Wie is die volk van God?

IMG_0418

Die kleur van jou hart

Daar is soveel volke of nasies oor die wêreld wat reken hulle is die uitverkore volk van God, maar op watse Skrif uit die Bybel basseer hulle dit? Daar is geen Skrif in die Woord wat daarop dui dat blankes die uitverkore volk is nie, en ook nie die Afrikanervolk nie.

In die Ou Testament was Israel die uitverkore volk van God, maar hulle wederstrewigheid en hardkoppigheid het hulle daardie voorreg laat verloor. Hulle kon nie glo in die Seun van God nie, want hulle godsdiens, reëls en wette was vir hulle belangriker as geloof in Jesus. Hulle het die geregtigheid van God verwerp en hulle het hulle eie Koning vermoor.

Daar is nêrens in die Woord opgeteken dat Jesus praat van ’n spesifieke uitverkore volk van God nie. Jesus het nie gesterf vir ’n volk nie, maar vir almal, Jode sowel as al die ander nasies. Voor Hy opgevaar het hemel toe, het Hy aan Sy dissipels die opdrag gegee om die evangelie na alle nasies, volke en tale te vat…

“Gaan die HELE WêRELD in en verkondig die evangelie aan die GANSE MENSDOM. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”   Markus 16:15,16 (Afr.33/53)

Hoekom sou Jesus hierdie opdrag aan Sy dissipels gegee het as daar net een volk is wat gered kon word…as dit net die blankes of die Afrikanervolk was wat gered kon word? Jesus het nêrens sekere velkleure voorgetrek en gesê dat die evangelie alleenlik aan hulle verkondig mag word nie. As Jesus geweet het ander nasies en volke sal nooit gered kon word nie, sou Hy mos geweet het dis ’n mors van tyd en energie om die dissipels daarheen te stuur. Daar is uitverkore kinders van God in elke nasie, volk, taal en kleur. Dit gaan geensins oor die kleur van ’n mens se vel nie, alles gaan oor die kleur van jou hart! God sien net die hart van die mens…

“Die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkom en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mens sien, sien God nie, want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.”    1 Samuel 16:7 (Afr. 33/53)

In die Ou Testament was alles fisies: Daar was fisies ’n volk van God, naamlik Israel; hulle het fisies offers vir God gebring; hulle moes hulle fisies laat besny en hulle moes fisies vir God ’n tabernakel bou waarin Sy teenwoordigheid sou wees. Met die koms en sterfte van Jesus, het alles van die fisiese verskuif na die geestelike. Ons hoef nie meer fisies te offer nie, maar ons moet geestelik ons harte offer. Ons hoef nie meer fisies besny te word nie, maar sonder ’n geestelike hartsbesnydenis, is ons verlore. Daar is nie meer ’n fisiese tabernakel waarin God woon nie, maar God omskep nou Sy kinders se harte en woon binne-in ons harte. Net so het die fisiese volk van God, ’n geestelike volk geword wat die Here Sy Liggaam of Sy Kerk noem. Onder die saadjie “Seesterre” het ek verduidelik dat die Kerk of Liggaam van God, nie die fisiese kerke is nie, maar geestelik is dit diegene wie hulle harte en lewens geoffer het aan God, diegene waardeur die Gees van God leef. Saam vorm hulle die Kerk van God. Hulle is wyd verspreid oor die aarde – oor elke nasie, volk en taal. In hulle eie taal versprei hulle die Waarheid onder hulle eie mense. Die Liggaam of Kerk van God gaan geensins oor velkleur nie, alles draai om die kleur van jou hart. Is jou hart bloedrooi en deurdrenk met die bloed en lewe van Jesus Christus? Is jou hart verander deur Abba Vader dat Sy Gees binne en deur jou leef? Versprei jy Jesus onder jou volk deur ’n aangename reuk af te gee? Versprei jy die liefde van Jesus? Ons kan alleenlik Jesus aan ander voorstel as Hy in en deur ons leef, en dit is wat God van ons wil hê! Sonder groot of slim woorde, moet ons die Lig van God uitdra, moet ons Ligdraers wees.

