basis. Even if you are in an upright relationship with the Lord, we still have to be very careful of evil, black seed as the seed in our hearts, determine the state of our heart. Some teachings may seem and sound divine and quite innocent, yet most of it are black seed that fall into our heartsoil where it will germinate, grow and bear fruit… Good seed will bear good fruit and evil seed will bear evil fruit. I shudder when I think about trees with rotten fruit, for the words of Jesus echo in my ears:
“And now also the axe is laid unto the root of the trees: therefore every tree which bringeth not forth good fruit is hewn down, and cast into the fire.” Matthew 3:10
When we come to sincere repentance and we truly sacrifice our hearts and lives to the Lord, a process takes place within us which we usually are not even aware of. It is not an overnight-process, but a journey where the Lord prepares the soil of our hearts so that He can sow immortal seed in our hearts that must grow to bear Godly fruit that will glorify Him. But before the Lord can sow His seed in our hearts, the soil has to be prepared as it has to be weed-free as well as the correct texture.
If you read Matthew 13:1-9, you will clearly see why it is so important that our hearts need to be cleansed. The seed of the Lord cannot grow in shallow soil, neither on rock, nor between weeds. Seed germinate only in well-prepared soil and therefore our hearts need cleansing from all the weeds before the Godly seed will grow, flower and bear fruit in our heart. Please read Matthew 13: 10-17 (I quote parts from The Message)
Why tell stories?
“The disciples came up and asked, ‘Why do you tell stories?’ He replied, ‘You have been given insight into God’s kingdom. You know how it works. Not everybody has this gift, this insight; it hasn’t been given to them. Whenever someone has a READY HEART for this, the insights and understandings flow freely. But if there is no readiness, any trace of receptivity soon disappears. That’s why I tell stories: to create readiness, to nudge the people toward receptive insight. In their present state they can stare till doomsday and not see it, listen till they’s blue in the face and not get it. I don’t want Isaiah’s forecast repeated all over again: Your ears are open but you don’t hear a thing. Your eyes are awake but you do not see a thing ’…” Matthew 13: 10-15 (MSG)
We have to realise how important it is to kneel before the Lord and beg from Him a “ready heart”; but therefor we have to place our entire life and heart in the hands of the Almighty.
“Create in me a clean heart, o God, and renew a right and steadfast spirit within me.” Psalm 51:10 (Amplified)
If the evil black seed has already germinated in your heart to bear rotten fruit, there is only one way to notice these iniquities and that is through the Light of the Word. Only the Word can shine a light on the weeds in our hearts so that we can “see” and confess it to the Lord. When we make the choice to completely turn our backs on it, the Lord will forgive us and remove the specific weed from our hearts. 1 Corinthians 3: 9 says we are the field of God:
“You are God’s garden and vineyard and field under cultivation” 1 Corinthians 3: 9 (AMP)
Seed from Satan needs darkness to grow and bear fruit, it cannot grow in the light of the Lord and therefore the evil seed will perish when we spend much time in the Word and in the presence of the Lord. But if we neglect our relationship with the Lord and we do not spend time in His Light, the evil seed will be able to grow and make your heart a paradise of weeds.
The Lord had much work in my heart-soil as it was overgrown with weed. It took a long time to get rid of all the weeds, but just as He worked, plowed and cleansed my heart (the process never stops), He longs to cleanse each of His children’s hearts so that He can sow His light-colored seed – the seed of Truth. The Lord will always reveal the Truth to His children so that they can expose the evil which lies within the black seed. This evil in the seed is false teachings and every “Christian” has a heart that is overgrown with evil weed. The fact that you attend church services, call yourself a Christian, confess with the mouth that you believe in God, doesn’t guarantee you of a heart that is clean… those who believe this lie, are usually those whose hearts are so overgrown with evil weed that they do not have spiritual eyes and ears to distinguish between truth and lies… it is the weed that make them blind and deaf… and that is why I do not waste my time with arguments, for those who love quarrelling, is those who oppose the truth… they see themselves as the holy, righteous ones but in reality they have no Godly insight. They do not receive the seed of truth from the Lord because they reckon they are clean and do not need any cleansing.
In my search for the Lord, Satan sowed many evil seed in my heart through my senses, but when I fully surrendered to the Lord and His ways, He shone His Light on the filthy soil of my heart and with time I started noticing the lies that I believed. I noticed each lie as the Lord revealed to me His Truth and as I resisted the lies and spent more time in the presence of the Lord, the weeds died (they cannot grow in the Light of the Lord). Today I know it was the will of God that Satan sowed evil seed in my heart in the form of false teachings. The Lord never left me and waited until the perfect time before He started to expose these evil that grew in my heart… and that is why I will expose these lies until the day the Lord takes me from the earth.
“Light-seeds are planted in the souls of God’s people, Joy-seeds are planted in good heart-soil.” Psalm 97:11 (MSG)
What does the soil of your heart look like? Don’t try to figure it out by yourself; instead, take time to be still before the Lord so that He can reveal to you what the state of your heart-soil is.
Audio – Is jy ‘n warm of koue kool?
Hel – audio
Klop en vir julle sal oopgemaak word

“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” Mattheus 7:7-11
Hierdie is weereens een van daardie Skrifte wat baie oppervlakkig aan die wêreld geleer word en wat soveel mense lei na die afgronde van die hel. Vanoggend wys die Here vir my die volgende onder gebed:
Daar is ’n baie lang gang – ’n gang wat so ver strek dat ek nie die einde daarvan kan sien nie. Aan die linkerkant van die gang is deure wat op mekaar volg. Elke deur lyk anders, is ’n ander kleur, elkeen het ’n ander deurknop of handvatsel. Sommige deure het klokkies wat gelui kan word, ander het ’n swaar metaal struktuur waarmee geklop kan word. Op elke deur staan ’n sekere Skrif en elke deur se Skrif verskil van die ander een. Ek begin die gang afstap… Buite elke deur staan mense wat besig is om te klop aan die deur… sommiges is sommer brutaal en hamer aan die deur! Die mense lyk vir my baie senuweeagtig, amper soos die mense in die prent ‘Titanic’ toe hulle besef die skip is besig om te sink. Sommiges hardloop rond van deur tot derur om die deur te soek met die regte Skrif op – ’n Skrif wat hulle sal pas, ’n Skrif wat aan hulle sal gee wat hulle wil hê, ’n Skrif wat hulle sal red…
Dan is daar ook mense wat gehoor het dat jy moet klop en daar vir jou oopgemaak sal word; soek, en jy sal vind… hierdie mense begin by deur nommer 1 en klop… klop weer, want dalk het God daar binne hom nie gehoor nie. Na die derde keer gee die persoon moed op en beweeg na die volgende deur, want dalk was hy net by die verkeerde deur… dalk is God besig by een van die ander deure… en so klop hierdie mens by elke deur… later word hy ongeduldig en begin met die vuis teen die deure hamer… later begin hy skree: ‘Maak oop die deur!’ maar niks gebeur nie. Geen deur gaan vir hom oop nie. Dan vererg die mens hom, uiter ’n paar godslasterlike woorde, draai om en loop weg. Hierdie persoon het nie gkry wat hy wou gehad het nie… hoekom? Want hy wou God eintlik net gou misbruik om in sy eie wil te voldoen. Hy het geklop omdat hy iets wou hê uit God uit. Hy het dit gesien as ’n kitsmanier om sy sin te kry… what a shame… En daar is nie net een mens wat hierdie voorbeeld volg nie, want so lank as wat hierdie gang is – tot in ewigheid – is daar heeltyd mense by elke deur wat klop om ingelaat te word; wat vra, maar nooit genoeg kan kry nie…
Dan kom ek tot stilstand by een spesifieke deur. Abba Vader laat my toe om te sien watse Skrif staan op die deur. Psalm 91 staan in baie mooi skrif geskryf op die deur. Daar staan ’n skare mense voor daardie deur wat wil ingaan. Hulle sê die Psalm op om beskerming te kan kry in ’n tyd soos hierdie waar vrees aangewakker word; hulle klop aan die deur, ander hamer aan die deur, ander begin skree dat God die deur vir hulle moet oopmaak… maar die deur bly toe en gesluit. Die mense verduk mekaar behoorlik om aan die voorkant van die deur te kan staan en te klop… so erg dat hulle saam teen die deur begin druk totdat hulle die deur uit sy skaniere losbreek. Skielik val die deur en hierdie hele groot skare mense tuimel meteens na binne… en toe kom die skok… want nadat die skare mense ingetuimel het die kamer in, probeer ek inkyk by die deur… maar daar is NIKS! Geen mense, geen kamer… net pikswart duisternis! Hierdie mense wou die Woord van God gebruik tot hulle beskerming. Hulle het nie vir God gesoek nie; hulle het alleenlik beskerming gesoek omdat hulle vreesbevange was. Hulle wou God se Woord dus misbruik en daarom het hulle alreeds vergaan tot in die ewigheid. Dit is baie hartseer…
Dan vat Abba Vader my terug in my eie lewe waar ons as gesin deur ’n erge traumatiese gebeurtenis gegaan het. Ek was nog nie een met Jesus nie, ek het Hom nog nie geken nie, ek het nog nie Sy werke verstaan nie. Ek het elke oggendd in trane gekniel, gesmeek vir hulp en God gevra om sake te laat gebeur soos ek dit wou hê… maar dit het nie. Net mooi die teenoorgestelde het gebeur… Abba Vader het my nie my sin gegee nie, want dit was nie Sy wil nie. Hy wou my leer om te ‘submit’ onder Hom, om Sy wil te leer ken en te verstaan, en Hom toe te laat om Sy wil te laat geskied in my lewe. Na ’n jaar se gesmeek het ek dit besef en begin vrede maak daarmee. Ek het ook dalk van deur tot deur geloop en geklop en gesoek en gesoebat dat die regte deur vir my moet oopgaan sodat ek my sin kon kry, maar nie een deur het oopgegaan nie. Ek het dit begin aanvaar en neergesak teen ’n deur met my rug teen die deur, knieë opgetrek, arms om my bene en met my kop op my kniee. En so het ek gaan sit, opgehou smeek en net stil geraak en oorgegee aan Abba Vader… vir ’n baie lang tyd het ek net so gesit en toe ek na ’n lang ruk my oë oopmaak, het daar lig onderdeur die deur geskyn. Terwyl ek kyk na die lig wat deurskyn, het ek vingers gesien wat onder deur die deur begin verskyn. Ek het dadelik geweet dit is Jesus se vingers en ek my vingers op Syne geplaas. En Jesus sê:
“EK IS DIE DEUR, MY KIND!
Beweeg DEUR My, raak een met My!”
“Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.” Johannes 10:7,9,28,29
Verheug jou daarin as jy van God sekere dinge afgesmeek het, maar Hy dit nie aan jou gegee het nie, want Hy weet die beste! As Hy vir jou alles moet gee wat jy van Hom vra, gaan jy Hom nooit leer ken nie. Jy gaan nooit die lig onder die deur sien uitskyn nie, jy gaan nooit Jesus se vingers kan aanraak nie en jy gaan nooit een met Hom raak nie. Alleenlik wanneer ons tot die besef kom dat God nie ’n “genie” is wat ons kan hied en gebied om vir ons te gee wat ons wil hê nie, sal ons Hom vind. Hou op klop en hamer aan die deur, gaan sit voor daardie deur en aanvaar die wil van God. Dan sal Hy vir jou die BESTE gee en dit is om een met Hom te word.
Wees op die uitkyk vir die wolwe in skaapsklere, want hulle is ORAL! Hulle gaan jou leer dat jy nie moet ophou klop en vra nie, want as jy aanhou sal God vir jou gee wat jy vra. Dit is hierdie wolwe wat die mense leer om van deur na deur te beweeg en te smeek na die welbehae van hulle eie wil. Ons as mense, verstaan Skrifte uit die Bybel so verkeerd as ons dit menslik gesproke met die brein probeer verstaan en uitredeneer. Dit is wanneer ons die woord “klop” verkeerd verstaan, want God vra nie van ons om Hom op so ’n manier te soek nie. Hou op smeek, hou op om God te hied en gebied oor jou behoeftes, hou op met die valshede… raak net een met Jesus!
Is jy gemerk met die merk van God?

Bloed van Jesus en bloed aan deurkosyne

Die bloed van Jesus hoef nie meer fisies aan die deurkosyne gesmeer te word nie, maar dit is belangrik dat die deurkosyne van jou hart gemerk is met die bloed van Jesus…
Corona Virus
In watter seisoen is jy?

In watter seisoen van jou lewe is jy op hierdie stadium? Die mens gaan fisies / menslik deur verskeie seisoene in sy lewe soos tienerjare, middeljare en so meer. As ons geestelik daarna kyk, gaan jy as boom ook deur verskillende fases soos jy in die hart van Abba Vader ingroei. Daar is die vestingsperiode waar ons wortels in die hart van Abba Vader ingroei en dan begin die geestelike boom groei om vrug te dra tot die heerlikheid van Abba Vader.
In watse menslike seisoen jy jou ookal bevind, is nie so belangrik soos die geestelike vrug wat jy dra nie. Is jy ’n boom wat vrug dra in die somer, herfs, winter of lente? Watse vrugte dra jy? Is jou vrug tot heerlikheid van Abba Vader? Of is dit tot heerlikheid van die self?
Die Gees van God beweeg tussen die bome van die groot boord vrugtebome deur, maar Hy is ongelukkig, want daar is nie een boom in hierdie boord wat op hierdie stadium vrug dra nie. Abba Vader sê al wat Hy sien is bome met baie blare, bome met vlak wortelstelsels sonder ’n penwortel, uitgedroogde bome, bome met peste en siektes… Boonop is die paadjies tussen die bome toegegroei deur onkruid, distels en dorings….
Nie een van ons ken die dag of tyd van die wederkoms van Jesus nie… dit kan vandag wees, dit kan oor ’n week wees of dit kan oor honderde jare wees… gaan jy gereed wees? Gaan daar vrugte aan jou as boom wees wat God verheerlik? Of gaan jy een van die seisoensgebonde bome wees met geen vrug nie….
“Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” Mattheus 7:19
Nou wil ek weer vir jou die vraag vra? In watter seisoen van jou lewe is jy op hierdie stadium? In watter seisoen dra jy as boom Goddelike vrugte?
As jy ’n boom is wie se worteltjies in die Woord ingegroei is en jou penwortel in die hart van God geanker is, is jy ’n boom wat reg deur die jaar vrug sal dra. Daar sal nie ’n enkele dag wees dat jy sonder Goddelike vrugte sal wees nie. Jy sal gereed wees vir die wederkoms van Jesus… nie net dit nie, maar jy sal elke dag die vrug van die Gees dra wat God sal verheerlik.
JY SAL NIE SEISOENSGEBONDE WEES NIE!
Abba Vader vra my waar kom die mense aan die stelling dat hulle nou in ’n sekere seisoen van hulle lewe is? Hierdie stelling gee aan hulle rede om verskonings uit te dink hoekom hulle nie tyd by die voete van Abba Vader spandeer nie.
’n Mens hoor so baie mense wat sê: “Ek is nou eers in die seisoen van ma-wees waar my kinders klein is. Die kinders slaap so sleg en maak my moeg, en daarom het ek nie die tyd om by die Here se voete te gaan sit nie.” Jammer, maar hierdie is sommer ’n uiters swak en flou verskoning, want as jy nie tyd by die voete van Abba Vader spandeer nie, sal jy ook nie Goddelike vrugte kan dra nie… en dit is so uiters belangrik om juis Goddelike vrugte te dra terwyl ons kinders grootmaak, want ons moet ons kinders grootmaak met happies Goddelike vrugte. Goddelike vrugte is die vrugte van die Gees… so hierdie mens ontbreek aan eienskappe soos geduld, sagmoedigheid, vreugde, vrede, vriendelikheid, getrouheid en die grootste: LIEFDE!
As jy nie tyd spandeer met Abba Vader nie, gaan daardie eienskappe ontbreek; jou liefdestenk gaan leeg wees, so jy gaan jou kinders grootmaak met ’n leë liefdestenk… ’n Ma sonder die liefde van God in haar hart, kan nie haar kind grootmaak met tonne Jesus-liefde nie. Sy gaan ongeduldig, onvriendelik en liefdeloos teenoor haar kinders wees. Sy gaan voel dat haar kinders haar tyd roof sodat sy nie meer genoeg tyd aan haarself kan spandeer nie… wat nog te sê tyd by die voete van Abba Vader… En daarom is dit vir haar ’n geldige rede of verskoning om te sê: “Ek is in die seisoen van ma-wees en daarom het ek nie nou so ’n goeie verhouding met Abba Vader nie. Ek het nie eers tyd vir myself nie, so waar gaan ek tyd kry vir Abba Vader? Wanneer my kinders uit my hande is, sal ek weer tyd hê om stil te raak met die Woord.”
Wat hierdie ma eintlik sê, is dat sy in haar seisoen van ma-wees, geen Goddelike vrugte gaan dra nie, want onthou, dit is Jesus in en deur ons wat Goddelike vrugte dra en ons kry dit alleenlik deur baie tyd in SY teenwoordigheid te spandeer. Sy sal dus een van die bome in die boord wees waar die Gees van God verbygaan en geen vrugte vind nie. Behalwe dat sy as ’n vrugtelose boom in die vuur gegooi sal word om uit te brand, het sy haar kinders ’n ontsettende groot onreg aangedoen, want dit is ’n hengse onreg wat mense aan hul kinders doen as hulle grootgemaak word sonder enige Godsvrug. Hierdie kinders word vir die wêreld grootgemaak en ken nie die liefde van Jesus nie. Daarom gaan dit ook vir hulle moeilik wees om ander waarlik lief te hê. Wat ’n bose kringloop… Al hoe meer kinders gee oor aan dwelms, drank, seks en alles wat verkrygbaar is in die wêreld. Hoekom? Want hulle is geestelik honger! En hulle probeer daardie geestelike hongerte demp met allerhande gemors. Dit gaan weer terug na die ouers, want die ouers het nooit aan hierdie kinders happies Goddelike vrugte gebied nie… want hulle wou nie opofferings maak om Jesus-liefde te kry sodat hulle liefdes-tenk vol kan wees nie.
Aan die ander kant is daar ook weer kinders wat wel met Goddelike vrugte grootgemaak is, maar wat ook die wêreldse genietinge beproef op ’n sekere ouderdom. Dit kan ouers se harte breek om te aanskou… ’n mens voel as ouer dat jy jou tyd gemors het met die opvoeding van jou kind, maar laat jou kind net in Abba Vader se hande oor… en jou kind sal weer terugdraai na Abba Vader.
Doen selfondersoek voor die voete van Abba Vader dat HY aan jou kan openbaar of HY Goddelike vrugte aan jou (as boom) vind. As jy weet jy is seisoensgebonde, erken en bely dit aan Abba Vader sodat Hy jou kan lei om ’n boom te word wat diep in Hom geanker is en elke dag van die jaar Goddelike vrug sal dra. Dit maak nie saak in watse seisoen ons van ons menslike lewe is nie… al wat saakmaak is of daar Goddelike vrugte aan jou te vinde is. Ons mag nie geestelik seisoensgebonde wees nie! En ons mag nie ons menslike seisoene gebruik as ‘n verskoning hoekom ons nie vrugte dra op daardie tydstip nie.
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.” Mattheus 7:15-20
Waar kry jy jou kennis vandaan?

Mag ons die bloed van Jesus pleit?

Hierdie vals lering is ook een van die dwaalleringe waarmee ek baie jare terug deurmekaar was. Ek het in geestelike boeke gelees dat ’n mens die bloed van Jesus oor jou moet pleit vir beskerming, want as jy “covered in the blood of Jesus”, en dan kan Satan niks aan jou doen nie, want die bloed gee jou Goddelike beskerming. Vanaf die dag dat ek die stem van Abba Vder kon hoor en die Gees my gelei het wanneer ek stilraak voor die voete van Abba Vader, het die Gees van God my nog nooit gelei om die bloed van Jesus te pleit nie. En toe op ’n dag, vra God hartseer, maar tog ook reguit en streng, vir my: “Waarmee is My kinders besig? Hoekom pleit hulle die bloed van Jesus oor hulle, hulle geliefdes en hulle besittings?” Abba Vader het gesê ek moet die Bybel gaan deursoek vir ’n Skrif waarin Hy ons leer om die bloed van Jesus te pleit en dan terugkom na Hom toe met ’n antwoord. Ek het geskrik, dadelik my Bybel gegryp en begin soek. Ek het selfs my ma en vriendinne laat weet dat hulle moet help soek, maar nodeloos om te sê: Daar is geen Skrif in dei Bybel waar God ons leer om die bloed van Jesus te pleit nie. Mense gebruik weereens skrifte, ruk dit uit verband uit en gebruik dit as bewys dat ons die bloed van Jesus moet pleit.
Hoekom doen die mens dit in elkgeval? Wees eerlik met jouself… dit gaan oor Goddelike beskerming, dat daar niks slegs moet jou of met jou geliefdes moet gebeur nie. Mense gaan selfs so ver as om die bloed van Jesus oor hullle besittings te pleit… hoe kan ons dit doen, mense? Besef julle hoe hartseer maak dit vir God? Die mens misbruik die bloed van Jesus om dit te doen, veral as ons dit oor besittings pleit. Lewelose goed!! Goed met geen gevoel, geen Goddelike waarde, maar ons wil ons besittinkies so veilig as moontlik hou. Watse betekenis het jou besittings in elkgeval? Hou op om die bloed van Jesus te misbruik en goedkoop te maak.
Dan is daar ook mense wat die bloed van Jesus oor hulle kinders pleit en ja, ek is self ’n ma, so ek weet dit is ’n gerusstellende gedagte om die bloed van Jesus oor jou kleintjies te pleit en hulle te gaaan aflaai by die kleuterskool met die gemoedsrus dat hulle gedek is met die bloed van Jesus, so daar sal niks met hulle gebeur nie, maar is dit in die haak met Abba Vader dat ons dit doen? Mense “cover” hulle ouer kinders met die bloed van Jesus, maar laat hulle dan toe om na suipplekke te gaan… die ouers glo dan sy kind sal niks oorkom nie, want hy is mos bedek en word beskerm deur engle…. so al suip die kinders hoe baie, hulle sal nie in ’n ongeluk kom nie, want selfs die kar is “toegemaak” met die bloed van Jesus. Dit is uiters belaglik! Ek het al ’n ma gehoor sê dat sy nie kan verstaan dat haar kind dood kan wees nie… sy het die bloed van Jesus oor die kind gepleit, maar nogsteeds die kind na ’n wilde party laat gaan. Oppad terug is die kind in ’n motorongeluk dood… en wat was die ma se reaksie? Hoe kan dit wees, God? Hoekom het U nie my kind beskerm nie? Ek het dan die bloed oor my kind gepleit… Hoe kon U dit toelaat? So nou word God bevraagteken??? Is dit nie onregverdig en onmenslik van die mens om te dink daar is krag in sy woorde en daarom sal niks verkeerd loop nie? Dit voel seker al vir Abba Vader om hierdie mense aan die skouers te skud sodat hulle kan wakker skrik…
Abba Vader het my gewys wat in werklikheid met mense gebeur wat die bloed oor hulleself of oor ander pleit… Die mens wat dit doen, ken God nog nie, hulle het nie gemeenskap met Abba Vader nie, so hulle het geen verhouding met God nie. Hulle DINK hulle ken God, maar as hulle Hom geken het, sou hulle ook geweet het dat die mens nie die bloed van Jesus afpleit oor mense, omstandighede of goed nie. Jammer as ek op tone trap, maar dit gaan nie help om doekies om te draai nie, mense moet die Waarheid begin besef en dit in die oë begin staar dat hulle God eintlik nie ken nie, maar Hom net wil misbruik tot voordeel van hulleself. Toe ek die bloed van Jesus gepleit het, het ek gedink ek is baie heilig en dat ek God ken…. maar al wat ek eintlik geken het was rympies wat ek kon opsê… rympies om die regte woorde in die regte volgorde te sê… vir wie probeer ons nou flous? Abba Vader soek nie rympies nie en Satan lag lekker vir ons wanneer ons kwansuis geleer word om die regte woorde in die regte volgorde te sê, want daar is blykbaar “krag” in ons woorde. Watse krag? Wie se krag? Hoe kan God se krag in en deur jou werk as jy Hom nie eers ken nie? En as jy Hom nie ken nie, bly Sy Gees nie in jou hart nie en skyn jy geen Lig uit jou geeshart uit nie. As die Lig nie uit jou hart skyn nie, beteken dit jou geeshart en siel is nog pikdonker en wie baljaar in die duisternis van ons wese? Niemand anders as die werkers van ongeregtighede nie: demone! So hierdie persoon is nog nie skoongemaak deur die Lig van God nie en daarom glo hulle so maklik al die leuens wat in der waarheid van Satan af kom… en een van daardie leuens is die pleit van Jesus se bloed. Die LIG- lose mens is nog besmet met sonde en ongeregtigheid en wanneer hy die bloed van Jesus oor hom pleit, raak die bloed van Jesus “filthy blood” omdat dit meng met sy sondes. Die bloed vermeng geestelik met die besmetting van die mens en raak ’n taai tameletjie wat aan die mens vasklou. Alhoewel dit die mens bedek, beteken dit geensins dat die mens nou Goddelike beskerming het nie. Dit vorm ’n tipe laag om die mens wat keer dat die Lig van God in die mens kan begin inskyn, en as die Lig nie in ons kan inskyn nie, kan ons nie ons sondes raaksien nie. Dit is diegene wat stry en baklei oor die Waarheid … wat nie die Waarheid wil hoor of glo nie. Demone weet wat die Waarheid is, maar natuurlik moet hulle probeer keer dat die mens die Waarheid glo. Wanneer hulle die Waarheid binne die mens hoor, raak hulle mal, frustreerd en geïrriteerd en dit is hoekom duistere mense wat die Waarheid hoor, so buite hulleself kwaad kan raak en vreeslik begin argumenteer. Dit is die demone binne hulle wat hulle so laat optree. Met ander woorde, om die bloed van Jesus oor jou te pleit, “shield” jy eintlik die demone binne jou vas dat hulle nie kan uitkom nie en gaan hulle jou bitterlike irriteer en frustreer.
