In die tyd wat Abba Vader my geleer het oor offers, het Hy een oggend baie hard en duidelik vir my gesê Hy aanvaar slegs offer uit ’n “contrite heart” en dat ek Psalm 51 moet gaan lees. Kyk wat staan in vers 16,17:
“For You do not delight in sacrifice, or else I would give it; You are not pleased with burnt offering. My only sacrifice (acceptable) to God is a broken spririt; a broken and contrite heart (broken with sorrow for sin, thoroughly penitent), such, o God, You will not despise.”
Psalm 51:16,17
Ek het nog nooit voorheen ag geslaan op die woord “contrite” nie en het die woord gaan opsoek. Die betekenis is: “Feeling or expressing remorse at the recognition that one has done wrong.”
Alleenlik die mens wat God nader met ’n “contrite heart”, se offer sal aanvaar word en dan eers sal die mens vergifnis en verlossing ontvang. Ons moet net onthou dat God die motief van ons harte ken en niemand kan ’n “contrite heart” probeer namaak nie, want God weet van elke masker waarmee ons die toestand van ons harte probeer wegsteek. Ons moet eers ontslae raak van al ons vyeblare, “filthy rags” en maskers en ware berou hê oor die mens wat ons was of is. Dit is presies wat die probleem was met die offers in die Ou Testamentiese tyd… die mense het geen ware berou gehad oor hulle sondes nie en as daar nie berou is nie, kan daar ook nie vergifnis wees nie. Hulle het met godsdienstige maskers diere aan God geoffer, maar God het geweet hulle het nie berouvolle harte nie…daarom wou Hy ook nie hulle offers aanvaar nie en daarom is hulle sondes ook nie vergewe nie. (Om meer hieroor te lees: Sondes vergewe
Iemand met ’n “contrite heart” het op ’n punt gekom waar hy/sy besef mens kan niks vir God wegsteek nie, wat besef ons is regtig NIKS sonder die Gees van God in ons harte nie. Hierdie persoon het die keuse gemaak om die Lig van die Woord op te tel en in te neem sodat die Woord aan hom al sy blokkasies, vyeblare en “filty rags” kan uitwys. Hy probeer nie verder sy sonde wegsteek, verbloem of die skuld op ander pak nie, want dit is wat die mense doen wat bloedlynvloeke breek… Hulle wil nie die skuld of verantwoordelikheid vir hulle sonde vat nie, daarom is dit makliker om die skuld op die sondes van die voorouers te pak en met leë woorde sogenaamde bloedlynvloeke te sny…
Ons moet met al ons skuld voor Abba Vader te staan kom en dit bely aan Hom, dis die enigste manier hoe ons ontslae gaan raak van die vyeblare (wat werke van eie-geregtigheid is), “filty rags” (wat ons sondes is) en maskers waarmee ons ons hartsmotiewe probeer wegsteek.
“These are the ones I look on with favor: those who are humble and contrite in sprirt, and who tremble at My Word.”
Isaiah 66:2
Iemand met ’n “contrite heart” is ’n mens wat sy trots, hoogmoed en arrogansie laat staan en in nederigheid voor die voete van Abba Vader kan neerval en alles oorgee in die hande van God. Dit is ’n persoon wie se gewete hom regtig pla oor die sonde van sy menswees. Die mens met ’n “contrite heart” vat nie die sterfte van Jesus as vanselfsprekend nie, die Engelse woord is vir my soveel mooier: “for granted”… Ons kan nie die kruisdood van Jesus “for granted” vat nie, want dan maak ons die bloed van Jesus goedkoop. Ons word van kleins af geleer dat Jesus gesterf het vir ons sondes en daarom is al ons sondes vergewe, dat ons niks hoef te doen om verlossing te ontvang nie, ons moet net sê dat ons glo. Daar word vir ons niks geleer oor ’n “contrite heart” en dat ons met ’n berouvolle hart aan God moet offer nie. Ek weet daar is nou weer mense wat dadelik die argument gaan hê dat ons niks hoef te te doen om vergifnis te ontvang nie, ons moet dit net aanvaar, maar om met ’n berouvolle hart voor God te staan te kom, is nie om iets te DOEN nie, dit is om jouself te verneder en te verootmoedig voor God. As jy nie in die teenwoordigheid van God inbeweeg nie, sal jy Abba Vader nooit leer ken nie, sal jy nooit verhouding met Hom bou nie en sal jy nooit een met Hom word nie, wat ook beteken dat jy nie gemeenskap met Hom het nie, en sonder gemeenskap met Abba Vader, word ons sondes ook nie vergewe nie, want in 1 Johannes 1:7 staan:
“As ons in die Lig wandel soos Hy in die Lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar, en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.”
