“Hier en nou” of sien jy die groter prentjie?

Ons moet die groter prentjie begin sien as net die hier en die nou… dit gaan nie om hierdie lewe soveel as moontlik te geniet en soveel as moontlik uit hierdie lewe uit te kry nie… wat van die ewigheid?  Ons lewe op aarde is ’n spikkeltjie teenoor die ewigheid!  En dit gaan tog oor die ewighed, nie oor die hier en nou nie.  Hoe jy die ‘hier en nou’ benader, bepaal jou ewighied.  As jou lewe wentel om aardse dinge, is jou wêreld regtig baie klein, sien jy net die hier en nou, sien jy die chaos raak wat om ons aangaan, raak jy so maklik negatief… as jou lewe draai om liefde op aarde te vind, gaan jy nooit ware Liefde vind nie, want ware Liefde is nie vasgevang in ’n mens nie.  Waarom wentel jou lewe?  Jou huweliksmaat, jou kinders, besittings, werk, sukses?  Waar is Abba Vader in hierdie prentjie?  Waar plaas jy Hom in jou lewe as jou lewe wentel net om aardse dinge… Om die self?  Dan kyk jy met vleeslike oë en nie met geestelike oë nie.  As ’n mens net uit vleeslike oë kyk, raak ’n mens skoon benoud, want vleeslike oë sien net die hier en nou raak;  dit sien nie die groter prentjie nie.

Die groter prentjie vreander ’n mens se siening oor die lewe, dood, oor aardse dinge, oor liefde, oor alles!  Want wanneer ’n mens wel die groter prentjie kan begin raaksien, is jou gestelike oë besig om oop te gaan.  Dan begin jy die wil van God raaksien, jy aanvaar die wil van God, al maak dit ook hoe seer.  ’n Mens begin die lewe anders verstaan as ’n mens dit bekyk uit geestelike oë.  Dit is wanneer ons in die rus van God inbeweeg, Sy wil aanvaar vir ons lewens en nie Sy arm probeer draai om DIT vir ons te gee wat ons graag wil hê nie.  Want God weet wat die beste is vir jou… en Hy wil vir jou net die beste gee.  Toe Hy jou Goddelike Lewensboek geskryf het, het Hy vir jou net die mooi beplan, nie onheil nie.  Daar is sommige goed wat ons wil hê, byoorbeeld ’n huweliksmaat, wat nie die wil van God is nie.  Dit is jou eie wil om daardie maat te hê, nie God se wil nie.  As daardie maat wat jy so graag wil hê, nie in jou Goddelike Lewensboek opgeskryf staan nie, gaan dinge baie skeef loop as jy wel jou eie wil volg om daardie maat te aanvaar as jou huwelikmaat.  Dit gaan net nie werk nie, dit gaan ’n ongelukkige huwelik wees, want dit is nie God se wil nie.  Dan is jy besig om jou eie lewensverhale te skryf sonder die wil van God en gaan jy maar net vir jouself baie moeilikheid op die hals haal.  Dit is omdat jy net die hier en nou raaksien, dis omdat jy uit vleeslike oë kyk.  Jy sien nie die groter prentjie nie, want jou geestelike oë is nog toe.  Dit is omdat jy nog nie oorgegee is in die hand van God nie.  Jy het nog nie jou lewe en jou hart aan God geoffer nie, wat eintlik ’n klap in Sy gesig is, want dan sê jy eintlik vir Hom dat jy Hom nie vertrou met jou lewe nie.  

Die groter prentjie is opgeskryf in jou Goddelike Lewensboek en wanner ons 100 % oorgegee is aan die wil van God, sal ons Sy wil begin leef en nie vir die hier en nou nie;  ons sal nie vir die self leef nie, maar tot heerlikheid van God.  Dit is ’n wonderlike plek in ons lewe om te bereik, want al hierdie ‘nitty gritty’ goedjies verdwyn stadigaan uit ons lewe – onthou net – dit is ‘n proses, dit gebeur nie oornag nie.  Dinge wat ons emosieël seermaak, gaan ons ook uit ’n ander oogpunt kan beign sien en die doel daaragter kan begin verstaan.  Maar jy het die keuse… wil jy vir jouself leef?  Wil jy leef tot eer van die self?  Wil jy leef net om die self te behoeftes te bevredig?  Kom ons sê jy verloor iemand wat jy liefgehad het… gaan jy vir God kwaad raak daaroor?  Hoe kan ons vir God kwaadraak as dit is wat Hy vooraf beplan het?  Hoe kan ons vir God kwaadraak omdat hy nie ons eie sin vir ons wil gee nie?  