Die bloed van Jesus speel op ’n totaal en al ander manier ’n groot rol in ons lewens. Ons moet in die hart van God gewortel raak sodat ons die LEWE van God kan opneem en daarop kan begin leef. Een van die bestanddele van die LEWE, is die bloed van Jesus wat ons nodig het in ons geeshart. Soos ons die LEWE van God ontvang, drup die verlossende bloed van Jesus druppeltjie vir druppeltjie in ons geeshart wat weer deur ons geestelike are gepomp word om versprei te word deur ons totale wese. DIT is wat ons beskerming gee teen die bose want die LEWE is ook die LIG van God, en as die Lig in ons geesharte aangesteek word, begin die demone binne ons sidder. Hulle kan die LIG van God nie hanteer nie en dis die enigtste ding wat die demone sal laat padgee – die LIG van God! So dit is wat ons nodig het! Nie om die bloed van Jesus oor ons te pleit wat die verwoestende werkers binne ons vaskluister nie, maar die Lig, bloed en lewende water wat ons net by Abba Vader kan ontvang. En hoe ontvang ons dit? Om in afsondering by die voete van Abba Vader baie tyd deur te bring, om Woord in te neem en Abba Vader toe te laat om dit aan jou te interpreteer; om baie tyd in gebed te spandeer… nie allerhande goed van God af te smeek en versoeke te rig nie, maar om ook stil te raak as Abba Vader met jou wil praat.
As julle verskil oor die onderwerp van die pleit van Jesus se bloed, vra ek dat julle asseblief sal comment op hierdie saadjie. As daar ’n Skrif is wat jou oorreed dat dit reg is om die bloed van Jesus te pleit, vra ek asseblief dat julle daardie Skrif op die comments sit.
Is jy soos ‘n golf in die see?

Die beproewinge en versoekinge.
AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie — so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. Jakobus 1:2-8
Wat beteken hierdie Skrif vir jou? Beaam dit dalk vir jou al die ander Skrifte wat sê jy kan van God enigiets vra en Hy sal dit vir jou gee of doen? Ek het al gehoor dat mense sê jy moet vertrou en glo dat God vir jou sal gee wat jy van Hom vra en dat jy dan nie moet twyfel daaroor nie. Jy moet glo dat God wel dit vir jou sal gee. Mense soos Joyce Meyer en Joel Olsteen is sommer baie blatant oor hierdie saak: Jy is God se oogappel en daarom sal Hy vir jou alles gee wat jou hart begeer…. selfs die oop parkering naaste aan die ingang van die besige “mall”. Hoe belaglik is dit! Mense soos daardie preek dat as jy vir God gevra het wat jy wil hê, moet jy nie twyfel of Hy dit vir jou sal gee nie, want dan is jy soos ‘n golf in die see. Jy moet sommer al in die toekoms “insien” dat jy sal ontvang wat jy van Hom gevra het. En dan die ergste… as jy nie kry wat jy gevra het nie, het jy nie met genoeg geloof gevra nie! So hier kom dit weereens in: Mense wil God soos ’n “genie” gebruik soos in Alladin… as hy iets nodig het, grawe gou die Bybel vol stof onder al die ander wêreldse boeke en tydskrifte uit, vryf die stof af, maak dit oop en lees hier en daar wat hom pas. Dan het jy ’n wens…. so nadat jy vir ’n paar minute die Woord warm gelees het, kan jy jou wens bekend maak in gebed… en woeps waps… jou gebed is beantwoord en nou moet jy net glo dat die “genie” aan jou sal gee wat jy gevra het… Ek maak nie ’n bespotting van die Woord van God nie; ek maak ’n bespotting van die mens wat die leuens van Satan glo en wat God wil misbruik.
Lees asseblief die hele gedeelte van Jakobus 1. Waaroor gaan hierdie gedeelte eintlik? Is dit regtig ook een van daardie “Vra-en-kry Skrifte”? Alles behalwe, want hierdie gedeelte handel oor beproewinge in ons lewe; dit gaan oor die klippe wat God op ons pad geplaas het om ons te leer om op Hom te vertrou; om ons te suiwer van onsself sodat ons stukkie vir stukkie kan sterf aan die self. Hierdie Skrif handel GLAD NIE rondom die saak om vir God iets te vra en dat Hy op aandag moet staan om die mens te dien en bedien nie. Nee mense… julle het die kat aan die verkeerde kant beet… God is daar sodat die mens Hom moet dien, nie andersom nie. Die mens is geskep om God te verheerlik, nie sodat God die mens moet verheerlik nie. Die mens is vir God gemaak, God is nie vir die mens gemaak nie.
God plaas klippe op ons pad – nie om ons seer te maak nie en ook nie om ons te leer hoe om die klip uit die pad uit weg te toor met allerhande rympies en oorlogvoering nie… God het die klip daar geplaas sodat jy jou oë van die klip moet afhaal en jou oë op HOM moet vestig… wat beteken dat jy op HOM sal vertrou om die klip uit die pad te rol. Die mens is nie veronderstel om vir God te vertel hoe om die klip uit die pad uit weg te neem nie, maar die mens is veronderstel om die saak in die hand van God te plaas en vir Hom te sê: “Laat U wil geskied.”… en dan verder op Hom te vertrou en om te weet Hy sal die beste laat gebeur… vir die goed of die sleg… dit is God se manier om ons te help om te sterf aan die self en ons lewe stukkie vir stukkie in Sy hand te plaas.
Klippe maak van jong gelowiges, volwasse gelowiges. “The Message” sê: “Let it do its work so you become mature and well-developed, not deficient in any way.” Wanneer jy wegkyk van die klip en jou oë op Abba Vader vestig, sal Hy in en deur jou werk om Sy wil te laat geskied, maar let wel… SY wil, nie JOU wil nie! As Hy aan jou wysheid gee, is dit nie die mens wat so wonderlik is nie, maar die Gees van God binne die mens. Maar dan moet jy die saak in Abba Vader se hande los en dit nie aanhoudend wil terugvat en self probeer uitsorteer nie. Dit is wanneer jy soos ’n golf in die see is en twyfel of God regtig die klip uit die pad gaan rol. Dit is wat hierdie Skrif beteken… nie dat jy moet twyfel dat God vir jou sal gee wat jy van Hom vra nie, maar dat jy nie moet twyfel in die vermoë van God om jou te help nie… maar dan moet jy die antwoord van God aanvaar, al is dit nie wat jy wil hê nie.
Mense wat klippe self probeer uitsorteer, doen dit gewoonlik op ’n menslike wyse wat die verkeerde manier is, en daarom sal hulle hul tone ten bloede stamp teen die klippe. As hulle wel op die punt begin kom om die situasie aan Abba Vader oor te gee, twyfel hulle of Hy die probleem reg sal uitsorteer en daarom probeer hulle Hom voorskryf hoe om dit te doen. Dit is wanneer hulle hulle eie wil op Abba Vader afdwing. Hulle het nog nie genoeg geloof en vertoue in God nie en daarom twyfel hulle in Sy vermoëns en is hulle soos die golwe van die see.
Met ander woorde, wanneer is jy soos ’n golf in die see? Is dit wanneer jy vir God iets vra om vir jou te gee of om iets vir jou te doen, of om sekere situasies te laat gebeur soos wat JY dit wil hê … en om dan te glo Hy sal dit vir jou gee of doen of laat gebeur soos wat jy dit van Hom vra? Dat jy nie moet twyfel dat Hy enigiets vir jou sal doen nie? Nee, om soos ’n golf in die see te wees, beteken om na die klip in jou pad te staar en moedeloos te raak, want wanneer gaan die klippe in jou pad minder raak? Dit is om op te kyk na Abba Vader en met ’n twyfelagtige, halfhartige hart aan Abba Vader te vra: Help asseblief! Maar onderlangs wonder ons of God ons regtig sal help. Onthou net altyd… ons sien nie agter die skerms soos God nie. Ons sien nie waarmee Hy regtig besig is nie, ons sien en beleef net die hier en die nou en dit maak ons benoud. Maar dit beteken ons het nog nie in die rus van God inbeweeg nie. Dit is so belangrik dat ons in die rus van God moet inbeweeg, want dis wanneer ons verdiep in Sy liefde raak, dat Hy begin werk in ons lewens… wanneer Hy die see vir ons oopmaak, wanneer Hy berge begin versit… maar ons sien dit nie altyd dadelik gebeur nie. Gewoonlik sien ons dit eers raak nadat Hy ons deur die see gelei het…
God is ’n goeie God wat nie verander nie. Hy IS en bly altyd dieselfde. Sy planne vir jou is goed, maar dan moet jy Hom toelaat om Sy planne te volbring in jou lewe. Moenie God probeer voorskryf hoe om die plan van jou lewe te teken nie… aanvaar net die plan wat Hy alreeds geteken het. En wanneer jy die volgende klip in jou pad teëkom? Glimlag, kyk op en weet Abba Vader het ’n plan met hierdie klip… gesels met Hom oor die klip en laat Hom toe om jou gedagtes daar rondom te wysig… dit is wanneer Hy aan jou wysheid gee om die probleem te benader, Hy help jou om elke situasie uit ’n ander oogpunt te begin sien. Vertrou Hom! Wat ’n wonderlike God dien ons!
Bou ‘n altaar met klippe

Abba Vader wys my ’n altaar van klip wat ek moet skilder. Ek teken dit toe eers in my skryfboek, nog nie op ’n canvas nie. Eers het ek gedink dat ek ’n lam op die klipaltaar gaan moet skilder, maar soos die tyd aangestap het, het Abba Vader al hoe meer gepraat oor ons harte wat ons moet offer aan Hom…. nie om net met die mond te sê ek gee nou my hart aan die Here soos daar in sommige kerke geleer word nie, maar om ’n waaragtige “contrite” heart aan Abba Vader te offer. Dit beteken jy moet jou hele lewe oorgee aan Hom, jou besluite en keuses; jy moet jou geliefdes in Sy hand kan laat en met ’n opregte hart kan sê: “Laat U wil geskied – vir die goed en die sleg.”… en dan moet jy Abba Vader se planne en besluite respekteer en eer, want net Hy weet die beste. Dit beteken dat jy die beproewinge op jou pad (wat Abba Vader daar geplaas het as klippe), aanvaar en Hom toelaat om jou te omvorm deur die beproewinge. Want dit is tog hoekom Abba Vader klippe op jou pad plaas – om jou te suiwer van jouself, om jou te help om te sterf aan die self sodat jy weergebore kan word. Niemand kan weergebore word as hy nie eers sterf aan die self nie, want ’n koringkorrel moet eers in die grond val en sterf voordat dit ’n oes kan lewer. Die natuurlike mens moet eers sterf voordat die geestelike mens opgewek kan word… en dit beteken nie die dag wanneer ons fisies doodgaan nie… dit beteken om geestelik jou vleeslikheid en eie wil af te sterf. Daarvoor moet jy deur die kruis van Jesus beweeg en geestelik in die graf geplaas word waar Abba Vader vir jou ’n nuwe hart sal gee. Sonder ’n nuwe geestelike hart is jy nie waarlik gered nie. Deesdae se mense wil nie meer DEUR die kruis beweeg nie – hulle is nog bereid om ’n pad te stap tot by die kruis en om hulle sondes te bely, maar hulle wil nie DEUR die kruis beweeg nie. Pleks daarvan glo hulle die leuen dat hulle totaal verlos is omdat hulle gekniel het voor die kruis en daarom staan hulle op voor die kruis en gaan terug wêreld toe. Dit beteken hulle beland nooit in die graf nie, wat beteken hulle kry nie ’n nuwe hart nie…. wat beteken hulle bekering en wedergeboorte was vals. Hulle wil dus nie hulle kruis dra nie, maar Jesus sê in Mattheus 16:26,25:
“Toe sê Jesus vir sy dissipels: ‘As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.”
Diegene wat nie hulle kruis wil dra nie, is ook diegene wat nie die klippe op hul pad wil aanvaar as God se manier om hulle te suiwer nie. Hulle glo dat as hulle in God glo en kerk toe gaan, hulle ’n fisiese geseënde lewe sal lei sonder enige slegte goed wat in hulle lewens gebeur. Hulle glo dat as daar wel slegte goed in jou lewe gebeur, jy ’n oop teiken vir Satan is en dat dit hy is wat die slegte goed in jou lewe laat gebeur. Hulle doen oorlogvoering teen Satan om die sleg uit hulle lewe uit weg te toor, maar as daar nie beproewinge in ons lewens is nie, hoe moet God ons suiwer van onsself?
Dit is tog hoekom God die klippe op ons pad plaas… om ons te help om te sterf aan die self, om ons te help om oor te gee aan Hom, om ons te help om meer en meer op Hom te vertrou soos ons beleef dat Hy wel die klippe uit ons pad uit rol as ons dit in Sy hande plaas en Sy wil laat geskied. En hier kom die mooi gedeelte in, want elke klip wat ons oorkom deur die krag van God, wat ons in Sy bekwame hande plaas en Hom vertrou om dit uit te sorteer, word ’n klip waarmee ons ’n altaar bou. Sonder klippe, is daar geen altaar nie, en as daar nie ’n altaar is nie, kan ons ook nie aan God ’n geestelike offer gee nie, met ander woorde, as daar geen klippe is nie, kan ons nie ons harte aan God offer nie.
Abba Vader het my gevra: Wat is die belangrikste… jou offer of die altaar? Ek het bietjie gedink daaroor, en vir Abba Vader gesê ek dink tog ons offer is die belangrikste. En toe sê Abba Vader: “Nou goed, as die offer gereed is, maar daar is geen altaar nie, hoe dan gemaak? Jy het ’n altaar nodig om te offer, en daardie altaar moet eers gebou word.” Waarmee bou jy jou altaar? Gras? Stokkies? Hout? Nie een van daardie altare gaan werk nie, alleenlik ’n altaar van klip is vir God aanvaarbaar. En waar kry jy die klippe om die altaar te bou? Die altaar kan alleenlik gebou word met die klippe wat Abba Vader op jou pad geplaas het, en eers as jy die klip in Sy hande kon oorhandig en Sy wil aanvaar, word hierdie klip ’n deel van die altaar. Elke klip op ons pad leer ons iets omtrent onsself… dit wys ons sondes en verkeerde denkwyses aan ons uit, dit wys ons swak punte en ons goeie punte, so dit help ons om stukkie vir stukkie te sterf aan die self. Dit help ons om skoon te maak en ons te omvorm na die wil van God. So, hoe meer klippe jy oorkom deur die krag van God, hoe meer vorder die bouwerk aan jou altaar. Maar as jy die klippe gaan probeer vryspring deur dit te probeer wegbid uit jou lewe uit, word dit nie ’n klip van jou altaar nie en bou jy dus nie aan jou altaar nie. Sien julle die leuen daarin om oorlogvoering teen Satan te probeer uitrig? Jy doen jouself skade aan deurdat jy nie omvorm word na die wil van God nie; jy is nie besig om ’n altaar vir God te bou sodat jy jou hart aan Hom kan offer nie.
Aanvaar die beproewinge in jou lewe as God se plan en doel met jou lewe, sien die goed daarin raak en raak ontslae van die sleg in jouself. Is jy besig om te bou aan jou altaar vir God sodat jy jou hart aan Hom kan offer? Is jy bereid om die klippe op jou pad te aanvaar as God se plan vir jou lewe sodat Hy aan jou ’n ware, ewige toekoms kan gee? Want God wil vir elkeen van Sy kinders ’n goeie en hoopvolle toekoms gee, wat beteken die ewigheid saam met Hom in Sy Koninkryk, maar ons kan alleenlik die Koninkryk binnegaan as ons nuwe skepsele is, met ander woorde as ons wedergebore is, en deel van die proses is om jou hart aan God te offer. Maar hoe ver is jy gebou aan jou altaar van klip?
Duister na LIG 1
Audio – Om die Audio te luister oor die Inleiding van die boek “Duister na Lig”, kliek asseblief op die volgende link:
Die lering oor die twee verskillende toestande het Abba Vader my geleer deur vir my ’n baie lang, reguit lyn op papier te wys wat van links na regs strek. Reg in die middel van die lyn is ’n kruis wat die skeiding aandui tussen die regter- en linkerkant; daar is ’n baie groot verskil tussen die twee kante! Die totale gedeelte aan die linkerkant van die kruis is swart en in duisternis gehul, waarteenoor die totale gedeelte aan die regterkant van die kruis, lig en helderkleurig is soos die kleure van ’n reënboog.
Abba Vader verduidelik dat daar twee geestelike toestande is wat nie met die blote oog gesien kan word nie, en word van mekaar geskei deur die kruis. Daar is die duistere toestand aan die linkerkant van die kruis, en die Lig-toestand aan die regterkant van die kruis.
Abba Vader wys my daarop dat die beginpunt van die lyn aan die linkerkant die begin van lewe in die wêreld aandui, en dat die duistere tydperk verloop tot by die kruis van Jesus. Direk na die kruis van Jesus, begin ’n “nuwe” tydperk wat in Lig gehul is. Die kruis is dus die skeiding tussen duisternis en Lig.
Dink nou eers ’n bietjie oor die prentjie wat ek nou geskets het… Hoe verstaan jy hierdie prentjie? Ek het dadelik met my menslike brein gedink dat die duistere toestand, aan die linkerkant van die kruis, die ou Testamentiese tyd is en dat die Lig-toestand, aan die regterkant van die kruis, die Nuwe Testamentiese tyd is. As jy ook so daaraan gedink het, is ons albei verkeerd, want Abba Vader wys dat die oorgrote meerderheid van vandag se mense nogsteeds in die duistere gedeelte vasgevang is. Hoe kan dit wees? As Jesus gesterf het, is almal mos veronderstel om in die Lig-toestand te wees wat mos die nuwe tydperk aandui… Hoe kan die oorgrote meerderheid van mense dan nogsteeds vasgevang wees in die duistere toestand? Ek vertel deur die loop van hierdie kort boekie hoe Abba vader my geleer en onderrig het oor die verskillende toestande…
Stille, sagmoedige gees van ‘n vrou

“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” 1 Petrus 3:3-4 (AFR33/53)
Op ’n dag wys Abba Vader vir my ’n ontstellende prentjie: Jesus stap met Sy volgelinge op die stowwerige, klipperige, wit pad. Die vrouens het niks “fancy” aan nie en hulle voete is vol stof, maar dit pla hulle glad nie, want hulle is nie ingestel op hulleself nie, net op Jesus. Hulle klere word vuil en vol stof wanneer hulle kniel by die voete van Jesus, maar dit kan hulle ook nie pla nie. Langs die pad staan’n paar vrouens wat uitgedos is in die beste, duurste uitrustings met vreeslike hoë hakskoene. My fokus het op hulle skoene stilgeraak en ek het begin wonder hoe ’n mens op die pad agter Jesus kan aanstap met sulke skoene. Hulle gaan baie swaarkry op die pad, want hulle gaan OF hulle skoene moet uittrek en agterlaat, OF Jesus nie volg op Sy pad nie. Die “grand” vrouens het die kaalvoetvrouens aangegaap met hulle hande oor hulle monde van verbasing. Hulle kon nie glo hierdie kaalvoetvrouens gee nie om om so vuil te word op die stofpad nie. Maar weet julle – die stowwerige vrouens lyk maar net vir die wêreld stowwerig, maar hulle het die voorreg om elke dag te kniel voor die voete van die groot almagtige Koning. Hulle ervaar elke dag die liefde wat uit Jesus uitvloei en daarom het hulle nie nodig om te klee vir aanvaarding van die wêreld nie. Hulle weet wie hulle is en aan wie hulle behoort. Hulle het tot die besef gekom dat dit nutteloos is om opgetof langs die pad te staan op soek na komplimente en aanvaarding. Hulle het die voorreg dat Jesus elke dag hulle stowwerige voete was en hulle elke dag opnuut klee met klere uit Sy hemelkas.
Daardie dag het ek besluit ek is klaar met die modes van hierdie wêreld, ek gaan beslis nie dat modegiere en hoëhakskoene tussen my en God staan nie. Nie een van ons het mooi skoene, klere of behangsels nodig in ons lewenswandel saam met Jesus nie. Ek sê nie hoëhakskoene is ’n euwel nie, maar dis wel ’n euwel as ons weier om dit uit te trek om Jesus te volg. Dis ’n euwel as dit tussen ons en Jesus staan en dis ’n euwel as jy op jou hoëhakskoene die res van die mense uit die hoogte aanstaar en ’n hand voor jou mond hou, want “kyk hoe lyk daardie mense…”
Dit wat in ons geeshart gebeur, werk vanuit ons geeshart na ons siel, wat weer op sy beurt oorspoel na die liggaam, met ander woorde, alles wat in ons gees gebeur, spoel op sy beurt weer oor na ons siel en dan na ons liggaam. Die verandering in ons gees, sal mettertyd weerspieël in ons siel en liggaam. Net so sal ons nuwe bekleding van ons gees, deur Jehova Tsidkenu, op sy tyd deurspoel na ons manier van dink en doen, asook ons fisiese manier van klee.
Daar is niks mee fout as ons mooi aantrek en onsself versorg nie, maar waar die probleem wel inkom, is tot watter mate ons optof en ook wat die motief is daaragter… Wat is ons beweegrede? Is dit om goed of beter oor onsself te voel? Is dit om gekomplimenteer te word? Is dit om eer van die wêreld te ontvang? Die ergste van alles – Is dit om aandag te trek en mense twee keer te laat kyk, veral om mans se oog te vang?
Onder gebed wys Abba Vader vir my die mooiste, sagste pienk blom en vra ek moet die blom aan Hom beskryf. Die eerste woord wat by my opgekom het, was die woord “sag”. Daardie blom het vir my alles wat mooi, sagmoedig, liefdevol, vredevol en vroulik is, verteenwoordig. Abba Vader gee toe vir my 1 Petrus 3 om te gaan lees en sê Hy wil graag hê Sy vrouens op aarde moet soos hierdie blom lyk en dit verteenwoordig…
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” 1 Petrus 3:3-4 (AFR33/53)
“Wanneer is ’n vrou regtig mooi? Vir ’n Christen sit skoonheid nie aan die buitekant nie, maar dit kom van binne. Moenie julle te veel daaroor bekommer of julle klere in die mode is en julle hare pragtig versorg is nie. Mooi juweliersware is ook nie nodig om julle mooi te maak nie. Nee, ’n vrou se eintlike skoonheid kom van binne af. Hoe mooi is dit nie as ’n vrou sag en vriendelik optree nie. Of ’n vrou nou oud of jonk is, hierdie soort mooiheid kan jy nie van haar af wegvat nie. In God se oë is dit die kosbaarste juwele wat ’n vrou kan dra.” (DB)
Ek is jammer oor wat ek nou gaan sê, maar dis die reine waarheid… Ek is ook ’n vrou, so ek wys nie vinger na ander nie, maar ek hoop dat elke vrou wat hier lees, selfondersoek sal gaan doen. Vanaf Eva se tyd is dit so maklik vir die vrou om die man te verlei – om hom agter haar aan te lei die sonde in en om haar gode te dien. Onthou net, mans verloor half kop as hy ’n mooi vrou sien, veral as sy nog sensueel geklee is daarby. Sommige mans het al mooi geleer – hulle kyk eerder weg as hulle so ‘n vrou sien, maar daar is mans wat nie hulle oë in toom kan hou nie. Ongelukkig is daar te veel vrouens wat versot daarop is om mans se koppe te laat draai. Dit laat die vrou beter voel oor haarself, dit doen iets binne haar, dit voed ook seker haar honger gees, maar dit is ’n bose daad uit die pit van die hel! Mans is swak as dit by vrouens kom, want hulle sien net een ding… soveel mans loop nie agter ’n mooi vrou aan vir hoe sy lyk nie, maar vir dit wat sy hom kan bied – of dit seksueel van aard is en of sy vir hom ’n trofee is om hom beter oor homself te laat voel… Ek weet alle mans is nie so nie, daar is egter min wat uitloklike vrouens kan teëstaan en ’n doelbewuste besluit maak dat ’n vrou hom nie sal mislei nie. Daar is vrouens wat die vermoë het om mans se fokus weg te vat van God en hulle werk vir God – hierdie vrouens doen die werke van Satan! Dit is in teenstelling met wat God van ons vrouens vra! Hy vra van ons ’n sagte, stille en sagmoedige gees wat nie mans uitlok met die uiterlike nie, maar wat mooi van binne is. Ons kan dit alleenlik by Abba Vader ontvang; alleenlik Hy kan ons omvorm in die mooi, sagte, pienk blom. ’n Vrou by die voete van die Meester gaan beslis nie uitloklik aantrek nie, dit is so in teenstelling…
“…want ’n mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie.” Mattheus 7:16 (AFR33/53)
God duld nie goed wat in teenstelling met mekaar is nie, want hy duld nie lig en duisternis wat vermeng word met mekaar nie – dit is presies wat satan wil hê, nie God nie. Ek was gekonfronteer met die argument dat ’n vrou se voorkoms en die manier waarop sy aantrek, niks met haar hart te doen het nie, maar as ek die Bybel lees en ek let op dit wat Abba Vader my leer, kan ek geensins daarmee saamstem nie! ’n Boom word geken aan sy vrugte! As ’n boom gewortel is in God, gaan hy vrug dra wat God verheerlik – die vrou wat gewortel is in God, sal klee om God te verheerlik.
“Julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” 1 Korinthiërs 6:20 (AFR33/53)
As ons hart, siel en gees aan God uitverkoop is, gaan ons klee volgens ons hart om God te behaag en nie om die mens se oë te behaag nie; ons gaan WIL lyk soos die pienk blom. Ek oordeel geen vrou oor haar kleding nie, maar deur die kleding van ’n vrou oordeel sy haarself. Ons liggaam is ’n tempel van die Heilige Gees, dit huisves die Gees van God en ons liggaam behoort nie aan onsself nie. As die Gees van God binne ons woonbaar is, gaan ons gewete ons aankla wanneer ons klee om die fokus op ons liggame te plaas, want dan verheerlik ons God beslis nie. Daarom moet en sal ons klee met die oog op Jesus, om Hom te verheerlik deur ons liggaam, nie om ons eie liggame te verheerlik nie. As ons beweer ons behoort aan God, maar tog uitloklik klee, is ons besig om onsself te flous. As ons harte deur God verander is, as ons deur Jehova Tsidkenu die kleed van geregtigheid ontvang het, gaan ons in elk geval geen behoefte hê om te klee met die doel om koppe te laat draai nie! Ons gaan geen behoefte hê om mans te verlei nie, en as ons dit wel doen met die punt om mans te laat struikel, gaan ons moet verduidelik eendag…
As ons mooi aantrek en ons behang met versiersels met die doel om mooi te lyk aan die buitekant, wat gaan aan in ons binnekant? Ek sê weereens: Ek wys vinger na niemand, want ek het ook deur hierdie proses gegaan, so ek weet! Ons plaas die fokus op die buitekant sodat ander nie moet fokus op ons harte nie…. laat hulle eerder ons buitekant bewonder en nie loer wat aangaan in ons hart nie. As ons klee om raakgesien te word, doen ons dit om aanvaar en gekomplimenteer te word, maar niemand op aarde kan vir ons die aanvaarding gee wat ons nodig het nie. En wie se aanvaarding wil ons regtig hê? Die mens s’n, of God s’n?
Wanneer ons geestelike klere van God ontvang, gaan ons nie meer WIL klee om ander te beïndruk nie, want as ons ons harte aan die enigste Geneesheer gee en Hy dit heelmaak, gaan ons self begin fokus op wat in ons hart aangaan en nie meer fokus op ons buitekant nie. Jehova Tsidkenu maak ons so vol van binne, Hy voldoen in al ons behoeftes, soos liefde en aanvaarding, dat ons nie nodig het om dit in die wêreld te soek nie. Ons hoef nie meer onsself te verkoop aan die wêreld nie, want ons is uitverkoop aan Jesus Christus en Hy verander ons van binne af buitentoe. Hy klee ons met Homself wat liefde, vrede, vreugde en sagmoedigheid uitstraal – dan eers kan ons die pienk blom verteenwoordig wat God van ons verwag.
“Verder het die Here gesê: ‘Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel, daarom sal die Here die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die Here sal hulle skaamte ontbloot. In die dag sal die Here wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies; die oorversiersels en die armbande en die sluiers, die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reuklflessies en die towermiddels; die vingerringe en die neusringe; die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies; die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels. Dan sal daar in plaas van ‘n balsemgeur mufheid wees, en in plaas van ’n gordel ’n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ’n pronkgewaad ’n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid’.”
Jesaja 13:16-24 (AFR33/53)
Mag ons as vrouens klee om God te verheerlik met ons liggame en nie om eer aan onsself te bring nie! Mag ons kniel voor die voete van Jesus sodat Hy ons kan skoonwas van binne sodat ons nie meer ons harte sal probeer wegsteek deur die fokus te plaas op die uiterlike nie. Mag ons bereid wees om die juwele, handsakkies, reukwerk, mooi klere en hoëhakskoene eenkant te plaas sodat ons die stowwerige, wit grondpad sal aandurf saam met Jesus. Mag ons oorgee aan God dat Sy saad binne ons sal begin groei sodat ons kan begin blom na buite met ’n stille, sagmoedige gees. Mag God ons krag en sterkte gee om nie te fokus op die toeskouers wat ons met verbasing aangaap nie, maar om altyd ons fokus op Jesus te hou en om eerder te bid dat Abba Vader aan die toeskouers ’n hongerte en brandende begeerte na Hom sal gee.
“What matters is not your outer appearance – the styling of your hair, the jewelry you wear, the cut of your clothes – but your inner disposition.” 1 Peter 3:3,4 (MSG)
Toekoms “audio”

Hartklop liedjie
Hartklop… Hannes van der Walt
Wat beteken “Toekoms” vir jou?

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.” Jeremia 29:11
Soos ek werk aan die skryf van die boeke, dink ek so diep aan elke Skrif wat Abba Vader al as bevestiging gegee het en Jeremia 29:11 is een van daardie verse. En weer besef ek hoe verkeerd verstaan ons hierdie Skrif, veral jong gelowiges… die meeste van ons lees hierdie vers en dink: Wow, ja, God beplan vir ons net die goeie en ’n mooi toekoms sodat alles kan goedgaan in ons lewens, maar is dit regtig wat God met hierdie Skrif bedoel? Dink so bietjie dieper aan hierdie Skrif… Wat beteken dit as God praat van ’n toekoms? Praat Hy van ons fisiese toekoms? Wat is vir God die belangrikste? Ons lewe op aarde of die hiernamaals? Elkeen se doen en late op aarde beplan sy hiernamaals; keuses wat ons maak… gehoorsaam ons die vlees of gehoorsaam ons God? Verafgod ons ons aardse goed of is ons gefokus op Abba Vader en Sy werk in en deur ons? As ons gefokus is op die aardse goed, sien ons die “toekoms” uit wêreldse oë en dink ons aan ons fisiese toekoms op aarde. Dan sien ons net vrede, en geen onheil nie; ons sien seëninge uit God se hand wat ons kan geniet op aarde, wat ons lewe vir ons makliker kan maak op aarde, maar is dit regtig hoe God dit sien? Kom ons kyk eers hoe interpreteer die wêreld hierdie Skrif…
“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.” Jeremia 29:11
Die wêreld kyk met begeerlike oë na hierdie Skrif en sien dit dat God vir Sy kinders ’n geseënde, voorspoedige lewe op aarde wil gee… want dit is hoe die mens dit WIL sien. Die wêreld is absoluut mal oor hierdie teksvers en hulle haal dit graag aan om die self en ander moed in te praat vir die toekoms en dat dit net beter sal gaan… Maar Jesus sê in die Woord dat hoe nader ons aan die eindtyd kom, hoe slegter sal dit gaan op aarde… Die wêreld leer ons dat God aan ons net die goeie wil gee, dus mag ons Hom ook vir enigiets vra. Ons moet tot Hom bid en Hom vra wat ons harte begeer, ons mag Hom dus versoek… (Lees ook gerus die Saadjie: https://sonneblomsaadjies.com/2018/11/13/wat-vra-ons-van-god/) Maar hoekom staan daar in die gebooie van God dat ons Hom nie mag versoek nie? Die wêreld gebruik ook die Skrif in Lukas 11 wat sê as ’n kind vir sy pa ’n brood vra, sal die pa nie aan hom ’n klip gee nie… Net soos ’n pa die goeie aan sy kind wil gee, net so wil God vir Sy kinders ook die goeie gee, maar weereens… is God gefokus gerig op ons vleeslike toestand of op ons geestelike toestand? Mense wat God se goedheid wil misbruik, maak van Hom hulle “genie” soos in die storie, Aladdin. Hulle vryf die towerketel tot hy lekker warm is en dan verskyn die “genie” aan hulle wat vir hulle alles sal gee wat hulle vereies of wat hulle by Hom afsmeek. Dink julle regtig ons kan God so manipuleer? Dink julle regtig ons kan woorde spreek en dat ons woorde soveel krag dra dat dit sal uitgaan en doen wat ons gespreek het? As jy dit glo glo, is jy ’n god! Met ander woorde, jy stel jouself gelyk aan God. Dit is ook die mense wat glo hulle is reflekteer die beeld van God en daarom kan hulle ook sommer god speel op aarde. Alles wat hulle doen is kragtig en alles wat hulle sê, dra krag… Van een ding is ek seker: Ek wil nie een van hierdie gode wees die dag as God Sy kinders kom haal nie, want ek wil nie voor die almagtige God staan en verduidelik hoekom ek myself so hoog geag het nie. Geen mens is God nie, geen mens het dieselfde krag as God nie, geen mens het kragtige woorde nie en die wat wel het, is demonies van aard. Dit is die mense wat soos God wil wees, maar almal wat soos God wil wees, sal tot ’n val kom net soos Eva tot ’n val gekom het… die slang het haar gevra of sy soos God wil wees en daarvoor moet sy net van die vrug van die verbode boom eet. Sy wou graag soos God wees, sy wou gelykstaande aan God wees en daarom het sy gevoed op die verbode vrug. Soveel mense vandag stel hulleself ook gelyk aan God, met ander woorde, hulle voed op die vrug van die verbode boom, hulle eet alles vir soetkoek op wat Satan hulle voorhou… Hulle glo die leuens van Satan!
Ek het nou bietjie van die punt afgedwaal, so om terug te kom na die Skrif van Jer 29:11: God het nie hierdie teksvers gegee dat dit op toepassing moet wees vir ons fisiese toekoms nie! As God praat van ’n toekoms, sien Hy die groter prentjie, en wanneer Hy die groter prentjie sien, is ons lewe op aarde net ’n spikkeltjie. Wat van belang is, is ons lewe ná ons aardse lewe… ons ewigheid! DIT is ons toekoms! Nie ons wêreldse, vleeslike toekoms op aarde nie! Ek was geskok om te sien hoe soveel welbekende leraars nie hierdie Waarheid van God ken nie, maar dat hulle die leuen van Satan versprei dat God vir ons op aarde ’n hoopvolle toekoms wil gee… en dan las hulle daarby dat dit die rede is hoekom die mens enigiets van God mag vra. Die mens MAG enigiets van God vra, want God WIL dit vir die mens gee. Om die saak nog erger te maak, skryf hierdie leraars dat ons nie sal ontvang as ons nie vra nie… hulle ruk die Woord van God heeltemal uit verband uit om hulle skewe, valse, bose teologie te staaf. Wanneer die Woord sê: “Julle ontvang nie, want julle vra nie…” gaan dit geensins om wêreldse begeerlikhede te bevredig nie. Net soos met die droogte van die land… die mens glo hy moet God smeek dat dit sal kom reën oor die droë dele van die land, dat God na hom as mens sal luister en in sy versoeke sal voldoen. Maar wie is die bepaler van alles op aarde? Die mens wat God so versoek, het geen respek vir God en Sy planne nie. Hulle aanvaar nie die wil van God nie, maar probeer hulle eie wil op God afdwing. Weet die mens regtig beter as God? https://sonneblomsaadjies.com/2018/11/12/hoe-versoek-ons-god/
In die tyd wat Abba Vader hierdie saak met my deurgewerk het, het Hy pertinent 1 Petrus 1 gegee om te lees. Bestudeer asseblief op jou eie tyd ook daardie hoofstuk. Dan sal jy sien dat die mens in staat is om tot wedergeboorte te kom deurdat Jesus gesterf het aan die kruis. As Jesus nie gesterf het aan die kruis nie, was die Gees van God nooit vrygestel nie en sonder die Gees van God, kan die mens nie tot wedergeboorte kom nie. Wedergeboorte sonder die Gees van God is vals wedergeboorte en die meeste mense in kerke is vasgevang in vals wedergeboorte…
Wedergeboorte is aan die kinders van God geskenk deur die gehoorsaamheid van Jesus. Voordat ons tot ware wedergeboorte kom, is ons nog onegte kinders van God… onegte kinders is hulle wat nie die Gees van God in hulle geesharte het nie, maar beweer om weergebore te wees. Onthou net, ons word nie die gebore met die Gees van God werkend in ons harte nie (Saadjie: https://sonneblomsaadjies.com/2018/10/15/liggaam-siel-en-gees/), ons ontvang ook nie die Gees van God omdat ons kerk toe gaan, godsdienstig is, gedoop is as baba of as grootmens nie. Ons ontvang ook nie die Gees van God omdat ons ’n gebed agter iemand aanbid en met die mond bely om ons harte aan God te offer nie; nog minder ontvang ons die Gees van God wanneer iemand anders dit oor ons afbid of ons die hande oplê nie… onthou net altyd… daar is ’n vals heilige gees ook wat afkomstig is van Satan.
Met ander woorde, voordat ons tot WARE wedergeboorte kom, het ons nie die Gees van God in ons harte nie, wat ons onegte kinders van God maak. Ons is dan nog nie ingeënt op die ware olyfboom nie, maar nog deel van ons vleeslike, fisiese stamboom. Ons tree nog vleeslik op en stry en baklei om wêreldse dinge te bekom… kyk net hoe stry en baklei familielede onder mekaar as dit by die saak van hulle erfporsie kom… Om ’n wêreldse erfporsie te ontvang, is geensins so belangrik as om jou geestelike erfporsie te ontvang nie, en hierdie geestelike erfporsie is ons ware toekoms saam met Abba Vader wat ons sal ontvang wanneer ons afgesny is van ons vleeslike stamboom en ingeënt is in die olyfboom.
Wanneer ons weergebore word en die Gees van God dwell in ons geesharte, reflekteer ons die beeld van God en ontvang ons ’n onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemele vir ons bewaar word. (1 Petr 1: ) Dit beteken egter nie dat ons ’n rooskleurige toekoms op aarde gaan hê nie, want God sal al Sy kinders beproef… Hy toets Sy kinders om vas te stel wie egte en wie onegte kinders van Hom is. Die onegte kinders (hulle wat met die mond beweer om wedergebore te wees) sal nie hou van die beproewinge op hulle pad nie, want dit is diegene wat God aanbid sodat dit beter in hulle lewens moet gaan… hulle aanbid God dus om iets daaruit te kan kry en nie uit liefde vir Abba Vader nie. Hulle glo dus die leuens van die wêreld dat as jy glo in God, Hy aan jou ’n goeie en hoopvolle (wêreldse) toekoms wil gee en daarom kan jy vir Hom vra net wat jy wil hê… As jy nie vra nie, gaan jy nie ook ontvang nie… dit is so lagwekkend… Gaan God regtig vir hulle gee wat hulle wil hê en dit wat hulle van Hom versoek? Gaan God regtig so met Hom laat speel?
Diegene wat waarlik die self afgesterf het en waarlik tot wedergeboorte gekom het, volg Jesus nie vir seën en voorspoed nie. As hulle getoets word met beproewinge op hulle pad, raak hulle nie kwaad vir God nie, maar aanvaar hulle dat hulle gesuiwer moet word. Hulle aanvaar die beproewinge as die heiligmakingsproses, want God sê in 1 Petr 1 dat Hy heilig is, en daarom moet ons ook heilig wees. Ons kan nie heilig wees sonder God se heiligmakingsproses nie, en dit beteken dat daar dinge in ons lewe gaan gebeur wat moeilik en “sleg” is, met ander woorde, dit maak nie ons wêreldse toekoms altyd so maklik nie. Boonop is daar verwerping van die wêreld se kant af, veroordeling en moddergooiery, selfs vanaf familie. Dit is Abba Vader se manier om ons te leer en ons sterker te maak. Dan weet God ons volg Hom nie vir wêreldse geluk en voorspoed nie, maar vir wie Hy is.
Godsdiens laat glo die mens dat hulle ’n hoopvolle en goeie toekoms op aarde sal hê, maar so by so weerhou hierdie bose godsdiens die mens se ewige erfenis van hom, want godsdiens maak dat die mens glo hy is gered en verlos deur die rituele wat hy gehoorsaam… so daar is geen hoopvolle toekoms vir godsdienstige mense nie. Godsdiens met al sy rituele maak dat die mens wat vasgevang is hierin, nie die ewigheid saam met God sal kan ingaan nie. Godsdienstiges wat die beker opneem en die brood eet in die kerk tydens nagmaal, het gemeenskap met duiwels en nie met Abba Vader nie. Dis omdat dit net ’n liggaamlike ritueel is, dit het niks met die geeshart van die mens te doen nie. As hulle nie waarlik weergebore is en die Gees van God in hulle geesharte het nie, kan hulle nie gemeenskap met Abba Vader hê nie, so met wie het hulle dan anders gemeenskap as met die duiwel? Nagmaal is eintlik veronderstel om “holy communion” met God te wees, met ander woorde, ’n hegte band en verhouding met Abba Vader is baie belangriker as die ritueel van wyn drink en brood eet. Nog ’n godsdienstige gruwel, is die doop van babas… Mense offer hulle kinders onwetend aan Molek wanneer hulle hulle laat doop as babas. Godsdiens! Wat ’n gruwel in God se oë! Dit hou die mens weg van Hom af, dit weerhou ook die mens om God waarlik te soek en Hom te vind, om Hom te leer ken, want hulle glo deur hulle godsdiens dat hulle God ken, maar al die tyd weerhou dit die mens van ’n goeie toekoms wat God vir die mens bepaal. ’n Hoopvolle toekoms is alleenlik vergkrygbaar as ons wegbreek van die aangeleerde tradisie, godsdiens en vals leringe soos die sny van bloedlynvloeke, want al hierdie goed is maar net ’n ‘kitsmanier’ waardeur mense ’n goeie vleeslike toekoms probeer verkry.
Ons kan alleenlik die ewige toekoms instap as ons die beeld van God reflekteer, wat eers kan gebeur as ons die self en vleeslike begeertes afgesterf het; wanneer ons die vyand se versoekinge kan teëstaan deur die Gees van God, en ons hart en lewens in die hande van Abba Vader is… wanneer ons leef na SY wil. Alleenlik dan is ons besig om te werk aan ons toekoms. Ons kan niks DOEN om dit te verdien nie, so godsdiens en rituele beteken niks… ons moet GLO in God-Drie-Enig, gemeenskap met Hom hê, dus gekonnekteer wees aan Hom en dan eers sal ons Sy wil vir ons lewens aanvaar – vir die goed en die sleg. Dit is wanneer ons kan sê:
Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
Habakuk 3:17,18
As julle die saadjie https://sonneblomsaadjies.com/lewensboeke/ lees, sal julle sien dat Abba Vader vir my Jeremia 29:11 gegee het toe Hy vir my gewys het dat die Goddelike Lewensboek wat Hy oor ons lewe geskryf het, verskil van die lewensverhale wat ons oor ons eie lewe skryf. Dit verskil in die opsig dat daar slegte goed is wat in ons lewe gebeur (wat opgeskryf staan in ons eie lewensverhale), maar hierdie gebeure is nie opgeskryf in die Lewensboek wat God oor ons geskryf het nie. Ek kon dit nie verstaan nie en toe sê Abba Vader dit is omdat Hy vir ons net die goeie beplan. Menslik gesproke beteken dit vir ons dat God vir ons niks negatiefs beplan het nie, maar as elkeen sy Goddelike Lewensboek kon sien, sou jy gesien het dat God tog in elkeen se Lewensboek omstandighede en situasies beplan het wat ons as “sleg” ervaar. Dis net die mens wat dit as “sleg” sien, maar God se plan was nie om ons aspris seer te maak deur hierdie moeilike omstandighede nie. Hy het dit vir ons beplan om ons geloof te toets, om te sien of ons Hom gaan volg net om die goeie te kan ontvang; Hy toets ons om ons liefde vir Hom vas te stel, ons getrouheid aan Hom. Dit is die beproewinge in ons lewe en wanneer ons daardeur gaan, suiwer dit ons van onsself sodat ons hegter gekoppel kan wees aan Abba Vader. Wanneer ons so gekonnekteer raak aan Abba Vader, verseker Hy ons van ’n goeie toekoms in die hemel.
Our suffering is light and temporary and is producing for us an eternal glory that is greater than anything we can imagine. We don’t look for things that can be seen but for things that can’t be seen. Things that can be seen are only temporary. But things that can’t be seen last forever.
2 Corinthians 4:17,18 (GW)
Skyn soos ‘n ster

“…al bly julle tussen mense wat korrup en sonder gewete is… juis tussen hulle moet julle soos helder ligte in ’n donker wêreld skyn. Vir hierdie mense in die geestelike donker moet julle van Christus vertel sodat hulle ook die ware lewe kan kry. Filippense 2:15 (DB)
Op ’n tyd het Abba Vader vir my ’n ontstellende visioen gewys wat my baie hartseer gemaak het: Onder gebed het Abba Vader my op ’n tipe platform laat staan wat baie hoog in die hemelruim was en dis asof ek kon afkyk op die aarde. Die aarde was swart en chaoties en daar was baie bloed wat gevloei het oor die aarde soos die mense mekaar fisies en emosioneel vermoor. Dit het my laat dink aan ‘n miernes soos die mense krioel en ywer vir hulleself. Wat my opgeval het, is dat daar sterretjies was – nie baie nie, maar die paar helder sterretjies, wat wel daar was, het rustig rondbeweeg. Hulle beweeg dan na flouer sterretjies en probeer hulle flou vlammetjies weer aan die gang kry sodat hulle soos helder sterretjies kan skitter en blink. Wanneer die flou sterretjie weer helder skyn, gaan hy weer op sy beurt om ander flou sterretjies te help skyn. Wat hartseer is, is dat sommige flou sterretjies, wat besoek word deur ’n helder ster, die keuse maak om weg te beweeg en dan word sy skynsel nog flouer. Dan sien ek twee groot vingers wat hierdie flou ster se liggie uitdoof en die uitgedoofde ster val op ’n hoop ander uitgedoofde sterre. Oral op die aarde is massiewe hope uitgedoofde sterre – dit is ’n droewige gesig. Abba Vader sê ek moet let op die kerke en ek fokus toe op al die plekke met kerktorings – baie mooi en indrukwekkende plekke, maar daar is baie min kerke waar ek sterretjies sien skyn; inteendeel, daar is eerder grys-swart rook wat vanuit die meeste kerke opstyg. Abba Vader gee Jeremia 13 om te gaan lees.
“…Then I said, listen. Listen carefully: ‘Don’t stay stuck in your ways! It’s God’s Message we’re dealing with here. LET YOUR LIVES GLOW BRIGHT BEFORE GOD BEFORE HE TURNS OUT THE LIGHTS, before you trip and fall on the dark mountain paths. THE LIGHT YOU TOOK FOR GRANTED WILL GO OUT AND THE WORLD WILL TURN BLACK! If you people won’t listen, I’ll go off by myself and weep over you, weep because of your stubborn arrogance, bitter, bitter tears, rivers of tears from My eyes…” Jeremiah 13:15,16 (MSG)
“Die lig van die slegte mense sal doodgaan. Hulle vlammetjies sal nie meer brand nie…” Job 18:5 (DB)
Ek kyk weer na die hope uitgedoofde sterre en vra hartseer vir Abba Vader of ons nie hierdie uitgedoofde sterre mag help nie? Hy antwoord dat ons onder geen omstandighede die uitgedoofde sterre weer aan die brand mag probeer steek nie. Ek verstaan nie, want Jesus het dan op aarde na die sondaars gegaan en hulle gered, maar Abba Vader antwoord streng: “Julle is nie Jesus nie! Laat die dooies die dooies begrawe!” Ons mag alleenlik na die flou liggies beweeg, hulle bemoedig en probeer help, maar as ons gestuur word na mense wie se liggies besig is om uit te brand en hulle wil nie luister of ag gee nie, draai om en skud die stof van jou voete af.
“As iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.” Mattheus 10:14 (AFR33/53)
Diegene wat die keuse maak om hulle rug op die Waarheid te draai, is die liggies wat God totaal en al gaan uitdoof. Dit is liggies wat uit hulle eie hart ’n lig probeer skyn, met ander woorde, hulle wat deur dooie werke of eie-geregtigheid verlossing probeer bekom en nie die verlossing wat Jesus ons gee, aanvaar nie. Hulle vlammetjies is kunsmatig – kunsmatige, godsdienstige, flou vlammetjies. Hulle skyn nie vanuit hulle harte nie, alleenlik hulle dop is aan die brand. Hierdie sterre is nie in die wentelbaan waar God hulle geplaas het nie…
“…maar verdwaalde sterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.”
“…they are lost stars in outer space on their way to the black hole.” Judas 1:13
God hou nie van ’n vermenging van lig en duisternis nie, veral nie in ons harte nie. Duisternis in die hart word veroorsaak deur sonde en kan van ’n eens helder skynende ster ’n baie flou sterretjie maak totdat die lig totaal uitgedoof word en die eens skynende ster op die hoop uitgedoofde sterre beland. God kan van die helder skynende sterre na die flouer sterretjies stuur om hulle bewus te maak van die duisternis wat besig is om hulle oor te neem, en wanneer die flou sterretjie sy sonde raaksien, dit bely aan Abba Vader en sy rug daarop draai, kan die sterretjie weer ’n gesonde gloed ontwikkel. Trots en hoogmoed is ongelukkig een van die grootste redes dat flou sterre nie die duisternis in hulleself raaksien nie, dat hulle nie hulle sondes aan God bely nie en later totaal uitgedoof word. In Openbaring 2:2-5 sê God dat Hy raaksien al die werke wat die mens doen, maar tog het die mense hulle eerste Liefde verlaat. Hulle is nie meer so lojaal en liefdevol teenoor Abba Vader nie. God waarsku dat as die mens nie sy gesindheid en optrede gaan verander nie, gaan God sy liggie uitdoof!
“Skyn soos ligte in die wêreld deurdat julle die Woord van die lewe vashou!” Filippense 2:15,16 (AFR33/53)
“U is die Bron van die Lewe; deur U Lig lewe ons.” Psalm 36:10 (AFR83)
Abba Vader wil dus hê ons moet skyn en skitter soos ’n ster, maar hoe kom ons daarby uit? Hoe kan ons skyn en skitter as ons harte donker en van klip is? Geen mens wat in die wêreld vasgevang is, kan skyn met die glorie van God nie. Ons kan alleenlik skyn wanneer ons teenwoordig is in die Lig van God. Ons kan alleenlik skyn en skitter soos ’n ster as ons harte aan die brand is, met ander woorde, as die Vuur van God binne ons brand. Ons ontvang hierdie Vuur van God, alleenlik vanaf Abba Vader wat ons doop met Vuur.
“Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat na my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met Vuur.” Mattheus 3:11 (AFR33/53)
Sonder doping met die Vuur van God, sal ons nooit soos ’n ster kan skyn nie. Dis nie ’n besluit wat die mens kan maak nie, dis ’n besluit wat Abba Vader maak. Abba Vader alleen weet wanneer elkeen se hart ontvanklik is vir Sy Vuur! Die keuse wat die mens wel moet maak, is om sy lewe af te lê en sy totale lewe en hart in afsondering aan Abba Vader te offer. Abba Vader is ’n “gentleman” en Hy staan voor ieder en elkeen met Sy hande uitgestrek. Hy vra dat ek en jy ons hart in Sy hande moet plaas. Hy gaan nie net ’n mens se hart in besit neem soos Hy wil nie; Hy wag dat ons die keuse maak om in afsondering in te beweeg en ons hart in Sy hande te plaas.
Die grootste probleem waarmee ons sit, is dat wanneer ons uit die duistere boksies kom, ons nog donker harte van klip het; ’n hart van klip kan niks absorbeer of ‘n skynsel reflekteer nie. Net so min as wat ’n fisiese klip aan die brand kan slaan, kan ’n persoon met ’n kliphart se hart aan die brand slaan, met ander woorde, ons het eers nodig dat ons klipharte omgesit word in ’n hart van vlees voordat ons ’n skynende ster in die hand van God kan wees. Klip kan niks absorbeer soos ’n spons nie, dus kan hy ook nie die Liefde van God absorbeer nie en as ’n mens nie die Liefde van God kan absorbeer nie, kan ons ook nie ware liefde uitdeel nie. Daarom is klipharte emosieloos, sonder empatie en gee hulle nie om om ’n ander seer te maak nie. Klippe kan nie liefhê nie, dus kan hulle nie God se gebooie nakom nie, want God se grootste gebod is om Hom lief te hê met ons hele wese en tweedens, om ons naaste lief te hê soos onsself. ’n Kliphart is gefokus net op die self en sy eie behoeftes en kan dus net homself liefhê.
Daarteenoor kan ’n vleeshart die Liefde van God soos ’n spons absorbeer sodat hy dit weer kan uitdeel aan ander. ’n Vleeshart is ’n mens wat waarlik omgee vir ander, sy emosies is sensitief en hy sal veg teen onregverdigheid en opstaan vir die wat platgeslaan word deur die onregverdige wêreld. ‘n Vleeshart lewe, hy is aan die brand vanuit sy diepste wese, alles te danke aan die bloed van Jesus wat in en deur sy vleeshart pomp en versprei word deur sy hele wese.
“Majesteit en luister STRAAL van Hom uit, krag en GLANS vul Sy heiligdom.” Psalm 96:6 (AFR33/53)
Op ’n dag wys Abba Vader my net ’n titseltjie van Sy skynsel – Hy skyn soos die son – die goudste strale waaraan ’n mens kan dink wat ’n mens verblind – daarom kan die mens God nie sien nie – dit is regtig die goudste strale waaraan jy kan dink. Die woorde van Abba Vader is:
“Die goud in My strale is die heuning vir jou siel; dit is die kos vir jou gees; sonder dit sal jou siel en gees vergaan.”
Abba Vader verduidelik dat dit Sy hartsbegeerte is dat ons so naby aan Hom sal kniel sodat Sy goue strale ons kan binnedring. Soos Sy goue strale deur ons beweeg, verander dit ons en slaan ons harte aan die brand. Ons kliphart word bestraal deur die goue strale van God totdat dit aan skerwe spat en dit verander word na ’n vleeshart wat skyn met die Lewe van God. Kyk hoe mooi stel Job 33:30 dit:
“…om sy siel terug te bring na die kuil , sodat hy bestraal word met die Lig van die Lewe.” Job 33:30 (AFR33/53)
“Maar vir die van julle wat My liefhet en aan My gehoorsaam is, sal My verlossing soos die son wees. Wanneer dit opkom, jaag dit die donker weg en gee Lig. Daar waar die son se strale op ’n seerplek skyn, word dit vinnig gesond. So sal Ek die nuwe lewe oor julle laat kom.” Maleagi 4:2 (DB)
Ons kan dus nie sonder die goue strale van God skitter en skyn soos sterre nie en dit beteken ons moet ’n baie hegte verhouding met Abba Vader hê sodat Sy strale direk op ons harte kan val. Dit laat my dink aan Jeremia 13 wat Abba Vader gegee het oor die skynende sterre. In daardie hoofstuk sê God ook ons moet so naby aan Hom leef soos ’n band wat om Sy lyf vasgemaak is. Dis die enigste manier hoe ons die goud in Abba Vader se goue strale kan absorbeer, want ons harte kan alleenlik aan die brand slaan deur die Vuur van God. Alles begin weereens met die hoeveelheid tyd wat ons in die Woord en gebed met God spandeer.
“This is the crisis we’re in: God-light streamed into the world, but men and women everywhere ran for the darkness. They went for the darkness, because they were not really interested in pleasing God. Everyone who makes a practice of doing evil, addicted to denial and illusion, hates God-light and won’t come near it, fearing a painful exposure. But anyone working and living in truth and reality welcomes God-light so the work can be seen for the God-work it is.” John 3:19-21 (MSG)
Net soos die mensdom die Lig in Jesus probeer uitdoof het, sal die bose geslag die vuur in my en jou ook probeer uitdoof as die Vuur van God wel in ons brand. Hulle sal ons probeer stilmaak, want hulle hou nie van die Waarheid nie en hulle hou ook nie van lig wat hulle bose dade in die duisternis uitlig nie. Hulle gaan jou haat as jy hulle slegte dade aan die lig bring en hulle grootste wapen is ontkenning. Hulle sal volhou dat hulle reg is en dat jy verkeerd is, dat hulle dade reg is, dat hulle die heiliges is en dat jy die Fariseër is. Ongelukkig beweeg hulle in groot groepe en gaan hulle jou probeer intimideer. Jy gaan voel soos die een wat verkeerd is, maar gaan terug na die Woord en die voete van Abba Vader. Ek sê weer: Niks het verander van Jesus se tyd tot nou toe nie. Die groot groepe sal met ’n spul verskillende argumente, beledigings en opmerkings die wind uit jou seile probeer neem, maar dit is om hulle duistere dade te verbloem en jou soos die slegte een te laat voel. Hulle skroom nie om openlik te lieg en bedrieg nie. Hulle sal met alles in hulle probeer om die vuur binne ons te blus. Hulle probeer met ons koppe smokkel om ons te laat glo ons is van die pad af, maar ons moet sterk staan teen hulle en ons nie van stryk laat bring nie. Daarom is dit van uiterste belang dat ons soveel tyd as moontlik in die teenwoordigheid van Abba Vader spandeer waar ons Sy stem sal hoor en sal weet ons is nog op die regte pad. Hulle is ‘n klomp wolwe wat in jou ore sal raas en blaas om die Vuur in jou te blus.
Die vlam in die hart van Jesus was beslis nie ’n klein kersvlammetjie nie, dit was ’n massiewe groot vlam en daarom kon niks en niemand Sy vlam uitdoof nie! Wanneer daar wind geblaas word op ’n klein kersvlammetjie, word dit baie maklik geblus en niks kan weer daardie kers se vlam aan die gang kry nie, alleenlik ‘n bron van hitte. Wanneer daar ’n wind geblaas word op ’n groot vlam, gaan die vlam verseker nie geblus word nie – dit gaan eerder versprei! Kyk na ’n veldbrand – die grootste gevaar vir die verspreiding van ’n vuur is wanneer daar ’n sterk wind opsteek, dan hardloop daardie vlamme in alle rigtings! Dit is daardie massiewe vlam wat in ons hart moet brand! ’n Massiewe groot vlam wat geen wolf kan blus nie, maar wanneer die wolf kom met sy geraas en geblaas, sal hierdie vlam van ons hart eerder versprei na ander, sodat hulle ook die hitte van die vlam sal voel en die wolwe skaam en rooi in die gesig sal padgee! Dit is hierdie Vuur binne ons wat ons as sterretjies laat skyn in ’n donker en bose wêreld. Dan moet ons uitgaan om flou sterretjies se lig weer aan die gang te kry in ’n poging om hulle te help om helderder te skyn.
“…al bly julle tussen mense wat korrup en sonder gewete is… juis tussen hulle moet julle soos helder ligte in ’n donker wêreld skyn. Vir hierdie mense in die geestelike donker moet julle van Christus vertel sodat hulle ook die ware lewe kan kry.” Filippense 2:15 (DB)
Die bruilofskleed
“En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan?’ En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min is uitverkies.” Mattheus 22:12,13 (AFR33/53)
Die uitnodiging na die Bruilofsfees wat God aan elkeen van ons stuur, het ’n gedragskode waarop ons moet let: Ons moet met die regte kleed geklee wees om deel te kan wees van die Bruilof van die Seun van God. Die Boodskap stel dit op hierdie manier:
“ Toe die koning die saal inkom, val sy oog egter op iemand wat nie sulke feesklere aanhet nie. Die man wou natuurlik daar buite nie erken dat hy die uitnodiging nie wou aanneem en vriende met die koning wou wees nie. Tog het hy skelm by die fees ingeglip. Die koning vra hom toe: ‘Ou maat, wat soek jy hier? Jy het seker gedink jy kan skelm hier inkom, want as jy saam met my helpers hiernatoe gekom het, sou hulle vir jou ook mooi klere gegee het. Toe hulle jou daar buite uitgenooi het, het jy natuurlik gemaak of jy jou nie aan hulle steur nie, nie waar nie?’ Die man was vas; hy het nie geweet wat om te sê nie.” Mattheus 22:11,12 (DB)
Hierdie Bruilofskleed, waarmee ons geklee moet wees, is die kleed van geregtigheid. Dit is ’n kosbare, duur gekoopte, hemelse kleed waarmee Jesus ons klee wanneer ons deur Hom beweeg na die Bruilofsfees. Ons weet Jesus is die enigste ingang na die Bruilof, Hy is die enigste DEUR, die enigste Weg en die enigste Waarheid. God is pure Lig; God skyn van heerlikheid en geregtigheid, Sy glorie omring Hom. Die kleed van geregtigheid is soos ’n stukkie van God, dit is soos ’n stukkie Lig wat ons omgehang word. Die enigste verskil is dat die nie van buite af met die blote oog gesien kan word nie, maar alleenlik in ons harte. Die Lig van God kan alleenlik uit ons harte skyn en DIT is om geklee te wees met die kleed van geregtigheid.
Die enigste ware Weg na die Bruilof lei deur Jesus, daar is geen ander weg of manier wat deur die kruis van Jesus beweeg nie. Wanneer ons die self afsterf aan die kruis, ontvang ons die kleed van geregtigheid. Vals bekeerdes probeer op skelm maniere die Bruilof binnegaan deurdat hulle met ompaaie reis na die Bruilof, maar ompaaie lei nie deur Jesus nie, dus beweeg hulle nie deur die kruis van Jesus wat op Golgota geleë is nie. Hulle het nie tot ware wedergeboorte gekom nie, hulle beweeg nie deur die korrekte DEUR die Bruilof binne nie en daarom is hulle sonder ’n bruidsgewaad. Hierdie persoon gaan soos ’n seer oog uitstaan by die Bruilof en sal dadelik uitgegooi word die hel in.
In die tyd wat Abba Vader my geleer het oor die kleed van geregtigheid, gee Hy een nag vir my die Naam van God – Jehova Tsidkenu. Toe ek wakker word, is ek nuuskierig oor die betekenis van die Naam en tot my opgewondenheid, sien ek die Naam Jehova Tsidkenu beteken: “Lord of my righteousness”, God van geregtigheid! Wat ’n pragtige bevestiging van die kleed van geregtigheid wat ons alleenlik kan kry by die God van geregtigheid!
“Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel – soos ’n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ’n bruid wat haar versier met haar juwele.” Jesaja 61:10 (AFR33/53)
Nou is die vraag: Hoe word ons geklee met die bruilofskleed? Voordat ons daarna kyk, moet ons net eers tot die besef kom dat ons almal eers geklee was met die wêreld se vyeblare en “filthy rags” en voordat ons geklee kan word met die kleed van geregtigheid, moet ons eers ontslae raak van al ons vyeblare en “filty rags”. Kom ons gaan net eers vir ’n oomblik terug en kyk waar kom hierdie vyeblare en “filthy rags” vandaan…
“We are all infected and impure with sin. When we display our righteous deeds, they are nothing but filthy rags.” Isaiah 64:6 (NLT)
Nadat Adam en Eva gesondig het, het hulle bewus geraak van hulle naaktheid en het hulle dit met vyeblare probeer verbloem. Vyeblare is werke van eie-geregtigheid, dit is om jou eie geregtigheid te probeer bekom. Daar is baie goeie dade wat Christene kan doen om hulle goed laat lyk, wat hulle soos perfekte Christene laat lyk, maar wat belangrik is, is wat in die hart van die mens aangaan. Wat is die motief agter die goeie dade? Om raakgesien te word? Om as ’n goeie mens gesien te word? Niks wat ons DOEN kan ons in regstaande verhouding met Abba Vader bring nie, alleenlik deur aan Hom gehoorsaam te wees en baie tyd by Sy voete deur te bring. As ons nie ’n ware, lewende verhouding met Abba Vader het nie, beteken goeie dade absoluut niks. Meeste mense noem hulleself Christene en doen baie goedjies vir die kerk, maar meeste van die tyd is dit net om die wêreld se aandag op die goeie dade te vestig sodat niemand op die hart van die mens sal fokus en sal agterkom dat sy goeie dade nie uit sy hart uit kom nie. Hierdie valse goeie dade, is vyeblare van geregtigheid wat ons nooit ware geregtigheid in die oë van Abba Vader kan gee nie. Geen goeie dade kan ons ooit verhouding met Abba Vader gee nie, nie eers om teologie te gaan studeer of om die Woord deur die hele wêreld te verkondig nie. Net so kan ons goeie dade ons nooit ’n plek in die Bruilof van God se Seun verseker nie. Alleenlik deur op die ware Weg te stap na die Bruilof, deur die kruis van Jesus te beweeg en in regstaande verhouding met Abba Vader te wees.
’n Goeie voorbeeld vir ons van mense met vyeblare, is die Fariseërs. Jesus sê in Mattheus 23:4 dat die Skrifgeleerdes en Fariseërs pakke saambind wat swaar en moeilik is om te dra. Hulle sit dit op die skouers van mense, maar self dra hulle dit nie. Hulle maak hulle gedenkseëls breed, die some van hulle klere groot en hulle hou van die voorste plekke by die maaltye. Ons moet ophou om ons te steur aan die sogenaamde belangrike mense in die wêreld; diegene wie se gedenkseëls breed en wie se some van hulle klere groot is, want hulle is geklee met dit wat hulle belangrik laat voel en lyk in die wêreld. Die meeste van hulle lei die mens op ’n dwaalspoor. Hulle let op dit wat met die blote oog gesien kan word en nie op die opregtheid van hulle hart nie. Al hulle godsdienstige reëls, wette, feeste en rituele word deur die mens raakgesien en hierdie vals mense word deur die naïewe mensdom bewonder, maar weereens kyk God na die opregtheid van die hart en nie dade nie. Wees versigtig vir die samelewing se godsdienstige reëls, al die moets en moenies, want die Fariseërs van ons tyd gee nogsteeds vir ons swaar pakke om te dra. Gooi af al die reëls van godsdiens waarmee jy grootgeword het en laat God toe om jou te bevry, want in vandag se tyd is godsdiens die grootste en gevaarlikste boosheid wat ons van God af weghou. Dit is vyeblare. Sommige mense dink hulle leef na aan God wanneer hulle elke nagmaal, fees of watter byeenkoms ookal bywoon, maar dis nie daardie goed wat ons klee met die kleed van geregtigheid nie, al hierdie goed klee ons net meer en meer met vyeblare.
Daar is NIKS wat ons kan DOEN om geregtigheid te verdien of te ontvang nie, daar is geen regte woorde wat ons kan spreek wat ons verlossing kan bied nie; daar is geen korrekte kerk wat ons kan bywoon wat ons geregtigheid kan bied nie; alleenlik ’n verhouding met Abba Vader wat ons verkry deur in Sy Seun te glo. In Johannes 6:28,29 vra die mense vir Jesus wat hulle moet doen om die werke van God te volbring, maar Jesus antwoord hulle dat daar niks is wat hulle kan DOEN nie. Die enigste manier is om te glo in die Een wat God gestuur het en om saam met Jesus die een ware Weg te volg na die Bruilofsfees. Lees Efesiërs 4:17-32, ek haal ’n gedeelte aan uit Die Boodskap, maar lees asseblief die hele gedeelte.
Los julle ou manier van lewe – leef nuut “Wat ek nou sê, moet julle nie ligtelik opneem nie. Dit is wat die Here self wil hê. Julle moet ophou om julle te gedra soos mense wat nie die Here ken nie. Daar is niks wat die moeite werd is in sulke mense se koppe nie. Hulle gedagtes is met onbelangrike dinge besig en hulle kan nie verder dink as wat hulle neuse lank is nie. Daarom besef hulle nie eens dat God vir hulle ’n nuwe lewe wil gee nie. Hulle is hardkoppig en wil nie na rede of goeie raad luister nie. Daarom gaan dit so sleg met hulle. Hulle het geen gevoel meer vir wat reg of verkeerd is nie. Hulle leef nou vieslike lewens en kan nie genoeg daarvan kry nie. Julle het Christus egter nie so leer ken nie. Toe julle van Hom gehoor het, het julle Sy volgelinge geword. So het julle geleer wat die Waarheid is, want dit is alleen as jy Jesus ken dat jy by die Waarheid uitkom.
LOS JULLE OU MANIER VAN LEWE! SOOS ’N MENS VUIL KLERE UITTREK, MOET JULLE JULLE OU GEAARDHEID UITTREK, WANT DIT IS VOL SONDE EN WIL NET VERKEERDE DINGE DOEN.
Die einde van daardie pad loop op verwoesting uit. Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink. Hierdie nuwe lewensstyl moet julle deel van julle lewe maak soos ’n mens nuwe klere aantrek. Ons nuwe lewe moet ons al meer soos God laat lyk: Ons moet reg lewe soos God dit wil hê en ons heeltemal aan Hom toewy.” Efesiërs 4:17-24 (DB)
Net soos ons ontslae moet raak van die vyeblare, moet ons die “filthy rags” waarmee ons eers geklee was, ook uittrek. Dit beteken ons moet ons ou, sondige lewe afsterf! Ons moet ons ou geaardheid uittrek, want dit is vol sonde. Ons moet dus ons totale ou lewenswyse agterlaat en ons laat beklee met Jesus Christus.
“Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid.” Kollosense 3:12 (AFR33,53)
Ons moet ons beklee met Goddelike eienskappe, maar natuurlik kan ons dit nie self genereer nie; ons kan alleenlik daardie eienskappe ontwikkel met Jesus in en deur ons, maar daarvoor moet ons eers ons ou lewe afsterf. Lees Kollosense 3:1-17. Ek haal ’n gedeelte aan uit The Message.
“Your old life is dead. Your new life, which is your real life – even though invisible to spectators, is with Christ in God. He is your life… That means killing off everything connected with that way of death: sexual promiscuity, impurity, lust, doing whatever you feel like whenever you feel like it, and grabbing whatever attracts your fancy. That’s a life shaped by things and feelings instead of by God.”
You’re done with that old life. It’s like a filthy set of ill-fitting clothes you’ve stripped off and put in the fire. Now you’re dressed in a new wardrobe. Every item of your new way of life is custom-made by the Creator, with His label on it. All the old fashions are now obsolete… So, chosen by God for this new life of love, DRESS IN THE WARDROBE GOD PICKED OUT FOR YOU: compassion, kindness, humility, quiet strentgh, discipline. Be even-tempered, content with second place, quick to forgive an offense. Forgive as quickly and completely as the Master forgave you. And regardless of what else you put on, wear love. It’s you basic, all-purpose garment. Never be without it” Collosians 3:9-11 (MSG)
Sien julle raak wat ek raaksien? Die kleed van geregtigheid is nie ‘n fisiese kleed nie. Dit is ’n totale nuwe lewe; dit is Jesus wat in en deur ons moet leef! Sonder Jesus kan ons dit nooit bekom nie! Sonder Jesus kan ons nooit die kleed van geregtigheid ontvang nie, want die kleed van geregtigheid is die Lig en die Lewe van God wat ons harte oorneem. Die kleed van geregtigheid is Jesus self wat ons totale harte oorneem, wat in en deur ons leef, maar voordat Jesus ons harte kan oorneem, moet ons eers die self afsterf. Dit beteken ons moet deur die kruis van Jesus beweeg wat alleenlik op die ware Weg geleë is; die kruis van Jesus is nie op die breë paaie nie. Ons moet die vleeslikheid afsterf aan die kruis en ons moet geestelik in die graf geplaas word om na ’n sekere tyd as ’n nuwe mens op te staan. Toe Jesus opgestaan het uit die dood, het die lappe eenkant in die graf gelê en net so moet ons ou, vuil klere eenkant in die graf lê. Dit verteenwoordig ons ou lewe, ons ou geaardheid, die ou mens wat ons was. In die graf verrig Abba Vader ’n hartsbesnydenis op ons waar ons Sy merk ontvang en wanneer ons die Gees van God in ons harte ontvang, is ons harte pure Lig! Dan het ons die kleed van geregtigheid ontvang. Dus ontvang ons die kleed saam met ons nuwe lewe en dit gebeur met wedergeboorte. Wanneer Abba Vader die hartsbesnydenis op ons toepas, word ons ook gestempel met die seël van God. Ons behoort dan aan God! Ons word die mantel van geregtigheid omgehang en dan eers is ons korrek geklee vir die Bruilofsfees. Dan het ons ware toegang tot die Fees…
Daar is ’n lering dat ’n mens elke oggend die wapenrusting moet aantrek of dat ons die wapenrusting oor onsself moet afbid, maar as jy al die bogenoemde Skrifte lees, sal jy sien die wapenrusting kom ooreen met die Lig van God wat ons ontvang wanneer ons sterf aan die self en God toelaat om in te meng in ons lewens om ons ’n Goddelike leefwyse te gee. Die wapenrusting is nie iets wat ons fisies of met die mond kan aantrek nie, dis iets wat met ons hart moet gebeur. Om die wapenrusting elke oggend oor jouself of oor jou kinders af te pleit, gee aan die mens vals hoop en vals verlossing wat mense lei om die korter, makliker paaie te volg. Hierdie kortpaaie is ompaaie wat nie deur die kruis van Jesus beweeg nie en mense wat hierdie leringe volg, gaan met ’n skok by die Bruilof opdaag en besef hulle het nie die bruidsgewaad van Jesus aan nie, maar ’n vals wapenrusting wat nie die bruilofskleed van geregtigheid is nie. Mense hou nie daarvan om te hoor dat dit wat hulle doen of dit wat hulle glo, vals is nie, want dis die vals maniere van verlossing wat maklik is! Verlossing is nie sommer net so maklik nie, dis ’n opgee en afsterwe van die self en dis nie altyd ’n maklike pad om te stap nie. Ons moet al die ou, vuil klere en vyeblare uittrek; ons moet ontslae raak van ons sondes en ons ou lewensstyl. Ons moet God toelaat om Jesus se karakter binne ons te omvorm en alleenlik deur die karakter van Jesus word ons as mens verander na die mens wat God wil hê ons moet wees. Wanneer ons die vleeslikheid afsterf en ontslae geraak het van al die ou, vuil klere, is ons op die regte plek waar Jesus ons klee met Sy kleed van geregtigheid, wat die bruilofskleed is, en wat ons toegang verleen tot die Bruilofsfees. Vir ons om deel te hê aan die Bruilofsfees van Abba Vader se Seun, moet die beeld van Jesus dus in ons aanwesig wees, wat die Lig van God is. As ons harte sonder die Lig van God is, sal ons opgemerk en uitgegooi word…
Mag ek en jy die keuse maak om alle onnodige klere uit te trek en ontbloot te staan in die Lig van God. Dan kan God ons harte omvorm en ons klee met die Lig van God. Die Lig van God werk altyd vanaf ons harte buitentoe, dit is nie iets wat met die blote oog gesien kan word nie, maar dit is wel sigbaar in die optrede en dade van die mens.
As jy weer kyk na Mattheus 22 was daar mense wat nie geklee was met die bruilofskleed nie, maar hulle is dadelik uitgevang en uitgeooi. Dit is die mense wat deur die vyand mislei was; hulle het nie die stem van die ware Herder geken nie en het die verkeerde herder gevolg wat hulle gelei het om deur skelm plekke die Fees te betree. Ons het gesien daar is net een ingang en dit is deur Jesus Christus. Hierdie groep mense beweeg nie deur die DEUR (wat Jesus is) nie, maar hulle klim deur vensters en ontoelaatbare plekke. Hulle het die vyand se maklike, breë paaie gevolg wat lei na verbode ingange; hulle het nie die smal pad saam met Jesus gestap nie, want hulle het nie gehou van die klippe op die pad nie. Hulle wou nie hulle sondes raaksien en bely nie, hulle wou nie gesuiwer word van hulleself nie. Dit is die mense wat die Fees wou bywoon vir eie gewin of dat hulle nie in die hel moet beland nie. Hulle het die uitnodiging met vals motiewe onderteken, want dit het nooit vir hulle oor Jesus gegaan nie, maar alleenlik oor die self. God ken die motief van elkeen se hart en daarom is hulle uitnodiging nie gestempel met die bloed van Jesus nie.
“Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel – soos ’n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ’n bruid wat haar versier met haar juwele.” Jesaja 61:10 (AFR33/53)
“Hier en nou” of sien jy die groter prentjie?