Verder sê 1 Johannes 1:8-10 ook:
“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ’n leuenaar en is Sy woord nie in ons nie.”
Ons moet ons sondes bely, maar om ons sondes te bely, beteken ons moet dit raaksien en so sleg voel daaroor dat ons die keuse maak om ons rug daarop te draai. Ons mag nie soos die ou mense voor die altaar van God gaan staan met vuil, onberouvolle harte en hande vol bloed, en verwag ons sondes moet vergewe word nie. God werk nie met mense wat nog vol trots, hoogmoed en arrogansie is nie, want hulle beoefen net godsdiens, daar is geen berouvolle hart nie, daar was geen ware bekering nie. Enige mens wat beweer om God te dien, maar sonder ’n berouvolle hart, beoefen godsdiens. Ongelukkig is die kerke vol mense met onberouvolle harte, wat dink dat hulle sondes vergewe word omdat hulle kerk toe gaan; hulle glo die leuen dat hulle net met die mond moet bely om te glo in Jesus en dat Hy vir hulle sondes gesterf het en daarom is hulle verlos en gered, maar al die tyd is hulle in presies dieselfde bootjie as die ou mense wat met ’n onberouvolle hart ’n dier gaan offer het om vergifnis te ontvang. Net soos die ou mense met onberouvolle harte, maar ’n slagmes in die hand, net so is die mens vandag wat dink hy kan die bloed van Jesus opraap vir homself en daardeur vergifnis ontvang. Net soos die ou mense se sondes nie vergewe is nie, net so is die onberouvolle-hart-mense van vandag se sondes ook nie vergewe nie – maak nie saak dat jy deel is van ’n gemeente nie, maak nie saak wat jy alles vir die kerk doen nie… Dit gaan vir God oor die toestand van jou hart!
Daar is 2 tipes mense wat hulleself geestelik aan God offer: Daar is diegene wat met ’n “contrite heart” offer en dan is daar diegene wat met ’n masker offer. Daar is nie ‘n tussenin nie, dit is net een van die twee. Natuurlik is daar dan ook die groot groep wat glad nie hulleself aan God sal toewy nie, want hulle is sommer hulle eie god. Ons moet probeer selfondersoek doen in watter kategorie ons val… Is ons maskermense wat ’n donker hart probeer wegsteek, of is ons harte opreg teenoor Abba Vader en kniel ons met ’n “contrite heart” voor Abba Vader, bereid om ons lewe aan Hom te oorhandig? Bereid om Sy wil te laat geskied in ons lewens? Is ons bereid dat God ons harte met vuur toets? Want dit is presies wat Hy gaan doen… geen hart kan op die altaar wees sonder vuur nie, so as ons ons harte op daardie geestelike altaar geplaas het, kan ons maar weet daar gaan versoekinge en beproewinge oor ons pad kom. Gaan ons dit kan hanteer? Gaan ons die wil van God laat geskied in ons lewens? Of gaan ons ons harte terugneem van die altaar en terughardloop wêreld toe om maar net weer ’n masker vir die wêreld op te sit om die wêreld te wys dat ons wel ‘n bekerene is? Vir wie wil ons flous? Maskermense kom met die mond tot bekering, maar ondergaan nie wedergeboorte nie; “contrite heart” mense GLO uit die hart in Abba Vader, hulle weet hulle is niks sonder die Lewe van God nie en hulle is bereid om die smal pad te stap. Die bewys lê altyd in die vrugte wat die mens dra, want die mens wie se hart aan die brand op die altaar lê, sal altyd ’n hartsverandering ondergaan.
