Job

IMG_0391

“Het jy al ag gegee op my kneg, Job? Want daar is niemand op aarde soos hy nie; ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”

Lees Job 1 en 2

Job was ’n goeie man wat ’n skoon en eerlike lewe gelei het. Hy het God gedien en nooit iets verkeerds gedoen nie. Hy was baie geseënd deur God. Satan het by God gekom en God het vir Satan die volgende oor Job gesê:

“Het jy al ag gegee op my kneg, Job? Want daar is niemand op aarde soos hy nie; ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”

Maar Satan sê vir God dat hy oortuig is dat Job God net dien vir dit wat hy daaruit kan kry. Hy is oortuig dat Job gehoorsaam is sodat God hom en sy gesin moet beskerm, sodat alles wat hy aanpak ’n sukses kan wees en sy rykdom kan groei. Satan is oortuig dat as daar gevat moet word aan Job se goed, hy sy rug op God sal draai. God het ingestem om Job se liefde en lojaliteit aan Hom te toets, maar dat Satan nie aan Job self mag vat nie.

’n Boodskapper het by Job se huis aangekom en hom die slegte nuus gebring dat al sy diere gesteel is en al sy werkers doodgemaak is. ’n Tweede boodkapper het aan Job kom meedeel dat weerlig al die skape en wagters doodgeslaan het. ’n Derde booskapper het die nuus gebring dat al die kamele gesteel en die oppassers doodgemaak is… en die laaste boodskapper het die nuus gebring dat al Job se kinders dood is.

Job het nie kwaad geword vir God nie, maar nogsteeds gesê dat God geprys moet word, want alles wat hy het, het God aan hom gegee, dus mag God dit ook terugneem. Hy het glad nie God blameer nie. Hy het Satan verkeerd bewys en Satan kon dit nie verdra nie.

Weer het Satan na God gegaan en God het weer aan satan gesê dat Job ’n goeie mens is wat Hy voorheen gesê het, maar hierdie keer las Hy by:

…alhoewel jy hom teen My opgehits het om hom te vernietig SONDER OORSAAK.”

Satan het dus gehoop dat Job vir God kwaad sal word oor alles wat Hy van hom af weggevat het, maar Job se liefde vir God is opreg. Satan antwoord God weereens dat hy oortuig is dat dit geen bewys is nie, want hy meen nogsteeds Job leef net reg sodat hy kan bly lewe en as God sy gesondheid gaan wegvat, sal Job God vervloek. God het geweet Job se liefde en getrouheid teenoor Hom is opreg, en daarom het Hy Satan toestemming gegee om Job weer aan te raak, maar hy mag nie sy lewe geneem het nie. Satan het Job getref met bose swere, van sy voetsool tot sy skedel. Job se vrou kon nie verstaan hoekom Job nie vir God kwaad raak nie, maar Job sê:

“Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.”

Nogsteeds het Job nie vir God blameer nie. Ek kan nie help om te wonder wat Job gedink het nie… Het hy gedink dat God hierdie dinge oor hom gebring het? Het hy dalk gewonder watse groot sonde hy gepleeg het dat God hierdie onheil oor hom bring? Het hy ooit besef wat agter die skerms gebeur het en dat Satan hom onskuldig voor God probeer aankla het? Het hy ooit besef dat sy liefde en getrouheid teenoor God getoets word? Hoe gaan ek en jy reageer? Watse vrae gaan ons aan God vra?

God het Satan toegelaat om Job te tref SONDER OORSAAK! In ons taal vandag, kan ons sê dat Job ’n aanval van Satan af ervaar het. Het hy gesoek daarvoor? Geensins! In vandag se tyd is daar ’n lering wat leer dat ons deure oopmaak vir Satan om in te kom en dat ons hom die reg gee om ons aan te val en onheil in ons lewe te laat gebeur. So, het Job aan Satan ’n oop deur verskaf? Glad nie, want God sê in Job 2:3 dat alles gebeur het SONDER OORSAAK! Met ander woorde,as daar slegte goed in ons lewe gebeur, is dit nie altyd omdat ons iets verkeerd gedoen het nie. God kan vandag ook Satan in my en jou lewe toelaat om slegte dinge met ons te laat gebeur om ons liefde vir Hom te toets. Maar net soos met Job, sal God hom ook net tot op ’n punt toelaat om ons te toets. As God vir hom sê hy mag nie ons lewe vat nie, mag hy nie! As ons hart opreg is, sal niks wat satan ons aandoen, ons kan skei van die liefde van God nie.

Ek wil terugkom na die valse lering van vandag se tye…ek het al baie snaakse goed gehoor…ek het al gehoor dat mense wat nie kerk toe gaan nie, ’n oop teiken vir satan is en dat Satan ons dan kan aanval. Maar hoeveel kerke van vandag is sinagoges van Satan? Of jy kerk toe gaan of nie, het niks met jou verhouding met God te doen nie. Alles gaan oor wat in jou hart aangaan, hoe opreg jou hart is, en al is jou hart ook hoe opreg, kan jy nogsteeds deur God getoets word. Hoeveel mense is daar vandag wat God dien met die mond, wat kerk toe gaan, wat gedoop is…wat opreg van hart is? Hoeveel mense is daar wat dink deur God te dien, hulle ’n geseënde lewe gaan lei? Kan ons dan vir God rêrig kwalik neem as Hy ons opregtheid van hart toets? Dalk moet ons eerder wonder as ons nie getoets word nie…

Wat gaan God van my en jou sê as Satan ons aankla voor God? Gaan Abba Vader ook verseker weet dat ons Hom nogsteeds gaan liefhê, al loop daar dinge skeef in ons lewe? Of gaan hy eerder vir Satan keer om ons liefde en die opregtheid van ons hart te toets omdat Hy weet die kans is so groot dat ons Hom gaan blameer vir die sleg in ons lewe en ons Hom gaan vervloek? Ek dink dit is nogal iets wat ons goed aan die dink kan sit…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s