Soek die Koning se hart

“… die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes.  As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind.”

1 Kronieke 28:9  (Afr. 33/53)

As jy om die regte redes soek na die Koning se hart, SAL jy dit vind.  As jy belangstel om die Koning se hart te ken, sal Hy Hom deur jou laat ken.  Die Koning se hart is ’n hart van goud, dis die beste hart waarin jy jouself ooit kan bevind.  In Sy hart kan jy verdrink in Sy liefde – jy sal nie sterf nie, maar dan eers sal jy die Lewe waarlik smaak.  As jy net een keer Sy hart van goud en die liefde wat daarin maalstroom, beleef het, sal jy nooit weer ander liefde soek nie.  Dis die enigste Liefde wat ons waarlik liefhet.  Dis die enigste Liefde wat jou waarlik gelukkig kan maak, wat jou laat sing en dans van pure plesier en vreugde.  Die liefde van God laat jou vergeet van wêreldse liefde, want niemand op aarde kan jou so liefhê soos die Koning van Liefde nie.  Hierdie Liefde laat jou blom, dit laat jou die soetste reuk afgee en jy sal ’n geurige roos word in die Koning se tuin.  Jy sal die skoenlappers lok en hulle sal om jou dwarrel en dans van plesier van jou mooie, soete reuk.  Dis omdat jy die reuk van die Koning afskei en jy kry dit alleenlik deur verlore te raak in die liefde van die Koning.  Jy sal oorloop van vreugde, want so in Sy Liefde, salf Hy jou met vreugde-olie, maar alleenlik wanneer jy in Sy hart verlore is, wanneer jy verdrink in Sy liefde..

God vergelyk elke vrou met Ester…  Wanneer God jou hart soek, trek Hy jou nader deur liefde en genade.  Vir ons kan dit glad nie voel soos liefde en genade nie, want hierdie “trek” van Abba Vader gaan baie keer gepaard met seer en slegte omstandighede –  net soos Ester wat weggeskeur was van haar liefdevolle oom Mordegai om deur die reinigingsproses te gaan.  Net so skeur Abba Vader ons soms weg van sekere mense of ’n tipe leefwyse, want Hy wil ons deur ‘n reinigingsproses laat gaan.  Om die Koning te kan ontmoet en Sy hart te leer ken, het ons nodig om eers vir n tyd lank deur ‘n reinigingsproses te gaan.  Dit is reiniging en skoonmaak vanuit die hart;  om jou hele lewe en al jou foute voor God te bely en om die lelik van die self af te lê.  Hoe meer ons ontslae raak van die lelik binne ons, hoe mooier word ons.  Hoe meer ons ontslae raak van die selfsug binne ons, hoe meer gaan ons smag na die Koning;  hoe meer ons smag na die hart van die Koning, hoe meer gaan ons smag om Hom in alles te behaag.  Ons gaan wil weet wat die Koning gelukkig maak en wat Sy voorkeure en afkeure is.  Ons gaan ’n smagting begin ontwikkel om die Koning se hart te ken en ons gaan gehoorsaam WIL wees aan Hom.

Wanneer die Koning jou klaar deur die reinigingsproses laat gaan het, gaan jy op ’n dag jou oë knip en weer knip, want jy gaan nie glo wat jy “sien”, hoor en voel nie…  Die Koning van Liefde!  Ek kan jou verseker die dag as jy Sy heerlikheid aanskou, die dag as jy Sy liefde ervaar wat deur jou spoel, gaan jy snak na jou asem soos nog nooit tevore nie.  Jy sal nooit weer dieselfde mens wees nie.  Die Lig sal begin skyn vir jou, die son sal breek deur die donker wolke en jy sal die glorie van die Here van die leërskare aanskou.  Wat n dag!!!

 ” When you look for Me, you will find Me.  When you wholeheartedly seek Me, I will let you find Me.”

Jeremiah 29:13

“As julle met alles in julle na My soek, sal julle by My uitkom.  Julle sal julle doel bereik deurdat Ek die taal van julle hart sal verstaan.”  

Jeremia 29:13 (Die Boodskap)  

 “Let the hearts of those who seek the Lord rejoice. Search for the Lord and His strength, always seek His presence.”

1 Chronicles 16:10

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s