Maak van jou hart God se tabernakel…

4006E590-5D4D-42A8-82F0-DF115C3D3A8C

 Dit is vir my so mooi hoe God in die Ou Testament saam met Sy volk was;  Sy teenwoordigheid (of Sy heerlikheid), was so ooglopend;  Hy het Sy heerlikheid aan hulle openbaar deur die wolkkolom wat bedags voor hulle uitgetrek het en die vuurkolom wat hulle snags leiding gegee het.

 

In Exodus 24 sien ons dat die wolk van die heerlikheid van God op die berg Sinai gaan rus het en die heerlikheid van God was in die oë van die kinders van Israel soos ’n verterende vuur op die top van die berg.  God het na Moses geroep uit die wolk en hy het binne-in die wolk ingegaan waar hy vir veertig dae en nagte vertoef het.  Daar het God met Moses gespreek.  God wou hê die volk moes vir Hom ’n heiligdom maak sodat Hy in hulle midde kon woon (Exodus 25:8) en Hy het aan Moses die presiese planne gegee hoe hulle die tabernakel moes maak.  Moses is vir my so ’n mooi voorbeeld van ’n mens wat verhouding met God gehad het, wat God direk gehoor praat het.  Hy was so vol van die heerlikheid van God dat hy sy gesig moes bedek toe hy van die berg afgekom het.

 

Terwyl die volk nog besig was om die tabernakel te bou, het Moses ’n tent van samekoms buitekant die laer opgeslaan.  Wanneer Moses in die tent ingegaan het, het die heerlikheid van God in die vorm van ’n wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent gaan staan en dan spreek God met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek (Exodus 33).  Net so wil God vandag nogsteeds met Sy kinders spreek – dalk net op ’n ander manier en nie so ooglopend nie…

 

Die dag toe die tabernakel voltooi is, het die wolk van die heerlikheid van God die tent van samekoms oordek en die heerlikheid van die Here het die tabernakel gevul.  Die tabernakel was nou die “dwelling place” van God waar God altyd in die midde van Sy volk sou wees.  Wanneer die wolk van die tabernakel af opgetrek het, het die kinders van Israel weggetrek agter die heerlikheid van God aan.

 

Al was God so ooglopend teenwoordig by Sy volk, kon hulle nie gehoorsaam wees aan Hom nie, want om gehoorsaam te wees aan God het die mens ’n konneksie met God nodig wat mens nie kan hê sonder die Gees van God nie.  God het Sy kinders so liefgehad dat Hy Sy enigste Seun in heerlikheid aarde toe gestuur het om in mensgestalte te kom wandel op aarde.  Omdat Jesus en God een is, kan ons Jesus sien as ’n deel van God wat op aarde tussen die mense gewandel het;  God was nogsteeds teenwoordig by Sy kinders, maar in mensvorm.  Omdat Jesus tot die dood toe gehoorsaam was aan Abba Vader en die wil van God volbring het, het Hy Satan oorwin en die dood verslaan.  Hy het opgestaan uit die dood, die klip voor die graf weggerol en Hom daarna aan Sy dissipels openbaar.  So, nogsteeds was God teenwoordig tussen Sy kinders, weer net in ’n ander vorm…

 

Jesus se kruisdood het die tabernakel opgerol soos ’n ou stuk lap, die mens hoef nie meer fisies na die tabernakel toe te gaan om ’n dier te gaan offer aan God nie.  Die offer het nie totaal weggeval nie, maar dit het vergeestelik, want in Romeine 12:2 staan dat ons onsself aan God moet offer.

 

“…dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer…” 

 

Wanneer jy jou hart en jou lewe oorhandig in die hande van Abba Vader, begin Hy jou hart herskep sodat Hy daarin woning kan maak.  Hy wil dus van jou hart Sy tabernakel maak, maar kan dit alleenlik doen as jy bereid is om jou totale lewe in Sy hande te plaas, om Hom te vertrou met jou lewe en jou eie wil af te lê by Sy voete.

 

“As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.”
Johannes 14:23

 

“If anyone (really) loves Me, he will carefully keep My word;  and my Father will love him, and We will come to him and make Our dwelling place with him.”

 

God het dus nie meer ‘n tabernakel nodig waar Hy met Sy kinders wil “dwell” nie;  Hy wil in jou hart “dwell”.  God is nie meer teenwoordig in plekke nie, so dit maak net nie sin dat die mens Hom wil gaan aanbid in ’n gebou nie.  Dit is iets van die verlede, want al wat daar teenwoordig is, is godsdiens, rituele (nagmaal en doop) en ’n gesus in sonde.  Deur hierdie rituele na te kom, gaan nie maak dat Abba Vader in jou Sy woning maak nie, want Abba Vader soek verhouding met jou.

 

As die Gees van God “dwell” in ons harte, hoekom kan ons nie ’n lewende verhouding met Abba Vader hê nie?  Daar is so baie mense wat nie glo dat ’n mens ’n lewende verhouding met Jesus kan hê nie;  hulle wil nie glo dat ’n mens Hom onder gebed kan hoor of voel nie, want dit is nie tasbaar, logies of realisties nie.  Ai, as die mens net kan besef wat hy mis…  Die mensdom plaas Jesus in ’n boksie (dus is die graf), en so lank as wat die mens Hom daar hou, sal die mens Hom nie leer ken vir die ware God wat Hy is nie, maar hoekom anders het Jesus gesê Hy sal Homself openbaar net aan die kinders van God?

