
Dit is vir my baie interessant om te sien dat die saadjie wat handel oor “Bloedlynvloeke”, die meeste gelees word… en dit laat my wonder… Is daar dalk baie mense wat ook geglo het dat ons bloedlynvloeke moet breek om in oorwinning te leef, maar na ’n rukkie agtergekom het dat hierdie “resep” nie werk nie? Dat dinge nie rêrig verander het in hulle lewens nie? Ek het ’n vriendin wat altyd sê as die sny van bloedlynvloeke, saam met bevryding, “gewerk” het, dan was sy mos nou al lankal “high en holy”. En dit is presies soos sy sê, want daar is massas mense wat kampe en byeenkomste bywoon om hierdie snert te leer, wat hulle tyd en geld in die water gooi om na ’n paar weke of maande maar net agter te kom dat dit nooit “gewerk” het nie, die sny van bloedlynvloeke het nie aan hulle oorwinning gegee nie. Hoekom nie?
Die grootste probleem rondom die sny van bloedlynvloeke is die motief agter die daad. Wat is die hoofrede dat die mens tot die besef laat kom dat hy bloedlynvloeke moet sny? Is dit dalk omdat daar slegte goed in sy lewe gebeur? Is dit dalk omdat dit finansieël sleg gaan, dat dit sleggaan in sy huwelik, of dat sy kinders rebels is? Sny die mens bloedlynvloeke omdat daar ’n string buite-egtelike kinders in die familie is en hy bang is dit gebeur met sy kinders ook?
Die mens glo dat as daar slegte goed in sy lewe gebeur, dit hom meer voorspoed sal gee wanneer hy die sondes van sy voorouers aan God bely, onverskoning vra daarvoor en dan hierdie sonde se houvas op sy eie lewe verbreek. Netsowel kan ek sê hulle glo dat die sondes van hulle voorouers ’n direkte vloek op hulle geplaas het en daarom gebeur daar nou goor dinge in hulle lewe, en dat dit sal help as hulle bloedlynvloeke breek. So wat is die motief agter hierdie daad? SODAT DIT BETER MET DIE MENS MOET GAAN!!! SODAT DIE MENS IETS DAARUIT KAN KRY! Waar is die fokus van hierdie mens? Op God of op hom homself? As die fokus van die mens op die self is, het hy geestelik nog nie aan homself gesterf nie, want as ’n mens geestelik die self afgesterf het, is die fokus op God en Sy werke; dan aanvaar ’n mens die wil van God en probeer ons nie om God se arm te draai sodat dit moet beter gaan in ons lewens nie.
As jy mooi gaan dink daaroor, veral die saak oor buite-egtelike kinders, sal jy ook besef dat dit nie so maklik is om net ’n towerstaffie te swaai en te glo jou woorde het krag deur sogenaamde bloedlynvloeke te sny nie… dit vat BAIE meer as dit! Dit vat gehoorsaamheid! Die mens moet oor sonde begin heers! Om ’n simpel voorbeeld te noem: Om buite-egtelike kinders te voorkom, gaan nie gebeur deur die bloedlynvloek van buite-egtelike kinders te breek nie, dit gaan alleenlik gebeur wanneer die mens God gehoorsaam deur nie voor die huwelik in die bed te spring saam met ’n ander nie. Die mens moet begin heers oor sonde, want sonde veroorsaak ’n vervloeking oor jou eie lewe. As jy aangaan met die sondes, ongoddelike tradisies en godsdiens van jou voorouers, skep jy vir jouself ’n vervloekte omgewing. Dan gee jy aan Satan reg om te kom krap en inmeng in jou lewe, hy het dan beheer oor jou lewe en kan ‘n spul slegte goed in jou lewe laat gebeur. Gaan jy uit sy kloue kan ontsnap deur net bloedlynvloeke te laat sny? Glad nie, jy sal beheer oor hom en sonde moet kry en jy gaan dit nie kan verkry deur die skuld van jou sonde op jou voorouers te pak en bloedlynvloeke te sny nie. Gaan eerder in afsondering voor die voete van Abba Vader dat Hy aan jou uitwys wat die verkeerde goed in jou eie lewe is waarmee JY moet breek, dit wat JY moet afsterf, nie dit wat jou voorouers verkeerd gedoen het nie. Hulle het dalk aan jou ’n verkeerde “mindset” geleer wat jy sal moet afsterf, maar dit is moontlik om ons ou “mindset” af te sterf sodat God aan ons ’n nuwe “mindset” kan gee. Lees gerus Raak ontslae van verslenterde klere, ontwikkel Goddelike DNAoor hierdie onderwerp.
