Die brande in Knysna het baie verwoesting gesaai, dit het baie mense met niks agtergelaat en dit het baie mense met tallose vrae aan God gelaat. Waar het die brande vandaan gekom? Is dit Satan wat sy werkers opgehits het om brande te stig rondom Knysna? Ek vertel min in die saadjies wat God direk aan my verduidelik, maar hierdie keer weet ek net ek moet vertel! Dit is nie Satan wat die vure gestig het nie. Die dag toe die brande begin het, het God onder gebed vir my gewys hoe vat ’n engel in die hemel ’n bak vuur en begin dit uitgooi op die aarde. Daar is ’n man wat op Facebook wat beweer het dat God se toorn losgebars het oor Knysna oor die homoseksualiteit wat aangevuur word in die dorp. Elke jaar word daar ’n fees gehou vir die homseksuele mense en soveel paartjies word dan getrou onder die Naam van Jesus Christus. Die leraars wat dit doen, behoort hulle te skaam! Almal was vir hierdie arme man, wat beweer het dit is God se wraak, so kwaad, hy het selfs sy werk verloor. Mense raak kwaad vir hom, want niemand wil die waarheid hoor nie! Mense dink God sal nooit so iets doen nie, want God is ’n God van Liefde… Ek sal nooit daaroor stry nie, God is die enigste God van Liefde, maar God laat nie met Hom speel nie, en nie net in Knysna nie, maar oraloor in SA, is mense besig om God te tart. Hy het in die verldede Sodom en Gomorra aan die brand gesteek as gevolg van al die seksuele losbandighede en die getart van die mense. Dit is vir ons ’n voorbeeld om nie ook so losbandig te lewe nie, maar steur die mense hulle enigsins daaraan? Glad nie! Hulle glo nie dat God se wraak sal losbars oor SA nie.
Abba Vader is woedend oor wat in hierdie wêreld aan die gang is. Mense sit die Woord van God eenkant en vergryp hulle aan die leringe van Satan en noem hulleself Christene. Hulle voed nie eers op die Brood van die Lewe nie, maar sien hulleself as die uitverkorenes. Behalwe dat God getart word met opsetlike sondes, staan soveel mense God en Sy werke teë en dan dink hulle in hulle hoogmoed hulle doen die werke van God. Die mens bid: “Mag U Naam geheilig word” maar die einste mense wat dit bid, draai net daar om en ontheilig die Naam van God deur Sy Naam te misbruik. Hy gee nie vir ons toestemming in Sy Woord om Sy Naam te gebruik om dinge in die geestelike realm of sommer in die fisiese realm te manipuleer nie. God leer nêrens vir ons om Sy Naam te gebruik om Satan uit ons lewens weg te jaag nie. Hy leer ons nêrens is Sy Woord om Sy Naam te gebruik om sogenaamde bloedlynvloeke te sny nie. Die mens misbruik die Naam en die bloed van Jesus Christus, hulle ontheilig Sy Naam. Sommige mense glo deur dwaalleringe dat hulle selfs die natuurkragte mag aanspreek. Ek wonder hoeveel mense was daar in Knysna, of selfs reg oor SA, wat die brande in die Naam Van Jesus Christus beveel het om te stop. Mense, julle besef nie wat julle doen nie! God het daardie brande gestuur, so hoe kan jy wil opstaan teen die werk van God en Sy werk beveel om te stop? Hoe kan die mens God teëstaan? God alleen het mag, krag en outoriteit oor die natuur en Hy gee dit nie vir die mens nie, dit is ’n dwaallering wat mense opeet vir soetkoek, maar die enigste rede hoekom die mense so mal is oor die lering, is omdat dit hulle krag gee. Dit is omdat die mens soos God wil wees, dis al hoekom. Die mens wil God speel en die mens gaan laaste kom.
God sê nêrens in die Woord dat dit beter sal gaan hoe meer ons na die eindtye toe beweeg nie. Nee, daar gaan al hoe meer oorloë wees, al hoe meer natuurlike rampe, en ja, ongelukkig gaan die goddeloosheid ook toeneem. Dit is toe nie goddeloosheid wat met die oog gesien kan word nie, dit is bedekte goddeloosheid, en die ergste van alles, is dat dit bedek word met die Naam van Jesus. Die mensdom behoort hom te skaam en dan wonder ons hoekom begin God wraak neem oor SA. Hier is so baie vals profete en leraars wat aan die lippe gehang word, wat gevolg word van heinde en verre, wat saam bid dat God SA moet verander. Mense is mal oor hierdie leraars, want hulle preek wat die skares wil hoor. Die mensdom wil die Waarheid nie meer hoor nie.