Jammer oor wat ek nou gaan sê, maar ek het nog geen Afrikaner wat glo hy is deel van die uitverkore volk van God, teëgekom, wat die liefde van Jesus uitstraal nie. Hulle is haatdraend teenoor anderkleuriges, hulle behandel anderkleuriges baie sleg en hulle verhewe hulle bo anderkleuriges. Is dit hoe Jesus is? Leef Jesus dan in en deur die uitverkore Afrikanervolk? Daar is nie ’n manier dat Jesus anderkleuriges sal behandel soos Afrikaners hulle behandel nie. So, watse kleur is die Afrikaner se hart? ’n Pikswart klip! ’n Mens met ’n kliphart, skyn geen Lig uit nie, so hy is geen bedreiging vir Satan nie. Hy is vasgevang in reëls, wette en godsiens wat sy voorouers hom opgelê het. Hy is nog gebreinspoel en het nodig om ’n geestelike brein- en hartsoorplanting te ondergaan. Hulle sit elke Sondag op hulle plek in die kerk en glo hulle is die heiliges. Heiliges sonder die Lig van God binne hulle, heiliges sonder die Lewe van God binne hulle, heiliges met ’n swart hart…

Romeine 1:24 sê God laat die mens oor aan sy eie todoen…het God nie dalk Suid -Afrika oorgelaat aan sy eie toedoen as gevolg van arrogansie, trots en hoogmoed nie? Soveel nie-blankes aanbid hulle voorouers, is besig met toordery, maar moenie ’n fout maak nie, daar is blankes wat ook met hierdie onheilsspeletjies besig is. Ons voorouers, en baie Afrikaners vandag nogsteeds, behandel anderkleuriges soos vuilgoed. ’n Paar jaar terug het Abba Vader my onder gebed gewys dat daar soveel onskuldige bloed uit die grond van Suid-Afrika uitroep en God praat nou nie van die nie-blankes wat onskuldige blankes doodmaak nie, Hy praat ook van soveel onskuldige nie-blankes wat deur die Afrikaner doodgemaak is! In die ouer bedeling is die nie-blankes links en regs brutaal doodgemaak deur die Afrikaner, nie-blanke vrouens is verkrag deur Afrikanermans en alles is net mooi onder die mat ingevee. En nou? Wat gaan nou aan in ons land? Dit voel so half onregverdig dat ons nou moet ly onder die sondes van ons voorouers, maar God straf nie kinders vir hulle ouers se sonde nie… Nee, hier in Suid-Afria is nog hopeloos te veel blankes wat nogsteeds aangaan met die haatdraende rassisme, hulle gaan nogsteeds aan met die tradisie van hul voorouers, hulle glo nogsteeds hulle is die uitverkore volk en dit veroorsaak vervloeking oor ons land. So ja, nie-blankes sowel as blankes, het skuld aan die vervloeking oor ons land. En nou bid en smeek ons tot God om die land te verander…

Ons harte het eerstens nodig om te verander! Ons klipharte moet geoffer word aan God sodat ons ’n geestelike hartsbesnydenis kan ontvang, sodat ons harte aan die brand kan slaan vir God. Ons harte moet oorgeneem word deur Jesus sodat Hy in en deur ons leef en ons ’n Lig uit ons hart skyn. Hoe meer harte ’n Lig gaan skyn, hoe beter plek sal Suid-Afrika word, maar op hierdie stadium is Suid-Afrika nog pikswart. Ek dwaal nou bietjie van die punt af, ek wil nie die toestand van ons land bespreek nie, maar elkeen van ons het nodig om te fokus op die toestand van ons harte.

As jy Romeine 2 lees, sal jy sien dat wanneer ’n mens, wat nie aan die volk Israel behoort nie, egter nogsteeds doen wat God in Sy wet vereis, is dit ’n bewys dat God Sy wet op hulle harte geskryf het, wat ’n bewys is dat hulle aan God behoort, al is hulle nie uit die “volk” van God nie. Die Message stel Romeine 2:14,15 so:

“When outsiders who have never heard of God’s law follow it more or less by instinct, they confirm its truth by their obedience. They show that God’s law is not something alien, imposed on us from without, but woven into the very fabric of our creation. There is something deep within them that echoes God’s yes and no, right and wrong.”

