Kniel ons voor die kruis van Jesus of voor ‘n leë kruis?

IMG_1018

Onder gebed wys Abba Vader my ’n skokkende gebeurtenis: Die Woord leer ons dat daar twee mense aan weerskante van Jesus gekruisig was. Daar was dus drie kruise, waarvan een die kruis van Jesus Christus was. Wanneer ons berou het oor ons sondes, moet ons geestelike gaan kniel voor die kruis van Jesus om ons sondes te bely en vergifnis van God te ontvang, maar wat skokkend is, is dat daar derduisende mense is wat voor die verkeerde kruis kniel – hulle kniel nie voor die kruis van Jesus nie, maar voor een van die ander kruise wat ’n leë kruis is. As ons kniel voor ’n leë kruis, beteken ons sondebelydenis nie veel nie, want ’n leë kruis is ’n kruis sonder Jesus en sonder die bloed van Jesus is daar nie vergifnis vir ons sondes nie. Ek kon hierdie konsep aan die begin glad nie verstaan nie en het Abba Vader gevra om dit mooi vir my te verduidelik, want dit klink half snaaks… en hoe weet ek dat ek wel by die regte kruis kniel?

Die Woord van God is ook die Lig wat ons ongeregtighede aan ons openbaar; die Woord skyn ’n lig op ons foute sodat ons dit kan raaksien, erken en bely aan Abba Vader.  The Message sê vir my 2 Timoteus 3:14-17 vir my baie mooi en duidelik:

“There’s nothing like the written Word of God for showing you the way to salvation through faith in Christ Jesus. Every part of Scripture is God-breathed and useful one way or another—showing us truth, exposing our rebellion, correcting our mistakes, training us to live God’s way. Through the Word we are put together and shaped up for the tasks God has for us.”

Soms is ons hopeloos te hardkoppig om ons foute te erken, maar wanneer ons wel op die punt kom en die keuse maak om hierdie lelik in onsself raak te sien en te erken, lei die Lig ons na die kruis van Jesus waar ons kniel voor die kruis en opreg vir Abba Vader onverskoning vra vir die sonde wat ons toelaat om ons te beheer. Wanneer ons opreg en ware berou het oor hierdie sondes, sal ons ook bereid wees om volkome te breek daarmee en dit totaal en al agterlaat en ’n nuwe pad volg agter Jesus aan. Ons sal dan nie terugkeer na ons ou lewe en aangaan met al daardie onheilighede nie.

Baie keer druk probleme, situasies en omstandighede ’n mens in ’n hoek vas en dit voel asof daar geen uitkoms is nie. Dan gryp ’n mens na God vir hulp en gaan kniel voor die kruis. Ons bely ons sonde, ons smeek, ons breek bloedlynvloeke, ons laat doen selfs bevryding – ons doen alles volgens ‘n boek wat iemand geskryf het… Ons staan op vanaf die kruis en keer terug na ons ou bestaan met die hoop dat dit nou beter in ons lewe sal gaan. Die volgende paar dae, of selfs weke, voel ons dalk beter, maar dan besef ons met ’n hou teen die kop… NIKS HET VERANDER NIE… Ons voel in werklikheid nogsteeds nie beter nie, ons het nie vrede nie en ons omstandighede het ook nie verander nie. Ons gewete pla ons nogsteeds, ons sukkel om ons sondes te oorkom en ons voel nogsteeds soos ’n verloorder, soos ’n sukkelaar… Hoekom? Wat het fout gegaan?

Eerstens was die motief van die mens se hart vals en het die ware Lig van die Woord nie die mens gelei na die kruis van Jesus nie, maar die persoon het rigting ontvang na ’n ander kruis, ’n leë kruis. Tweedens het die mens teruggekeer na die duisternis, na sy ou, sondige bestaan! Hierdie mense kan baie vinnig begin twyfel in die werke, asook die bestaan van God, omdat hulle nie welvaart beleef in hulle lewe nadat hulle by die kruis gaan kniel het nie, maar wat was hulle motief toe hulle gaan kniel het voor die kruis? Wat was hulle hoof rede? Het hulle hulleself, asook ’n voorspoedige lewe in die oog gehad? Of het hulle Jesus en ’n verhouding met Hom in die oog gehad? God ken die motief van elke mens se hart, Hy ken elke gedagte van die mens en niemand sal Hom ooit kan bluf nie. Die sondebelydenis van bogenoemde mense het nie uit die hart gekom nie, daar was geen ware berou oor hul sondige lewe nie, maar hulle het gekniel by die kruis met valse voorwendsels – om iets in ruil daarvoor te kry soos ’n meer voorspoedige lewe.

