In Matteus 4 sien ons Jesus het eendag langs die See van Galilea gestap waar Hy op twee broers, Simon en Andreas, afgekom het. Hulle was vissermanne en was besig om hul nette in die see te gooi toe Jesus vir hulle sê:
“Laat staan julle nette. Kom agter My aan! Word My volgelinge. Dan sal ek julle wys hoe om op ’n nuwe manier vis te vang. Ek sal julle leer om van nou af mense te vang wat in sonde leef sodat hulle deel kan kry aan God se nuwe wêreld.”
Mattheus 4:18-20
Simon en Andreas het onmiddelik hulle visnette neergesit en Jesus gevolg. ’n Entjie verder het Jesus op Johannes en Jakobus afgekom waar hulle besig was om saam met hulle pa visnette heel te maak. Jesus het hulle ook gesê om alles net so te los en Sy volgelinge te word, waarna hulle hul pa gegroet, uit hul boot geklim en Jesus gevolg het! Dit is vir my verstommend hoe die dissipels van Jesus net Sy stem gehoor en dadelik geweet het hulle moet Hom volg! Hoe het hulle geweet? Sonder om vrae te vra, het hulle hulle visvangnette neergesit en Jesus gevolg. Dit sê vir my iets binne hulle moes net geweet het wie Jesus is, want iets binne hulle het Jesus dadelik herken! Ek het al so baie gewonder: Sê nou ek en jy moes in die tyd van Jesus geleef het en Hy kom na ons en sê: “Volg My!” Wat sou ons reaksie gewees het?
As ons kyk na Abraham… sonder om God te sien, het hy onverskrokke geglo in God, hy het die stem van God gehoor en Hom gehoorsaam. Daar moes ’n verbintenis gewees het tussen Abraham en God. God het aan Abraham gesê:
“Ek is God, die Almagtige; wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.” (Gen 17:1)
Iets in Abraham het outomaties net geweet hoe om voor God in opregtheid te wandel, want onthou nou…in Abraham se tyd was daar nog nie wette of gebooie nie, maar nogsteeds kon hy onderskei tussen reg en verkeerd om God te behaag. Rom 2:14-16 is vir my deel van hierdie verduideliking:
“When ousiders who have never heard of God’s law follow it more or less by instinct, they confirm its truth by their obedience. They show that God’s law is not something alien, imposed on us from without, but WOVEN INTO THE VERY FABRIC OF OUR CREATION! THERE IS SOMETHING DEEP WITHIN THEM THAT ECHOES GOD’S YES AND NO, RIGHT AND WRONG”
Die gebooie van God was dus nie aan Abraham gegee nie, maar nogsteeds het hy geweet hoe om God te behaag, iets binne hom het hom rigting gegee oor reg en verkeerd, so die gebooie van God moes alreeds diep binne-in sy wese ingeweef gewees het. Dis hierdie “iets”, soos ’n deel van God, wat reeds in die dieper wese van Simon, Andreas, Jakobus en Johannes ook ingeweef moes gewees het, en daarom kon hulle onmiddelik die stem van Jesus herken en sonder om te skroom of vrae te vra, Hom volg…
Daar is kinders wat die gebooie van God geleer word vandat hulle baie klein is, maar dan kan hulle net nie God gehoorsaam nie. Al weet hulle hulle oortree die gebooie van God, is hulle net nie daartoe in staat om God te gehoorsaam nie. Dan kry jy weer kinders wat nie die gebooie van God geleer word nie, maar van kleins af is hulle gehoorsame kinders wat kan onderskei tussen reg en verkeerd… Net so is daar net mense wat kan glo in God en daar is net mense wat glad nie kan glo in God nie. Hoe verstaan mens dit? Daar is duidelik twee verskillende tipes mense, daar is diegene wat dadelik op die roepstem van Jesus reageer en dan is daar ’n groep wat glad nie die roepstem van Jesus kan hoor nie, daarom glo hulle ook nie in Hom nie… Die Woord praat duidelik van 2 (of meer) tipes geslagte…
Bose saad
God het in ses dae die aarde en alles daarop geskep. Elke dag het Hy oor Sy handewerk gekyk en gesien dit is goed. As alles vir God goed was, kon daar geen onkruid wees nie en ek kan ook nie glo dat God in elkgeval onkruidsaad sou saai nie. Jesus vertel die volgende gelykenis vir Sy dissipels:
“Daar was ’n boer. Hy het skoon saad, sonder enige onkruid tussenin, in sy land gesaai. Daardie nag, terwyl almal slaap, kom sy vyand skelm en saai ’n klomp onkruid tussen sy koring. Hierdie onkruid het baie soos koring gelyk, maar toe die oes kom, was daar nie ’n enkele koringaar aan die plante nie. Die koring en die onkruid het natuurlik lustig saamgegroei. Toe die koringare begin vorm, kom die plaaswerkers die probleem agter. Hulle is toe reguit na die boer toe. ‘Meneer, jy het dan sulke mooi skoon saad gesaai. Hoe is dit moontlik dat die land so vol onkruid staan?’ Die boer sê toe: ‘Wie anders as die vyand sal so iets doen?’
