Die Traan van God

Onder gebed laat ervaar Abba Vader my weer die mense wat opgesluit en vasgeketting is in die Asvaal afgebrande gedeelte….  Daar is so baie mense vasgeketting wat die saad van God binne hulle het, maar die saad is in dormansie.  Tog is hierdie mense oortuig van hulle saak dat hulle tot bekering gekom het, wedergebore, gered en verlos is.  Hulle ‘worship’ God, maar die eer kan God nie bereik nie, want alle worship wat uit die duisternis geskied, gee eer en heerlikheid aan die meester van duisternis… en ek dink julle weet wie dit is.  Hulle lig hulle hande na bo, maar tot wie?  

Nog altyd het ek gedink dat dit vir God verskriklik hartseer moet wees om te sien hoeveel van Sy kinders vasgeketting is in duisternis en hoe hulle die god van die wêreld ‘worship’.  Dan ervaar ek ’n groot traan en weet instinktief hierdie traan is ’n traan van God.  Ek fokus op die traan en dit lyk anders as ’n menstraan, wat deurskynend is.  Die traan van God bestaan nie uit ’n deurskynende vloeistof soos ’n menstraan nie, maar uit ’n medium wat lewe.  Dit bestaan uit al die kleure van die reënboog in pastel skakerings wat heeltyd rustig in en deur mekaar beweeg.  Dit meng met mekaar, maar tog vorm dit nie nuwe kleure nie, maar bly die 7 kleure van die reënboog. 

Abba Vader laat my toe om vir ’n rukkie my gedagtes rondom hierdie traan agtermekaar te kry … Die traan kom van God af, maar waar gaan dit val?  Wat dink jy waar wou Abba Vader hê hierdie traan moet val? Na ek ’n rukkie gedink het, was my mensgedagte dat die traan sal val op die mense in die vaal gedeelte wat gebore is op aarde met die saad van God in hulle geesharte – mense waarvoor God ’n ‘purpose’ beplan het nog voor hulle geboorte.  As die traan van God op hulle val, kan hulle geestelike oë en ore dalk oopgaan sodat hulle kan besef dat hulle besig is om godsdiens te beoefen in die duisternis… 

Die traan begin val, maar pleks dat die traan op die mense in die duisternis val (soos ek gedink het), val die traan op een enkele persoon wat in die Lig van God knielend in ’n bondeltjie sit.  Wat my opval, is dat die grond rondom hierdie persoon, nat is.  Dan sien ek dat die persoon hartverskeurend huil en dat die grond om hom nat is as gevolg van sy eie trane.  Weer sien ek die traan van God uit die lug val en sagkens val die traan op hierdie persoon.  Die traan is baie groot, maar dit maak nie die persoon nat nie… dit is asof die persoon die traan absorbeer.  Stadig kom die mens orent, kyk op, gooi sy hande in die lug en prys die een ware God.  Dis asof die hartseer en die droewigheid van hierdie persoon verdwyn het deurdat die Traan van God op hom geval het.  

Abba Vader verduidelik dat Hy nie sy trane mors op die mense in die duisternis nie, want hulle wat vasgevang is in goddsdiens, tradisie en rituele maak die keuse om vasgevang te wees.  Hierdie mense het kwansuis tot bekering gekom, maar eintlik het hulle presies soos die Fariseërs tot bekering gekom (Matt 3:7-8)… sonder enige ware berou oor die mens wat hy was en is … daar is geen vrugte van bekering nie.  Hulle het die genade van God probeer opslurp en die kruisdood van Jesus ‘for granted’ gevat.  Hulle glo dat al hulle sondes vergewe is … selfs die sondes wat hulle nog gaan pleeg.  Daar was en is geen hartsverandering nie, geen hartsbensydenis nie… alles was net ’n skyn van godsdiens.  Die persoon glo hy het tot ware wedergeboorte gekom, maar daar was nie eers ’n sterfte aan die self nie… sonder ’n sterfte aan die self, kan niemand tot ware wedergeboorte kom nie.   Om gedoop te wees, beteken ook nie jy is weergebore nie… daar is geen magiese krag aan die ritueel van doop nie.  Inteendeeel, dit vermeerder net die mens se trots en hoogmoed omdat hy kwansuis so heilig is.  Hy kyk neer op diegene wat nie deel van sy ‘crowd’ is nie, hulle wat kies om nie deel van sy kerk te wees nie.  Hy sien homself as heilig… maar God sien deur die skyn van heiligheid.  Is God hartseer oor hierdie mense?  Gaan God ’n traan op hom mors?  Nee, Abba Vader verduidelik dat daar vir Hom geen rede is om ’n traan op hierdie persoon te mors nie, want hierdie mense se harte is nog in ’n erge staat van dormansie wat beteken dat hul harte nie die traan van God kan absorbeer nie.  As ’n traan wel op hierdie mens val, sal dit soos water van ’n eend se rug  af rol.  Vir my maak dit hartseer, want dis sleg om te dink hoeveel mense verlore gaan, maar God fokus nie op hierdie mense nie;  Hy fokus op die mens wat in sak en as sit en ware berou het oor sy lewe en die dinge wat hy verkeerd gedoen het.  Abba Vader sê dat DIT Sy hart breek… iemand wat so ’n intense berou het en waarlik die begeerte of die dringhendheid het om te verander sodat hy God kan behaag… en nie sodat God hom moet behaag nie.  Die vals mens wil “heilig” leef sodat hy gesien kan word deur die wêreld as ’n heilige… sodat hy die eer kan kry as ’n heilige.  Dit gaan vir hom nie vir een oomblik om God te behaag nie.  Maar die mens wie se hart daarna ‘yearn’ om God te behaag in alles wat hy doen, se hartsmotief is opreg, en daarom laat val God Sy traan op hierdie mens op die regte tyd…. wanneer God weet die mens se geeshart sal Sy traan kan absorbeer.  

God mors dus nie Sy trane op klipharte nie;  alleenlik harte wat in die Lig vertoef.  Hy laat val Sy trane alleenlik op die persoon wat rein van hart is, die persoon wat sy hart uithuil omdat hy besef watse mislukking hy is sonder die Liefde van God.  Abba Vader verduidelik dat Hy eers Sy traan van ’n berouvolle persoon weerhou totdat die grond om die persoon nat is van sy eie trane van berou.  Abba Vader kom dan ook op ’n punt waar Hy die hartseer van hierdie mens nie meer kan hanteer nie omdat dit Hom hartseer maak.  Sy hart bloei vir hierdie mens en dan laat Abba Vader ’n traan vry  wat op hierdie berouvolle mens val en sy sorge en hartseer wegvat.  Hoe groot en almagtig is ons God!  

Asvaal afgebrande gedeelte…

1. Deur te blom, worship ons God

2. Ware worship VS vals worship

Bekering

Die saadjie binne ons

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s