Hoe ironies is dit…’n paar weke nadat SA op sy knië was vir die land, breek die wraak van God uit. Weet julle hoekom? Want die hele SA word genooi na ’n biddag, of laat ons dit eerder ’n smeekdag noem, maar God word nie genooi nie. God word gesmeek vir verandering, maar hoekom wil die mens verandering hê? Sodat hy nie meer in vrees hoef te leef nie, sodat hy ’n beter en makliker lewe kan lei, sodat hy meer voorspoed en sukses kan beleef. Weet julle, die hele SA word uitgenooi na hierdie samekoste om tot God te bid, maar God sê dat Hy nie genooi is nie en dat Hy niemand aangesê het om dit te hou nie. Hierdie samekomste gaan nie daaroor om God te verheerlik nie, dit gaan alles oor die mens, sodat dit moet beter gaan met die mens. Die mens sal selfs op sy kniëe neersak voor God en sy lewe aan God gee…as God dan asseblief net sal ingryp in sy lewe of in die land. Is die motief van die mens regtig opreg? Probeer hy nie God omkoop nie? Ek sal my hart gee en aan U glo, MAAR dan moet U asseblief help. Daar is gewoonlik ’n “MAAR”… Die motief van die mens is so vals! Gaan die mens met wie dit altyd net goed gaan, God verheerlik? Of gaan hy later van God vergeet? Die mens kan God alleenlik verheerlik as hy gesnoei word, maar die mens bid eerder om nie gesnoei te word, hy sien nie kans vir moeilike omstandighede nie, hy vra God eerder om dit weg te vat. As jy nie gesnoei word nie, gaan jy God nie kan verheerlik nie. (Om meer hieroor te verstaan, lees gerus die Saadjie HOekom gebeur slegte goed.)
Niks in SA sal verander totdat die mens nie kies om sy eie valsheid raak te sien en te laat staan nie. Vra eerder vir God om jou hart te verander, vra God om jou ’n rein hart te gee, al doen Hy dit deur slegte omstandighede. Mense met hulle vals gelowe, wat glo hulle is bekeerde en weergebore Christene, maar wat eintlik in dwaalleringe gewortel is, is hoë bome met kroë kerns in SA en hier is hopeloos te veel van hulle. God gaan hierdie bome afbrand. Hy wil hulle vals geloof tot as verbrand. Mense wat die vure probeer keer en stop het “in die Naam van Jesus”, sou gesien het hulle kitsformules werk nie, dat daar geen krag in hulle woorde is nie. Mag die vuur hulle geloof tot as verbrand het. Sommige van hierdie mense gaan nie daarvan hou dat hulle woorde nie krag het nie en sal hulle rug op God draai. Hulle bewys hierdeur dat hulle nooit een van God se kinders was nie, dat hulle in die dwaallering geglo het net sodat hulle god kon speel. Daarteenoor, sal die kinders van God, wat vasgevang was in hierdie vals geloof, God agter die vuur raaksien, hulle sal God nou leer ken vir wie Hy regtig is. Mag hulle gewortel raak in die enigste ware God van Liefde, mag daar nuwe Lewe deur hulle are bruis.
“So spreek die Here Here: Kyk, Ek steek ’n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe; en alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangsteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.”
Esegiël 20:47
Ek hoop dat elkeen, wat so teen God gespreek het deur die brande te beveel om te stop, nou sien hulle glo ’n vals lering. Mag elkeen van hierdie hoë bome hulle trots, arrogansie en hoogmoed verloor en terugdraai na die ware God. Mag elke valse godsdiens afgebrand word tot as en mag hierdie mense God agter die vuur raaksien. Dalk is dit hoekom God die brande laat aanvuur het. God roep Sy kinders hierdeur! Word wakker, slapende mense! Abba Vader gee Esegiël 22. Bestudeer asseblief die hoofstuk.
“Ek sal julle versamel en met die vuur van My grimmigheid teen julle blaas, dat julle daarin gesmelt kan wrod. Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle daarin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die Here, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.”
Esegiël 22:21,22
Mag God ons genadig wees!