In die Ou Testament moes die offers van die mense ’n goeie reuk afgee tot welgevalle van God, en net so moet ons offer ook genade vind in die oë van God; die reuk van ons offer moet ’n smaaklike reuk in die neus van God wees. Geen offer kan ’n reuk afgee as dit nie brand nie, so alleenlik die reuk van ‘n hart wat aan die brand is vir God, kan ’n smaaklike reuk afgee en vir God welgevallig wees. Die reuk van ons geestelike offer is ’n bewys dat die mens sy vleeslikheid afgesterf en sy hart op die offeraltaar van God geplaas het, maar ’n hart wat nie aan die brand is nie, kan geen reuk afgee nie… dit is hulle wat godsdiens beoefen! Dit is hulle wat nie waarlik tot bekering en wedergeboorte gekom het nie en wanneer hulle aan God ’n geestelike offer bring, probeer hulle hulle swart harte wegsteek agter ‘n masker. Omdat hulle net met die mond tot bekering gekom het en nie met die hart nie, sal daar ook geen ware verandering by hierdie mense sigbaar wees nie, want sien…alleenlik wanneer ons met ’n opregte hart ons lewens en harte in die hande van God plaas, kan Hy werk aan ons harte en ons verander. Wanneer ons so ‘n verhouding met Abba Vader het, is die Lewe van God binne ons teenwoordig en alleenlik die Lewe maak van ons ’n aanvaarbare offer vir God. Harte sonder die Lewe van God, is yskoue kole…
As jy die saadjie lees oor ’n koue kool teenoor ’n warm kool, sal jy agterkom dat ’n koue kool nog nooit sy hart aan God geoffer het nie, want koue kole is aan die fisiese, wêreldse kerk verbind. Hulle glo dat hulle gemeenskap moet hê met die res van die wêreldse, fisiese kerke en sodoende ’n warm kool word, maar as jy die saadjie oor die kole lees, sal jy sien dat die teendeel eintlik waar is. As ons harte nie verbind is aan Abba Vader nie, ontvang ons nie Lewe van Abba Vader nie, is daar geen Lig in ons harte nie, is ons harte duister en nou probeer godsdienstige mense hulle duistere harte wegsteek agter ’n masker… Hulle is oortuig daarvan dat hulle wel aan die brand is vir God omdat hulle gemeenskap het met die heiliges; hulle sien hulleself as warm kole omdat hulle deel is van die hoop gloeiende kole, maar dit is toe al die tyd net ’n skyn van vuur, want as een van die kole vir ’n kort rukkie alleen is, verdwyn die hitte en is hulle ’n swart, dooie kool. Dit is ons harte wat aan die brand moet wees, nie ons buitenste doppe nie en ons harte kan alleenlik aan die brand wees wanneer ons ons harte op die offeraltaar voor die voete van Abba Vader neergesit het.
Maskermense gaan in die eerste plek nie daarvan hou om hulle totale lewe en harte aan God oor te gee nie, want dan het hulle nie meer beheer oor hulle eie lewe asook oor ander mense nie. Hulle gaan ook nie daarvan hou wanneer God hulle harte aan die brand steek nie, want daardeur wil God ons skoonmaak en hierdie skoonmaakproses is nie altyd so maklik en lekker nie. Dit bevat baie versoekinge wat ons moet kan teëstaan, asook beproewinge wat soos klippe in ons pad lê en daarvan hou maskermense niks nie. Hulle soek ’n gemaklike lewe waar hulle in beheer is en waar mense aan hulle die eer moet gee. Maskermense sal nooit vrugte van bekering kan dra nie, want hulle harte word nooit verander nie… want hulle plaas geestelik nooit hulle harte op die altaar van God nie. Alleenlik mense met ’n “contrite heart” se harte sal verander word deur die Lewe van God en dit sal wys aan die vrugte wat hulle dra, met ander woorde, die mens wat hulle is.
“Mag die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, o Here, my Rots en my Verlosser.”
Psalm 19:15
’