Om bloedlynvloeke te sny, gaan nie aan die mens ’n nuwe lewe of ’n nuwe “mindset” geen nie, dit gaan ook nie die mens in staat stel om te heers oor sonde nie! Daar is net een manier en dit is om te sterf aan die self en weer gebore te word in die geslag van God in. Alleenlik dan sal die mens deur die Lewe van God kan heers oor die sonde.
Jakobus 4:7,8 in die Amplified sê:
“Sumbit to God. Resist the devil and he wil flee from you. Come close to God (with a conrite heart) and He will come close to you. Wash your hands, you sinners; and purify your hearts, you double-minded people.”
Nêrens in die Woord word dit vir ons uiteengesit dat ons bloedlynvloeke moet sny om in oorwinning te leef nie, maar op soveel plekke word ons vermaan om ons lewens en ons sondes vierkantig in die oë te kyk en dit te laat staan. Dit is om te sterf aan die self, maar ons kan dit nie alleen en op ons eie doen nie. Ons het die Lig van die Woord nodig om aan ons te openbaar waar ons onheilighede en tekortkominge lê. Hierdie is nie ’n geveg met Satan nie, dit is ’n geveg met jouself! Jy moet jouself vasvat en jy moet beheer kry oor jou eie lewe en sonde.
“…die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.”
Genesis 4:7 (Afr. 33/53)
Ons moet heers oor ons sonde, maar voordat ons weergebore word, heers sonde oor ons. Geen mens kan heers oor sonde nie, daar is net een wat heers oor sonde en dit is Jesus Christus. Hy het gesterf en opgestaan, hy het die dood en sonde oorwin en alleenlik wanneer ons een word met Jesus, asook met Sy kruisiging, kan Jesus in en deur ons oor sonde heers. Romeine 6:5 se dit vir my so mooi:
“For if we have become one with Him [permanently united] in the likeness of His death, we will also certainly be [one with Him and share fully] in the likeness of His resurrection.”
Dit is dan nie die mens wat oor sonde heers nie, dit is Jesus in en deur ons. Hierdie Skrif sê vir my so mooi dat ons een moet word met die kruisiging van Jesus:
“If we become one with Him in the likeness of His death, we will also certainly be one with Him and share fully in the likeness of His resurrection.” Romans 6:5 (Amp)
Wanneer ons bloedlynvloeke sny, waarop fokus ons? Ons fokus nie op God wanneer ons dit doen nie, maar ons fokus op die sondes van ons voorouers. Dit help ook nie ons fokus op ons eie sonde en probeer ons bes om ons eie sonde te oorkom nie, want uit ons eie kan ons dit nie doen. Die enigste manier is om op God te begin fokus, om tyd aan Hom te gee, om Sy Woord te leer ken, om Hom te leer ken en om in gebed met Hom te gesels. Met tyd sal die Woord jou lei na die kruis van Jesus en jou sondes aan jou uitlig wat jy aan God moet bely. Dit kan sondes wees wat jy by jou voorouers geleer het, dit kan ook tradisie en godsdiens wees wat jou opgelê is deur jou ouers of voorouers; al die sondes, ongeregtighede en onheilighede van jou voorouers waarmee jy aangaan. Jy moet daardie goed kan raaksien en breek daarmee, maar soos jy tyd in die teenwoordigheid van Abba Vader spandeer, sal Hy al hierdie goed aan jou openbaar op Sy tyd. Gee net alles oor aan Hom, dit is eintlik so eenvoudig. Moet dit nie probeer ingewikkeld maak deur reëls en opsêgebedjies wat deur mense uitgedink word nie, want dit is nie van God af nie.
Wanneer ons tyd in God se Woord spandeer, begin ons God ken vir die wonderbare Abba Vader wat Hy is en so groei ons geloof in Hom. Geloof speel so n groot rol, want sonder geloof in God, sal ons vir altyd verlore wees. Sonder geloof sal ons nie in God kan ingroei nie en sal ons nie die Lewe of die Gees van God ontvang nie en sonder die Gees van God sal ons nooit oor sonde kan heers nie. Nou moet ons net eers weer stilstaan om ons hartsmotief te bepaal, want hoekom wil ek en jy die Lewe of Gees van God in ons binneste he? Om die ewige lewe te bekom sodat ons nie hel toe hoef te gaan nie? Sodat ons geregtigheid en verlossing kan ontvang? Dan gaan dit maar net weer oor die mens en sy eie behoeftes, hierdie mens sal nooit die Lewe van God ontvang nie, want God laat Hom nie kul nie, Hy weet wat ons hartsmotiewe is. Ek troos my daaraan dat ek met my hele hart glo dat nie een van God se kinders Hom sal soek met n vals hartsmotief nie, want God trek Sy kinders in liefde na Hom toe en elke mens wat aan God behoort, wat uitgekies is nog voor alle tye deur Abba Vader, sal Hom soek met n intensiewe honger en dors na God, om Hom beter te leer ken, om verhouding met God te kan he en nie om die self te verryk nie. Vals gelowiges soek die geregtigheid van God om die verkeerde redes en dit sal wys in hulle dade, eant hulle sal God nie kan gehoorsaam nie.