Wanneer ons by die kruis kniel met die gedagte in die agterkop dat God moet ingryp in ons lewens en dat dit beter met ONS en ons omstandighede moet gaan, kniel ons by die kruis met ’n geheime agenda sonder ’n ware berouvolle hart. Die rede waarom ons dan voor die kruis kniel, is vir voorspoed en seën – dan gaan dit oor die self en nie om Jesus te leer ken of ’n verhouding met Hom te bou nie. Wanneer dit begin beter gaan en God voorsien in ons behoeftes, draai ons so maklik weer terug na ons ou bestaan. Daar was dan geen ware berou uit ons hart oor ons sondige lewe nie, anders sou ons nie weer teruggekeer het na die duistere wêreld nie. Ons rede tot sondebelydenis was nie sodat God ons harte kon skoonwas en Hy ons verander nie, maar ons motief was dat ons vergewe kon word sodat ons voorspoed en seën kon ontvang… Dit is wanneer ons kniel voor die verkeerde kruis, voor die kruis waar Jesus nie teenwoordig is nie, voor die kruis waar geen vergifnis van sonde is nie. Die Lig van die Woord het ’n mens dan nie gelei na die kruis nie, want wanneer die ware Lig van die Woord ’n mens lei, lei Hy mens altyd na die kruis van Jesus. Hierdie mense het dus sonder leiding van die Woord van God voor ‘n kruis gaan kniel. Dalk het hulle onder leiding van een of ander geestelike boek onder ’n kruis gaan kniel waar hulle die sondes van hulle voorouers bely in ’n poging om losgesny te word van die vloeke wat die sondes van die voorouers op hulle geplaas het in ’n poging om ’n beter lewe te bekom. Dan is dit nie die Lig-Woord wat hulle gelei het na die kruis nie, maar mensgemaakte reëls wat nie in die Woord vir ons uiteengesit is nie.

Baie mense wat by die verkeerde kruis kniel, het Jesus gesoek vir eie gewin, dit het geensins vir hulle daaroor gegaan om Jesus te leer ken deur die Woord nie en as ons Jesus nie leer ken nie, kan ons nie met die hart in Hom glo nie – hoe kan ons glo in iemand as ons Hom nie ken nie? Hierdie persoon bely sy sondes voor die kruis, staan op en trek ’n nuwe baadjie aan sodat hy soos ’n nuwe mens lyk vir die wêreldlinge. Sommiges sit selfs vir hulleself ’n “badge” aan die nuwe baadjie waarop “Christen” staan sodat die wêreld moet dink hulle is verander deur die bloed van Jesus. Maar in der waarheid was Jesus se bloed nooit eers teenwoordig in die sondebelydenisproses nie, want die mens het onder ’n kruis gekniel wat in die wêreld geleë is, ’n nagemaakte kruis sonder Jesus. Daarom kan hierdie persoon nooit in oorwinnig leef nie en daarom voel hy na ’n ruk weer goor omdat omstandighede nie wil verander nie, emosies wil nie stabiliseer nie en trek hy later die Christenbaadjie uit.

Al het ons soveel keer by die verkeerde kruis gekniel, gee God aan ons almal weer ’n kans en Hy bied weer en weer Sy Lig-Woord aan die mens om Jesus te leer ken deur die Woord en om deur die Lig gelei te word na die kruis van Jesus. Ons vind die kruis wanneer ons waarlik berou het oor ons sondes, wanneer ons die hulp van God soek omdat ons besef ons is NIKS sonder Hom nie, wanneer ons Hom begin soek vir wie Hy waarlik is en nie vir wat Hy vir my en jou kan DOEN nie, maar wanneer ons besef ons kan wraggies nie sonder Hom lewe nie. Ons vind die regte kruis wanneer ons ’n punt aan onsself sit – aan die eie ek. Waar daar ’n punt aan onsself is, begin ’n lewe vir God sonder punte. Moet nooit ’n punt sit aan jou soektog na God nie, moet nooit ’n punt sit aan jou knielende, biddende posisie voor God nie, moet nooit ’n punt sit agter sondebelydenis nie, want dan sal daar nie ’n punt wees aan jou lewe in oorwinning nie. Daar is wel ’n plek waar ons ’n punt moet sit en dit is die punt aan onsself! Die einde van onsself beteken die begin van God in ons lewe. Ons het nodig om ons eie kruis op te tel en Jesus te begin volg, nie om die foute by ons voorouers te gaan soek nie.