Ons moet die groter prentjie begin sien as net die hier en die nou… dit gaan nie om hierdie lewe soveel as moontlik te geniet en soveel as moontlik uit hierdie lewe uit te kry nie… wat van die ewigheid? Ons lewe op aarde is ’n spikkeltjie teenoor die ewigheid! En dit gaan tog oor die ewighed, nie oor die hier en nou nie. Hoe jy die ‘hier en nou’ benader, bepaal jou ewighied. As jou lewe wentel om aardse dinge, is jou wêreld regtig baie klein, sien jy net die hier en nou, sien jy die chaos raak wat om ons aangaan, raak jy so maklik negatief… as jou lewe draai om liefde op aarde te vind, gaan jy nooit ware Liefde vind nie, want ware Liefde is nie vasgevang in ’n mens nie. Waarom wentel jou lewe? Jou huweliksmaat, jou kinders, besittings, werk, sukses? Waar is Abba Vader in hierdie prentjie? Waar plaas jy Hom in jou lewe as jou lewe wentel net om aardse dinge… Om die self? Dan kyk jy met vleeslike oë en nie met geestelike oë nie. As ’n mens net uit vleeslike oë kyk, raak ’n mens skoon benoud, want vleeslike oë sien net die hier en nou raak; dit sien nie die groter prentjie nie.
Die groter prentjie vreander ’n mens se siening oor die lewe, dood, oor aardse dinge, oor liefde, oor alles! Want wanneer ’n mens wel die groter prentjie kan begin raaksien, is jou gestelike oë besig om oop te gaan. Dan begin jy die wil van God raaksien, jy aanvaar die wil van God, al maak dit ook hoe seer. ’n Mens begin die lewe anders verstaan as ’n mens dit bekyk uit geestelike oë. Dit is wanneer ons in die rus van God inbeweeg, Sy wil aanvaar vir ons lewens en nie Sy arm probeer draai om DIT vir ons te gee wat ons graag wil hê nie. Want God weet wat die beste is vir jou… en Hy wil vir jou net die beste gee. Toe Hy jou Goddelike Lewensboek geskryf het, het Hy vir jou net die mooi beplan, nie onheil nie. Daar is sommige goed wat ons wil hê, byoorbeeld ’n huweliksmaat, wat nie die wil van God is nie. Dit is jou eie wil om daardie maat te hê, nie God se wil nie. As daardie maat wat jy so graag wil hê, nie in jou Goddelike Lewensboek opgeskryf staan nie, gaan dinge baie skeef loop as jy wel jou eie wil volg om daardie maat te aanvaar as jou huwelikmaat. Dit gaan net nie werk nie, dit gaan ’n ongelukkige huwelik wees, want dit is nie God se wil nie. Dan is jy besig om jou eie lewensverhale te skryf sonder die wil van God en gaan jy maar net vir jouself baie moeilikheid op die hals haal. Dit is omdat jy net die hier en nou raaksien, dis omdat jy uit vleeslike oë kyk. Jy sien nie die groter prentjie nie, want jou geestelike oë is nog toe. Dit is omdat jy nog nie oorgegee is in die hand van God nie. Jy het nog nie jou lewe en jou hart aan God geoffer nie, wat eintlik ’n klap in Sy gesig is, want dan sê jy eintlik vir Hom dat jy Hom nie vertrou met jou lewe nie.
Die groter prentjie is opgeskryf in jou Goddelike Lewensboek en wanner ons 100 % oorgegee is aan die wil van God, sal ons Sy wil begin leef en nie vir die hier en nou nie; ons sal nie vir die self leef nie, maar tot heerlikheid van God. Dit is ’n wonderlike plek in ons lewe om te bereik, want al hierdie ‘nitty gritty’ goedjies verdwyn stadigaan uit ons lewe – onthou net – dit is ‘n proses, dit gebeur nie oornag nie. Dinge wat ons emosieël seermaak, gaan ons ook uit ’n ander oogpunt kan beign sien en die doel daaragter kan begin verstaan. Maar jy het die keuse… wil jy vir jouself leef? Wil jy leef tot eer van die self? Wil jy leef net om die self te behoeftes te bevredig? Kom ons sê jy verloor iemand wat jy liefgehad het… gaan jy vir God kwaad raak daaroor? Hoe kan ons vir God kwaadraak as dit is wat Hy vooraf beplan het? Hoe kan ons vir God kwaadraak omdat hy nie ons eie sin vir ons wil gee nie?
Begin die groter prentjie raaksien… God gebruik seer situasies in ons lewe om ons hartsgrond gereed te maak sodat Hy saad in ons harte kan saai wat kan groei en vrugdra vir Hom – nie vrugdra vir onsself nie, maar tot heerlikheid van God, nie tot heerlikheid van die self nie. Hoe moet God ons harte skoonkry as Hy toelaat dat ons net altyd ons sin kry? As dit altyd net goedgaan met ons? Seerkry is veronderstel om ons op ons knieë te dwing, nie om ons rug op God te draai nie. Maar dis ook nie om jou op jou knieë te dwing om Hom te smeek om dit vir jou te gee wat jy graag wil hê nie… dit is om jou op jou knieë te dwing om Hom waarlik te soek, om Hom te leer ken…sodat jou lewe oor Hom sal gaan en nie oor dit wat jy wil hê nie. So as seer omstandighede jou wel op jou knieë dwing sodat jy die heeltyd smeek en God vesoek, is jy om die verkeerde redes op jou knieë, want dan gaan dit nogsteeds net oor jouself. Ons moet op ons knieë gedwing word om die wil van God te verstaan, nie om Sy arm te draai nie. Om Hom te leer ken… nie om ons sin te kry nie. Om jou hart te oorhandig in die hand van Abba Vader en vir Hom te se: Nie my wil nie, Vader, maar U wil. Laat U wil gesied. Omvorm my! Brei my soos ’n stukkie klei in U hande en omvorm my na U wil. DIT is wat op ons knieë moet gebeur! En dit is hoekom God ons soms tot op ons knieë dwing deur seerky… om ons eie wil oor te gee aan Hom. God roep ons deur seer! En as ons reageer, gee ons Hom ’n kans om ons hartsgrond skoon te maak en voor te berei om SY saad in ons harte te saai. Ons moet ons harte oorhandig in die hand van God sodat Hy vir ons ’n “ready heart” kan gee, want alleenlik wanneer ons ’n “ready heart” het, sal ons nie meer net die hier en nou raaksien nie, maar die groter prentjie wat tot eer van God strek. Dan eers sal ons Waarhede begin raaksien en die taal van God begin verstaan… die klop van Sy hart begin hoor… en sal jy begin leef na die ritme van die klop van Sy hart…. en nie meer na die klop van jou eie hart nie.
Ek het seker elke dag ’n gunsteling stukkie Skrif uit die Woord, maar vir die laaste paar dae is dit Mattheus 13. Abba Vader wil saad in elkeen se hart saai, maar die hart moet eers voorberei wees vir Sy saad, want wat help dit die saad val op ’n kliphart – dit gaan nie groei op klip nie! Dit gaan ook nie groei tussen onkruid nie, want die onkruid gaan dit versmoor. Dit moet val op goed voorbereiede grond en die grond van ons harte kan alleenlik goed voorberei wees wanneer ons dit oorhandig het in die hand van Abba Vader; wanneer ons kie som ons sondes raak te sien, dit te bely en te laat staan. Op hierdi emanier maak God ons hartsgrond skoon en onkruidvry sodat Hy Sy saad in ons harte kan saai wat sal vrugrdra tot eer van Hom. DIT is die groter prentjie!!! DIT is hoekom God ons laat leef… nie vir die hier en nou, en die plesiertjies van die wêreld nie, maar vir HOM!
Die dissipels het Jesus gevra hoekom vertel Hy altyd stories / gelykenisse? Jesus het hulle geantwoord dat wanneer ’n mens ’n “ready heart” het, met ander woorde, wanneer God hulle harte skoongemaak het, sal Hy ook aan hulle die insig gee om SY stories te verstaan. Hulle sal die groter prentjie begin raaksien, maar diegene wat nog nie oorgegee is in die hand van God nie, sal nie die stories van Jesus kan verstaan nie. Hulle sal hoor, maar nie verstaan nie. Hulle sal vleeslik kan sien, maar nie geestelike kan “sien” wat Jesus hulle probeer leer nie. Hulle het nie ’n “ready heart” nie.
Why Tell Stories?
The disciples came up and asked, “Why do you tell stories?” He replied, “You’ve been given insight into God’s kingdom. You know how it works. Not everybody has this gift, this insight; it hasn’t been given to them. Whenever someone has a ready heart for this, the insights and understandings flow freely. But if there is no readiness, any trace of receptivity soon disappears. That’s why I tell stories: to create readiness, to nudge the people toward receptive insight. In their present state they can stare till doomsday and not see it, listen till they’re blue in the face and not get it. I don’t want Isaiah’s forecast repeated all over again:
Your ears are open but you don’t hear a thing.
Your eyes are awake but you don’t see a thing.
The people are blockheads!
They stick their fingers in their ears
so they won’t have to listen;
They screw their eyes shut
so they won’t have to look,
so they won’t have to deal with me face-to-face
and let me heal them.
“But you have God-blessed eyes—eyes that see! And God-blessed ears—ears that hear! A lot of people, prophets and humble believers among them, would have given anything to see what you are seeing, to hear what you are hearing, but never had the chance.
Matthew 13:10-17 (MSG)
In die rus van God
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” Mattheus 11:28-30
Wat beteken dit om in die rus van God te wees? In Psalm 95 sê God deur die mond van die digter dat Sy volk ’n dwalende hart het en dat hulle nie Sy weë ken nie, en daarom sal hulle in Sy rus nie ingaan nie. Dit is dus die mense wat in skares die vals herders volg na die vaal gedeelte (Saadjie: Kies die regte pad, vat Jesus se hand ) wat die keuse maak om by die T-pad saam met die meerderheid die maklike pad te kies wat na links gaan. Dit is die mense met ’n dwalende hart wat nie die weë van God ken nie, en omdat hulle nie op die ware Weg saam met Jesus is nie, kan hulle nie in Sy rus ingaan nie. As ons teruggaan na die Israeliete in die woestyn, sê God hulle sal nie in Sy rus ingaan nie… Wat was die rede? Psalm 95:8-11 sê:
“Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!”
God het soveel wonderwerke voor hulle oë gedoen sodat hulle kon sien dat Hy waarlik God is – EK IS!” – maar nogsteeds het hulle nie met hulle harte in Hom geglo nie. Hulle het God versoek en beproef, hulle het gedink Hy is ’n god waarmee hulle speletjies kan speel; wat hulle kan hied en gebied…’n god wat hulle bevele moet gehoorsaam… Hulle het duidelik geweet God lewe en dat God wonders doen, maar hullle harte was verhard deur sonde; daarom het hulle net met die mond in God geglo, nie met die hart nie. Hulle het net met die mond geglo en godsdiens gespeel om die goedheid van God te misbruik, want hulle het Hom versoek om in hulle vleeslike behoeftes te voorsien. Soveel mense van vandag glo nogsteeds in God net met die mond en speel ook godsdiens deur kerk toe te gaan, maar het geen verhouding met Abba Vader nie. Eintlik ken hulle Hom glad nie, net soos die Israeliete van ouds. Hulle bely met mond om te glo in God, maar is dit ook net sodat God in hulle vleeslike behoeftes moet voorsien… Net soos dit daardie tyd God se toorn laat ontvlam het, so sal dit vandag nogsteeds God se toorn laat ontvlam! Net soos God daardie tyd gesê het dat DIT die rede is dat hulle nie in Sy rus sal ingaan nie, net so sê God vandag nogsteeds dat die mens wat hom versoek, nie in Sy rus sal inbeweeg nie. En hoe versoek die mens God? Deur geen verhouding met Hom te Hom te hê nie, maar met die mond in Hom te glo sodat Hy jou kan help, uit ’n verknorsings kan red, sodat jy ’n geseënde lewe kan hê; sodat jy nie hel toe hoef te gaan nie…. Hebr 3:18,19 sê:
“En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.”
Mense wat net met die mond in God glo, sal ongehoorsaam wees aan Hom, hulle sal hulleself bo God stel en hulle dade sal getuig van hulle ongeloof in God. Moet asseblief nie die dink jy bewys jou geloof in God omdat jy kerk toe gaan, gedoop is, nagmaal gebruik of enige ander ritueel beoefen nie, want dit presies wat dit is… dit is net godsdienstige rituele… dit is GEENSINS verhouding met Abba vader nie. En die mens wat getuig om te glo in God, maaar wat geen verhouding verder met Hom het nie, is die mense wat op die breë pad oppad is na die hel. Hulle versoek God om hulle gesond te maak, om hulle te beskerm teen die bose en die geweld in die land, om hulle finansiëel te sëen, om hulle huwelike te red, ensovoorts… maar omdat hulle nie ware geloof in God het nie, sal hulle ook nie in Sy rus ingaan nie. Hulle is oppad na die vaal deel van die dood en nie na die tuin van God, waar Lewe is, nie. Die mense op die breë pad is die mense wat God versoek, en as ons God versoek, is ons nie in Sy rus nie! Om meer te lees oor die manier waarop ons God versoek, lees die saadjie Hoe versoek ons God?
Meeste mense dink hulle is in die rus van God omdat Jesus gesterf het aan die kruis, maar hulle verstaan hierdie konsep glad nie… weereens omdat hulle hulle ore uitleen aan paaiende leraars wat hulle lei op die breë pad na die vaal gedeelte. Al die mense in die vaal gedeelte wat so lekker godsdiens beoefen en glo hulle is gered daardeur, is nie in die rus van God nie. Die mens is alleenlik in die rus van God wanneer hy in die tuin van God teenwoordig is… daar waar hy in afsondering ware verhouding met Abba Vader het. Die mens wat in die rus van God is, het die self – die ou, sondige mens – afgesterf, en is weergebore deur die Gees van God. Hy leef nie meer vir homself nie, maar tot die eer van God. Die Gees van God is teenwoordig in sy geeshart, met ander woorde, hierdie mens is diep en stewig gevestig in die hart van God. Dit is die persoon wat nie die skares volg nie, maar wat die hand van Jesus gevat en die smal paadjie saam met Hom begin stap het. Dit is die mens wat sy eie wil afgestef het en nie meer daarna streef om in sy vleeslike behoeftes te voorsien nie, so hy versoek God nie elke dag om te doen wat hy vra, of om vir hom te gee DIT wat hy vra nie. Hy aanvaar die wil van God – vir die goed en die sleg – en smeek God nie om omstandighede of situasies te verander nie. Hy streef daarna om die wil van God te leef en om die wil van God te aanvaar vir sy lewe. Soms moet ons net ons emosies eenkant plaas om die wil van God te aanvaar en dit is nie altyd so maklik nie. DAN eers is ons in die rus van God – eers wanneer ons die wil van God vir ons lewens aanvaar en Hom nie versoek en tart om in ons vleeslikheid te voorsien nie. Die wonderlike om in die rus van God te wees, is dat ons God dan 100% beheer oor ons lewens gee en alles in vrede aanvaar wat Hy oor ons lewe bepan het. Dan eers kan ons die wonderwerkende hand van God in ons lewe begin raaksien, want dit is eers wanneer ons totaal oorgegee is aan die wil van God, dat Hy vir ons die waters sal oopmaak en berge vir ons verskuif. Moses het God nie beveel om die waters vir hulle oop te maak toe die Egiptenare op hulle hakke was nie, maar God het hulle verras deur hierdie wonderwerke. En net so sal God jou ook verras met wonderwerke wanneer jy in Sy wil is, dus in Sy rus is. DAN eers sal God die eer ontvang daarvoor en nie die mens nie. Die mens is te vinnig om vir homself die eer te gee… kom ons vat ’n simpel voorbeeld…. Wanneer iemand siek is en ’n sekere persoon gaan bid oor die siek persoon vir genesing en die persoon word wel gesond, wie kry die eer daarvoor? Hulle sê wel met woorde al die eer gaan na God, maar tog is dit die mens wat gebid het, wat die wêreldse eer daarvoor kry! Dink jy regtig dit behaag God? Wat nou as God wel besluit het om deur siekte die siek persoon weg te vat van die aarde af? Gaan die persoon wat dan bid oor die siek mens, God se wil kan verander? Gaan hy God se arm kan draai sodat God eerder na hom sal luister en hom moet gehoorsaam om die mens wel gesond te maak as God klaar besluit het Hy wil die mens op hierdie manier weer stof van die aarde maak? Ek voel dit is baie arrogant van die mens en dat mense wat dit doen, geen respek vir God en Sy planne het nie… net soos die Israeliete van ouds… hulle wil nie in die weë van God wandel nie, met ander woorde, hulle wil nie op die smal paadjie saam Jesus wandel nie, maar in groepe op die lekker breë pad. Die breë pad lei nie na die rus van God nie, en net soos God Sy volk nie in die beloofde land laat ingaan het nie, net so sal God diegene wat nie Sy wil aanvaar en Hom gehoorsaam, in Sy rus laat inbeweeg nie. God gaan nie met Hom laat speel nie, Hy gaan Hom nie laat versoek deur ’n mens nie!
Om in die rus van God in te beweeg, beteken ook om in Sy Koninkryk in te gaan en ons weet Jesus het gesê dat ons alleenlik in die Koninkryk van God sal kan ingaan wanneer ons sterf aan die self en weergebore word. Alleenlik wanneer ons sterf aan die self, sterf ons ook ons eie wil af en sal ons die wil van God aanvaar en Hom nie versoek nie. En alleenlik wanneer ons die wil van God leef, leef ons in Sy rus en sal ons vrede vir ons siele vind. Alleenlik dan sal ons alle omstandighede en situasies in ons lewe met die krag van God binne ons kan oorkom.
So hoe weet jy of jy in die rus van God is of nie? Eerste teken is of jy God versoek… Wanneer jy bid, is dit ’n oop gesprek met Abba Vader of is dit net jy wat dinge van Hom eis en dinge van Hom vra? Dit is nie wat gebed is nie. Lees Wat is gebed en verhouding met God? oor wat gebed is en wat gebed nie is nie. As jy vir God sê: “Laat U wil geskied”, bedoel jy dit uit jou hart uit? Of vra en smeek jy eers van God DIT wat JY graag wil hê, en sê dan op die ou end nogsteeds “Laat U wil geskied”? Dit maak mos nie sin nie? Mense wat God probeer hied en gebied probeer God oortuig om hulle sin vir hulle te gee, hulle sê eintlik vir God: “Laat my wil geskied, asseblief!”
Ek het self nou deur so ’n wortsteling gegaan… My ma is ’n paar weke terug gediagnoseer met kanker en ek was erg geskok daaroor. My ma raak NOOIT siek nie, en nou skielik is dit sommer kanker! ’n Mens skrik as ’n mens hoor “kanker” want dis asof dit die siekte van ons tyd is wat baie geliefdes van ons af wegneem. Nadat ek die slegte nuus ontvang het, het ek dadelik op my knieë gaan neersak langs my bed en net gehuil by die voete van Abba Vader. Ek het geweet die wil van God moet geskied, en hier word ek toe getoets of ek vir God gaan voorskryf of nie… Gaan ek vir wonderbaarlike genesing smeek, vir God vra om in te spring en my ma wonderbaarlik skoon te maak van die kanker? Of gaan ek net in die rus van God bly en Hom toelaat om te laat gebeur wat Hy weet die beste is? Dis ’n baie moeilike situasie en dit ontlont baie argumente, want daar staan dan in die Woord dat ons enigiets van God kan vra en Hy sal dit vir ons doen. Maar wat die mens nie raaklees nie, is dat daar staan dat AS ONS VOLGENS DIE WIL VAN GOD VRA, sal Hy dit vir ons gee en doen. So dit beteken ons moet nogsteeds in die rus van God wees en wanneer ons gevul is met die Gees van God, sal ons wel vra na dit wat die wil van God is. Dit is ’n groot toets, veral as iemand waarvoor ons so verskiklik lief is, siek raak. Maar ons moet net in die rus van God bly en Hom vertrou! Dan eers kan Hy wonderwerke in ons lewens doen en ons gebruik om Sy Waarheid uit te straal in ’n donker wêreld.
Alleenlik wanneer ons in Sy rus is, kan ons deur enige probleem stil wees, want ons sal weet dat God vir ons sal veg. Mense wat in God se rus inbeweeg het, het in die wil van God inbeweeg en laat God toe om Sy wil te laat geskied in hulle lewens. Wanneer hulle bid: “Laat U wil geskied” bedoel hulle dit regtig uit hulle harte uit en daarom kan hulle probleme en moeilike situasies in Sy hand plaas en dit daar los dat HY dit uitstorteer. Dit is hulle wat geleer het om hulle oë af te haal van die klippe op hulle pad en te fokus op Jesus. Mense in God se rus het aanvaar dat God die beste weet en dat Hy altyd vir ons net die beste beplan. (Jer. 29) Hulle aanvaar God het klaar hulle Lewensboeke geskryf en hulle streef daarna om dit te leef wat God beplan het, nie dit wat die mens wil hê nie.
Mense wat nie in God se rus is nie, sukkel om die wil van God te aanvaar, hulle probeer heeltyd God se arm draai om sekere goed te laat gebeur in hulle lewens. Hulle wil hê God moet in hulle eie wil voorsien en voldoen, hulle wil nie leef volgens die wil van God nie, maar volgens hulle eie wil. Wanneer ons nie ten volle oorgegee is aan Abba Vader nie, gee jy Hom ook nie ruimte om te werk in jou lewe nie. Jou hart en jou lewe moet in SY wonderbare hande wees, dan maak Abba Vader vir ons deure oop op die regte tyd; dan maak Abba Vader die see vir ons op die regte tyd oop om deur te beweeg en ons te verlos van die vyand; dan verskuif God berge vir ons; dan veg God vir ons! Dan vertel ons nie meer vir God wat Hy moet doen en laat gebeur in ons lewens nie, maar laat ons Hom toe om dinge te laat gebeur soos Hy dit beplan het.
Nadat ek hierdie saadjie geskryf het, het ek dit net nog ’n keer deurgegaan om my spelfoute reg maak, en toe vra Abba Vader vir my:
“Hoekom glo jy My?”
Want Abba Vader is My Pa, Hy is my Maker; ek kan voel ek is gekonnekteer aan Hom, hoe kan ek anders as om Hom lief te hê met alles binne my? Dit is die lekkerste lekker om in Sy teenwoordigheid stil te wees, niemand en niks kan my daardie gevoel van tevredenheid gee wanneer ek in Sy teenwoordigheid is nie. Niemand kan my so breed laat glimlag nie en niemand kan my soveel trane van vreugde gee nie. Ek glo in my Vader, want ek het Hom met my hele wese lief en ek wil in alles wat ek doen, Hom behaag.
Raak stil met hierdie vraag: “Hoekom glo jy in God?” Wees eerlik met jouself, dit is die enigste manier hoe ons kan sterf aan die ou mens… wanneer ons eerlik is met ons dieper self. Glo jy in Hom omdat jy so geleer en grootgemaak is en jy weet dit is die “regte” ding om in Hom te glo? Glo jy in God omdat Hy die enigste hoop op redding is? Sodat jy nie hel toe hoef te gaan nie? Sodat Hy jou kan help en beskerm in moeilike tye? Sodat hy jou of iemand na aan jou kan gesond maak? Sodat Hy dit en dat vir jou kan gee en doen? Sodat jy enigiets van Hom kan bid en Hy dit vir jou sal gee? Omdat Hy jou lewe makliker kan maak? Dat HY in jou vleeslike behoeftes kan voorsien? Ek is jammer, maar al die bogenoemde redes is bewyse dat jy nie in die rus van God is nie, maar op die breë pad waar jy Hom net versoek om in jou vleeslikheid te voorsien. Die mens met geen persoonlike verhouding met Abba Vader nie, is nie in Hom gewortel nie, en is nie in Sy rus nie. Hulle leef nie die wil van God nie, maar versoek God om in hulle wil te voldoen. Godsdiens kan jou nie in die rus van God plaas nie. Ons is alleenlik in die rus van God wanneer die ou, sondige mens afgesterf het en die Gees van God ons harte oorgeneem het. Lees asseblief Romeine 8
“Wees stil en weet Ek is God!” Ps. 46:11
Hoe vervul ons die wet?
Romeine 13
8 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.
12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.
13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Ek is stil op my blog, want ek is besig om aan ’n paar boeke te skryf. Abba Vader bly net so getrou en lei my elke dag deur omstandighede en situasies om die lesse van die lewe neer te skryf. Vir die laaste paar dae is ek besig oor die onderwerp oor vervloeking in ons lewe. Daar is so baie mense wat kwaad raak oor hierdie onderwerp en niks daarvan wil hoor nie, want hulle meen dat Jesus gesterf het vir ons sondes en dat Hy alle vloeke gekanselleer het, maar as jy tyd by die voete van Abba Vader spandeer en die Gees van God toelaat om die Woord van God aan jou te verduidelik en interpreteer, sal jy baie vinnig die teendeel sien wat verkondig word in die wêreld.
Vanoggend het ek ’n sterk gevoel gekry om Romeine 13 te lees en die laaste vers sê presies DIT waaraan ek skryf: Ons moet ophou om in ons vleeslike behoeftes te probeer voorsien, want daardeur maak ons keuses sonder om die wil van God te soek, en as ons keuses maak teen die wil van God, skep ons vir onsself vervloeking. Dit kom neer op ongehoorsaamheid aan God en wanneer ons ongehoorsaam is aan God, oortree ons die 10 gebooie van God. Baie mense meen die gebooie van God het verval, maar dit het nie! Om meer te lees oor die gebooie, lees gerus die saadjie: Het die gebooie van God verval? Wat wel verval het, is die al die ander wette wat God aan sy volk gegee het – al die tradisie, rituele en godsdiens. Dit is nie meer nodig vir ons om ’n dier te offer aan God nie, om al daardie feeste te hou of om al die rituele uit te voer wat hulle destyds gedoen het nie. Maar ons kan nie die gebooie van God eenkant toe gooi en maak asof dit nie meer bestaan nie. Mense wat die leuens van die wêreld glo, glo dat hulle maar kan leef soos hulle wil, want Jesus het mos alreeds vir hulle sondes gesterf…. hulle glo dat as hulle hou by die tradisie om kerk toe te gaan, hulle babas te laat doop, nagmaal gebruik ensovoorts, wys dit mos hulle ’n Christen is en gered is… verder kan hulle leef soos hulle wil… die deur na die koninkryk van God is mos alreeds vir hulle oopgemaak deur Jesus, maar tog sê Jesus baie duidelik dat die mens nie die Koninkryk van God sal sien as hy nie wedergebore is nie. Om kerk toe te gaan, as ’n baba of volwassene gedoop te wees, om ’n rympie op te sê agter die dominee aan, om bloedlynvloeke te breek…. nie een van hierdie wêreldse gebruike gee aan jou toegang tot die Koninkryk van God nie; alleenlik wedergeboorte! Alleenlik wanneer ons wedergebore is, het ons gesterf aan die self en leef Jesus in en deur ons. Alleenlik wanneer Jesus in en deur ons leef, kan ons God gehoorsaam, kan ons dus die gebooie van God nakom en word die wet deur ons vervul.