Wanneer ons tyd in God se Woord spandeer, begin ons God leer ken vir die wonderbare Abba Vader wat Hy is en so groei ons geloof in Hom. Geloof speel so ‘n groot rol, want sonder geloof in God sal ons vir altyd verlore wees. Sonder geloof sal ons nie in God kan ingroei nie en sal ons nie die Lewe of die Gees van God ontvang nie, en sonder die Gees van God , sal ons nooit oor sonde kan heers nie. Nou moet ons net eers weer stilstaan om ons hartsmotief te bepaal, want hoekom wil ek en jy die eLwe of Gees van God in ons binneste hê? Om die ewige lewe te bekom sodat ons nie hel toe hoef te gaan nie? Sodat ons geregtigheid en verlossing kan ontvang? Dan gaan dit maar net weer oor die mens en sy eie behoeftes, hierdie mens sal nooit die Lewe van God ontvang nie, want God laat Hom nie kul nie, Hy weet wat ons hartsmotiewe is. Ek troos my daaraan dat ek met my hele hart glo dat nie een van God se kinders Hom sal soek met ‘n vals hartsmotief nie, want God trek Sy kinders in liefde na Hom toe en elke mens wat aan God behoort, wat uitgekies is nog voor alle tye deur Abba Vader, sal Hom soek met ‘n in intensiewe honger en dors na God, om Hom beter te leer ken, om verhoudig met God te kan hê en nie om die self te verryk nie. Vals gelowiges soek die geregtigheid van God om die verkeerde redes en dit sal wys in hulle dade, want hulle wat nie die Gees van God het nie, sal ook nie gehoorsaam kan wees aan God nie, hulle sal nogsteeds lewe soos hulle wil.
Soos ons in God ingroei, ontvang ons al hoe meer Lewe van Hom af en dit is hierdie Lewe wat ons totale wese met tyd verander. Ons het die Lewe van God binne ons nodig om ’n nuwe Goddelike “mindset” te kry. Ons moet op ons verhouding met Abba Vader fokus, ons moet fokus om die wil van Abba Vader te gehoorsaam, ons moet ons fokus wegkry van al die menslike reëls. Eendag gaan jy terugkyk op jou lewe en besef dat daar sekere sondes in jou lewe was, wat net eenvoudig in die niet verdwyn het, so asof hierdie sondes net padgegee het uit jou lewe sonder dat jy dit besef het. Wanneer ons begin fokus op Abba Vader en ons ons visie instel net op Hom en Hom beter te leer ken, begin ons vergeet van al die dinge om ons; wêreldse dinge raak al hoe minder belangrik en wanneer jy na ’n lang ruk terugkyk op die ou mens wat jy was, sal jy sien dat daar sekere sondes is wat net in die niet verdwyn het, sonder dat jy geywer het om dit weg te kry. Dit is omdat die Lewe van God ons van ’n kant af begin skoonmaak en Jesus begin deur ons heers oor sonde. Dit is wat gebeur wanneer ons net op Abba Vader begin fokus.
Om te kan heers oor sonde, moet ons uit God gebore wees, wat ook beteken ons moet uit die geslag van God wees, ons moet weergebore wees. Jesus het nie gefokus op Sy familielyn, gebooie, wette of reëls van mense nie, alleenlik op Sy Vader en die wil van God. Hy het Homself as offer gegee. Moet ons nie net die voorbeeld van Jesus volg nie? Dit kom maar net weer terug na die punt dat ons die self met n opregte hart aan God moet offer, ons totale lewe, harte, alles!
“Do not offer any part of yourself to sin as an instrument of wickedness, but rather offer yourselves to God as those who have been brought from death to life, and offer every part of yourself to Himas an instrument of righteousness.”
Romeine 6,7,8 is mooi bevestiging van hierdie saadjie