Om bloedlynvloeke te sny, is om ’n kitsoplossing te probeer kry vir die probleme in ons lewe. Al wat dit is, is mensgemaakte reëls en al waarheen dit die mens gaan lei, is na ’n verkeerde, leë kruis, ’n kruis sonder Jesus. Ek weet baie mense argumenteer dat die kruis leeg is, want Jesus het opgestaan uit die dood. Ja, ons weet en glo Jesus het gesterf aan die kruis, is afgehaal, in die graf geplaas, maar het weer opgestaan deur die krag van God, maar net soos Jesus deur ’n proses moes gegaan het, net so gaan ons ook deur ’n proses moet gaan. Ons moet die voorbeeld van Jesus volg en Jesus het nie die kruis vermy nie, maar Hy het deur die erge kruisiging gegaan en net so moet ons die self ook kruisig. Wanneer ons in die proses is om te sterf aan die self, is Jesus met ons in daardie proses en daarom sal Hy saam met jou deur die kruis beweeg, Hy sal jou nooit alleen laat nie. Dit is hoekom die kruis van Jesus nie leeg is wanneer ons deur die afsterwingsproses gaan nie, want Jesus gaan met ons deur die proses. Daar waar Hy in die proses was, daar sal Hy weer saam met ons ook wees.

Dit help nie ons is bewus van ons voorouers se foute en sondes, en vra onverskoning daarvoor nie, want dan is sondebelydenis nie waarlik en opreg uit die hart nie. Geen mens kan ware berou hê oor die sondes van sy voorouers nie en ons het gesien sonder opregte berou, kniel die mens voor ’n leë kruis waar daar geen vergifnis van sonde is nie. Dit is hoekom hierdie persoon nie in volle oorwinning sal leef nie en die kans is baie goed dat hy sal terugkeer na sy eie sondes. Ons moet bewus raak van ons eie tekortkominge, sondes en ongeregtighede en dit aan God bely. Alleenlik die Lig-Woord kan dit vir ons uitwys en alleenlik die Lig van die Woord kan vir ons die pad wys wat lei na die ware kruis van Jesus waar ons met ’n opregte hart en ware sondebelydenis voor Abba Vader kan kniel en ons lewens en harte aan Hom kan oorhandig. Wanneer Abba Vader aan ons werk, is daar nie ’n manier wat jy sal terugkeer na jou sonde toe nie, want wanneer Jesus in en deur ons begin lewe, kan ons heers oor daardie sonde deur die krag van God. Dit is nie die mens self wat heers oor die sonde nie, dit is die teenwoordigheid van die Lewe van God binne ons, wat ons in staat stel.

Jy sal weet dat jy voor die ware kruis van Jesus kniel wanneer jou verlede en jou sonde jou regtig aan die hart raak en jy ware berou het daaroor – berou wat jou snikkend voor die kruis laat neersak oor dit wat jy verkeerd gedoen het. Dan besef ons ook eers waarlik wat Jesus vir ons kom doen het aan die kruis; Sy sterfte aan die kruis moet vir ons ’n werklikheid word, dit moet nie net ’n verhaal van verlossing bly nie. Dan sê Jesus:

“Gaan heen en sondig nie meer nie!”
Johannes 8:11 (Afr. 53)

Die volgende woorde is uit ’n liedjie deur Rebecca St James wat ook pragtig deur Martelize gesing word. Die woorde het my op my hierdie stadium intens aan die hart geraak…

I’ve sinned come on my knees for I’m not worthy of Your love
How could you die for me such grace could only come from God
Oh Lord, You search and You know me You see me inside out
God, You alone can forgive me erase my fear and my doubt
Fater, You pick me up – I feel like a chid in Your arms
I don’t deserve this love but, I hear You voice Lord Jesus

GO AND SIN NO MORE
He said “I will not condemn you, I’ll forgive and I’ll forget it all”
GO AND SIN NO MORE
“My child let me remind you it is I who lead and guide you as you go”

You are my murpose You are the reason that I live
I wantto be like You Helpmet to love anto forive
Gold let me not be sitrsctd Lord help me focus on you
Keep sin from fuling my life, Lord make me holy an dpure
Father you pick me up I feel like a child in Your arms
I contt desrve this live but, I hear You rvioice Lord Jesus

GO AND SIN NO MORE
He said “I will not condemn you, I’ll forgive and I’ll forget it all”
GO AND SIN NO MORE
“My child let me remind you it is I who lead and guide you as you go”

I’ve sinned com on my knees how coul You die for me
You search my heart know my thought
See me inside and out and all throuhout me
You alone can forgive me
You alwyat pi,k me up like a child in Your arms
I could say wit You forever here

GO AND SIN NO MORE
He said “I will not condemn you, I’ll forgive and I’ll forget it all”
GO AND SIN NO MORE
“My child let me remind you it is I who lead and guide you as you go”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s