‘Moet ons die lande gaan skoonmaak?’ wou die werkers weet. ‘Nee,’ sê die boer, netnou trek julle van die koring saam met die onkruid uit. Die onkruid moet nou maar saam met die koring groei tot die koring ryp is. As ons begin oes, sal ons eers die onkruid uithaal en verbrand. Dan kan ons die koring oes en in die skuur bêre.”
Mattheus 13:24-30 (Die Boodskap)
“Daarna is Jesus en sy getrouste volgelinge alleen huis toe. Daar gekom, vra hulle Hom: “Ons verstaan nie mooi wat U met die verhaal van die onkruid bedoel het nie. Verduidelik dit asseblief vir ons.” Jesus het begin verduidelik: “Die boer wat die skoon saad saai, is die Seun. Die land waarin Hy saai, kan vergelyk word met die wêreld. Die goeie saad is die mense in die wêreld wat God dien. Die onkruid is die mense wat die Bose dien. Die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel self. Die oestyd verwys na die tyd wanneer God die mense finaal kom oordeel. Die mense wat die oes insamel, is die engele van God.”
Mattheus 13:36-39 (Die Boodskap)
Niemand kan stry teen hierdie Skrif nie. Jesus het dit baie eenvoudig uiteengesit sodat Sy dissipels kon verstaan wat Hy bedoel. Die boer het gaan rus en die vyand het sy kans gevat en onkruid gesaai… Volgens hierdie Skrif is daar duidelik twee sade, dus twee tipes mense wat gesaai word vanaf twee totaal verskillende bronne – die goeie saad vanaf God en die slegte saad vanaf die duiwel. Dit staan vir ons duidelik uitgestip in die Woord van God dat daar twee tipes geslagte bestaan wat in konflik met mekaar lewe. Kyk sommer uit die staanspoor na Kain en Abel – die een wou met alles in hom vir God behaag, maar die ander een was ’n moordenaar… Kyk vir Ismael en Isak – Abraham was die vader van albei, maar tog was Isak die seun wat deur die belofte gebore was en hierdie twee geslagte was ook in konflik met mekaar. In Mattheus 12 noem Jesus die Fariseërs die “Addergeslag”, dus die geslag van die slang – kinders van die duiwel! In Mattheus 23:33 sê Jesus weer:
“Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?”
In Lukas 3 het Johannes ook die Fariseërs die addergeslag genoem en in Johannes 8 sê Jesus vir die Fariseërs hulle het die duiwel as vader en die begeertes van hul vader doen hulle. Deur hierdie Skrifte is dit baie duidelik daar is saad afkomstig van God en daar is saad afkomstig van Satan met die doel om die goeie saad van God in die kiem te smoor! Daar is bose saad werksaam tussen die goeie saad van God om die goeie saad te verlei en die geslag van God te besmet! Volgens die Skrifte is die bose saad nie net saad wat Satan in ons harte probeer saai nie, maar dit is saad in die vorm van mense. Daar is mense afkomstig van God, wat Sy uitverkore kinders is, en daar is mense afkomstig van Satan. Nie alle mense kom van God af nie en dis nie ek wat so sê nie, die Woord stip dit baie duidelik uit. In Deuteronomium 32:20 sê God aan Moses:
“Ek wil My aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want ’n heeltemal VERKEERDE GESLAG IS HULLE, kinders in wie geen trou is nie.”
In Handelinge 2:37-40 vra die mense aan Petrus wat hulle moet doen om gered te kan word? Petrus sê vir hulle om tot bekering te kom en om gedoop te word en dan sê hy:
“LAAT JULLE RED UIT HIERDIE VERKEERDE GESLAG!”
As jy Johannes 10 lees, sal jy sien op die einde van Jesus se gesprek, het die Jode Jesus erg teëgestaan, hulle wou nie glo Jesus is die Seun van God nie en Jesus sê vir hulle:
“Julle glo nie, want julle is nie van My skape nie.”