 

“Wie My gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en MY AAN HOM OPENBAAR.”
Johannes 14:21

 

Soek asseblief elke dag vir Jesus… maar nie in die graf nie!  Gaan soek Hom in die stilte van jou binnekamer, gaan raak stil voor Hom met jou probleme en jou vrae.  Jesus is gewoonlik op ‘n tyd en ‘n plek waar jy dit die minste verwag.  Hy is in die stiltes, Hy is nie in donderstorms en buie nie…  Ek het al ’n geruime tydjie terug hierdie gedeelte geskryf, maar dit net nog nooit op die blog gesit nie en elke keer wanneer ek terugkom na hierdie gedeelte, gee Abba Vader vir my 1 Johannes 4 om te gaan lees.  Gaan raak asseblief stil met daardie hoofstuk, dalk is daar iets in daardie hoofstuk wat Abba Vader aan jou ook wil openbaar soos jy dit lees!  Dit is my gebed dat elkeen wat hierdie stukkie gelees het, ’n intense begeerte sal ontwikkel om te voel hoe “dwell” die Gees van God in jou hart;  dat elkeen se geestelike oë en ore sal oopgaan soos hy Jesus biddend op sy knieë soek.  Gee jou lewe oor in die hand van Abba Vader sodat Hy van jou hart Sy tabernakel kan maak waarin Hy kan “dwell”.

 

“God is LIEFDE;  en hy wat in die LIEFDE bly, bly in God, en God in hom!” 
1 Johannes 4:16

 

Ek hou baie van die vertaling van The Message en dit stel 1 Johannes 4 baie mooi!  As jy kyk na die eerste gedeelte van die hoofstuk, sal jy sien dit gaan oor die onderskeiding tussen die Gees van God en die gees wat uit die wêreld kom.

 

“Don’t believe everything you hear.  Carefully weigh and examine what people tell you.  Not everyone who talks about God comes from God… Here’s how you test for the geniune Spirit of God.  Everyone who confesses openly his faith in Jesus, comes from God and belongs to God.  And everyone who refuses to confess faith in Jesus has nothing in common with God.”  

 

Die mens se lewe en dade sal getuig van dit wat hy bely!  Die mens wat deur die Gees van God bely dat hy glo in Jesus wat in die vlees gekom het, se lewe en dade sal daarvan getuig, dit sal dus getuig van gehoorsaamheid aan God.  Maar die mens wat met ’n vals gees bely om in Jesus te glo, se lewe sal van ongehoorsaamheid getuig.  Enige mens kan ’n ander bluf met die mond;  enige mens kan met die mond bely om te glo in Jesus en dat Abba Vader Sy woning in sy hart kom maak het, maar dit wat die mens bely met die mond, moet bevestig word deur sy dade.  Dit is soos ’n boom wat vrug dra:  Die vrug getuig waar die boom gewortel is, want alleenlik die boom wat in die hart van God gewortel is, kan goeie vrugte dra.  ’n Slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie en ’n goeie boom dra nie slegte vrugte nie.  Die boom en die vrugte moet ooreenstem en net so moet die dade van die mens ooreenstem met dit wat hy met die mond bely.  Die mens wat waarlik uit die hart in Jesus glo, sal verhouding met Hom hê en Jesus sal in sy hart woning maak.  Die mens op sy eie kan nie liefhê nie;  hy kan net met die mond ander mense, asook God, liefhê.  Alleenlik wanneer God van ons harte Sy woning gemaak het en Jesus leef in en deur ons, kan ons ander liefhê en dan het ons God ook eers waarlik lief.  Sonder die Lewe van Jesus in ons harte, is dit onmoontlik vir die mens om ’n ander lief te hê.  Die mens wat uit die hart weergebore is, sal verhouding met Abba Vader hê en Jesus in hom stel hom in staat om ander lief te hê en met respek te behandel.

 

1John 4:17 (The Message)
“God is LOVE.  When we take up permanent residence in a life of love, we live in God and God lives in us.”

 

As jy terugblaai en 1 Johannes 3 lees, sal jy die volgende sien:

 

1 John 3:6  (Amplified)
“No one who abides in Him (who remains united in fellowship with Him – deliberately, knowingly, and habitually) practices sin.  No one who habitually sins, has seen Him or known Him.”

 

1 John 3:9  (The Message)
“People conceived and brought into life by God don’t make a prctice of sin.  How could they?  God’s seed is deep within them, making them who they are.  It’s not in the nature of the God-begotten to practice and parade sin.” 

 

Wie ’n lewende verhouding met Jesus het, sal outomaties nie ’n gewoonte van sonde maak nie, want die mens wie se lewe oorgegee is aan sonde, getuig met sy lewe dat Hy Jesus nie ken nie.  As Jesus Sy inwoning in ons harte gemaak het deur die Gees, begin Hy leef in en deur ons, en Jesus leef nie in sonde nie.  Dit is ook nie die mens self wat dit regkry om nie meer in sonde te leef nie;  dit is omdat Jesus in die hart van die mens Sy woning gemaak het en Hy in en deur die mens leef.  Hierdie mens leef dan volgens die Gees en nie meer volgens die vleeslike, wêreldse begeertes en beginsels nie.  Die mens wat beweer hy ken Jesus en dat sy hart oorgegee is aan God, maar wat nogsteeds leef soos hy wil en ander mense behandel soos hy wil, getuig met sy lewe dat Jesus nog nie in sy hart “dwell” nie.  Ons dade getuig van die toestand van ons harte!  In ’n volgende saadjie sal ek vertel hoe Abba Vader die mens in staat stel om gehoorsaam aan Hom te lewe…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s