Kyk weer vers 8 van Romeine 13… om ’n ander lief te hê, vervul ons die wet. In Mattheus 5 sê Jesus Hy het nie gekom om die gebooie te ontbind nie, maar om dit te vervul. Geen mens op aarde kon die wet van God (gebooie) vervul nie, alleenlik ’n Goddelike mens en daarom moes God Sy Seun in die vorm van ’n mens stuur. Deur Sy gehoorsaamheid het Hy die wet vervul en ook die Gees van God vrygestel. Die Gees van God kan die hart van die mens oorneem alleenlik wanneer die mens die self afsterf en dan leef die Gees van Jesus in en deur ons. Alleenlik dan kan ons die gebooie gehoorsaam, maar dis weereens nie die mens wat so wonderlik is om die gebooie te gehoorsaam nie, dit is die Lewe van Jesus binne ons wat ons in staat stel om gehoorsaam te wees aan God. Om jou naaste lief te hê soos jouself, beteken om nie ’n ander te na te kom nie; om jou naaste lief te hê, is nie ’n emosie of ’n gevoel nie, dit is om ’n ander met respek te behandel, om nie vir mekaar te jok, te moor, te steel van n ander nie, ensovoorts. Maar nie een van ons kan dit uit ons eie regkry nie, alleenlik as Jesus in en deur ons leef! Dan vervul Jesus deur ons die gebooie van God en dit is hoekom Jesus gekruisig moes word… Hy is nie gekruisig sodat almal se sondes op die daad vergewe word en jy maar kan lewe soos jy wil nie… Hy het gesterf om die wet te vervul en Sy Gees vry te stel sodat Sy Gees in ons harte kan kom woon en ons in staat stel om ons naaste lief te hê, want as ons ons naaste liefhet, is dit ’n bewys dat ons kinders van God is. 1 Johannes 3 is baie harde woorde oor hierdie saak, gaan raak asseblief stil daarmee.
Dis tyd om wakker te skrik! God se geduld is besig om min te raak met die mensdom. Dit is tyd om te besef hoeveel mense in die duisternis vasgeketting is, maar glo hulle is gered! Word wakker uit die diepe slaap; hou op met rituele, godsdiens en allerhande snaakse tradisie-maniere wat oorgerdra is van die voorouers. Hou op om die leuens van die wêreld te glo en kry die Waarheid by die voete van Abba Vader in afsondering. Die mens is nie outomaties gered wanneer hy beweer om Jesus te glo nie; die mens se sondes is nie outomaties vergewe omdat Jesus gesterf het aan die kruis nie. As die wet nie deur jou vervul word nie, is dit ’n bewys dat jy nie wedergebore is nie, want dit bewys dat Jesus nie in en deur jou lewe nie….en as jy nie wedergebore is nie, sal jy nie die Koninkryk van God kan ingaan nie… dan behoort jy nie aan God nie. Jammer vir die harde woorde, maar soms het ons harde woorde nodig om wakker te skrik en te reflekteer wat in ons lewe aan die gang is. As ons die self en ons eie wil afgesterf het, sal ons die wil van God vir ons lewens aanvaar en Hom gehoorsaam… nie uit ons eie krag of “goedheid” nie, maar deur Jesus wat in en deur ons leef… dan vervul Jesus deur ons die wet van God (gebooie) en sal ons in alles wat ons doen, God gehoorsaam.
Tekens dat die self nog nie afgesterf het nie, is om nog vas te hou aan die voorouers se tradisies, kultuur en godsdiens met al sy rituele. Om te glo jy is gered omdat jy kerk toe gaan, omdat jy met die mond getuig om te glo in Jesus, maar waarvan getuig jou lewe? ‘n Lewe vol sonde, al is dit ook hoe gering, getuig van ‘n boom wat vrot vrugte dra, want die vrugte getuig waar jy gewortel is. Vrot vrugte, dus sonde, getuig dat die mens nog nie wedergebore is nie, dus is die persoon nie gered nie, maak nie saak hoeveel werk jy vir die kerk doen, en of jy die dominee of pastoor van ‘n kerk is nie. Word die wet deur jou vervul?
Kruisiging van self / wedergeboorte
As jy die vorige saadjie gelees het, sal jy sien die skare mense ontvang ’n vals gees deur die geestelike rook wat ’n vuur afgee. Hierdie vuur is nie die vuur van God nie, maar ‘n vreemde vuur wat ’n vreemde gees vrystel en hierdie vals gees kan baie maklik mense beset wat nog nie tot ware bekering en wedergeboorte gekom het nie. Dit is mense wat beweer dat hulle bekeerd en wedergebore is, dat hulle glo in Jesus, maar dit is net met die mond, nie met die hart nie. Mense wat nog nie wedergebore is nie, maar die Gees van God afsmeek by Hom, se motief is altyd vals, want die mens wat nog nie weergebore is nie, het nog nie die self afgesterf nie en as die self nog nie afgesterf is nie, gaan alles wat hierdie mens doen om die self te verheerlik. Hulle wil dus die Gees van God of die gawes van God hê om die self op te bou en te verheerlik of dat die wêreld kan sien hoe “heilig” hulle is. Hulle wil die wonderwerke van Jesus doen, mense genees, water in wyn verander, duiwels uitdryf… Ek herhaal: Die mens wat nog nie wedergebore is nie, het nog nie die self afgesterf nie as en die self nog nie afgesterf is nie, draai alles wat die mens doen, om die self! Hulle smeek dus vir God om hulle te vul met die HG om die self op te bou in die wêreld… dit gaan nie vir hulle om die eer van God of Sy koninkryk nie, maar om eer en heerlikheid vir die self bymekaar te maak. Hulle wil groot, heilig en belangrik lyk vir die wêreld… net soos die Fariseërs van ouds. Hulle wil groot “werke vir God” doen, maar eintlik gaan dit nie oor God nie, maar om raakgesien te word deur die wêreldmense. Hulle wil die werke van Jesus doen, maar hulle is nie bereid om dieselfde lydingspad as Jesus te stap nie. Mense soek die krag van God, maar verloën God daardeur en dit is hoekom Abba Vader Sy Gees nie sal gee aan mense wat nog nie wedergebore is nie. God ken mos die motiewe van ons hart, Hy ken die geheime wat ons diep in ons harte probeer wegsteek, maar ons kan niks vir Hom wegsteek nie. God weet mos wanneer iemand nie ware berou oor sy lewe het nie, Hy weet as die mens nog nie die self aan Hom geoffer het nie – Hy weet as die mens nog nie die self gekruisig het nie.
“Toe sê Jesus vir Sy dissipels: ‘As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind’.” Mattheus 16:24,25 (AFR33/53)
Wat beteken dit om ons kruis op te tel en Jesus te volg? Om die self te kruisig? Hoe kom ons daarby uit? Eerstens begin dit by sonde-erkenning, om te kies om ons sondes raak te sien, om die lelik in onsself raak te sien. Dit is hoekom God aan ons Sy Woord gegee het, want Sy Woord is die Lig wat ons sondes aan ons openbaar. Dit skyn ’n Lig op ons sondes sodat ons dit kan raaksien en erken aan God. Ons moet ons sondes aan God bely en die keuse maak om ons rug daarop te draai. Die probleem is: Ons spandeer te min tyd by die voete van Abba Vader in afsondering, want hierdie is ’n proses wat plaasvind by die voete van Abba Vader waar Hy ons leer en ons lei, maar die wêreld het mos ’n afsku aan afsondering. Die wêreld vemaan ons om God in ’n kerk te gaan ontmoet, dat jy nie gemeenskap met die heiliges mag afskeep nie, maar daar staan ook in die Bybel dat ons alleen in ons binnekamers moet ingaan en daar tot God bid. Jesus het baie in afsondering teen die berg opgegaan om tot Sy Vader te bid, Hy het baie in afsondering inbeweeg… hoekom staan die wêreld die voorbeeld van Jesus teë? Om eerder in ’n tempel te gaan aanbid? God sê ook Hy is nie teenwoordig in tempels wat met mensehande gemaak is nie, maar God wil in jou hart Sy woning maak en Hy kan alleenlik in jou hart Sy woning maak as jy jou hart in Sy hande plaas, as jy jou hart aan Hom offer, as jy jou lewe aan Hom oorhandig, as jy jou wil onderdanig maak aan die wil van God, maar vandag se mense wil nie die wil van God raaksien, aanvaar en leef nie, hulle probeer eerder God se arm draai om Sy wil te verander om hulle te pas. Hulle bid so teenstrydig, want in een asem sê hulle vir God: “Laat U wil geskied!” maar in die volgende sin smeek hulle God om te doen wat hulle van Hom vereis…. dit maak net nie sin nie….
Baie keer is ons so verblind vir ons eie sondes, want die Ou, verslete bruidsrokke (godsdiens) wat ons aanhet, verbloem ons ongeregtighede. Godsdiens is die een groot gruwel wat mense weerhou om hulle sondes raak te sien, want hulle glo hulle is outomaties gered deur die sterfte van Jesus aan die kruis, maar alhoewel Jesus geweet het Hy gaan sterf aan die kruis, het Hy nogsteeds die mense vermaan om hulle kruis op te neem en Hom te volg. Jesus het dit ook baie duidelik gestel dat die mens nie die Koninkryk van God sal sien as hy nie weergebore is nie (Joh 3), maar voordat die mens weergebore kan wees, moet daar eers ’n sterfte wees. Die koringkorrel moet eers in die grond val en sterf voordat dit kan vrug dra (Johannes 12:24). Sonder ’n geestelike sterfte aan die self, kan daar ook nie ’n geestelike geboorte wees nie en dit is die probleem met die mense by die vals vuur wat ’n vals gees ontvang. Hulle is nog geklee met verslete bruidsklere, hulle het nog nie die ou mens afgesterf nie, maar nogsteeds wil hulle die Gees van God ontvang. Hulle soek ’n “quick fix” sodat dit beter in hulle lewens moet gaan; ander soek weer die Gees van God sodat hy “groot” in die oë van die wêreld kan wees. Hy wil die werke van God doen, maar net om raakgesien te word in die wêreld. Wat was die groot “werk” wat Jesus gedoen het? Nie die wonderwerke wat Hy gedoen het nie, want Jesus sê self in die Woord God het Hom die werke laat doen om te getuig dat Hy die Seun van God is. Die grootste “werk” wat Jesus gedoen het, was om Sy Vader te verheerlik deur gehoorsaam te wees om te sterf aan die kruis… presies DIT waarvoor die wêreldmense wegskram… hulle wil die Gees van God hê om die wonderwerke van Jesus te kan doen, maar die grootste “werk” wat moet plaasvind, sien hulle nie voor kans nie – om die lydingspad te stap en die self te kruisig, om die self en die self se lewe te offer aan God. Sonder kruisiging van die self, kan die mens nie die Gees van God ontvang nie, alleenlik ’n vals gees. Hierdie vals gees kan ook “wonders” doen, maar alles kos ’n prys en in hierdie geval is die prys die ewigheid…
Die mensdom soek die vuur van God in hulle harte – dit is die Gees van God – maar om ’n vuur aan te steek, word hout benodig. As die mens nog nie die self gekruisig het nie, is daar geen hout van die kruis wat gebruik kan word om ’n vuur aan te steek nie. Daar is net vals hout wat afgodshout is en dit is die vuur wat met afgodshout aan die brand gesteek word. Dit is die vuur wat die swart rook afgee wat die mense inasem en in ’n beswyming plaas. Hierdie swart rook wat hierdie vals vuur afgee, is ’n vreemde vuur met ’n vreemde reuk wat God nie kan behaag of verheerlik nie. Dit is hierdie vreemde vuur wat ‘n vals gees gee aan mense met onbekeerlike harte wat nie bereid is om die self te kruisig nie. Hierdie mense se dormante harte gaan aan die brand slaan met hierdie vreemde vuur, maar die reuk wat hulle harte afgee, is nie tot die heerlikheid van God nie. Dit kan God nooit behaag nie! Dit gaan net die self behaag en die mens belangrik laat voel in die wêreld. Dit is die werk van Satan en sy sluwe trawante.
Daarteenoor sal die mens wat die die hand van Jesus gevat en saam met Hom die lydingspad na Golgota gestap het, tyd spandeer by die voete van Abba Vader en sy begeerte sal wees dat Abba Vader aan hom sal openbaar waar hy verkeerd leef. Hy sal ’n begeerte hê om sy ongeregtighede te besef en dit neer te lê voor die voete van Abba Vader. Hy sal ’n begeerte hê om die mens wat hy is of was, af te sterf; hy sal homself verag! Jesus stap die pad saam met so ’n mens en die Lig openbaar aan hom sy ongeregtighede. Soos hy sy sondes en ongeregtighede besef en die keuse maak om dit te laat staan, sterf hy bietjie-bietjie die self af. Omdat hierdie mens ’n begeerte het om die ou mens af te sterf, is daar kruishout wat gebruik kan word om die vuur in sy hart aan die brand te steek. Hierdie mens is waaragtig bereid om die self, sy lewe en sy hart aan God te offer en daarom brand Abba Vader so ’n persoon se hart skoon van al sy ongeregtighede. Die Gees van God kan dan in die skoongebrande hart Sy woning neem en die Vuur van God brand dan uit hierdie persoon se hart. Dit is hoekom Johannes gese het dat Jesus nie met water alleen doop nie, maar ook met Vuur!
“Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Mattheus 3:11 (AFR 33/53)
M.a.w die skare mense wat die vreemde vuur se rook inasem, is diegene wat nie hulle kruise gedra het nie, want hulle sien nie kans vir die lydingspad nie. Hulle volg nie die voorbeeld van Jesus nie, hulle sterf nie die self af nie, hulle is nie bereid om hulle harte en lewens te offer aan God nie, so is hulle ook nie wedergebore nie. Dit laat my dink aan die towenaar, Simon, van Handelinge 8 wat die Gees van God wou gehad het. Hy het die apostels geld aangebied sodat hy die Gees van God kon ontvang, want hy wou ook die “werke” of wonders doen wat hulle doen. Vals mense van vandag verskil nie veel van Simon die towenaar nie, want hulle wil ook die Gees van God om die verkeerde redes hê… sodat dit moet goedgaan in hulle lewens, met finansies, huwelike ensovoorts… alles behalwe om God te verheerlik.
Selfondersoek
Vra jouself die vraag: Hoekom smeek jy die Gees van God by Hom af? Hoekom wil jy die Vuur van God in jou hart hê? Wat is jou WARE redes en motief? Om ander die hande op te lê en hulle gesond te bid? Om water in wyn te verander en “gesien” te kan word deur die wêreld? Om belangrik te wees in die oë van die wêreldlinge? Of is dit om God te verheerlik daardeur? Tot Sy eer?
Het jy waarlik tot bekering gekom? Het jy ware berou oor jou sondes en die mens wat jy is of was? Het jy waarlik ’n begeerte om ’n beter mens te wees?
Het jy die self al afgesterf? Het jy al jou eie wil aan God geoffer? Is dit jou begeerte dat God deur Sy Lig elke dag jou ongeregtighede aan jou openbaar sodat jy daaroor kan heers? Of dink jy dat jy vergewe is vir jou sondes omdat jy kerk toe gaan, maar jy leef die res van die week soos jy wil?
As jy hierdie vrae eerlik aan jouself geantwoord het, sal jy weet of jy al die self gekruisig het of nie. Jy sal dan weet of daar hout van die kruis beskikbaar is vir God om die Vuur in jou hart aan die brand te steek of nie… Alleenlik wanneer die mens die voorbeeld van Jesus volg en die self kruisig en afsterf, verskaf hy kruishout sodat die ware Vuur van God kan brand in sy hart. Die mens wat nie bereid is om die lydingspad te stap en die self oor te gee aan Abba Vader nie, verskaf geen kruishout nie, maar afgodshout wat ’n vreemde vuur in sy hart laat vlamvat wat nie tot eer van God kan strek nie, maar alleenlik tot eer van die self.
“Toe sê Jesus vir Sy dissipels: ‘As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind’.” Mattheus 16:24,25 (AFR33/53)
Ekstra saadjies:
Vals “Heilige Gees”
Vra jouself eerlik hierdie vraag en dink eers bietjie daaroor voordat jy die saadjie lees:
Hoekom wil jy graag vervul word met die Heilige Gees?
Is dit om God daardeur te verheerlik? Of sodat jy verheerlik kan word daardeur? Sou jy graag die HG wou ontvang uit liefde vir Abba Vader of uit liefde vir jouself? Tot eer van God of tot eer van jouself? Om genesing te bekom of om ander te genees? Om ’n lewe van voorspoed en suskses te kan beleef? Sodat dit beter met jou moet gaan? Mense wat om die selfsugtige “eie-ek” redes die Gees van God soek, sal nie die ware Gees ontvang nie, want God ken die motief van elkeen se hart en Hy gee Sy Gees alleenlik as die motief van die mens opreg is. Vals motief-mense kan wel ook ’n gees ontvang wat hulle verwar met die Heilige Gees van God, maar dit is ’n vals heilige gees. Onthou net, Satan boots alles van God na en hy het selfs ’n vals heilige gees wat sommige gawes van God kan naboots.
Onder gebed wys Abba Vader my ’n groot groep mense wat rondom ’n brandende vuur staan. Wat my dadelik opval is die dwarrelende, dansende swart bolle rook wat die vuur afgee. Voor hulle is ’n persoon wat oor hulle bid en die Vuur van God (of die Gees van God) vra of beveel om die mense te vul. Die dansende rookbolle beweeg tussen die mense in en soos die mense die rook inasem, gaan hulle in ’n tipe beswyming. Party val om, ander praat in tale, ander gil en skree met die hande in die lug – dit lyk eerder soos ’n sirkus in chaos! Die swart rook wat hulle inasem, affekteer hulle totale wese. Wat is hier aan die gebeur? Hierdie mense glo dat hulle die Heilige Gees van God, of die Vuur van God, ontvang het, maar al die tyd het hulle het ’n vals gees ontvang wat die gawes van die ware Heilige Gees naboots. Abba Vader verduidelik dit vir my op die volgende manier:
In die vorige saadjie het ek vertel van die swart sambreel wat oor mense se koppe hang (as gevolg van ongehoorsaamheid aan God) wat die seën van God afkeer, dus kan die seën van God nie inreën in hierdie mens se hart nie – net so kan die Gees van God nie die mens se hart vul wat nog ’n swart sambreel oor sy kop dra nie. Mense om die vuur het nog ’n swart sambreel oor hulle koppe, sy eie sondige lewenswyse veroorsaak hierdie vervloeking oor en in hom. God gee nie Sy Gees aan ’n mens met ’n swart sambreel oor sy kop nie, so hoe kan die Gees van God hulle harte vul as God alleenlik Sy Gees laat lewe in mense wat sonder ’n swart sambreel in Sy Lig staan? In Johannes 14:23 sê Jesus:
“As iemand My liefhet, sal hy My woord bewaar, en My Vader sal hom liehê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar My woorde nie…”
Die mens wat God liefhet en Hom gehoorsaam, asem nie swart rookbolle uit wat ’n swart sambreel oor sy kop laat ontvou nie en as die motief van hulle harte opreg en uit liefde vir Abba Vader is, sal God Sy Gees laat lewe in en deur hierdie persoon, so hierdie persoon ontvang dan die ware Gees van God direk van God af. Maar moenie ’n fout maak nie… hierdie mense het ook eens op ’n tyd ’n swart sambreel oor hulle koppe gehad wat die Woord, seën en Gees van God verhoed het om in hulle hart in te val, maar hulle het op ’n stadium in hulle lewe die keuse gemaak om die Lig van die Woord van God toe te laat om hulle sondes aan hulle te openbaar sodat hulle dit kon neerlê voor die voete van God en soos hulle hul sondes aan God bely, het hulle vergifnis ontvang en het die sambreel al hoe kleiner geraak totdat dit later in die niet verdwyn het. God gee dan aan hierdie mens krag om oor sy sondes te heers en daarom asem hy nie meer swart rookbolle uit nie, maar skyn sy hart die Lig van God uit. Hierdie mense het die keuse gemaak het om hulle kruis op te tel en Jesus te volg… maak nie saak wat nie! Hulle motief was nie om die Gees van God te ontvang sodat hulle die wonderwerke van Jesus kon doen en god kon speel nie, hulle motief was suiwer omdat hulle besef het hulle moet die ou mens afsterf om weer gebore te word. Hulle het die sondige mens in hulleself raakgesien en verag, en God gesmeek om hulle te help en krag te gee om te sterf aan die ou sondige mens.
God gee Sy Gees aan die mens alleenlik wanneer Hy weet die mens se motief is opreg. As die mens die begeerte het om God beter te leer ken, om Hom te gehoorsaam, om Hom tevrede te stel, om eer aan Hom te bring deur ’n skoon lewe, om vrugte te dra tot eer en heerlikheid van God, dan sal hierdie mens die lelik in homself eers begin raaksien. Hy sal besef hoe vuil sy lewe is, hoe besmet hy met sonde is en hy sal opreg berou hê oor die mens wat hy is. As hierdie mens vir God vra om hom te help, sal God nooit anderpad kyk nie, Hy help ons altyd as ons net bereid is om ons ongeregtighede raak te sien. Ons het nodig dat die Lig van God ons verkeerdhede aan ons openbaaar en as ons bereid is om ons trots en hoogmoed eenkant te plaas, en ons verkeerdhede kan vasvat en dit teëstaan, sal God ons help daarmee.
Geen mens kan die motief van sy hart vir God wegsteek nie. Die mens wat nie bereid is om sy sondes te laat staan en God te gehoorsaam nie, dra nie sy kruis nie, maar smeek nogsteeds die Heilige Gees of die Vuur van God op hom af om die verkeerde redes… Dit is diegene wat God nie waarlik liefhet nie, want as Hom liefgehad het, sou hulle Hom gehoorsaam het (1 Joh 2:3,4); hulle steur hulle nie aan die Woord van God nie en hulle is nie gehoorsaam aan God nie (al behoort hulle aan ’n kerk). Daar hang dus ’n swart sambreel oor hulle koppe wat die seën van God afkeer. Ongehoorsaamheid veroorsaak ’n swart sambreel oor die mens en verhoed dat God Sy woning in die mens maak, so hierdie mens kan nie met die Gees van God vervul word nie, maar hy kan nogsteeds ’n vals gees ontvang wat die werke van God probeer naboots… ongelukkig is dit van satan af. Wanneer Satan aan die mens sy vals gees gee, sien hulle hulleself as heilig; trots, hoogmoed en arrogansie groei soos ’n kanker in hulle binneste en straal uit hulle uit; hulle sien nie die rede om hulle sondes neer te lê nie; inteendeel, hulle sien hulleself as sondeloos en sommiges gaan sover om hulle sondes heeltemal te ontken.
AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die Waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie. 1 Johannes 1:8-10
Sommiges gaan selfs so ver om van hulself ’n god te maak en aanvaar dat hulle outoritei en mag van God ontvang het om allerhande snaakse goed te doen en te spreek. Met ander woorde, mense wat nie die keuse maak om tot ware bekering te kom nie, stap ook nie die pad van heiligmaking waar hulle hulle kruise dra nie. Hulle is nie bereid om die ou sondige mens af te sterf nie. Hulle is deel van die groep wat glo dat Jesus se kruisdood almal se sondes outomaties vergewe het en dat dit nie saakmaak hoe hy lewe nie, want hy is mos alreeds vergewe! Lees asb die saadjie: Is die hele wereld se sondes op een slag vergewe? Wanneer hulle smeek om vervul te word met die HG, is dit gewoonlik om vals voorwendsels… om die gawes van die Gees te gebruik tot hulle eie eer. Hulle wil die mag en outoriteit hê wat Jesus oor Satan en sy demone gehad het, maar hulle is nie bereid om die pad te stap wat Jesus gestap het nie. Hulle wil die werke van Jesus doen wat hulle goed kan laat lyk, maar wat is die grootste “werk” wat Jesus gedoen het? Om uit gehoorsaamheid die pad na Golgota te stap, om nie terug te praat toe hulle Hom gevloek en gelaster het nie, om ’n doringkroon te dra, om die houe een vir een te vat en die spykers deur Sy hande te laat boor. Is hierdie mense bereid om dieselfde pad as Jesus te stap en hul kruis te dra?
Vra jouself nou weer die vraag: Hoekom wil jy gevul wees met die Heilige Gees? Om al die gawes van die Gees te kan ontvang en wonderwerke te kan doen? Om die Gees van God te ontvang is nie ’n kitsoplossing vir ’n beter lewe nie, want God gee nie Sy Gees aan ’n mens met hierdie motief nie…. maar dit is juis vir hierdie mense waarvoor Satan sit en wag, want hy is mal daaroor om sy vals “heilige gees” of vuur oor die mense te laat val… mense wat nie tot ware bekering gekom het nie, wat hulle nie steur aan die Woord van God of tyd met Abba Vader in hulle binnekamer nie; mense wat nog ’n swart sambreel oor hulle koppe hou, mense wat nie hulle kruis dra nie… Hulle ontvang ‘n vals gees en volg die dwaalleringe wat Satan uitgedink het en die ergste van alles… hulle versprei hierdie vals leringe deur die wêreld en so baie naïewe, soekende mense raak die prooi van die wolf.