Begin die groter prentjie raaksien…  God gebruik seer situasies in ons lewe om ons hartsgrond gereed te maak sodat Hy saad in ons harte kan saai wat kan groei en vrugdra vir Hom – nie vrugdra vir onsself nie, maar tot heerlikheid van God, nie tot heerlikheid van die self nie.  Hoe moet God ons harte skoonkry as Hy toelaat dat ons net altyd ons sin kry?  As dit altyd net goedgaan met ons?  Seerkry is veronderstel om ons op ons knieë te dwing, nie om ons rug op God te draai nie.  Maar dis ook nie om jou op jou knieë te dwing om Hom te smeek om dit vir jou te gee wat jy graag wil hê nie… dit is om jou op jou knieë te dwing om Hom waarlik te soek, om Hom te leer ken…sodat jou lewe oor Hom sal gaan en nie oor dit wat jy wil hê nie.  So as seer omstandighede jou wel op jou knieë dwing sodat jy die heeltyd smeek en God vesoek, is jy om die verkeerde redes op jou knieë, want dan gaan dit nogsteeds net oor jouself.  Ons moet op ons knieë gedwing word om die wil van God te verstaan, nie om Sy arm te draai nie.  Om Hom te leer ken… nie om ons sin te kry nie.   Om jou hart te oorhandig in die hand van Abba Vader en vir Hom te se:  Nie my wil nie,  Vader, maar U wil.  Laat U wil gesied.  Omvorm my!  Brei my soos ’n stukkie klei in U hande  en omvorm my na U wil.  DIT is wat op ons knieë moet gebeur!  En dit is hoekom God ons soms tot op ons knieë dwing deur seerky… om ons eie wil oor te gee aan Hom.  God roep ons deur seer!  En as ons reageer, gee ons Hom ’n kans om ons hartsgrond skoon te maak en voor te berei om SY saad in ons harte te saai.  Ons moet ons harte oorhandig in die hand van God sodat Hy vir ons ’n “ready heart” kan gee, want alleenlik wanneer ons ’n “ready heart” het, sal ons nie meer net die hier en nou raaksien nie, maar die groter prentjie wat tot eer van God strek.  Dan eers sal ons Waarhede begin raaksien en die taal van God begin verstaan… die klop van Sy hart begin hoor… en sal jy begin leef na die ritme van die klop van Sy hart…. en nie meer na die klop van jou eie hart nie.  

Ek het seker elke dag ’n gunsteling stukkie Skrif uit die Woord, maar vir die laaste paar dae is dit Mattheus 13.  Abba Vader wil saad in elkeen se hart saai, maar die hart moet eers voorberei wees vir Sy saad, want wat help dit die saad val op ’n kliphart – dit gaan nie groei op klip nie!  Dit gaan ook nie groei tussen onkruid nie, want die onkruid gaan dit versmoor.  Dit moet val op goed voorbereiede grond en die grond van ons harte kan alleenlik goed voorberei wees wanneer ons dit oorhandig het in die hand van Abba Vader;  wanneer ons kie som ons sondes raak te sien, dit te bely en te laat staan.  Op hierdi emanier maak God ons hartsgrond skoon en onkruidvry sodat Hy Sy saad in ons harte kan saai wat sal vrugrdra tot eer van Hom.  DIT is die groter prentjie!!!  DIT is hoekom God ons laat leef… nie vir die hier en nou, en die plesiertjies van die wêreld nie, maar vir HOM!

Die dissipels het Jesus gevra hoekom vertel Hy altyd stories / gelykenisse?  Jesus het hulle geantwoord dat wanneer ’n mens ’n “ready heart” het, met ander woorde, wanneer God hulle harte skoongemaak het, sal Hy ook aan hulle die insig gee om SY stories te verstaan.  Hulle sal die groter prentjie begin raaksien, maar diegene wat nog nie oorgegee is in die hand van God nie, sal nie die stories van Jesus kan verstaan nie.  Hulle sal hoor, maar nie verstaan nie.  Hulle sal vleeslik kan sien, maar nie geestelike kan “sien” wat Jesus hulle probeer leer nie.  Hulle het nie ’n “ready heart” nie.          

Why Tell Stories?

 The disciples came up and asked, “Why do you tell stories?”  He replied, “You’ve been given insight into God’s kingdom. You know how it works. Not everybody has this gift, this insight; it hasn’t been given to them. Whenever someone has a ready heart for this, the insights and understandings flow freely. But if there is no readiness, any trace of receptivity soon disappears. That’s why I tell stories: to create readiness, to nudge the people toward receptive insight. In their present state they can stare till doomsday and not see it, listen till they’re blue in the face and not get it. I don’t want Isaiah’s forecast repeated all over again:

Your ears are open but you don’t hear a thing.

 Your eyes are awake but you don’t see a thing.

The people are blockheads!

They stick their fingers in their ears

    so they won’t have to listen;

They screw their eyes shut

    so they won’t have to look,

    so they won’t have to deal with me face-to-face

    and let me heal them.

 “But you have God-blessed eyes—eyes that see! And God-blessed ears—ears that hear! A lot of people, prophets and humble believers among them, would have given anything to see what you are seeing, to hear what you are hearing, but never had the chance.

Matthew 13:10-17 (MSG)

  

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s