Gesaaides van die vyand (bose saad-mense)

Hierdie is een van daardie onderwerpe wat mense eerder vermy… ek het ook net stilgebly daaroor, maar ek dink die tyd vir stilbly is nou verby.  Mense moet begin besef wat om hulle aangaan.  Een ding waarvan mense nie hou nie, is om daaraan te dink dat daar saad van God is en dat daar ook saad afkomstig van Satan is.  Die Woord van God is vol bevestiging oor hierdie saak.  Dit begin sommer in Genesis 3:15 waar God sê:

“Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” Genesis 3:15

Hier het God vyandskap ingestel tussen Sy saad en die saad van Satan, maar  kom ons kyk eers waar kom die saad van Satan vandaan…

As ons teruggaan na die begin van die skepping, het God, elke dag, nadat Hy geskep het, teruggekyk op Sy handewerk en Hy het gesien dit is goed.  As dit vir God goed was, beteken dit daar was nie gepeuter aan Sy handewerk nie;  alles wat Hy geskep het was nog in dieselfde toestand.  Die Woord sê dat God vir 6 dae geskep het en op die 7de dag het Hy gerus.  Lees nou mooi die volgende Skrif van Mattheus 13:24-30:

“Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ‘n man wat goeie saad op sy land gesaai het.  Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn.  Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword.  Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’  Hy antwoord hulle: ‘Dit is ‘n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?  ‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek  Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ 

Die dissipels vra toe vir Jesus om hierdie gelykenis aan hulle te verduidelik – Mattheus 13:37-43

Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens.  Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose;  die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele  “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees.  Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners   Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

Niemand kan stry teen hierdie Skrif nie…  Jesus het dit baie eenvoudig uiteengesit sodat Sy dissipels kon verstaan wat Hy bedoel.  Die “Boer” het gaan rus en die vyand het sy kans gevat en onkruid gesaai…nes die duiwel is – ’n skelm wat net in die duisternis konkel.  Met ander woorde, daar is saad wat die “Boer” gesaai het en daar is saad wat die vyand gesaai het.  Jesus maak dit baie duidelik in Matt.13 dat die goeie saad wat die “Boer” gesaai het, kinders van die Koninkryk van God is, en dat die onkruid wat die duiwel gesaai het, aanhangers van die bose is.  Volgens hierdie Skrif is daar duidelik twee verskillende sade, dus twee tipes mense wat gesaai word vanaf twee totaal verskillende bronne – die goeie saad vanaf God en die slegte saad vanaf die duiwel. 

Ons word deur die wêreld geleer dat ALLE mense van God af kom, maar volgens Mattheus 13 is daar duidelik ’n bose geslag wat van Satan af kom.  Dit help nou nie ons wil ons asem ophou en dink dat dit nie so kan wees nie, want as jy die Woord noukeurig lees, sal jy sien dit staan ook vir ons duidelik uitgestip dat daar twee tipes geslagte bestaan wat in konflik met mekaar lewe.  Kyk sommer uit die staanspoor na Kain en Abel – die een wou met alles in hom  God behaag, maar die ander een was ’n moordenaar…  Kyk na Ismael en Isak – Abraham was die vader van albei, maar tog was Isak die seun wat deur die belofte gebore was en hierdie twee geslagte was ook in konflik met mekaar.  In Mattheus 12 noem Jesus die Fariseërs die “Addergeslag”, dus die geslag van die slang – kinders van die duiwel!  In Mattheus 23:33 sê Jesus weer: 

“Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?”  

In Lukas 3 het Johannes ook die Fariseërs die addergeslag genoem en in Johannes 8 sê Jesus vir die Fariseërs hulle het die duiwel as vader en die begeertes van hul vader doen hulle.  Deur hierdie Skrifte is dit baie duidelik daar is saad afkomstig van God, en daar is saad afkomstig van Satan met die doel om die goeie saad van God in die kiem te smoor!  Daar is bose saad werksaam tussen die goeie saad van God om die goeie saad te verlei en die geslag van God te besmet!  Om dit reguit te stel:  Daar is mense afkomstig van God, wat Sy uitverkore kinders is, en daar is mense afkomstig van Satan.  Nie alle mense kom van God af nie en dis nie ek wat so sê nie, die Woord stip dit baie duidelik uit.  In Deuteronomium 32:20 sê God aan Moses:

“Ek wil My aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees;  want ’n heeltemal VERKEERDE GESLAG IS HULLE, kinders in wie geen trou is nie.” 

In Handelinge 2:37-40 vra die mense aan Petrus wat hulle moet doen om gered te kan word?  Petrus sê vir hulle om tot bekering te kom en om gedoop te word en dan sê hy:

“LAAT JULLE RED UIT HIERDIE VERKEERDE GESLAG!”

As jy Johannes 10 lees, sal jy sien op die einde van Jesus se gesprek, het die Jode Jesus erg teëgestaan; hulle wou nie glo Jesus is die Seun van God nie, maar Jesus sê vir hulle:

“Julle glo nie, want julle is nie van My skape nie.” Johannes 10:26      

Hier onderskei Jesus ook duidelik tussen God se skape en die skape wat nie aan Hom behoort nie.  As ons dit besef, maak die volgende woorde meer sin:

“Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar Saad.  Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” Genesis 3:15

As ons rondom ons kyk, wie is die bose saad van die vyand?  Is dit net die moordenaars, die leuenaars, diegene wat nie in God glo nie?  Moet jouself asseblief nie laat flous nie, want die grootste aantal bose saad-mense is diegene wat met die Bybel onder die arm loop… en so loop en flous hulle talle der talle mense deur weg te kruip agter ’n Bybel, asook agter die benaming van Christen, pastoor of dominee.  Soveel leraars is nie deur God geroep en opgelei om Sy Woord te verkondig nie, maar hulle is opgelei deur die bose wêreldsisteem om soveel as moontlik slagoffers bymekaar te maak en hulle te breinspoel en programeer volgens die doktrines van duiwels.  Hierdie doktrines klink altyd Goddelik van aard, maar wat hulle in werklikheid doen, is om die Woord te vat, so bietjie suurdeeg daaroor te strooi sodat die Woord hulle siening kan pas… en so trek hulle oor see en land om een bekeerling te maak;  en as hy dit geword het, maak hulle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as hulleself. (Mattheus 23:15).  Ons het nodig om onderskeidingsvermoë te ontwikkel om te kan onderskei tussen die saad van God en die onkruid van Satan… en die enigtste manier is om af te sonder by die voete van Abba Vader.   

As God vyandskap ingestel het tussen Sy saad en die duiwel se saad, hoe kan ons dan ons oë en ore wil toedruk en die nie Waarheid in die oë staar nie?  Dalk omdat te veel mense al gebreinspoel is???  Ek vra maar net die vraag….    

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s