Opgesom: Die mense rondom die vuur het nie waarlik “surrender” aan Abba Vader nie, hulle het nog nie waarlik hulle eie wil voor die voete van Abba Vader neergelê nie, hulle het nog nie hulle harte en lewens aan Hom geoffer nie, hulle het nog nie die pad van heiligmaking saam met Jesus gestap en hulle kruise gedra nie, hulle het nie gesterf aan die self nie en die mens wat nie die ou mens afgesterf het nie, se hart word nie vervul met die ware Gees van God nie. Die vuur waarrondom die mense gestaan het, was aan die brand gesteek met afgodshout, dit het nie gebrand met kruishout nie, so die groot probleem is die rook wat deur die hout afgegee word wat die mense in ‘n beswyming laat gaan en glo dat hulle die ware Gees van God ontvang het. Die rook verduister inteendeel net verder hulle geesharte en vererger hulle toestand van geestelike blind- en doofheid.
Ou, verslete bruidsrokke
Onder gebed wys Abba Vader my ’n groot skare mense en wat my dadelik opval, is die bruidsrokke wat hulle aanhet. Dit is nie wit nie, maar geel; dit is erg verslete en oral is skeure wat met ander stukke lap gelap is. Dit lyk soos lae en lae verouderde, geskeurde lap oor mekaar, want die stukke lap wat veronderstel is om die skeure te verbloem, is nie nuwe lap nie, maar ook ou en geskeurde lap. Dit is ’n hengse deurmekaarspul, want die tekstuur van die gelapte stukke materiaal is ’n totaal ander tekstuur as die oorspronklike bruidsrokmateriaal en selfs die gelapte stukke materiaal se teksture verskil van mekaar. Ek kon selfs die oudheid van die lappe ruik, dit was ’n nare reuk. Die skare mense draai om en ek kyk na hulle gesigte, maar elkeen het ‘n sluier oor sy gesig. Dit is sulke vreeslike swaar, dik sluiers dat ek nie kan verstaan hoe hulle daardeur kan sien nie. Die sluiers is ook van baie ou materiaal gemaak, dit is ook verouderd, geel en gelap. Ek het dadelik besef dat hierdie mense so erg versluier is dat hulle nie die Waarheid van God kan sien of hoor nie, hulle is geestelik blind en doof. In 2 Korinthiërs 4:4 staan dat die god van hierdie wêreld die ongelowiges verblind om nie die Waarheid raak te sien nie. Hierdie versluierde mense staan in baie groot groepe en hulle glo hulle is korrek geklee om die Bruilofsmaal van God by te woon, hulle DINK hulle is gered en verlos, maar al die tyd is hulle so erg verblind en is hulle eintlik net deel van godsdienstige rituele. As jy die saadjies lees wat handel oor die Bruilofsfees, sal jy sien dat ons korrek geklee moet wees met die kleed van geregtigheid om toegang tot die Bruilofsfees te kan verkry. Die kleed van geregtigheid is die Lig van God wat in en deur ons skyn. Die bruidsrokke wat hierdie skare mense aanhet, gaan hulle beslis nie toegang verleen tot die Bruilof van die Lam nie. Dit is so in teenstelling met die bruidsgewaad wat die Woord beskryf in Openbaring 19:8 (Afr. 33/53)
“Sy moet geklee wees in rein en blink, fyn linne en die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.”
Die linne van hierdie skare mense se bruidsrokke is beslis nie blink en fyn nie en dit gee ’n mens verseker nie die idee van reinheid nie… veral nie die reuk wat dit afgee nie. Hierdie bruidsrokke is mensgemaak en dit het sy afkoms van tradisie, kultuur en godsdiens. Mense in verouderde, geel, gelapte bruidsrokke probeer geregtigheid of verlossing verkry deur godsdiens wat sy ontstaan het uit die wortels van rituele en tradisie wat oorgelewer is vanaf die voorvaders waaraan mense vasklou. Dis ’n klomp nagebootste religieuse, mensgemaakte wette en reëls wat nie hulle oorsprong van God af het nie en wat hulle geestelik blind en doof maak vir die Waarheid as gevolg van die swaar sluiers wat oor hulle gesigte hang.
“Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.” Mattheus 13:14-15 (Afr. 33/53)
Mense wat geklee is met swaar, ou bruidsrokke en sluiers, se geestelike oë is nog blind en hulle geestelike ore is nog doof, met ander woorde, hulle geesharte is nog in dormansie, en wanneer die geeshart in dormansie is, skyn daar geen Lig uit die hart van die mens nie. Omdat die geeshart nie lewe nie, kan hulle nie geestelik hoor of sien nie en daarom gaan alles wat hulle hoor, by die een oor in – waar dit deur die brein verwerk word as logiese inligting – en dan gaan dit weer by die ander oor uit. Die geeshart van die mens is glad nie betrokke in hierdie proses nie en daarom kan die mens geestelik niks verstaan nie. Dit is presies wat godsdiens is! Godsdiens het niks met die hart van die mens te doen nie, want godsdiens verseker dat die geeshart in dormansie bly en alle godsdienstiges is geklee met hierdie ou bruidsrokke.
Ek luister ’n paar aande terug ’n praatjie oor Jehova se getuies en hoe hulle te werk gaan en ek kon nie help om dadelik te dink aan mense wat geklee is met ou, verslete bruidsrokke nie. Volgens die praatjie wat ek gehoor het, is hulle groot doel om mense te betrek by hulle Bybelstudie… As iemand hulle vra hoe hul gered kan word, antwoord hulle dat die mense hulle Bybelstudie moet bywoon en daar sal hulle leer hoe om gered te word. Het Jesus nodig gehad om allerhande Bybelstudies by te woon om te leer hoe om Sy Vader te dien en te behaag? Glad nie! Hy het in afsondering gaan stilraak by Sy Vader en self by Hom die Waarheid geleer. Daarna het Hy die leer van die Fariseërs weerstaan en Sy dissipels ook gewaarsku om weg te bly van die suurdeegbrood van die Fariseers af – suurdeegbrood is dwaalleringe. Hy het gevoed op hemelse Brood wat net Abba Vader kan gee. Mense wat nog nie gered is nie, gaan gebreinspoel word by hierdie Bybelstudies. Die Woord word aan hulle geïnterpreteer deur mense en nie deur die Gees van God nie. Ons het nodig dat die Gees van God die Woord van God aan ons interpreteer, nie mense nie! En wanneer gebeur dit? Wanneer jy tyd opoffer om in die teenwoordigheid van Abba Vader in te beweeg waar jy met tyd gekonnekteer kan raak aan die enigste Lewegewer.
Die mens moet ontslae raak van ou, verslete bruidsrokkke, want dit is godsdiens, tradisie en rituele wat die mens in die duister vasgeketting hou sodat die mens nooit die heerlikheid en glorie van Abba Vader kan aanskou of ervaar nie. Dit weerhou die mens om gekonnekteer te raak aan Abba Vader, om gewortel te raak in Hom en in en deur Sy Liefde te leef. Mense in ou bruidsrokke kan nooit vrugte van die Gees dra nie, en dis die vrugte wat Jesus in en deur ons dra, wat God verheerlik. So as daar nie vrugte is nie, is daar geen heerlikheid tot Abba Vader nie, dus kan mense in ou bruidsrokke God nooit verheerlik of behaag nie. Hulle kan nooit verhouding met Abba Vader hê nie, hulle gaan Hom nooit kan voel in hulle geesharte nie, hulle gaan nooit die borrelende gevoel van die Liefde van God ervaar nie. So wat is die antwoord? Kom weg uit groepe, raak in jou eie tyd stil met die Woord van God en gesels met Abba Vader. Wanneer jy die Woord bestudeer, is dit soos ’n Lig wat op jou begin skyn en wanneer ons die tradisie, godsdiens en rituele kan begin raaksien wat nie reg is in die oë van God nie, sal die ou bruidsrokke stukkie vir stukkie begin afval net soos die skille van Paulus se oë afgeval het. Dit is dalk hier waar die vangplek inkom, want die meeste godsdienstiges is oorlaai met trots en hoogmoed wat in die pad staan tussen hulle en God. Hierdie trots en hoogmoed veroorsaak dat die mens nie sy sonde wil raaksien nie… hy wil ook nie die godsdiens in sy lewe raaksien en erken nie. En as die mens nie hierdie boosheid in sy lewe kan raaksien nie, gaan hy dit ook nie erken aan God nie en wanneer ons nie ons sonde bly aan God nie, word ons ook nie vergewe en bevry daarvan nie. So ons moet die Lig van die Woord toelaat om aan ons uit te wys of ons vasgevang is in godsdienstige groepe waar rituele nie tot eer van God is nie.
Abba Vader wys ook dat die meeste mense bang is om alleen in afsondering voor Hom te verskyn en daarom verkies hulle om in groepe die Naam van God aan te roep, maar hoekom is mense bang vir God? Dit laat my dink aan Adam en Eva wat weggekruip het vir God, wat te bang was om in Sy teenwoordigheid in te beweeg. Hulle het skuldgevoelens gehad as gevolg van die sonde wat hulle gepleeg het, omdat hule toegegee het aan die versoeking van Satan. Hulle het hulleself geklee met vyeblare, maar vyeblare is werke van eie-geregtigheid.
Mense in groepe is geneig om soos mekaar te lyk, om dieselfde aan te trek, om dieselfde te praat, om dieselfde op te tree… Dit is juis hoekom jy in afsondering voor die voete van Abba Vader moet wees sodat Hy jou kan wys wie jy waarlik is onder daardie swaar, ou bruidsrok. Hy moet jou wys wie jy eintlik is onder die godsdiens, rituele en tradisie, want onder daardie bruidsrok, binne-in jou geeshart, is ’n saadjie wat Abba Vader geplant het en in daardie saadjie is die ware jy verberg! Maar God se Lig moet skyn op daardie saadjie om te kan begin ontkiem. Die bruidsrokke keer die Lig van God af om in jou hart in te skyn, so kerklike rituele en godsdiens keer die Lig van God af en keer dat jy nie die ware jy kan ontdek nie. Dit wat God vir jou vooraf beplan het wat Hy deur jou wil werk, is ook opgesluit in daardie saadjie, so voordat ons waarlik vir God kan “werk”, moet ons ontslae raak van hierdie bruidsdrokke. Dan eers kan God deur ons werk en Sy doel bereik deur ons. Dit begin deur tyd by die voete van Abba Vader te spandeer. Dit beteken om dalk van jou gunsteling wêreldse bedrywighede opsy te skuif en daardie tyd aan God te gee. God vra opofferings van ons kant af ook! Samewerking! Ons kan nie verander as ons nie ons samewerking gee nie en dit begin weer by ’n keuse! Jy het ’n keuse of jy in die groep wil bly met die swaar bruidsrok en godsdiens wil speel saam met die die groep mense en of jy waaarlik Abba Vader wil leer ken, want jy gaan hom alleenlik in jou binnekamer ontmoet en leer ken vir wie Hy waarlik is.
So hoe raak ons onslae van verlete bruidsrokke? Om jou sokkies op te trek, hoogmoed, trots en arrogansie eenkant toe te skuif, en in die teenwoordigheid van God in te beweeg… om af te sonder by Sy voete sodat Hy jou kan voed met hemelse Brood wat Waarheid is.
“Whenever they turn to face God as Moses did, God removes the veil and there they are – face to face. They suddenly recognize that God is a living, personal presence…Our faces shining with the brightness of His face. And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like Him” 2 Corinthians 3:16-18 (The Message)
Opgesom: Om die Bruilof van die Lam van God by te woon, moet ons geklee wees met die kleed van geregtigheid, wat die Lig van God is, maar die Lig van God kan nie deur ou bruidsdrokke ons harte bereik nie. Ons moet ontslae raak van die bruidsrokke en dit kan alleenlik gebeur wanneer die Lig van die Woord die godsdiens, tradisie en rituele aan ons uitwys waarmee ons besig is; wanneer ons dit bely aan Abba Vader en ons rug daarop draai. Ons moet ontbloot staan in die Lig van God, alleenlik dan kan die Lig van God deurdring tot binne-in ons geesharte en kan ons harte aan die brand slaan met die Lig van God om ’n geestelike Lig te skyn en dit is hierdie Lig van God uit ons harte, wat die kleed van geregtigheid is.
“I will sing for joy in God, explode in praise from deep in my soul! He dressed me up in a suit of salvation, He outfitted me in a robe of righteousness. As a bridegroom who puts on a tuxedo and a bride a jeweled tiara, for as the earth bursts with spring wildflowers, and as a garden cascades with blossoms, so the Master, God, brings righteousness into full bloom and puts praise on display before the nations.”
Isaiah 61:10 (The Message)
Swart sambreel keer die seën van God af
Abba Vader is goed vir Sy kinders en Hy wil hulle seën deur Woord oor hulle uit te spreek. Die Woord wat God oor Sy kinders wil spreek, moet in hulle geesharte kan inval, maar daarvoor moet hulle harte ontvanklik wees daarvoor. Die probleem wat hier insluip, is dat daar ’n swart sambreel oor soveel van God se kinders se koppe hang en hierdie swart sambreel keer dat die Woord van God in hulle geesharte inval.
In ’n vorige saadjie Uitroep van samekomste het ek vinnig vertel hoe Abba Vader wys dat daar mense is wat geestelik ’n Lig uit hulle harte skyn en net so is daar mense wat geestelik swart rookbolle uit hulle harte uit afskei. Hierdie swart rookbolle gaan hang in die gees soos ’n swart wolk om die mens. ‘The Message’ beeld hierdie swart rookbolle op hierdie manier uit:
Ephesians 2:1 “You filled your lungs with polluted unbelief, and then exhaled disobedience.”
Hierdie swart rookbolle gaan hang soos ’n swart sambreel oor die koppe van die mens en keer die Woord en die seën van God af. Maar waar kom hierdie swart rookbolle vandaan en hoe kan ons ontslae raak daarvan? ’n Swart hart skei dit geestelik af, ’n hart wat verduister is en waarom is mense se harte verduister? Omdat hulle voed op die bose vrugte wat Satan aan hulle bied. (Lees gerus die saadjie Vrug van die bose boom oor die effek wat verbode vrugte op die mens het.) Om ontslae te raak van die swart sambreel, het ons die Lig van God nodig, want alleenlik die Lig van God kan die duisternis verbreek.
Hierdie swart sambreel is soos ’n vervloeking wat oor ’n mens se kop hang en soveel mense gee vir Satan die skuld daarvoor, daarom probeer hulle die rookbolle “wegtoor” deur oorlogvoering of om sekere woorde te spreek, maar die probleem is dat oorlogvoering teen Satan en aangeleerde woorde wat net gespreek word, nie die swart hart van die mens kan verander nie. Solank as wat die hart verduister is, met ander woorde, so lank as wat die mens toegee aan die versoekings van Satan, sal die mens ’n swart sambreel oor sy kop hê.
Ander sal weer met die argument kom dat die swart sambreel afkomstig is vanaf die sondes van hulle voorouers en hulle sal weer bloedlynvloeke sny in ’n poging om die swart sambreel uit die weg te ruim, maar weereens… gaan ’n verduisterde hart verander word deur bloedlynvloeke te sny? Alles, alles, alles draai om die toestand van die hart, die motief van die hart… dit is ons harte wat moet verander!
Hierdie swart sambreel ontstaan dus uit sonde, vals voorwendsels van die hart en ongeregtighede… pleinweg gesê: Ongehoorsaamheid aan Abba Vader! Dit weerhou Woord en seëninge van die mens! Dit is soos ’n muur tussen mens en God. Jesaja 59:2 sê:
“…julle ongeregtighede het ’n skeidmuur geword tussen julle en God…”
’n Swart sambreel ontstaan omdat die mens nie heers oor sonde nie… omdat die mens lewe soos hy wil en hom nie steur aan die wil van God nie. Die swart sambreel gaan nie verdwyn wanneer die mens kerk toe gaan of dinge vir die kerk doen nie, dit gaan alleenlik verdwyn wanneer die mens se hart oorgegee is aan Abba Vader en Sy Lig uit ons harte uit skyn. Nou is die probleem weer dat geen mens uit sy eie oor sonde kan heers nie, ons kan alleenlik oor sonde heers deur die Gees van God in ons harte… en dit is hoekom God Sy Seun aarde toe gestuur het… om die Gees van God vry te stel om vir die mens as Helper te dien. Sonder die Gees van God sal ons altyd verlore wees, sal ons altyd ’n swart sambreel oor ons lewens hê. Vals kerke verkonding dat Jesus gesterf het om almal se sondes uit te kanselleer, dat Jesus alle vloeke gebreek het, dat almal se sondes outomaties ALREEDS vergewe is, maar dit is leuens soos hierdie wat die mens gevange hou in die duisernis, wat hulle weerhou om Abba Vader regtig te leer ken, wat hulle weerhou om die Gees van God te ontvang, want dit gee aan die mens ’n vals gevoel van gerusstelling… dan maak dit mos nie saak as ek sondig nie, want Jesus het mos ALREEDS vir my sondes gesterf, die sonde wat ek gedoen het en al die sonde wat ek nog gaan doen, is mos ALREEDS vergewe deur die kruisdood van Jesus (Saadjie – Wanneer word ons sondes vergewe?) So vals kerke gaan vir die mens vertel dat die kruisdood van Jesus alreeds die swart sambreel wat oor hulle koppe hang, weggeneem het en dat hulle al die seëninge van God uit genade sal ontvang… Maar die Waarheid is dat die meeste mense wat hulleself as Christene ag, se harte nog verduister is, (sonder die Lig van God) en dat hulle deur sonde swart rookbolle afskei wat soos ’n swart sambreel oor hulle koppe hang en die seën van God afkeer. Hulle het nog nie die Gees van God in hulle harte ontvang nie. Moet asseblief nie die leuen glo dat ons gebore word as heiliges en dat jy die Heilige Gees in jou hart het van kleins af nie, want hoekom anders het Jesus gesê dat die mens eers moet sterf aan die self voordat hy in die Koninkryk van God sal kan inkom? Die mens moet ’n hartsverandering ondergaan en om dit te ondergaan, moet die mens eers sterf aan die ou, sondige mens, hy moet geestelik in die graf beland waar Abba Vader ’n hartsoorsplanting doen en Sy Gees in die hart van die mens vrylaat. Daar moet eers ’n hartsbesnydenis plaasvind en dit kan nooit plaasvind sonder dat die mens die ou, sondige mens in homself kruisig nie. Die leuens van die wêreld weerhou die mens om te sterf aan die self en tot ware wedergeboorte te kom, want dit is te maklik om net te aanvaar dat jy alreeds verlos en gered het, dat jy “veilig” is, dat jy deur genade alleen gered is… maar in der waarheid hang daar ’n swart bose sambreel oor die mense se koppe. Hiermee sê ek nie daar is iets wat ons self kan doen om verlossing te bekom nie, maar ons kan ook nie terugsit, maak soos ons wil en net aanvaar ons verhouding met Abba Vader gaan groei nie. Daar is goed in die lewe wat ons moet prysgee in ’n poging om tyd met Abba Vader te spandeer en alleenlik dan sal ons verhouding met Hom groei. Alleenlik wanneer ons gewortel raak in die hart van Abba Vader, ontvang ons die Lewe van God wat ook die Lig van God is. Alleenlik die Lig van God kan die swart sambreel oor ons koppe verbrysel.
Ons kan alleenlik heers oor sonde deur die LEWE van God binne ons. Die mens wat dus met ’n opregte hart tot bekering en wedergeboorte gekom het, wat gewortel is in die hart van God, se hart skyn Lig uit en hierdie persoon is ontvanklik vir die Woord van God; daar is nie ’n muur tussen hom en God nie, daar is niks tussen hom en God wat die Woord afkeer nie… en die Woord sal soos val soos die reën wat op die droë, dorre land val; dit sal die geeshart se dors les deur strome Lewende Water…
“Soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal My Woord wees wat uit My mond uitgaan; dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” Jes 55:10,11
Abba Vader gee ook Deuteronomium 11 om te gaan lees, wat ’n wonderlike bevestiging! In Deutr 10 begin die gedeelte met die hoofopskrif: “Nuwe vermaning tot gehoorsaamheid”. God eis van ons om Hom te vrees, om in Sy weë te wandel, om Hom lief te hê en Hom te dien met ons hele hart en ons hele siel, om die gebooie te onderhou… en dan eindig vers 13 met die woorde: “…sodat dit met jou goed kan gaan!”. Dit kan met ons goed gaan wanneer daar nie ’n swart sambreel oor ons koppe hang nie, wanneer die Woord wat God oor jou en my wil spreek, direk in ons harte kan inval.
Ongehoorsaamheid aan God = ’n swart sambreel met geen seën van God. Gehoorsaamheid aan God = seën van God.
“Kyk, Ek hou julle vandag seën en vloek voor – die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel; en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.” Deuteronomium 11:27,28
Gehoorsaamheid begin by ’n keuse! Ons kan kies om die sonde en boosheid in onsself raak te sien, om die Gees van God toe te laat om ’n Lig te skyn op die lelik binne ons sodat ons dit kan erken en aan God kan bely, want dit is hierdie lelike goed binne ons wat ’n muur tussen ons en God veroorsaak. As die mens nie sy eie swart hart wil raaksien nie, is daar nog te veel hoogmoed en trots, en hierdie eienskappe word direk aan Satan gekoppel, want dit is hoekom hy uit die hemel uitgeskop is!
Kom ons kom terug na die groot probleem: Mense wat ’n swart sambreel oor hulle koppe het, kan nie die seëninge van God ontvang nie. Hulle moet eers ontslae raak van die swart sambreel! Om ontslae te raak daarvan, moet ons dit kan raaksien en erken, ons moet die oorsprong van die swart rookbolle kan identifiseer en dit is ook hoekom ons die Woord van God het. Die Woord van God werk saam met die Helper van God om ons verkeerdhede aan ons uit te wys, maar ons moet sterk genoeg wees om dit te kan erken en bely aan Abba Vader. Soos die Gees van God ons help om ons sondes te oorkom, asem ons geestelik al hoe minder swart rookbolle uit, so die swart sambreel begin krimp. Hoe meer tyd ons in die Woord en by die voete van Abba Vader spandeer, hoe meer begin ons hart Sy Lig uitskyn totdat Sy Lig so helder uit ons uitskyn dat die swart rookbolle totaal verdwyn. Dan staan ons oop onder die hand van Abba Vader en sal die Woorde wat Hy oor ons spreek, direk in ons harte kan inval!
Dit alles kom weereens terug na ’n opregte hart, tyd spandeer met die Woord van God, verhouding met Abba Vader en dit alles lei na gehoorsaamheid aan God. Abba Vader se woorde aan my was die volgende:
“Showers of blessings will be pouring and raining over you. You will leap for joy”
Op ‘n ander keer het Abba Vader ook gesê:
“Soos die lelies van die veld – so vrolik – so sal jy blom oor al die seëninge van reën van bo. Ek wil vir jou net die beste gee. Lief My met jou hele hart en Ek laat gebeur die onmoontlike. Vertrou My volkome en Ek sal jou die beloftes laat sien. Dien My. Eer My. Gehoorsaam My!”
Tekens van die tye
“Kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land” Hooglied 2:11,12
Alhoewel ons dadelik ’n mooi prentjie kry as ons hierdie lees, gaan dit nie vir almal op ’n mooi prentjie dui nie. Die bloeisels wat gesien word, is mooi, maar dit dui ’n tyd van gereedheid aan, ’n tyd van oordeel. Vir diegene wat goeie vrugte en bloeisels aan hulle bome het, is dit ’n goeie tyd wat wag, maar vir diegene wat nie ’n boom met goeie vrugte in God se hart gegroei het nie, dui dit aan op ’n tyd van vrees, verwoesting en oordeel, want die byl lê alreeds teen die wortel van die boom. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi (Luk 3:9). Daar is in vandag se tyd soveel dwaalleringe van godsdiens, soveel goddeloosheid, mense gee hulle oor aan bose begeerlikhede, hulle doen net wat hulle wil en dink hulle godsdienstige rituele gaan hulle red…
Die bloeisels laat my ook dink aan die Skrif in 2 Kor 2:14-17 wat gaan oor ’n reuk wat versprei word. Bome wat bloeisels dra, versprei ’n geur…vir baie is dit ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word, maar onder die wat verlore gaan, is dit ’n reuk van die dood…
Die tortelduif wat sy stem laat hoor in die land is God se boodskappers wat Hy uitstuur net soos Hy Noag en al die profete uitgestuur het. Hierdie tortelduiwe sing nie altyd mooi liedere nie, maar klaagliedere en gesug en wee, en daarom haat die wêreld en sy mense hulle. Hulle is vir die mensdom ’n onaangename reuk waarvan hulle niks hou nie, want die mens in die wêreld wil net mooi dinge hoor; hulle wil hoor Jesus het vir hulle sondes gesterf en dat almal daardeur gered is. Hulle wil nie hoor dat hulle die self moet kruisig, hul lewe moet aflê en Jesus moet volg nie; hulle wil nie hoor dat hulle klipharte verander moet word nie, hulle wil niks hoor van gehoorsaamheid nie en daarom preek kerke nie vir mense om hulle sondes te laat staan nie.
In 2012 het Abba Vader baie duidelik vir my gesê ’n droogte gaan SA tref vir 7 jaar. ’n 7 Jaar droogte! Hy het ook vir my duidelik die Skrif, Jeremia 14, gegee. Ek het soos gewoonlik gesnak na my asem toe ek hierdie Skrif lees:
1DIE woord van die Here wat tot Jeremia gekom het weens die groot droogte. 2Juda treur en sy poorte verval; hulle sit in rou op die grond, en die geskreeu van Jerusalem gaan op. 3En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekom en bedek hulle hoof. 4Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof. 5Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie. 6En wilde-esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.