Soveel mense ag hulleself as deel van God se volk en sien neer op ander volke wat kwansuis nie van God af is nie. Groepe kerkmense van sekere kerke sien weer hulleself as deel van God se volk en veroordeel weer diegene wat nie deel is van hulle kerk nie. Dit is soos die Jode wat gespog het oor hulle Joodse afkoms, hulle het gemaak asof net hulle weet wat reg en verkeerd is, hulle was baie belangrik in hulle eie oë. Hulle glo dat net hulle die waarheid ken. Hulle maak staat op die fisiese merk van besnydenis aan hulle liggame, maar ’n fisiese merk aan jou lyf maak nie van jou ’n ware Israeliet nie. Die kerk waarheen jy gaan of die kleur van jou vel, maak nie van jou deel van God se volk nie. Wat jou deel van God se volk maak, is die merk op jou hart – is jou hart geestelik deur God besny? Is jou hart deur God verander? Is jou hart aan die brand met die lewe en die liefde van God? Niemand is deel van God se volk omdat hy die regte afkoms het nie. Romeine 2:28,29 van die Messagte stel dit so:

“It’s not the cut of a knife that makes a Jew. You become a Jew by who you are. It’s the mark of God on your heart, not of a knife on your skin, that make a Jew.”

Omdat jy uit die Afrikanervolk gebore is en behoort aan ’n sekere kerk, omdat jy gedoop of aangeneem is deur die kerk, maak jou nie deel van God se volk nie. Watse kleur die mens ookal is, God kyk nie na die kleur van die mens nie, God kyk na die kleur van jou hart!

As jy Romeine 9 lees, sal jy die volgende sien:

In die Ou Testament het God die Israeliete gekies as Sy volk, maar soveel van hulle het nie in God geglo nie. Vanaf Abraham se tyd het God nie alle Israeliete as ware Israeliete beskou nie. Daar was twee seuns uit Abraham afkomstig, tog was net een van die twee uitverkies deur God. God sal genadig wees oor wie Hy genadig wil wees. Dis nie vir ’n mens om te kies nie. God kies nie net Jode om deel van Sy volk te wees nie, maar Hy kies en roep ook mens uit ander volke om in Hom te glo. Maak nie saak uit watse volk jy afkomstig is nie, want vir God gaan dit nie oor die vleeslike nie, maar oor die geestelike toestand van jou hart.

“Nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.”
Romeine 9:8

“…Not alle Israelites of the flesh were Israelites of the Sprirt. It wasn’t Abraham’s sperm that gave identity here, but God’s promise…That means that Israelite identity was never racially determined by sexual transmission, but is was God-determined by promise.“

Om deel van God se volk te wees, beteken ons moet sterf aan die self en weer gebore word. Dit het niks te make met die Joodse volk nie, en nog minder met die valse Afrikanervolk. Ons moet uit God gebore word…

“He came to His own people, but they didn’t want Him. But woever did want Him, who believed He was who He claimed and would do what He said, He made to be their true selves, their child-of-God selves. These are the God-begotten, not blood-begotten, not flesh-begotten, not sex-begotten.”

Jou vleeslike afkoms het niks te doen of jy deel is van God se volk of nie. Uit watter volk jy ookal is, wie jou ouers is, of jou vel wit, swart, bruin of pienk is, God kyk na die toestand en die kleur van hart! Is jy weer gebore in die volk van God in?

“Daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
Romeiene 10:12

Wanneer ons aan Jesus Christus behoort, is ons deel van God se familie. Binne hierdie familie maak dit glad nie saak aan watter volk jy behoort nie. Of wat jou status of jou geslag is nie.

“As julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”
Galasiërs 3:29

Enigiemand wat sy lewe afgelê het voor die voete van Jesus, wat sy hart geoffer en homself gekruisig het, word geestelik deel van die geslag van Abraham, hulle word almal een as die Liggaam of die Kerk van God. God spreek enigiemand vry van sy sonde uit enige volk wat in Hom glo. God het vir Abraham gesê: “…in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” God het geen nasie of volk uitgesonder nie, dit is hoekom Jesus kom sterf het. Die volk van God is geen spesifieke volk of nasie nie, die uitverkore kinders van God is uit elke nasie, volk en taal. Efesiërs 4:7 in die Message stel dit baie goed:

“That doesn’t mean you should all look and speak and act the same. Out of generosity of Christ, each of us is given his own gift.”

Wie kan strybteen Skrif?

Die geheim is dit: enigiemand wat in Christus Jesus glo (selfs al is hy ’n nie-Jood), word ’n kind van God en kry by God wat Hy vir al sy kinders gee. So ’n persoon is dan saam met die ander gelowiges die liggaam van Christus. Hy kry alles wat God in die goeie boodskap aan Christus Jesus se mense beloof het.”
‭‭Efesiërs‬ ‭3:6‬ ‭DB‬‬

One thought on “Wie is die volk van God?”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s