Johannes 10:26
Die skape wat van God af is, Sy uitverkore kinders, sal dadelik die stem van Jesus herken en die goeie Herder volg na goeie weivelde. Dan verstaan ’n mens hoekom die dissipels van Jesus dadelik reageer het toe Jesus hulle op die naam noem. Sonder enige verduideliking, het hulle instinktief geweet Jesus is die Seun van God wat gevolg moet word. Diegene wat nie van God af is nie, sal nie Jesus se stem herken nie en sal baie maklik die vyand volg as sy herder. Die vyand word baie maklik gevolg, want hy bied maklike paaie aan die mensdom en die mensdom hou van ’n maklike pad na die Koninkryk van God. Die groot probleem is dat Satan se paaie na die afgronde van die hel lei. Jesus het hier in Johannes 10 duidelik onderskeid getref tussen die twee verskillende geslagte – die een geslag is kinders van God wat die stem van Jesus sal herken en Hom volg, die ander geslag ken net die vyand se stem en volg hom na die verderf.
Uitverkore kinders se DNA
“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak.”
(Jeremia 1:5)
Op ’n dag wys Abba Vader my hoe lyk Sy uitverkore kinders se DNA samestelling. In die gees lyk hulle DNA heeltemal anders as mense wat nie daartoe in staat is om te kan glo nie, want God se kinders het ’n ekstra rooi koord vervleg in hulle DNA, en hierdie rooi koord is afkomstig van God. In hierdie rooi koord, is ons hele menswees al lank terug deur God vasgelê, dit is ingeweef in ons gees nog voor ons geboorte, want God het ons geken lank voor ons geboorte:
“GOD THE FATHER KNEW YOU LONG AGO AND CHOSE YOU TO LIVE HOLY LIVES with the Spirit’s help….”
(1 Peter 1:2)
Alles wat God vooraf vir ons beplan het vir ons aardse bestaan, is opgeskryf in ons Lewensboek wat Hy oor ons beplan en geskryf het, en alles wat ons benodig om daardie lewe te leef op aarde, is lank reeds vasgeweef in ons gees se DNA. Die Engeslse vertaling sê dit baie mooi:
“Before I formed you in the womb, I knew you. Before you were born, I set you apart for my holy purpose.”
Voor ons lewens op aarde, het God alreeds besluit wie afgesonderd vir Hom sal wees! Afgesonderd, sodat God Sy Goddelike werk deur daardie persoon kan doen! God het vir elkeen ’n spesifieke werk op ’n spesifieke plek en God het alles wat ons gaan benodig om daardie werk vir Hom te doen, alreeds verweef in ons Goddelike DNA. Selfs die temperament wat ons benodig om Sy werk te doen, is in ons Goddelike DNA verweef. Abba Vader het ook toe ook al klaar besluit watter geestelike gawes Hy aan elkeen gaan gee waardeur Hy deur die mens kan werk. Hy het toe alreeds bepaal wie Hy gaan aanstel as profete, leraars, herders, apostels of evangeliste. Die mens kan nie self ’n keuse maak watse werk hy vir die Here wil doen of watse geestelike gawes hy wil hê nie, want dan probeer die mens die werk van God doen deur homself. Ons kan nie die werk van God doen deur ons vleeslike DNA nie, dit moet geskied deur ons geestelike DNA.
Wanneer ons vleeslik gebore word, is ons Goddelike DNA dormant in ons gees. Ons ouers maak ons groot na die beste van hulle vermoëns, hulle gee vorm aan ons aardse, vleeslike temperament, maar hierdie temperament is nie die temperament wat God vir ons beplan het nie. Wanneer God op Sy gegewe tyd elkeen van Sy kinders op die naam roep, en ons reageer, skyn God Sy Lig op ons gees om wakker te word uit die diep slaap en op hierdie manier ontwaak ons Goddelike DNA. Ons het nodig om die vleeslike mens te kruisig en af te sterf, en wanneer ons geestelik in die graf is, ontwaak ons Goddelike DNA en begin God ons Goddelike temperament en gawes na die Lig bring. Wanneer God in ons begin werk, sal jy agterkom dat jou temperament verander met tyd. Dit is omdat jou Goddelike DNA ontwaak en die temperament wat God vir jou en my bepaal het, begin nou in werking tree. Alles is mooi haarfyn deur God beplan.
“The days of my life were all prepared before I’d even lived one day.”
Psalm 139:16
Opgesom, die kinders van God word gebore met ’n stukkie van God wat alreeds in hulle gees teenwoordig is en dis hierdie “iets” in hulle diepste wese wat hulle in staat stel om die roepstem van God te hoor. Dit is hierdie “iets” in ons dieper wese wat dadelik die stem van Jesus sou herken as Hy vandag hier tussen ons moes loop, Sy hand na jou toe uithou, en vir jou vra: “Volg my!” Sou jy Sy stem herken het?
“You are the ones chosen by God, chosen for the high calling of priestly work, chosen to be a holy people, God’s instrument to do His work and speak out for Him, to tell others of the night -and -day difference He made for you”
1 Peter 2:9