In Oktober 2016 wys Abba Vader hoe die beeste loop en stof opskop. Op sekere plekke is daar nie meer kos vir die diere nie. Van die diere begin lê en later is dit net geraamtes wat daar lê. Dit was vir my verskriklik om te besef dat dit gaan begin gebeur in SA, want ek is ’n obsessiewe diereliefhebber. Met hierdie beeld wat Abba Vader my wys, verduidelik Hy aan my dat ek nie hoef te huil vir die diere nie, want vir hulle is dit die loop van die lewe. Die dier word nie op hierdie manier gestraf nie, met ander woorde, ’n dier sien en beleef dit nie as straf nie. Maar die mens beleef dit as ’n straf, want dit is die mens wat op die ou end van die dag finansieël verloor en swaarkry. ’n Kort rukkie nadat Abba Vader vir my gewys het oor die diere, het dit ook so begin gebeur in sekere gebiede.
Mense het begin bid en smeek vir reën, soveel mense het geprofeteer oor reën wat val; sommige mense het Satan beskuldig dat dit hy is wat die droogte veroorsaak en hom met leë woorde probeer beveg. Sommige mense het selfs die arrogansie gehad om die natuur aan te spreek met “heilige woorde” en die natuur probeer beheer sodat die wolke reën moet bring. Maar God het die droogte beplan! God beheer die natuur, nie Satan nie. Die natuur gehoorsaam God altyd, God besluit waar die wolke bymekaar sal kom en waar dit sal reën. Ek het op ’n stadium vir Abba Vader gevra hoekom dit so sleg gaan in SA ten opsigte van die droogte en Hy het gesê die geestelike duisternis wat hang oor SA, is die gevolg daarvan. Die valsheid van die mense! Die godsdiens van die mense! Mense ken nie vir God nie, hulle aanbid Hom nie uit liefde vir Hom nie, maar vir wat hulle daaruit kan kry. Hy het my ’n prentjie van motte gewys en gesê SA se mense is soos ‘n klomp motte om ’n lig. Hulle vergader in groot groepe om ’n lig om te smeek vir dit wat hulle wil hê, byvoorbeeld reën, maar wanneer hulle wel reën kry, verdywn die motte baie vinnig om die lig. Dan is daar nie meer ’n mot in sig nie! Waar is die mens se verhouding dan met Abba Vader? Hy wil nie hê ons moet wees soos ’n mot om ’n lig wat smeek en wanneer ons ons sin gekry het, gaan ons aan met ons goddelose lewe nie… al die derduisende mense wat so saamgeroep word en wat hulle harte en klere skeur voor God sodat Hy dit beter met SA moet laat gaan, sodat Hy reën kan gee… waar is daardie derduisende mense se verhouding met Abba Vader wanneer hulle terugkeer na hulle normale lewe? Abba Vader soek verhouding met die mens! Hy wil hê jy moet Sy hart ken! Moenie net God se hand soek vir help nie, soek Sy hart! Raak verlore in Sy hart!
Kyk wat sê Jeremia 14 ook oor die vals profete wat in die tyd van die droogte reën en voorspoed vir SA voorspel het…
“13 Toe sê ek: Ag, Here Here, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle ‘n duursame vrede gee in hierdie plek. 14En die Here het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart. 15Daarom, so spreek die Here: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie — dié profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom.”
Ek glo dat die droogte besig is om te begin breek, want 7 jaar is nou verby, maar dit beteken nie voorspoed nie, want Abba Vader wys baie waters…. oorstromings, hael en vuur. Abba Vader gee vir my Jesaja 8 om te gaan lees, ek skryf die vertaling van The Message neer, gaan lees dit gerus in die ander vertalings:
God spoke to me again, saying: “Because this people has turned its back on the gently flowing stream of Shiloah, And gotten all excited over Rezin and the son of Remaliah, I’m stepping in and facing them with the wild floodwaters of the Euphrates, The king of Assyria and all his fanfare, a river in flood, bursting its banks, Pouring into Judah, sweeping everything before it, water up to your necks, A huge wingspan of a raging river O Immanuel, spreading across your land.” Isaiah 8:5-8
Dit help nie ons wil paranoïes raak en op hol gaan nie, al wat ons kan doen om skuiling te vind by Abba Vader. Die eindtye is verseker op ons, God het dit lank reeds so bepaal en ons gaan nie God se arm kan draai om Sy planne en gedagtes te verander nie. Al wat ons kan doen, is om te sorg dat ons stewig in Hom geanker en gevestig is. Soek die hart van Abba Vader, nie Sy hand nie!
Diere wat kniel – eindtyd
Abba Vader wys my onder gebed ’n veld vol diere… Ek kyk mooi na die diere en sien dat hulle lê, maar hulle lê nie soos ’n dier wat slaap nie… hulle lê met hulle voorpote vooruit en hulle koppe gebuig. Die diere kniel! Eers wonder ek of hulle kniel en smeek vir kos gedurende die droogte, maar tog is die veld om hulle baie mooi met oor as genoeg gras om te eet, so die droogte is nie die rede dat hulle kniel nie. Dan sê Abba Vader dat die natuur, en veral die diere, die tye van God beter kan raaksien of aanvoel as die mens. Mense besef nie dat die eindtyd op ons nie… dalk besef die mense dit, maar dis nie asof hulle hulle veel daaraan steur nie. Hulle dink godsdiens en godsdienstige rituele gaan hulle red, dat hulle gemerk is as God se kinders as hulle gedoop is, nagmaal gebruik of aan ’n kerk behoort, maar dit is alles net godsdienstige rituele en het niks te doen met verhouding met Abba Vader nie. Daar is so baie van God se kinders wat nog in die asvaal-afgebrande gedeelte funksioneer en dit is omdat hulle hulle ore toedruk vir Waarheid en na vals leringe luister. Hulle spoeg die Woord van God uit hulle monde (Moet God jou behaag of wil jy God behaag?) want hulle wil nie sterf aan die self nie. Wanneer God genoeg gehad het, gaan Hy ’n einde maak aan alles en wat dan van Sy kinders wat nog in die vaal gedeelte funsioneer? Hulle gaan verlore gaan net soos die mense in die tyd van Noag verlore gegaan het…
Vermaning om waaksaam te wees:
36 Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. 37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. … 42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie…. 44 Daarom moet julle ook gered wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie”
Mattheus 24
Ons MOET ’n lewende verhouding met Abba Vader hê, ons MOET gewortel wees in die hart van Abba Vader, ons moet elke dag tyd spandeer in suiwer Woord en stilraak voor Hom. Dan eers ontvang ons die “covering” van God, dan eers skuil ons onder die vlerke van Abba Vader en sal ons beskerm wees in hierdie chaotiese wêreld. Dit beteken nie dat daar nie slegte goed met ons kan gebeur nie, maar ons fokus sal verskuif van die wêreld na God en ons sal alles om ons sien uit die oë van Jesus. Ons kyk met fisiese oë na die wêreld en sien net chaos, want die dinge wat rondom ons aangaan, is duidelik die tekens van die tye waaroor die Woord ons waarsku. Maar wanneer ons geestelike oë oopgaan, sal ons saam met die diere kniel en aan Abba Vader al die eer gee. Die engele staan alreeds gereed om die oordele van God aan te kondig (Openb. 14)…
Abba Vader wys baie vir my die groot hout horlosie… die uurwyser is op 12 uur, die minute wyser is al net-net oor 12 en die sekondewyser is besig om met ’n spoed af te tik. Hoeveel tyd daar nog oor is, sal net God alleen weet, maar as die oordele alreeds oor die aarde aangekondig word, kan daar nie meer so baie tyd oor wees nie. Kom weg uit vals kerke en groepe wat net godsdienstige speletjies speel en raak stil voor die voete van Abba Vader dat Hy aan jou die Waarheid leer! As die mens net kan besef hoe verskriklik belangrik gemeenskap met God is, ’n diep, lewende verhouding met Abba Vader.
“En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.”
Mattheus 24:32,33
As ons onder die vlerke van God skuil, hoef ons nie bang te wees vir die oordele wat uitgevel word nie! As ons in regstaande verhouding met Abba Vader is, het ons Goddelike beskerming. Dit is vir my so mooi in Openbaring 7 waar die engele opdrag kry om die kinders van God te verseël voordat die verwoesting begin:
“En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.”
Openbaring 7:2,3
Wat is hierdie seël? Die is die merk van God en ons harte kan alleenlik gemerk word wanneer God ’n hartsbesnydenis op ons toepas, maar Hy kan alleen ’n hartsbesnydenis (Besnydenis van die hart – Audio) doen wanneer ons in die graf is, met ander woorde, wanneer ons die ou mens afgesterf het. Dan verwyder Abba Vader ons kliphart en gee aan ons ’n vleeshart. As jy die Uitnodiging na die Bruilofsfees lees, sal ook jy sien dat God uitnodigings uitstuur wat deur ons onderteken moet word. Sekere uitnodigings word gestempel en ander word nie gestempel met die seël van God nie. Daar is nog te veel mense wat met vals motiewe die uitnodigings onderteken, maar vals bekeerlinge sterf nie die self af nie, so hulle beland nie in die graf waar God ’n hartsbesnydenis kan doen nie. Hulle ontvang dus nie die stempel van God nie, dus is hulle ook nie onder die beskerming van God wanneer die oordele die aarde tref nie.
Ons het die “covering” van God nodig in hierdie tye en veral die tye wat voorlê, want dit gaan nie beter gaan nie, dit is net die vals profete wat tye van welvaart verkondig. Hierdie “covering” van God is soos die ark in die tyd van Noag. God SAL Sy kinders beskerm deur die chaos wat aangaan in SA en reg oor die wêreld, maar dan is dit jou verantwoordelikheid om te sorg dat jy gekonnekteer is aan Abba Vader. Toe die waters begin val in die tyd van Noag, het God die deur van die ark toegemaak en al die mense buite het verlore gegeaan. Die sekondewyser van Abba Vader tik-tik stadig maar seker af en elke dag is ons ’n dag nader aan die koms van die Seun. Diegene wat in die vaal gedeelte funksioneer, gaan nie meer ’n kans hê om na die Lig van God toe te kom nie, hulle gaan vir ewig verlore wees. Hulle gaan vergaan soos die mense in die tyd van Noag vergaan het. Hulle vergaan omdat hulle verkeerde keuses maak, omdat die wêreld belangrik is, omdat die self vir hulle te belangrik is, omdat hulle hulle ore uitleen aan leuens van vals profete. Maak seker die herder wat jy volg, is die ware HERDER!
Mag ons tot die besef kom dat die eindtye op hande is en werk aan ons verhouding met Abba Vader sodat ons sal ook sal kniel soos die diere…
Godsdienstige rituele behaag net die self
Ek is klaar geskryf aan die boek: “Die Uitnodiging” en dit is baie hartseer om te besef dat daar soveel mense is wat eenvoudig net die uitnodiging na die Bruilofsfees van die Lam eenkant toe skuif en nie belangstel nie. Die wêreld en sy dinge is vir hulle te lekker en te belangrik. In Jesaja 65:12 van The Message staan:
“When I INVITED you, you ignored Me!
When I spoke to you, you brushed Me off. You did the very things I exposed as evil,
YOU CHOSE what I hate!
Isaiah 65:12 (MSG)
Dit is vir my sulke hartseer woorde, want Abba Vader wys dat daar van Sy kinders is wat in die vaal gedeelte funksioneer, wat besig is om verlore te gaan. God sal altyd Sy kinders op die naam roep om verhouding met Hom te bou, om Hom waarlik te leer ken, maar soveel van Sy kinders ignoreer Hom en hou hulle eerder besig met die wêreld se gemors.
Dan is daar die grootste groep mense en dit is hulle wat wel die uitnodiging na die Bruilofsfees van die Lam aanvaar, maar om die verkeerde redes. Die motief van hulle hart is vals, want hulle wil die Bruilofsfees bywoon vir dit wat hulle daaruit kan kry, die voordeel wat hulle daaruit kan trek, wat dit vir hulle kan beteken. Dit is die groep mense wat hulle besig hou met godsdiens en rituele en dink hulle godsdiens gaan hulle ’n plek aan die tafel by die Bruilofsfees besorg. Dit gaan nie! Abba Vader het niks te doen met rituele en godsdiens nie, al wat Hy soek, is jou hart, jou lewe!
Ek skryf nie hierdie harde woorde om op ander se tone te trap nie, want ek het self ook deur dit gegaan. Voordat ek tot ware bekering gekom het, het ek ook kerk toe gegaan omdat dit vir MY iets kon beteken. Ek het myself as ’n Christen gesien en gesê ek glo in Jesus omdat ek nie graag hel toe wou gaan nie. Die fokus was dus op myself en nie op Jesus nie. Ek het nie in Jesus geglo omdat ek Hom wou behaag nie, ek het nie God aanbid sodat Hy oor my moes glimlag nie en dit is so verkeerd! Later jare toe ek waarlik verhouding met Abba Vader begin bou het, het dit my begeerte begin raak om Hom te behaag sodat Hy sou glimlag oor my en ek het toe besef dat my motief nie altyd in lyn was met die voorbeeld van Jesus nie.
Wat is die rede van jou hart dat jy God dien? Dat jy kerk toe gaan? Dat jy “dingetjies” doen vir die koninkryk van God? So min mense se motief draai uit liefde vir Abba Vader en om Hom te behaag; die meeste mense se motief draai om die self… Hulle wil graag eendag die Bruilofsfees van Jesus bywoon omdat hulle dink dit gaan vir hulle baie voordele inhou of dat hulle dalk lekker feeskos gaan eet, dat dit vir hulle ’n ewigheid kan bied. Hulle dink die pad wat lei na die Bruilfosfees is ’n voorspoedige pad met baie sukses, gesondheid en welvaart, maar waar in die Woord belowe God dit vir ons? Daar is inteendeel eerder klippe op die pad waarteen ons ons tone ten bloede stamp; daar is moddergooiers en baie verwerping op die ware pad van God. Jesus het nie uit die wêreld se oogpunt baie sukses behaal nie; inteendeel, Hy is met klippe gegooi, Hy is verwerp oral waar Hy gekom het… behalwe natuurlik as Hy vir hulle wonderwerke kon doen… Maar as Hy nie vir hulle wonderwerke wou doen nie, het hulle hulle rug op Hom gedraai. Jesus het die misbruik van die mens leer ken – die vals motief van die hart van die mens. Dit is seker waaroor ek die meeste skryf, maar dit is wat Abba Vader my leer. Hy het my oë oopgemaak vir die misbruik van die mensdom, vir die leuens wat mense leef. Alles gaan vir die mens oor die self! Om die self te behaag, om in die self se behoeftes te voldoen, maak nie saak hoe hulle moet lieg en bedrieg om dit reg te kry nie. Hulle wil net die self behaag, maar die probleem is net… solank as wat die self behaag gaan word, sal die mens nie die vleeslike, ou mens afsterf nie. As daar nie ’n sterfte van die ou, sondige mens is nie, kan daar ook nie ’n geestelike geboorte van die nuwe mens wees nie.
Mense kan aan soveel godsdienstige praktyke deelneem soos hulle wil; hulle kan die Woord op die punte van hulle vingers ken, maar as die fokus nogsteeds op die self gemik is, is hierdie persoon nie weergebore nie en is hy maar net besig met godsdiens wat niks met geloof in Abba Vader te doen het nie.
“You choose self-serving worship, you delight in self-centered worship – disgusting! Well, I choose to expose our nonsense and let you realize your worst fears…”
Isaiah 66:4 (MSG)
Soveel mense neem deel aan godsdienstige rituele wat hulle by ander mense hoor of leer, en dan dink hulle hulle is besig om God te dien daardeur, maar daar is ’n hengse groot verkil tussen godsdienstige rituele en verhouding met Abba Vader. As jy elke dag vir ’n geruime tyd, tyd in suiwer Woord en gebed deurbring, sal Abba Vader aan jou die Waarheid openbaar. Maar dit is omdat die mens luister na mensgemaakte reëls, hulle woon Bybelstudies by waar die Wooord deur MENSE aan hulle geïnterpreteer word! Daar is ’n BAIE groot verskil in Woord wat deur mense geïnterpreteer word en Woord wat deur die Gees van God aan ’n mens in afsondering geïnterpreteer word! Wil jy nou regtig hê mense moet jou verduidelik wat sekere Skrif beteken? Is mense se opinie regtig geloofwaardig? Is dit nie die beste om die Waarheid by Abba Vader self te ontvang deur Sy Gees nie?
“Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele Waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem wat aan My behoort, en aan julle verkondig.”
Johannes 16:13,14
Dit is hoekom Jesus God se wil kom uitvoer het op aarde… om die Gees van God vry te stel sodat die Gees ons as hulp kan wees en om ons te konnekteer aan Abba Vader, om ons te help om in die hart van God gewortel te kan wees sodat ons direk die LEWE van God kan ontvang. Ons het nie ’n medium nodig nie! Ons het nie rituele nodig nie! Daardie goed hou ons weg van God af, dit bou ’n muur tussen mens en God. Ek het nou die aand ’n praatjie geluister oor Jehowa se getuies en dit was vir my skokkend om te hoor dat wanneer iemand aan hulle vra hoe hy/sy gered kan word, dan antwooord die Jehowa getuie dat die mens moet aansluit by hulle Bbyelstudie groepe en daar sal hy leer hoe om gered te word! So almal wat na hulle Bybelstudies toe gaan, word geïndoktrineerd, daar word robotte van hulle gemaak, hulle word wette en reëls opgelê soos dat hulle glad nie bloed van ’n ander mag ontvang nie. Hulle mag glad nie bloedoortapping ontvang nie, want hulle koppel fisiese bloed aan die bloed van Jesus. Maar die bloed van Jesus is nie fisies nie, dit is geestelik! Ons moet geestelik die bloed van Jesus ontvang, dit het niks te doen met ons fisiese liggaamlike bloed nie. Ek het die volgende oggend, na ek die praatjie geluister het, stil geraak by Abba Vader se voete oor hierdie saak en hy het dadelik vir my Romeine 10 gegee om te gaan lees. Kyk wat staan hier:
“I know what enthusiasm they have for God, but is is misdirected zeal. For they don’t understand God’s way of making people right with Himself. Refusing to accept God’s way, they cling to their own way of getting right with God by trying to keep the law.”
Romans 10:2,3 (NLT)
Wees asseblief op die uitkyk vir maniere waarop jy geïndoktrineerd raak deur ander se sienings! Let op rituele en godsdienstige wette en reëls in jou lewe. Daar is net een manier en dit is deur Jesus Christus! Deur plek te maak vir Abba Vader in jou daaglikse lewe! Laat die Gees van God toe om jou te leer, want die Gees van God praat direk met ons geesharte en dit is die enigste manier hoe Waarheid vasgemaak kan word in ons harte. Geen godsdienstige rituele gaan jou aan Abba Vader verbind nie! Alleenlik tyd in Sy teenwoordigheid!
“Wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
Mattheus 6:6
Vleeslike begeertes teenoor Goddelike begeertes
Moet God jou behaag of wil jy God behaag?
Die krag van gehoorsaamheid
Soek die Koning se hart
“… die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind.”
1 Kronieke 28:9 (Afr. 33/53)
Die krag van sonde
Keer terug na ware verhouding met Abba Vader
Wat vra ons van God?
Hoe versoek ons God?
Hoe weet jy of jy waarlik tot God bid en of jy God versoek / toets?
Asvaal afgebrande gedeelte…
2. Ware worship VS vals worship
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Johannes 4:24 (AFR33/53)
1. Deur te blom, worship ons God
Ek het al soveel keer vir Abba Vader gevra: “Hoe kan ek ooit dankie sê vir die God wat Hy vir ons is? Vir alles wat Hy vir ons doen?” En dan sê Abba Vader keer op keer: “Met jou lewe, My kind! Sê vir My dankie met jou lewe!”
Liggaam, siel en gees
Werking tussen liggaam, siel en gees… Hoe lyk ’n dormante geeshart-mens teenoor ’n lewende geeshart-mens?
SA, Sodom en regverdiges
Uitroep van samekomste
“Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroepe van samekomste – Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!” Jesaja 1:13 (AFR33/53)
Hoëhakskoene of kaalvoet agter Jesus?
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”
1 Petrus 3:3-4 (AFR33/53)
Die Bruilofskleed
“En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan?’ En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min is uitverkies.”
Mattheus 22:12,13 (AFR33/53)
Klippe, beproewings en versoekings
“God, your God, is testing you to find out if you totally love Him with everything you have in you. You are to follow only God, your God, hold Him in deep reverence, keep His commandments, listen obediently to what He says, serve Him – hold onto Him for dear life!”
Deuteronomy 13:4 (MSG)
Net een ware Weg
“Jesus antwoord: ‘Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.’”
Johannes 14:6 (AFR33/53)
Volgeling van Jesus
“My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met n hart vol blydskap dien.”
Habakuk 3:17 (DB)
Bekering
“Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil; wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ’n seën sal agterlaat — ’n spysoffer en ’n drankoffer aan die Here julle God.” Joël 2:12-14 (AFR33/53)
“Signed, sealed and saved”
Uitnodiging na die Bruilofsfees
“Die koninkryk van die hemele is soos ’n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep en hulle wou nie kom nie. Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: ‘Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.’ Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ’n ander na sy handelsaak. En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. Daarop sê hy vir sy diensknegte: ‘Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.’ En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n builofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan?’ En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min is uitverkies.”
Mattheus 22:2-14 (DB)
Hoë bome en droë kerns
“Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.”
1 Samuel 16:7 AFR33/53
Verwoesters in ons siel
“Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale…”
Maleagi 4:2 (AFR83)
Vrug van die boom
“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”
Johannes 15:4,5 (AFR33/53)
Penwortel van geloof
“Let your roots grow down into Him, and let your lives be built on Him. Then your faith will grow strong in the truth you were taught, and you will overflow with thankfulness.”
Collosians 2:7 (NLT)
Gewortel in die Woord
“May Christ through your faith dwell in your hearts. May you be rooted deep in love and founded securely on love…”
Ephesians 3:17 (AMP)
Tuinier van ons hart
“Light-seeds are planted in the souls of God’s people…” (Psalm 97:11 MSG)
Maak van jou hart God se tabernakel…
Wat is die Liggaam van God?

Die verskillende kerke kan nie eers saamstem oor verskeie sake nie, so selfs die kerke is verdeeld. Hulle kan nie versmelt nie omdat hulle ontstaan uit verskillende bronne is. As hulle ontstaan uit God was, sou hulle almal mos dieselfde idees van God af gehad het en sou hulle almal mos saamgestem het oor sake. Die kerke vorm saam die beeld wat uit verskillende dele van verskillende materie bestaan wat nie met mekaar kan versmelt nie, maar as dit nie met mekaar kan saamsmelt nie, hoe kan dit saamwerk? As elke deel van die beeld sy afkoms van dieselfde bron gehad het, sou die dele mos uit dieselfde materie bestaan het en dan sou hulle kon saamsmelt as ’n beeld in geheel. Daar sou daar verstandhouding, eenheid en samewerking gewees het tussen die dele van die beeld, maar hoe kan byvoorbeeld yster en klei met mekaar vermeng? Net so min kan die kerke met mekaar vermeng, so hoe kan die kerke hulleself die liggaam van God noem? As hulle wel die Liggaam van God was, sou hulle as ’n eenheid kon saamwerk, maar nou wil hulle mekaar eerder vermorsel. As die liggaam sy eie arm wil vermorsel, hoe kan so ’n liggaam saamwerk? Wat van die bloed wat deur die liggaam pomp om lewe aan die liggaam te gee? Kan dit God se bloed wees wat deur die liggaam pomp? Of funksioneer elke deel met sy eie bloed sodat die liggaam ’n deurmekaarspul is van verskeie tipe bloed? As die hele liggaam met dieselfde bloed funkioneer het, sou elke deel dieselfde nutriente ontvang het, dan sou almal se idees en voorstellings dieselfde gewees het, dan sou daar eenheid gewees het en sou die dele uit dieselfde materie bestaan het. As hierdie die liggaam van God was, hoekom wil God dan die beeld verbrysel deur dit met ’n klip te tref dat dit in fyn stukkies spat en wegwaai in die wind? Daniël 2:43 sê:
Waar is jy gewortel?
Soek jy Jesus in ‘n graf?
God se saadjie binne ons
Bitter wortels veroorsaak vrot vrugte
Wanneer God ons snoei…
Hoekom word ons gebede nie beantwoord nie?
“As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”
Johannes 15:7
As God ons nie help nie
Boek – Lig Saadjies
Laslappies kombershart van God
Het die gebooie van God verval?
Kniel ons voor die kruis van Jesus of voor ‘n leë kruis?
Raak ontslae van verslenterde klere, ontwikkel Goddelike DNA
Offer ‘n “contrite heart”
Maskermense se gebabbel
Offers
Aanvaar die wil van God op Sy ware Weg
God se wil of ons eie wil?
Aanbid ons God of Baäl
…daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord.”
1 Kon 17:1
Breek weg uit Babilon!
Glo jy die leuens van Satan of die Waarheid van God?
Besnydenis van die hart – Audio
Besnydenis van die hart
“Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. Ek sal My Gees in julle binneste gee en sal maak dat julle in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou en doen.”
Esegiël 36:26,27
Is die hele wereld se sondes op een slag vergewe?
Skeiding tussen Lig en Duisternis
Brande en ‘n vals SA
Soeke na meer lei na hoë, droë bome
Bose geslag teenoor God se kinders
Wie is die volk van God?
Is jou hart aan die brand?
Gebed en verhouding
Is jy ‘n oop teiken vir Satan?
“As ek gesondig het, wat doen ek aan U, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot ’n las is?”
(Job 7:20 Afr. 33/53)
Job
“Het jy al ag gegee op my kneg, Job? Want daar is niemand op aarde soos hy nie; ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”